• No results found

4.1 DIE AARD VAN DIE NARRATIEWE WERKSWYSE

4.1.3 Kenmerke van die narratiewe werkswyse

4.1.3.8 Eksternalisering

Eksternalisering gee gestalte aan die postmoderne kritiek teen totaliserende standpunte en wil die individu in ‘n posisie plaas met mag oor sy probleme. Eksternalisering vorm die fondament van narratiewe gesprekke (Morgan 2000:17) en is op die veronderstelling gebaseer dat die probleem die probleem is en die persoon is nie die probleem nie. Eksternalisering word deur White en Epston (1990:38) beskryf as: “… an approach to therapy that encourages persons to objectify and, at time, to personify the problem that they experience as oppressive. In this process, the problem becomes a separate entity and is external to the person or relationship that was ascribed as the problem. Those problems that are considered to be inherent, as well as those relatively fixed qualities that are attributed to persons and to relationships, are rendered less fixed and less restricting.” Narratiewe terapie wil mense help om geïnternaliseerde, onderdrukkende diskoerse en maatskaplike probleme buite die persoon se identiteit te plaas, deur dit as ‘n objek buite die persoon te behandel. Die persoon word van beperkende kulturele of godsdienstige sienings en wetenskaplike klassifikasies geskei, aangesien die bestaan van ‘n probleem nie die wese van die persoon se menswees beskryf nie.

Deur middel van eksternaliseringsgesprekke word gepoog om die gelykstelling van die persoon aan die probleem te beëindig. Die probleem kry as't ware 'n eie karakter, waarmee gekommunikeer kan word. Carey en Russel (2003b:67) sê: “Externalising conversations involve naming the problem (as separate from the person), mapping the effects of the problem through various domains of a person’s life, and also tracing the history of the problem in the person’s life. This enables the problem to be placed into a story-line. This process makes it clearer that the problem is not something that exists within the person. It

is instead something that has developed over time, a development that has been influenced by a range of factors.” Die plasing van geïnternaliseerde probleme buite die persoon, hou rekening met die invloed van die verhoudinge en narratiewe waarbinne die persoon funksioneer. Die persoon se maatskaplike funksionering word met ander woorde in ‘n storielyn geplaas en die persoon word nie aan die bestaande maatskaplike wanfunksionering gelykgestel nie.

Eksternalisering vereis sekere taalgebruik en is meer as net ‘n tegniek of vaardigheid, want dit sluit ‘n sekere gesindheid en oriëntasie in (Morgan 2000:18). Die persoon se beskrywing van “ek is ongemotiveerd en kan niks doen nie” word byvoorbeeld vervang met woorde soos “met ander woorde die probleem het jou energie vlakke geaffekteer”. In plaas daarvan om die persoon se siening van “ek is ‘n depressiewe soort persoon” te aanvaar, sal die terapeut sê “wanneer die probleem sterk is, laat dit jou dink jy het geen motivering nie”. ‘n Strategie om hierdie doel te bereik is die voorstelling van die probleem as iets wat op die persoon se skouer of op ‘n ander stoel as die persoon sit.

Eksternaliserende gesprekke het die volgende voordele vir hulpverlening:

• ‘n Konteks word daargestel waarin die persoon ervaar hy is nie die “probleem” nie. Volgens White en Epston (1990:40) word die kliënt se belewenis van mislukking hierdeur verminder. Gespreksvennote beleef verligting en dit stel hulle in staat om teen die probleem op te tree en hul verhouding met die probleem te wysig.

• Probleme lyk minder rigied en beperkend. Mense se vaardighede, vermoëns, belangstellings, bevoegdhede en toewyding word meer sigbaar en binne die persoon se bereik geplaas (Morgan 2000:24). Met behulp van eksternalisering word dit moontlik om op die kragte en hulpbronne in die persoon en sy konteks te fokus.

• Skuld en blamering word verminder en ruimte word vir die persoon geskep om verantwoordelikheid te aanvaar. Meer opsies vir die voer van 'n dialoog, in plaas van 'n monoloog, oor die probleem tree na vore (White en Epston 1990:40). Die negatiewe gevolge van probleme op die persoon se funksionering word met ander woorde verminder.

• Die verlammende gevolge van etikettering, diagnosering en die fokus op die patologiese word verminder (Morgan 2000:24). Eksternalisering het tot gevolg dat die kliënt ervaar dat hy oor 'n identiteit beskik wat losstaan van die probleem. • Nuwe moontlikhede kom na vore vir mense om hulself, andere en hul verhoudinge

probleem is nie, kan hy en ander betekenisvolle persone saamwerk om die probleem teen te staan. Volgens White en Epston (1990:40) word dispute oor wie vir die probleem verantwoordelik is, sodoende verminder.

• Die herbenoeming van ‘n probleemversadigde storie, wat hul lewe gedomineer het, word gefasiliteer. Die persoon se verhouding met die probleem word beklemtoon, eerder as dat die persoon ‘n probleem is of het.

• Sodra die persoon begin om te praat oor hoe die probleem hom affekteer, kom opsies na vore om op ‘n nuwe manier te dink en te praat (Morgan 2000:24). Dit kan unieke uitkomste word wat geleenthede voorsien om ander stories te vertel wat gespreksvennote se lewe ryker beskryf.

• Onproduktiewe konflik tussen mense word verminder en blamering in verhoudinge word minder relevant. White (1995:23) sê: Through externalizing conversations, the problem is to an extent disempowered, as it no longer speaks to persons of the truth about who they are as people, or about the very nature of their relationships.” Die betrokkenes se fokus verskuif en hulle verenig in die stryd om die probleem te verwyder en om die invloed daarvan op hulle te ontsnap.

• Nuwe moontlikhede word vir die kliënt geskep om aksies te begin, om die invloed van die probleme te verbreek en om beheer oor sy lewe en verhoudinge terug te win (White en Epston 1990:40). Eksternalisering bemagtig die mens om met meer selfvertroue op te tree en die kliënt slaag daarin om toenemend met minder spanning, ernstige probleme op 'n doeltreffender manier te benader.

In die lig van bogenoemde word eksternalisering gebruik om die funksionering van die probleem ondersoek, byvoorbeeld die metode of taktiek van die probleem om die persoon te oortuig van sy onvermoë of hulpeloosheid, asook die gevolge van die probleem op die persoon se lewe. Eksternalisering stel die kliënt in staat om sy siening van en verhouding met die probleem te heroorweeg, wat hoop bied om sy problematiese maatskaplike funksionering te verbeter (vgl. 4.2.2.2).

Persone wat vir hulp by ‘n maatskaplike werker aanklop, ervaar gewoonlik een of ander verhoudingsprobleem, soos armoede of verwerping as gevolg van fisiese gestremdheid, wat deur hom of ander betekenisvolle persone in sy lewe as problematies gedefinieer word. White (1995:22) wys daarop dat ‘n gedefinieerde probleem, problematiese sienings oor die kliënt se karakter, gedrag en motiewe impliseer. Hierdie waarhede word dikwels deur die kliënt se betrokke kultuurmilieu en selfs deur die professionele kennis van die maatskaplike werker bevestig. Op grond hiervan word eienskappe aan die kliënt toegeken, wat algaande deel van sy selfsiening word. Met behulp van eksternalisering begin die mens

om sogenaamde waarhede, naamlik dat hy ‘n probleem is, bevraagteken. Die probleem word ekstern tot die kliënt geposisioneer, gevolglik word die mens se identiteit nie langer deur die probleme in sy lewe bepaal nie.

Uit bogenoemde kom unieke en positiewe sienings van die kliënt, sy probleme en die potensiaal van narratiewe in hulpverlening na vore. Vervolgens word die implementering van die narratiewe werkswyse om hulp te verleen, bespreek.

4.2 DIE PRAKTIESE IMPLEMENTERING VAN DIE NARRATIEWE