• No results found

Betekenisse van die terme storie en narratief binne die narratiewe

4.1 DIE AARD VAN DIE NARRATIEWE WERKSWYSE

4.1.2 Betekenisse van die terme storie en narratief binne die narratiewe

Binne die narratiewe werkswyse speel die vertel en luister na stories van mense se lewens ‘n belangrike rol. Die terme storie en narratief (vgl. 1.6.4.1) word in hierdie navorsing as sinoniem beskou en afwisselend gebruik. Stories oor die mens se realiteite, persoonlikheid en verhoudinge is kognitiewe konstruksies wat op subjektiewe interpretasieprosesse gebaseer is. Met die skepping en vertel van stories probeer die mens om duidelikheid oor gebeure in die lewe te verkry, ten einde die lewe meer verstaanbaar te maak.

Die studie van stories se struktuur en inhoud spruit hoofsaaklik uit die literêre vakgebied, maar alle vakgebiede se sienings van stories is deur die postmodernisme beïnvloed. Die narratiewe benadering heg egter unieke betekenisse aan narratiewe en vereis daarom verdere toeligting. “[I]t is our immediate, day-to-day, concrete, personal apprehension of our lives – expressed through the ‘stories’ we tell ourselves and others about our lives – that is primarily knowable. The stories are also influential. In a postmodern perspective, these stories or narratives form the matrix of concepts and beliefs by which we understand our lives, and the world in which our lives takes place; and there is a continuing interaction between the stories we tell ourselves about our lives, the ways we live our lives, and the further stories we then tell” (Payne 2000:20). Stories speel ‘n belangrike rol om die wêreld en die mens se lewe, verhoudinge en maatskaplike probleme te beskryf en om konstruksies daar te stel waarvolgens die mens sy ervaringe organiseer, interpreteer en uitdruk. Narratiewe beïnvloed die mens se maatskaplike funksionering, want die mens se stories weerspieël sy mens- en wêreldbeskouing en die waardesisteme waarvolgens hy besluite neem en sy verhoudinge inrig.

Die mens verbind sy lewe en die stories wat vertel word met mekaar. White (2004:62) verwys na die vertelling van wat gebeur het tydens ‘n bepaalde tydperk of volgens ‘n

chronologiese verloop as die “landscape of action” en die betekenisse wat die mens aan die feite heg as “landscape of identity”. Tydens die vertelling van ‘n narratief word daar heen en weer beweeg tussen die weergee van inligting en die interpretasies daaarvan. Narratiewe word veral gebruik om die mens se interpretasies van gebeure weer te gee. “As humans, we are interpreting beings. We all have daily experiences of events that we seek to make meaningful. The stories we have about our lives are created through linking certain events toghether in a particular sequence across a time period, and finding a way of explaining or making sense of them. This meaning forms the plot of the story. We give meanings to our experiences constantly as we live our lives. A narrative is like a thread that weaves the events toghether, forming a story” (Morgan 2000:5). Stories stel die mens met ander woorde in staat om verskillende gebeure en insidente in sy lewe, wat in verskillende tydsdimensies afspeel, in ‘n samehangende geheel te orden. Die feitelike gebeure is die boustene van die narratief, wat met die mens se interpretasies van die gebeure vervleg word.

White en Epston plaas hul werk binne die narratiewe metafoor. Tydens ‘n onderhoud met Payne (2000:21) het White die volgende betekenisse aan die term storie van die lewe gekoppel: “It’s to propose that it’s not possible for us to interpret our experience without access to some frame of intelligibility, one that provides a context for our experience, one that makes the attribution of meaning possible. It’s to propose that stories constitute this frame of intelligibility. It’s to propose that the meanings derived in this process of interpretation are not neutral in their effects on our lives, but have real effects on what we do, on the steps that we take in life. It’s to propose that it is the story or self-narrative that determines which aspects of our lived experience get expressed, and it is to propose that it is the story [or] self-narrative that determines the shape of our lived experience. It’s to propose that we live by the stories that we have about our lives, that these stories actually shape our lives, constitute our lives, and that they ‘embrace’ our lives.” Narratiewe verskaf in die lig hiervan ‘n raamwerk om gebeurtenisse en belewenisse te orden en om die sin en betekenis daarvan te bepaal. Die mens se storie is voorts ‘n sekere vertelling van die persoon se lewe en terselfdertyd bepaal die storie weer die wyse waarop die mens leef.

Sosiale en kulturele invloede in die mens se konteks, soos taal, kultuur, omgewing en verhoudinge, speel ‘n belangrike rol in die interpretasie van gebeure en die vorming van stories. Hierdie invloede blyk uit dit wat die mens, groep of gemeenskap as vanselfsprekend aanvaar en in die vorm van konstruksies of narratiewe uitdruk (Roberts 1994:25). Die mens konstrueer nie ‘n selfnarratief in isolasie nie, maar binne die

verhoudinge waarin hy funksioneer. Die interaksieprosesse, wedersydse beïnvloeding en samewerking tussen mense kleur mense se stories en bepaal wat as belangrik, onbelangrik, traumaties en sinvol beleef en geïnterpreteer word.

In die lig van bogenoemde kan gesê word narratiewe binne die narratiewe werkswyse is weergawes of konstruksies van alledaagse gebeure en mense se interpretasies van hul ervaringe. ‘n Storie verteenwoordig die gekommunikeerde proses wat mense in hul verhoudinge en plaaslike konteks gebruik om ‘n samehangende verhaal oor gebeure en ervarings in hul lewe te vertel, om hulself daarmee aan andere bekend te stel en om rigting aan hul lewe te gee. Die mens skep stories oor hul lewens en verhoudinge en leef terselfdertyd hul lewenstories uit. Wanneer die mens se vermoë om verhale te vertel, sy belewenisse te beskryf en te herdefinieer beskadig of geblokkeer word, word die mens se maatskaplike funksionering op 'n fundamentele wyse belemmer.