• No results found

2.3 Wat is die mistiek?

2.3.5 Die traumatiese, sublieme en numineuse

2.3.5.1 Die traumatiese

Fodor (2006:10) betrek die traumatiese en voer aan dat wat misties is, nie in niemistieke terme verduidelik kan word nie. Omdat mistiek 'n lewende praktyk is en soos traumatiese “kennis” deur 'n afwesigheid van betekenis gekenmerk word, 'n betekenis is wat steeds in die liggaam aanwesig is, is dit nie maklik teoretiseerbaar nie. Hy meen nóg traumatiese ervaring, nóg mistieke ervaring is 'n empiriese entiteit, maar eerder 'n toestand van subjektivering waar die onderwerp sowel onderhewig word aan en die onderwerp van sy groter samelewing is. Pyn en lyding, sê Underhill, dui 'n diepgaande disharmonie tussen die sintuiglike wêreld en die menslike self aan, en indien die self nie deur 'n doelbewuste en omsigtige poging by hierdie wêreld kan aanpas nie, kan dit slegs opgelos word deur sig te wend na 'n ander wêreld waarby daar aanklank gevind word.

Die woord “trauma” is afkomstig van die Griekse wood vir “wond”, wat 'n ernstige besering, nie net aan die liggaam nie, maar ook die psige aandui. Bowlby en Bowlby (2014:100) wys daarop dat die Franse woord vir die werkwoord “wond”, “blesser” is en koppel dit aan die Engelse werkwoord, “bless”, om m.a.w. geseën te word.

Aucamp (2015:5) verwys na Chignell en Halteman (2012:186) wat die sublieme met die religieuse verbind. Hulle verdeel die sublieme moment in drie fases en voer aan dat die religieuse tydens die derde fase te voorskyn kom. Versteeg (2012:64) se betoog sluit in ’n mindere mate by Chignell en Halteman aan wanneer sy verwys na die metafoor van die wond as ’n aspek van ’n traumatiserende belewenis en die religieuse:

De metafoor van de wond kent immers een lange geschiedenis in zowel seculiere als religieuze context, waarbij ik niet alleen doel op het bekende symbool van de kruisiging van Jezus. Lange tijd werd de openheid van het gewonde lichaam – en bij extensie de geest – in meer algemene zin begrepen als een weg tot spirituele heling of groei, terwijl men zich tegelijkertijd diep bewust was van de risico’s van diezelfde wond.

Sowel Rumi as die liedjieskrywer en mistikus Leonard Cohen skryf oor die “wond” en lê ’n verband daartussen en die “lig”:

Let a teacher wave away the flies and put a plaster on the wound. Don’t turn your head. Keep looking at the bandaged place. That’s where the light enters you.

30

And don’t believe for a moment that you’re healing yourself.

(Jalāl al-Dīn Rūmī, 1997:142) En:

Ring the bells that still can ring Forget your perfect offering

There is a crack, a crack in everything That's how the light gets in.

(Reëls uit Leonard Cohen (1993) se liedjie “Anthem”.)

Versteeg, soos aangehaal deur Van der Merwe (2014:212), meen dat die wond ’n sekere aantrekkingskrag het as toegang tot ’n waarheid wat ons andersins nie kan ervaar nie. Ook lê sy ’n verband tussen trauma of lyding en die sublieme, of dit wat heilig is, en meen dat beide aan die grense van ons kognitiewe raak. Die Lacaniaanse begrippe, die denkbeeldige, die simboliese en die reële, sluit aan by die mistieke en die traumatiese. In trauma of lyding word ons uit ons bekende wêreld van die Lacaniaanse denkbeeldige (imaginary) en simboliese (symbolic) ontwrig. Chandler (2005:195) verduidelik dat ’n tydelike breuk in die kontinuïteit en stabiliteit van gesimboliseerde betekenis ontstaan, asook devaluasie van identiteit en rasionele epistemologiese denke, wat tot die traumatiese konflik lei. Sy wys daarop dat die traumatiese ervaring dus nie sy oorsprong in enige intrinsieke eienskap van die (traumatiese) ervaring het nie. Die ervaarder bevind hom in die sfeer van die Lacaniaanse begrip van die reële – dit wat buite die grense van die simboliese orde lê (Van der Merwe, 2012). Fink (1995:24) wys daarop dat die reële dit is wat nog nie gesimboliseer is nie en wat simbolisering weerstaan en Qazi (2011) voeg by: “It is this resistance to symbolization that lends the Real its traumatic quality.” Die individu ondervind gevoelens van dissosiasie, disoriëntasie en bevreemding en soos Sawyer (2014:159) dit stel, voel hy/sy afgesny van logos.

Van der Merwe (2012) sê die reële is dus die vreemde, die bevreemdende, of, in die betekenis wat Žižek daaraan heg, ook die traumatiese of traumatiserende – dus daardie Iets wat die gebruiklike, vertroude en bekende verklaringsmodelle van die individu oorstyg en daarom “vreemd” en bevreemdend aandoen, want dít is juis die skrikwekkende vreemdheid van die traumatiserende ervaring wat nie met woorde omvat kan word nie. Die poging om dit desondanks daar te stel, is soos die omsirkeling, vanuit (af)wisselende perspektiewe, van 'n kern wat nie definitief en finaal beskryf kan word nie.

Oorspronklike angs is die ervaring waarop Dasein in transendensie onthul word en bring ’n diepgaande skeiding van die gewone synswêreld mee. Heidegger (1949) beskou “the basic

31

state-of-mind of anxiety as a distinctive way in which Dasein is disclosed”, en voer aan: "[A]ll utterance of the 'is' falls silent". Heidegger (1949) beskryf hierdie angsgevoel soos volg:

In anxiety, we say ‘one feels ill at ease [es ist einem unheimlich].’ What is ‘it’ that ‘makes’ ‘one’ feel ill at ease? We cannot say what it is before which one feels ill at ease. All things and we ourselves sink into indifference. This, however, not in the sense of mere disappearance. Rather in this very receding things turn toward us. The receding of beings as a whole that closes in on us in anxiety oppresses us. We can get no hold on things. In the slipping away of beings only this ‘no hold on things’ comes over us and remains. [...] In the altogether unsettling experience of this hovering where there is nothing to hold onto, pure Dasein is all that is still there.