• No results found

Navorsingsontwerp, paradigma en metodologie

'n Kwalitatiewe navorsingsbenadering is gevolg om die navorsingsdoel, naamlik om die aard van mentorskap in die professionele ontwikkeling van skoolleiers te bepaal. Die navorsingsprobleem en gepaardgaande navorsingsdoelwitte vereis 'n benadering wat dit moontlik maak om konteksgebonde response te bekom vir beter begrip aangaande interpersoonlike belewinge en sieninge betreffende 'n bepaalde onderwyskwessie. Die navorsingsbenadering vind binne die raamwerk van ʼn naturalistiese konstruktivistiese, interpretivistiese benadering vanuit 'n fenomenologiese perspektief plaas en deel die siening dat die realiteit subjektief is (Henning, Van Rensburg & Smit, 2004; O'Donoghue, 2007; Willig, 2012; Willis, Jost & Nilakanta, 2007). 'n Individu se denke en begrip vir die wêreld word bepaal deur kontekstuele faktore soos vorige ervarings, persepsies en die sosiale omgewing waarin ons funksioneer. Dit oefen ‘n invloed uit op hoe ons die realiteit sien sowel as kennis konstrueer, wat uitloop op ‘n subjektiewe lewens- en realiteitsbeskouing (Denscombe, 2010; Henning et al., 2004; McMillan & Schumacher, 2006; Morrison, 2007).

Die interpretivistiese beskouing wat die navorsing onderlê, het ‘n indiepte-beskrywing van die ervarings en menings moontlik gemaak. ‘n Uitgebreide en meer gedetailleerde beskrywing van die navorsingsontwerp, metodologie en paradigma sowel as die navorsingsmetode word in hoofstuk 4 beskryf (§4.3). Die uitkoms van hierdie navorsing is derhalwe gemik op die ondersoek, verduideliking en beskrywing van probleme in die alledaagse lewe. Meer spesifiek is dit gemik op die aard en uitdagings wat mentorskap in die professionele ontwikkeling van skoolleiers in die onderwys speel (Cohen, Manion & Morrison, 2005; Marshall & Rossman, 1999; O'Donoghue, 2007; Wilkinson & Birmingham, 2003; Willig, 2012).

Ten einde die navorsingsdoel in hierdie studie te bereik, behels die data-insamelingstrategie beide individuele en fokusgroeponderhoude om vir die uiteenlopende aard van hierdie studiepopulasie (§4.4.4.1) voorsiening te maak.

1.5.1 Literatuurstudie

'n Omvangryke literatuurstudie het primêre sowel as sekondêre bronne ingesluit. Verskeie databasisse is so goed as moontlik in die literatuurnavorsing benut om inligting te bekom in ooreenstemming met die gestelde navorsingsprobleem en –doelwitte (§1.3, 1.4). Inligting uit die literatuur is geëvalueer en ontleed vir die tersaaklike daarstelling van 'n grondige teoretiese onderbou en raamwerk om die redenasie rondom die navorsingstudie te beklemtoon. Die volgende kernwoorde is in die literatuurnavorsing gebruik: mentor, mentorskap, mentee,

leierskap, skoolleier, skoolleierskap, skool- en onderwysbestuur, professionele ontwikkeling, opleiding, professionele opleiding, ontwikkeling, opleidingsprogram, skoolleier- opleidingsprogramme, Advanced Certificate: Education (School Management and Leadership), Gevorderde Sertifikaat: Onderwys (Skoolbestuur en -leierskap).

1.5.2 Data-insameling

Onderhoudvoering het met behulp van 'n semigestruktureerde onderhoudskedule plaasgevind om die persoonlike persepsies, perspektiewe, beskouings, ervarings en behoeftes van die deelnemers te bepaal. Om tersaaklike biografiese inligting van die deelnemers in te win is ‘n agtergrondvraelys gebruik. ‘n Digitale stemopnemer is gebruik vir data-insameling tydens die individuele en fokusgroeponderhoude en die navorser het deurlopend aantekeninge metanotas (“meta-notes”) gemaak om die kontekstuele faktore wat addisioneel en bydraend tot die dialoog is, te beskryf. ‘n Uitgebreide en meer gedetailleerde beskrywing van die data- insamelingsmetode wat in hierdie navorsing gebruik word, word in hoofstuk 4 uiteengesit (§4.4.4).

1.5.3 Studiepopulasie en deelnemerseleksie

'n Doelgerigte (“purposive”) steekproefseleksie is in hierdie studie gebruik om drie HOI’s volgens temaverwante kriteria te kies. Doelgerigte steekproefneming impliseer die seleksie van inligtingryke bronne wat die geleentheid vir 'n indiepte-studie bied waardeur die navorser onontbeerlike inligting in ooreenstemming met die navorsingsdoel kan bekom (Best & Kahn, 2006; Bouma & Ling, 2004; Cohen et al., 2005; Merriam, 1998).

In terme van die navorsingsfokus is kriteria bepaal vir die selektering van geskikte deelnemers op grond van hul kundigheid, betrokkenheid en, belewing van die integrale

mentorskapkomponent van die GOS SL-program. Drie HOI’s wat aan die kriteria voldoen, is geïdentifiseer en alhoewel ‘n uitgebreide en meer gedetailleerde beskrywing van die

navorsingsontwerp en -metodologie in hoofstuk 4 verskaf sal word (§4.4.3), kan die deelnemerseleksie soos volg voorgestel word:

Tabel 1.1 Deelnemerseleksie en data-insamelingstrategie

Deelnemerseleksie & data-insamelingstrategie

Individuele onderhoude Fokusgroeponderhoude

Drie programleiers van die doelgerig geselekteerde HOI’s wat die GOS SL- program aanbied

Programaanbieders verbonde aan die doelgerig geselekteerde HOI’s wat die GOS SL-program aanbied

Drie skoolleiers wat die GOS SL-program voltooi het aan die doelgerig geselekteerde HOI’s

Toegewese koördineerders van die DBO verantwoordelik vir die nasionale

koördinering van die GOS SL-program Drie mentore van die doelgerig

geselekteerde skoolleiers wat die GOS SL- program voltooi het aan die doelgerig geselekteerde HOI’s

Totaal: Nege individuele onderhoude Totaal: Vier fokusgroeponderhoude

1.5.4 Data-analise

Data wat gedurende die onderhoude ingesamel is, is volgens die rasionele analiseringsproses ontleed. Neigings, tendense, temas en patrone sowel as die identifisering van verwantskappe tussen aspekte, woorde of frases was kenmerkend van hierdie proses13 (Cohen et al., 2005; Creswell, 2003, 2008; Hawkins, 2010). Versamelde data is met behulp van Atlas.tiTM in kleiner eenhede opgebreek (data-reduksie) ten einde elemente en strukture te identifiseer wat tot die interpretasie, begrip en verduideliking van neigings, temas en patrone kon bydra (Creswell, 2008; Dey, 1993; Flick, 2002; Friese, 2012; Hawkins, 2010; O'Donoghue, 2007; Wilkinson & Birmingham, 2003). ‘n Uitgebreide en meer gedetailleerde beskrywing van die data- analiseringsproses wat met hierdie navorsing gebruik is, word in hoofstuk 4 verskaf (§4.4.5).

1.5.5 Geloofwaardigheid van die navorsing

Die geldigheid van die navorsing verwys na die kredietwaardigheid van die navorsing en dat die bevindings die waarheid moet vergestalt. Die navorser het van verskeie interne en eksterne geldigheidstegnieke gebruik gemaak ten einde te verseker dat die navorsing geloofwaardig en

13

'n Reeks interafhanklike en aaneenskakelende handelinge, momente of aksiestappe om 'n gestelde einddoel te bereik.

betroubaar is. Data is onder meer deur die promotor as mede-ontleder sowel as deelnemers geëvalueer ten einde te verseker dat die navorser die data korrek getranskribeer en gekodeer het asook dat daar geen wanopvattings en -voorstellings daarin voorkom nie. ‘n Uitgebreide en meer gedetailleerde beskrywing van die betroubaarheid, geldigheid en geloofwaardigheid van die navorsing word in hoofstuk 4 beskryf (§4.5, 4.6).