• No results found

Die gebruik van semigestuktureerde individuele en

4.3 Navorsingsontwerp

4.4.4.1 Die gebruik van semigestuktureerde individuele en

Data-insameling in hierdie studie is aan die hand van semigestruktureerde individuele en fokusgroeponderhoude ingesamel. Kwalitatiewe navorsing is interaktief van aard. Dit poog om op ‘n aangesig-tot-aangesig-basis konteksverwante beskouinge te ontgin aangaande die belewenisse wat in die deelnemer opgesluit lê (Creswell, 2003, 2008; McMillan & Schumacher, 2006). Onderhoudvoering word beskou as die mees algemene en effektiewe wyse om menslike gedrag in 'n sosiale konteks te begryp (Denzil & Lincoln, 2005; Dunne, Pryor & Yates, 2005; Flick, 2002; Gay & Airasian, 2003; Hammersley & Gromm, 2008; Hesse-Biber & Leavy, 2006; Wilkinson & Birmingham, 2003).

Op die onderhoudskontinuum van Best en Kahn (2006) wat onderhoude op ‘n kontinuum plaas van onderhoude wat wissel van informele, ongestruktureerde gesprekke tot formele, hoogs gestruktureerde onderhoude, is die besluit gemaak om in hierdie studie van semigestruktureerde onderhoudvoering gebruik te maak. Semigestuktureerde onderhoudvoering kan omskryf word as indiepte-onderhoudvoering waar vraagstelling op so ‘n wyse gestruktureer en aangebied word dat dit deelnemers die geleentheid bied om hulle persoonlike belewinge te verduidelik (Drew et al., 2008; Flick, 2002; McMillan & Schumacher, 2006). Die rasionaal vir die seleksie van semigestruktureerde onderhoudvoering vir hierdie studie is dat mentorskap in wese ‘n eiesoortige persoonlike ervaring is en dat die gebruik van semigestruktureerde vrae en opvolgvrae oor die mentorskap in die GOS SL-program, my die geleentheid gebied het om dieper agter die persoonlike belewenis te delf, asook moontlike onsekerheid onmiddellik uit die weg te ruim deur middel van opvolgvrae (Busher & James, 2007; Corbin & Strauss, 2008; Creswell, 2008; Henning et al., 2004; Huysamen, 2001; King & Horrocks, 2010; Kumar, 2005; Miller & Salkind, 2002; Wilkinson & Birmingham, 2003).

In hierdie studie is individuele onderhoude gebruik ten spyte daarvan dat individuele onderhoudvoering arbeidsintensief is, omdat vrae aan slegs een deelnemer op ’n keer gestel

word en die deelnemer dan die geleentheid het om die vraag te beantwoord. In die geval waar daar ‘n behoefe was aan verdere konteksspesifieke inligting, is opvolgvrae vir groter duidelikheid, uitbreiding en volledigheid gebruik (Berg, 2007; Creswell, 2008; Dunne et al., 2005; Greene, 2009; Henning et al., 2004; King & Horrocks, 2010; Kumar, 2005; Rapley, 2004).

In hierdie studie was daar gevalle waar die doelgerig-geselekteerde deelnemers ‘n gemeenskaplike fokus gedeel het wat meegebring het dat hierdie deelnemers saamgegroepeer kon word in ‘n fokusgroeponderhoud (Barbour, 2007; Bouma & Ling, 2004; Creswell, 2008; Denzil & Lincoln, 2005; Flick, 2002; Gray, 2004; Hesse-Biber & Leavy, 2006; Kumar, 2005; Marczyk et al., 2005; McLafferty, 2004; Rapley, 2004; Wilkinson & Birmingham, 2003). Voorbeelde hiervan is die nasionale belanghebbendes van die Departement van Basiese Onderwys en ook programaanbieders. Die rasionaal vir die saamgroepering van die deelnemers in hierdie studie was dat die doelgerig-geselekteerde deelnemers as heterogene groep met dieselfde belange, kumulatiewe en uitgebreide data vanuit verskeie perspektiewe kon verskaf, asook mekaar se geheue kon verfris (Barbour, 2007; Creswell, 2008; Denzil & Lincoln, 2005; Flick, 2002; McLafferty, 2004).

McLafferty (2004) meld dat fokusgroepe verkieslik uit vier tot agt lede moet bestaan. Voorgenoemde outeur gaan verder deur te sê dat fokusgroepe ook uit minder as vier lede kan bestaan, maar dat daar die moontlikheid van databeperking kan wees. In hierdie studie was daar fokusgroepe met meer en minder as vier lede. In gevalle waar daar minder as vier was, het ek as navorser daarop gefokus om soveel moontlik data vanuit die vraagstelling en opvolgvrae te genereer (Barbour, 2007; King & Horrocks, 2010; McLafferty, 2004).

Die veranderende groepsdinamika van fokusgroeponderhoude kan uitdagings aan die navorser stel en daarom is dit noodsaaklik dat die navorser die fokusgroeponderhoud moet bestuur (Creswell, 2008; Drew et al., 2008; Flick, 2002; Fowler, 2009; King & Horrocks, 2010). Onder bestuur word gereken die uitklaring van die onderhoudsprosedure soos die rotasiebasis waarop vraag- en antwoordstelling gaan geskied asook die prosedure vir deelnemer-identifisering en toevoeging tot die mededeling van ‘n ander deelnemer in die fokusgroep (Barbour, 2007). Om die bestuur van die fokusgroeponderhoude te vergemaklik is ‘n onderhoudsprosedure saamgestel wat met aanvang van die fokusgroeponderhoude aan die deelnemers gekommunikeer is (Bylaag A. Addendum 4.10).

Vir databetroubaarheid is nommers aan die fokusgroepdeelnemers toegeken. Nommerkaartjies is voor elke deelnemer geplaas om deelnemer-identifisering te vergemaklik. Vir data- en deelnemerbeskerming asook vertroulikheid is net die navorser in besit van ‘n lys wat die

deelnemer aan die betrokke nommer koppel. Die toegekende deelnemernommer is gebruik in die transkribering van die data sowel as in die data-analise en verwerkingsproses (Creswell, 2008; Flick, 2002; Gay & Airasian, 2003; Kumar, 2005; McLafferty, 2004).

Gedurende die fokusgroeponderhoude het ek die rol van ‘n fasiliteerder vertolk (Denscombe, 2010; Fowler, 2009; Kumar, 2005; Thiétart, 2007) en het, buiten vir die deurgee van die voorgemelde onderhoudsprosedure, ook deelnemers herhaaldelik verseker van die vertroulikheidsklousule en aanmoedig om aan die bespreking deel te neem (Marczyk et al., 2005). Die individuele en fokusgroeponderhoude in hierdie studie kan soos volg getabuleer word.

Tabel 4.2 Deelnemerseleksie en data-insamelingstrategie

Deelnemerseleksie Aantal individuele onderhoude Aantal fokusgroep onderhoude

Programleiers van die verskillende geselekteerde

HOI’s wat die GOS SL-program aanbied. Die programleier is die professionele bestuurder en koördineerder en staan aan die hoof van die GOS SL- program by die betrokke instelling.

3 -

Programaanbieders verbonde aan die verskillende

geselekteerde HOI’s wat die GOS SL-program aanbied. Programaanbieders is verantwoordelik vir die

aanbieding van een of meer van die GOS SL-modules.

2 1

Skoolleiers (by implikasie die mentees) wat die GOS

SL-program voltooi het aan die verskillende geselekteerde HOI’s.

2 1

Mentore van die geïdentifiseerde skoolleiers (mentees)

wat die GOS SL-program voltooi het aan die verskillende geselekteerde HOI’s.

2 1

Nasionale belanghebbendes van die Departement

van Basiese Onderwys en wat verantwoordelik is vir die bestuur van die GOS SL-program op nasionale vlak.

- 1

Totaal: Nege Vier