• No results found

Tabel 5.1 verteenwoordig die biografiese inligting soos van betrokke deelnemers by die studie verkry (Newby, 2010). Die inligting word in tabelvorm verskaf en bespreek, ten einde die biografiese agtergrond en profiel van die deelnemers te beskryf. Slegs die tersaaklike aspekte van ouderdom, geslag en kwalifikasie is in die biografiese vraestel ingesluit. ‘n Totaal van sestien deelnemers het aan die studie deelgeneem. Deelnemers is doelgerig (“purposive”) geselekteer (§4.4.3) en verbonde aan onderskeidelik drie HOI’s en die Departement van Basiese Onderwys (voortaan DBO). Deelnemers is versoek om die biografiese vraelys (Bylaag A: Addendum 4.9) te voltooi. Al die biografiese vraelyste is terug ontvang (100% terugvoer) en die data word vervolgens in tabel 5.1 uiteengesit.

Tabel 5.1 Opsomming van biografiese inligting

Biografiese inligting Frekwensie Persentasie 1 Ouderdom 20 - 29 jaar 0 0% 30 - 39 jaar 0 0% 40 - 49 jaar 4 25% 50 - 59 jaar 5 31% 60 jaar + 7 44% Totaal 16 100% 2 Geslag Manlik 10 63% Vroulik 6 37% Totaal 16 100% 3 Hoogste kwalifikasie Sertifikaat 0 0% Diploma 1 6% Graad 2 12% Honneursgraad 3 19% Meestersgraad 2 12% Doktorsgraad 8 50% Totaal 16 100%

5.3.1 Ouderdom

‘n Analise van die deelnemers se ouderdom toon dat deelnemers tussen veertig tot sestig jaar plus is met die grootste verteenwoordiging in die sestig-jaar-plus-kategorie. Hieruit kan die aanname gemaak word dat deelnemers oor diepgaande beroeps- en lewenservaring beskik en geloofwaardige menings oor die praktyk in terme van die navorsingstema verskaf.

5.3.2 Geslag

Hierdie studie ondersoek nie op die invloed van geslag op mentorskap in skoolleier- opleidingsprogramme nie derhalwe dui die persentasie-aanduiding in die biografiese inligting slegs daarop dat beide manlike en vroulike deelnemers by die studie betrek is. ʼn Verdere studie wat die betekenisvolle invloed van geslag op mentorskap in skoolleier- opleidingsprogramme ondersoek, word aanbeveel.

5.3.3 Kwalifikasies

Die analise rakende die deelnemers tot hierdie studie se kwalifikasies dui 'n wye kwalifikasieverspreiding aan. Die kwalifikasies van skoolleiers wat die GOS SL-program voltooi het, wissel van diplomavlak (REQV101 12) tot ʼn nagraadse kwalifikasie en stem ooreen met die seleksiekriteria wat deur die DBO voorgehou word as deel van die skoolleierseleksie (by implikasie die mentee) vir die GOS SL-program (§5.3.3). ʼn Analise van mentore in die GOS SL- program toon dat twee mentore oor ʼn graad beskik terwyl een mentor oor ʼn doktorsgraad beskik. Programleiers, -aanbieders sowel as DBO-verteenwoordigers beskik almal oor ʼn nagraadse kwalifikasie met die meerderheid programleiers en -aanbieders wat oor ʼn doktorsgraad beskik. Vir die doel van hierdie studie kan die afleiding gemaak word dat deelnemers oor hoëvlak- en uitgebreide opvoedkundige kwalifikasies beskik en dat die response beskou kan word as komende van gekwalifiseerde deelnemers wat bydra tot die geloofwaardigheid van die navorsing.

5.4 ‘n Mentorskapmodel vir die professionele opleiding van skoolleiers

Ten einde ʼn model te ontwikkel vir ʼn integrale mentorskapkomponent van ʼn opleidingsprogram vir skoolleiers was dit noodsaaklik om die aard van ‘n integrale mentorskapkomponent in die professionele opleidingsprogram van skoolleiers te ondersoek. Wêreldwyd word, weens die voordurende veranderende onderwysomgewing, toenemende druk op skoolleiers geplaas. Dit

101

het weer gelei tot die besef dat, ten einde hierdie uitdagings effektief te bestuur, die professionele opleiding van skoolleiers nodig is (§2.7.1, 3.2) (Bush, 2009).

Sommige deelnemers is van die opinie dat teoretiese opleiding op sigself nie genoeg is vir effektiewe skoolbestuur en -leierskap nie (P2102:301:302103, P10:191:192). Skoolleiers behoort ook in hul bestuurs- en leierskaptaak ondersteun te word (§1.2). Dit is hier waar die formele mentorskap van ingeskrewe skoolleiers as integrale komponent van die GOS SL-program ‘n belangrike rol speel (§2.7, 2.8) (Van Vuuren, 2009). Deelnemers bevestig die bogenoemde en meld dat hulle gementor wil word vanweë die waarde wat mentorskap toevoeg (P13:135:136, P12:331:333). Hierdie terugvoer is belangrik, as in ag geneem word dat mentorskap gebaseer is op die gewilligheid en samewerking van beide partye (§2.1, 2.7.1).

ʼn Dokumentondersoek het slegs algemene riglyne rakende die implementering van die integrale mentorskapkomponent van die GOS SL-program opgelewer (§5.6). Dit word ook bevestig in die onderhoude (P9:372:373, P10:10:12). Dit blyk dat die implementering van die integrale mentorskapkomponent van die GOS SL-program van HOI tot HOI verskil (P2:178, P6:381, P12:118, P9:238, P8:63) wat ingrypende implikasies vir die sukses van die integrale mentorskapkomponent van die program kan inhou. ʼn Verslag van Bush et al., (2011) het bogenoemde as ʼn spesifieke leemte uitgewys. Dié verslag beveel ʼn indiepte-besinning en hersiening van die integrale mentorskapkomponent van die GOS SL-program deur HOI’s, provinsiale onderwysowerhede en die DBO aan (§1.2, 3.2.1). Hierdie siening word ook deur die deelnemers gedeel (P9:375:776, P12:433:437). Voorgenoemde bevestig die rasionaal vir hierdie navorsing (§1.4).

Ten einde die navorsingsdoel, naamlik “die ontwikkeling van ʼn model om die integrale

mentorskapkomponent, as deel van professionele opleidingsprogramme vir skoolleiers” aan te

spreek, is dit noodsaaklik om ʼn beter begrip te verkry van die elemente wat deel vorm van die navorsingsonderwerp, asook om verbandhoudende aspekte tot die probleem te ondersoek. Binne die navorsingsfokus104 speel die aard van mentorskap ʼn rol. Omdat die aard van mentorskap ʼn invloed uitoefen op die ontwerp van ʼn model, blyk dit nodig te wees om die aard van mentorskap te ondersoek en te verstaan. Voorgenoemde vorm die eerste geïdentifiseerde patroon, patroon A (Figuur 5.2) wat bespreek sal word (§5.5).

102 Verwysing na die primêre dokument as onderhoud wat ingetrek is in Atlas.tiTM in (Bylaag B).

103 Verwysing na die genumeerde reël(s) waarin die aanhaling(s) in die primêre dokument gevind kan

word (Bylaag B).

In patroon B (Figuur 5.3) word ondersoek hoe die integrale mentorskapkomponent as deel van ‘n nasionale, professionele opleidingsprogram vir skoolleiers tans by HOI’s daar uitsien (§5.6). Onder elkeen van die geïdentifiseerde patrone is daar bepalende faktore wat ‘n invloed op die aard van mentorskap en die integrale mentorskapkomponent uitoefen. Hierdie faktore moet ook verreken word, omdat dit ‘n invloed op die ontwikkeling van ‘n model kan uitoefen. Dié faktore sal - vanweë die sleutelrol wat hulle speel - afsonderlik bespreek word.