• No results found

Data-analise en kodering van data

4.3 Navorsingsontwerp

4.4.5 Data-analise en kodering van data

Die konsep “data” het sy oorsprong in Latyn en beteken “dinge wat gegee word”. Data behels ‘n wetenskaplike benadering van die werklikheid waarin ‘n magdom gegewe en niegegewe feite, wat ontdek moet word, voorkom (Creswell, 2008; Saldaña, 2013; Watling & James, 2007). Gedurende en ná die data-insamelingsproses moet die navorser die data organiseer, kategoriseer, sintetiseer, interpreteer en weergee. Alhoewel die stappe logies op mekaar volg, is die analiseproses buigsaam wat tot gevolg het dat dit nie noodwendig in volgorde plaasvind nie. Die stappe in die kwalitatiewe data-analiseringsproses kan diagrammaties soos volg uitgebeeld word in Figuur 4.2:

Figuur 4.2 Stappe in die kwalitatiewe data-analiseringsproses*

* Aangepas uit Gay en Airasian (2003); Wilkinson en Birmingham (2003)

Kwalitatiewe data is kragtig omdat dit merkwaardige sosiale tendense ondersoek en insae in die daaglikse sosiale bestaan van die mens lewer (Creswell, 2008; Eisenhart, 2006; Hesse-Biber & Leavy, 2006; Kumar, 2005; Saldaña, 2013). Dieselfde outeurs is ook van mening dat versamelde data nie vir hulself kan “praat” nie en geïnterpreteer moet word alvorens dit aangebied kan word en die navorser daaruit sin kan maak. In hierdie studie is data wat met die agtergrondvraelys ingewin is en wat slegs die tersaaklike aspekte van ouderdom, geslag en kwalifikasie bevat, gebruik om die biografiese agtergrond en profiel van die deelnemers daar te stel. Hierdie data word beskryf in Tabel 5.2.

Die data-insameling in hierdie studie het geskied aan die hand van individuele en fokusgroeponderhoude. Ek gebruik die rasionele analiseringsproses van Wilkinson & Birmingham (2003) om die data wat in hierdie studie ingewin is rondom mentorskap, as integrale deel van die GOS SL-program te ontleed.

Die rasionele inhoud-analiseringsproses behels die kodering van data deur aanhalings, kodes, subtemas55, temas56, en patrone te identifiseer en aan mekaar te verbind tot betekenisvolle patrone en teorie. Die gebruik van die onderhoudskedule tydens die individuele sowel as fokusgroeponderhoude (§4.4.4.2) het verseker dat dat die data op ‘n konstruktiewe wyse ingesamel word. Digitale stemopnames is woordeliks en so spoedig moontlik self getranskribeer. Getranskribeerde data is in Atlas.tiTM57 ingetrek, wat aan my die geleentheid gebied het om die ingewonne data vanuit die individuele en fokusgroeponderhoude te organiseer en te bestuur (Creswell, 2008; Friese, 2012; Kelle, 2004; Saldaña, 2013; Zhang & Wildemuth, 2009). Die getranskribeerde onderhoude is herhaaldelik deurgelees ten einde ‘n deeglike begrip van mentorskap in die GOS SL-program te verkry. Daarna is begin met die ontleding van die getranskribeerde data in Atlas.tiTM. Versamelde data rondom die beskouinge van die deelnemers rakende mentorskap as integrale komponent van die GOS SL-program, is in kleiner eenhede opgebreek. Kodering het plaasgevind deur gebruik te maak van “in vivo”58- kodering sowel as fyner reël-vir-reël-kodering ten einde sekere elemente en strukture te identifiseer wat met die interpretasie, begrip en verduideliking van patrone en neigings sal help

55

In sommige kwalitatiewe navorsing ook bekend as subkategorieë.

56 In sommige kwalitatiewe navorsing ook bekend as kategorieë. 57 ‘n Rekenaargebaseerde kwalitatiewe data-analise-sagteware. 58

“In vivo”-kodering behels die groepering van eenhede inligting wat in ‘n aantal sinne voorkom. Elke sin word nie in “in vivo”-kodering gekodeer nie (Creswell, 2008; Friese, 2012).

(Creswell, 2008; Friese, 2012; Gray, 2004; Henning et al., 2004; Saldaña, 2013; Watling & James, 2007; Wilkinson & Birmingham, 2003).

Die gekodeerde data is onder aanhalings, kodes, subtemas, temas, en patrone gekategoriseer ten einde verbande en verhoudings tussen die data te tref. Vanuit die verhoudings wat in die data geïdentifiseer is, is ‘families’ (Atlas.tiTM) aan die kodes toegeken wat weer aan die betrokke

temas en patrone gekoppel is (§Figuur 5.4). Geïdentifiseerde patrone, temas, subtemas en kodes (§Figuur 5.1 - Figuur 5.10) het direk met die navorsingsvrae en -doelwitte verband gehou. Verbandhoudende mededelings van deelnemers wat tydens die koderingsproses van die transkripsies geïdentifiseer is, word aangedui as P1:102:105. P verwys na die primêre dokument (onderhoud ingetrek in Atlas.tiTM) en 102:105 verwys na die genumeerde reël(s) waarin die aanhaling(s) in die primêre dokument gevind kan word. Mededelings van Engelse deelnemers is vertaal, maar die oorspronklike woordelikse reaksie is deur middel van ‘n voetnota aan die onderkant van die bladsy aangedui. Bevindings vanuit die empiriese navorsing is met toepaslike literatuur vanuit Hoofstukke 2 en 3 in verband gebring en die teoretiese insig wat deur die data-analise verkry is, is deeglik en gedetailleerd omskryf ten einde as verwysing vir data-verifikasie te dien (Bui, 2009; Creswell, 2008; Dunne et al., 2005; Eisenhart, 2006; Friese, 2012; Gay & Airasian, 2003; Gray, 2004; Henning et al., 2004).

Twee patrone, elk met temas, subtemas en kodes is vanuit die analise geïdentifiseer. Patroon A ondersoek die aard van mentorskap in die professionele ontwikkeling van skoolleiers en word onderverdeel in twee temas A159 en A260 en vier subtemas A1.161, A1.262, A1.363 en A1.4 (§5.2.1).

Patroon B ondersoek die integrasie van ʼn integrale mentorskapkomponent as deel van ‘n nasionale professionele opleidingsprogram vir skoolleiers en word onderverdeel in twee temas B164 met twee subtemas B1.165 en B1.266. Tema B267 word onderverdeel in ses subtemas B2.168, B2.269, B2.370, B2.471, B2.572: asook B2.673 (§5.2.2).

59 Die konseptualisering van mentorskap. 60

Mentorskap as deel van die professionele ontwikkeling van skoolleiers.

61

Konseptualisering van die skoolleier as mentee in die GOS SL-program.

62 Konseptualisering van die mentor in die GOS SL-program.

63 Mentorskap as ʼn langtermyn interpersoonlike vertrouensverhouding. 64

Mentorskapmodelle in die GOS SL-program.

65

Die gebruik van die een-tot-een-mentorskapmodel in die GOS SL-program.

66

Die gebruik van die groepmentorskapmodel in die GOS SL-program.

67 Integrale mentorskapmomente wat die boustene vir die integrale mentorskapkomponent vorm. 68 Beplanning en ontwerp van ‘n formele integrale mentorskapkomponent in opleidingsprogramme. 69

Mentor-mentee-identifisering, -sifting en -seleksie.

70

Die data-analise en interpretasie word in ooreenstemming met die navorsingsvrae aangebied (§1.3). Gepaardgaande aanhalings bied duidelikheid oor die menings en standpunte van die deelnemers. Om die integrale mentorskapkomponent van skoolleier-opleidingsprogramme met die literatuur te vergelyk, word ooreenstemmende teksgedeeltes vanuit die literatuur met die aanhalings in verband gebring. Dié kwalitatiewe data-verwerkingsproses wat in hierdie studie gebruik is, kan skematies soos volg uiteengesit word:

Figuur 4.3 Stappe van die kwalitatiewe rasionele data-analiseringsproses*

71 Mentor-mentee-opleiding. 72 Mentor-mentee-ondersteuning. 73 Mentorskaprefleksie.

* Wilkinson en Birmingham (2003)