• No results found

Betroubaarheid van die navorsing

Betroubaarheid behels die assessering van die totale navorsingsproses om te bepaal of navorsingbevindings geldig, inherent, koherent en geloofwaardig is. Die eerlike en etiese professionele aansien van die navorser het bepaal of die deelnemers my as betroubaar beskou. Betroubaarheid beteken dat konteksgebonde data konsekwent getoets is en dat dieselfde of soortgelyke resultate onder identiese of soortgelyke omstandighede verkry kan word (Creswell, 2008; Hesse-Biber & Leavy, 2006).

Verteenwoordigende betroubaarheid is moontlik deur dieselfde resultate in verskillende onderhoude en fokusgroepsessies. Die hoofdoel met dié studie was die insameling van voldoende inligting omtrent die fenomeen met ‘n spesifieke ondersoekmetode en die kristalisering daarvan. Die wyse van vraagstelling, die omgewing waarin die onderhoud gevoer word, die stemming van deelnemers, die aard van die interaksie en die regressiewe blik van deelnemers op die navorsingsinstrument wat gebruik is, is faktore wat die betroubaarheid van die navorsing kan beïnvloed (Kumar, 2005). Marczyk et al. (2005) ondersteun dit deur by te voeg dat wêreldwye gebeure gedurende die navorsingstydperk, intrinsieke veranderinge van deelnemers, bevooroordeling van deelnemers, asook die onttrekking van deelnemers die interne geldigheid van die navorsing kan beïnvloed wat voortdurend deur die navorser in aanmerking geneem is. Ten einde die kredietwaardigheid van die navorsing te verhoog, is tegnieke soos dataverifikasie74, uitklaring met kundiges75, evaluasie deur kundiges76, gestruktureerde kohesie77, toepaslikheid78, konsekwensie79 en neutraliteit80 in berekening gebring.

4.7 Sintese

Hierdie hoofstuk bevat ‘n beknopte beskrywing van die navorsingsproses as geheel, insluitend die navorsingsmetodologie (§4.3.1), navorsingsparadigma (§4.3.2) en die kwalitatiewe wyse van data-insameling (§4.4.4) en –analise (§4.4.5). Dit beskryf verder die navorsingsinstrumente wat geïmplementeer is om te verseker dat die navorsing geloofwaardig is (§4.5, 4.6). Die navorsingsontwerp verduidelik die proses en stelselmatige ondersoek van die navorsingsprobleem en -doel wat uiteindelik tot begrip ("verstehen"’) daarvan aanleiding gegee het en waaruit sekere bevindings gemaak kon word (Henning et al., 2004; Morrison, 2007; Thiétart, 2007). Die navorsingsontwerp en –metode word diagrammaties voorgestel in Figuur 4.4.

74

Die getranskribeerde data is vir kontrole aan die deelnemers besorg terwyl ‘n ervare navorser die navorsingsproses gekontroleer het.

75

Deelnemers in hierdie navorsing was kundiges verbonde aan HOI’s in Suid-Afrika. Dit was noodsaaklik om te verseker dat die oorspronklike betekenisse van bestuurkundiges se leefwêreld in die bevindings en in die gevolgtrekkings gereflekteer word (Creswell, 2008).

76

Bydraes van ander kundiges op die gebied van mentorskap het aan die navorser die geleentheid gebied om openhartig, eerlik en sonder veronderstellings te wees sonder dat haar oordeel daardeur beïnvloed is (Creswell, 2008).

77

Die navorser het tydens die onderhoude, kodering en analise van die data konsekwent op die integrale mentorskapkomponent van die GOS SL-program gefokus.

78

Toepaslikheid van data verwys ook na die mate waarin die navorser alle beskrywende data beskikbaar stel vir kontroledoeleindes. Hierdie kriteria sluit die woordelikse transkribering van individuele en fokusgroeponderhoude in. In die geval van die navorsing is alle beskrywende data – wat die woordelikse transkribering van individuele en fokusgroeponderhoude insluit – aan deelnemers vir kontroledoeleindes beskikbaar gestel.

79 Geloofwaardigheid behels ook konsekwensie van data en die mate waarin die bevindings

konsekwent onder dieselfde of soortgelyke omstandighede gemeet word. Die navorser het gedurende die onderhoude dieselfde onderhoudskedule en dieselfde prosedure met die dataversameling gevolg om alle veranderlikes te bestuur en konsekwensie te verseker.

80 Neutraliteit is die afwesigheid van vooropgestelde aannames in die navorsingsprosedure en

resultate. Die navorser was voortdurend tydens die ondersoek bewus van haar invloed Daarom is gepoog om neutraal te staan teenoor mededelings van die deelnemers deur nie vooroordele in die onderhoudsprosedures en bevindings te laat blyk of weer te gee nie.

Figuur 4.4 Opsomming van navorsingsmetodologie

HOOFSTUK 5

DATA-ANALISE EN INTERPRETASIE

5.1 Inleiding

Data-analise behels ‘n sistematiese, sikliese en deursigtige proses waar getranskribeerde data wat gedurende die onderhoude ingewin is, ondersoek en geanaliseer word (Friese, 2012; McMillan & Schumacher, 2006; Saldaña, 2013; Zhang & Wildemuth, 2009). Ek het die data wat gedurende die individuele en fokusgoeponderhoude ingewin is, self getranskribeer, deurlopend deurgelees en herhaaldelik gekodeer om sodoende die integrale mentorskapkomponent as deel van skoolleier-opleidingsprogramme op ‘n subjektiewe, dog wetenskaplike manier te verstaan (Friese, 2012; Zhang & Wildemuth, 2009).

Die data-analise en interpretasie is met behulp van Atlas.tiTM81 uitgevoer. Die gebruik van Atlas tiTM bied die geleentheid om die ingewonne data (onderhoude) te organiseer en te bestuur deur dit as primêre dokumente in die program in te trek (Friese, 2012; Zhang & Wildemuth, 2009). Met die deurlees van die primêre dokumente is inisiële kodes vir die belangrikste aspekte geskep, maar soos daar herhaaldelik met die data gewerk is, is nuwe kodes bygevoeg en waar nodig, bestaande kodes saamgevoeg (Friese, 2012; Saldaña, 2013). Deur die proses van kodering kon teorie ontwikkel. Aanhalings wat met sekere kodes verbind kon word en as stawing of bewys dien, is as kleiner verstaanbare eenhede aan die kodes toegeken (Friese, 2012; Zhang & Wildemuth, 2009).

Verbandhoudende aanhalings, kodes, subtemas82, temas83, en patrone is met behulp van die netwerkskeppingsfunksie in Atlas TiTM met mekaar verbind. Die netwerkskeppingsfunksie het eerstens die geleentheid gebied om ʼn visuele voorstelling van die data-netwerk saam te stel. Verder het dit ook die geleentheid gebied om vanuit die interpretivistiese paradigma moontlike verbindings en verhoudings te ondersoek (Friese, 2012; Zhang & Wildemuth, 2009). Bogenoemde het bygedra tot die ontwikkeling van ‘n teoretiese raamwerk wat in hoofstuk 6 aangebied word.

81 ‘n Rekenaargebaseerde kwalitatiewe data-analise-sagteware (§4.4.5). 82

In sommige kwalitatiewe navorsingswerke ook bekend as subkategorieë.

83