• No results found

Verhoudingskennis as etiek en die “ander”

2.3 EPISTEMOLOGIESE SKUIWE

2.3.6 Verhoudingskennis as etiek en die “ander”

Die voordeel van die opkoms van die postmodernisme is dat ons veral vanweë onlangse diskussies binne die feministiese teologie en binne omgewingskringe, nie meer aan ontologie en epistemologie kan dink, sonder etiek nie. Rasionele kennis as sisteem het onder verdenking gekom, weens die onderdrukkende aard daarvan, veral teenoor vroue en die aarde. Alles wat nie rasioneel was nie, is uitgesluit, ontken, maar nie sonder ʼn baie duur prys nie. Wat hierdie ondersoek aan betref, glo ons dat God Hom inderdaad geopenbaar het deur die Bybelse teks, maar dat die interpretasieproses nie kan geluk sonder die rol van die gemeente - as

beliggaamde teks - nie. Ons Woord/woord moet gedek wees deur ons daad. Woord en daad is

inderdaad inmekaargestrengel, en sal ons teologies moet sê dat die aksie en getuienis van die gemeente geloofwaardigheid gee aan, en die verstaan van die gesproke en gelese Woord help fasiliteer. ”The text is more than a ‘docetic’ or disembodied system of sign signifiers.”246 Daarom noem ons die proses ‘n diep, kommunale proses, waarin nie net een, geïsoleerde prediker by betrokke is nie. In die een liggaam, waarin daar verlei gawes ontplooi is, moet die gelowiges almal saam daarna streef om die waarheid in liefde te betrag.247

Dit was jare lank nie die geval nie. Vanweë die positivisme is ʼn epistemologie aangehang wat gebaseer moes wees op feite, en niks meer nie. Objektivisme maak dit moontlik vir mense om die Bybel te hanteer as ʼn stoorkamer vir feite oor God. “ʼn Konteks waar ervaring, gevoel en emosie geen rol mag speel nie, skep uiteindelik ʼn teelaarde vir ʼn privaat-God wat konteksloos aan mense verkondig word. Die gevolge vir so ʼn Godsbeeld is rampspoedig, soos dit in die geval van apartheid inderdaad was: (i) ʼn Ongenaakbare God wat hom nie steur aan die pyn en lyding wat op politieke en sosiale gebiede veroorsaak word deur mense wat met goddelike sanksie ander mense te na kom nie; (ii) ʼn Partisane God wat hom nie steur aan die konsekwensies van keuses wat mense (wat beweer hulle is deur die genade uitverkorenes van God) gemaak het en daardeur ander (wat nie die genade gekry en derhalwe nie uitverkies is nie) benadeel het nie; (iii) ʼn Feitelike God wat hom nie laat onderkry deur menslike gevoelens en stories nie, maar eerder ʼn bastion vir kille, koue feite is wat deur mense as sy wil opgeneem

246 Louw:2003: 48. 247 Vgl. Ef.4:1-16.

68

word.”248 Maar: “Israel’s rhetoric mediates a God not held in thrall by either mode of Western certitude or control.”249

Daarom het daar stemme opgegaan vir ʼn meer nie-rasionele (nie irrasionele!) wyse van kennisverwerwing, naamlik om ander-matig te ken, te ken deur ʼn spiritualiteit van die hart, met ʼn passievolle oog van die liefde, wat neerkom op ʼn nie-onderdrukkende manier van ken.

Kennis kan nooit ʼn soort van neutrale, afsydige kennis, sonder werklike belangstelling en sonder verbintenis (“commitment”) wees nie. “Everything said about Yahweh is said about

Yahweh in relation.”250 Kennis is in die Modernisme gesien as mag, en het met geweld gepaard gegaan. Die eenheid en totaliteit van kennis het meermale met die uitsluiting van die ander (die afstandigheid teenoor die ander-ster, die swakke en die vreemdeling) geskied. “Ander-ster ken” behels, sê Olthuis, ʼn ken met die ‘ja’ van die liefde. In die begin was (L)liefde, en daarom is die keuse ‘n keuse tussen myself opoffer/kruisig óf ander opoffer/kruisig.251 Daar bestaan ook nie ʼn

dichotomie tussen die twee (asof ek myself hoef te haat om die ander lief te hê nie), maar die

een orde – die orde van die liefde - verryk sowel die gewer as die ontvanger. Die liefde is nie net ʼn onontbeerlike bediende wat die rede help om beter te rede-neer nie. Nee. Daar is net één orde, naamlik die orde van die liefde!

Ons stem saam met Palmer:

“I teach more than a body of knowledge or a set of skills. I teach a mode of relationship between the knower and the known, a way of being in the world.”252

Dit kom neer op die versameling van feite vanuit ʼn meer basies-subjektiewe bron van kenniswerwing, wat die hele mens insluit, veral ook die menslike liggaam, passie, ingewing én intuïsie. Dit sou lei tot die post-kritiese metode van kenniswerwing, waar meer van ʼn kinetiese as statiese verhouding tussen kennende subjek en gekende objek uitgegaan word. Dit is hier waar “konteks” en “proses” ʼn groter rol moet speel. Die wêreld (samelewings) en veral verhoudinge is in ʼn voortdurend veranderende proses betrokke. Dit is hier waar die rol van die

248 Snyman, G. (2007). Om die Bybel anders te lees.’n Etiek van Bybellees, (Pretoria:Griffel Media), 32. 249 Brueggemann:2005a: Op. cit., 145.

250Brueggemann:2005a:148.

251“(…) between the sacrifice of myself or the irresponsibility of sacrificing the other.” Olthuis, J.H. (1997).

“Introduction:Love/Knowledge: Sojourning with Others, Meeting with Diffrences”, in: James H Olthuis (red.) Knowing Otherwise. Philosophy at the Threshold of Spirituality. (Fordham University Press), 4.

69

kompleksiteit van die interaksie tussen spreker (prediker)/gehoor (konteks) dit moeilik maak om van suiwere, onbevooroordeelde, objektiewe kennis te praat.

Filosowe soos Olthuis en Julia Kristeva253 beweer dat filosofie en etiek sonder ʼn spiritualiteit van die liefde, ons vasvang in ʼn ekonomie van oorlog, en koue en passielose harteloosheid. Sonder die liefde254 kan ons nie verskille (“alterity”) na waarde sien, voel en ag nie. Indien

verskil nie deur die oog van die liefde gesien word nie, kan dit net as bedreiging

gemarginaliseer en vernietig word.255 “Reason untransformed by love can only totalize.”256 Die rede in diens van liefde, wil nie verskille dieselfde maak nie, maar verskille juis verstaan, ontmoet en omhels.

“Ander-ste kennis” roep ons op om op ʼn ánder manier na die funksionering van die rede te kyk, naamlik deur ʼn bevraagtekening van die Westerse filosofiese tradisie wat emosies as irrasioneel afmaak.257 Deur die emosie van die liefde nie gedurig te wil kontroleer deur die rede nie, is ʼn meer eerbare manier van ken. Rede is maar één van die maniere waarin ons die wêreld ontmoet, nie die een en die al nie. Om te ken deur ons denke is maar één modus van ken, nie beter, nie slegter as enige van die ander modaliteite nie.258 Kennis is múltidimensioneel: dit is ‘n beliggaamde en geslagtelike manier van ken, hoe mense met die wêreld op ʼn betekenisvolle wyse kan omgaan, en hoe hulle sodoende verantwoordelik naby aan die verskillende “ander” kan kom. Ons ken ook deur aanraking, gevoel, smaak, sig, klank, reuk, simbole, seks, en vertroue.

In die Weste het die rede-emosie skeiding gewoonlik gepaard gegaan met rede as manlik, self, uiterlik, kultuur en universeel; en emosie het saamgehang met vroulik, ander, innerlik, natuur en spesifiek (“particular”), sê Olthuis.

As ons die onderdrukkende en diskriminerende aard van hierdie dichotomie eers erken, en met die oog van die liefde en die oor van meegevoel begin “ken”, dan word die klassisistiese,

253Kristeva, J. (1988). In the Beginning Was Love: Psychoanalysis and Faith. Vertaal deur A Goldhammer, (New

York:Columbia University Press).

2541 Kor.13.

255Olthuis. Op. cit., 5. 256Ibid.

257Ibid. 258Ibid.

70

rassistiese en spesifiek manlike mite van die ge-dis-interesseerde en passielose ondersoeker met sy reine, ongekontamineerde kennis-in-konteks ontmasker vir wat dit is.259 Dit beteken ons as kerk moet die vroue met hulle gewoonlik hoër ontwikkelde emosionele sensitiwiteit om by te dra tot die groei van kennis verwelkom binne in die interpretasieproses. Dit beteken ook dat ons veral wit mans oproep om hulle oë oop te maak vir die klag van die ander, en self oop te wees vir die bydrae wat groepe kan maak wat voorheen onderdruk en verstoot was, veral groepe van ʼn ander kleur, ras, credo en oriëntering. Dit roep die ekonomiese besitters (“haves”) op om hulle rykdom met die groeiende aantal ekonomiese werkers (“have-nots”) te deel, en dit vra van ons almal om ons te bekeer van ons eie dominering van mekaar en die aarde.260

Die ander hoef nie die hel (Sartre) te wees nie. “Alterity can be at home with identity.”261 Onderlinge erkenning, wedersydse plesier, oor-en-weer bevestiging en gesamentlike transformasie en intimiteit met die ander, is die nuwe naam vir verhoudings wat werklik ruimte skep vir mekaar. Hier gaan dit nie om mekaar te bemeester, met mekaar in kompetisie te wees, en mekaar te oorheers nie. “Knowing-otherwise is love; opening, not closure; connection, not fusion; drawing nigh, not distancing. Knowing-otherwise is celebrating-with, and suffering- with, the other.”262 Dit is ‘n klag teen die een-man-vertoning van die predikant binne die NGK se preektradisie!

Postmoderne diskussies gee die kerk die kans om “mekaar” in ʼn pluralistiese tyd te tolereer, “eties wys te maak” met die oog op die ander. Dit gaan daaroor dat ons ons epistemologie en etiek in ons onderlinge verbondenheid en gemeenskaplikheid met alle lewe op die planeet paar in ‘n nuwe spiritualiteit, saam met ‘die ander’. Ons het in die modernistiese tyd al ons geloof in die “rede” geplaas, dáárop vertrou met ons hele hart; laat ons nou toelaat dat ons ”geloof” in die

ander ons knusse klub van enersdenkendes onderbreek en inval. Dan kan ons miskien beter

hoor wat die Gans Andere/God ons wil leer oor Sy onverwoesbare geregtigheid (”undeconstructible justice”)263 “vir almal” en nie net ons eie geregtigheid vir onsself nie. Nou kan ons eerlik wees oor die werklikheid van ons menslike gebrokenheid, bely dat ons Westerse Droom eintlik ʼn nagmerrie geword het, en nederige berou toon dat ons ook deur ons Teologie in feite bygedra het tot hierdie gebrokenheid. Ons interpretasieproses moet juis die “ander” 259Op. cit., 7. 260Op. cit., 8. 261Ibid. 262Ibid. 263Op. cit., 13.

71

insluit, die minder bevoorregte, die gemarginaliseerde, die “weduwee, wees en vreemdeling”264. Ons preekmaakproses moet eerder fokus op verantwoordelikheid as op vryheid, gemeenskaplikheid eerder as argumentering, pyn eerder as konsepte.265 Ek moet aan die prioriteit van die asimmetriese etiese verhouding van die “ander” (agape) bo “myself” (eros) (Levinas266) vashou, en in die interpretasieproses myself laat gyselaar neem deur die ontmoeting van die gesig van die “ander”, nie as ʼn spieëlbeeld van myself nie, maar as ‘n egte, onherroeplike, werklike “ander”.

Dit impliseer dat ek nie alleen ʼn preek kan maak nie, maar slegs in kollaboratiewe sin, saam met die vlees-en-bloed beliggaamde ander. Preekmaak-vir-ander moet omgeskakel word met preekmaak-sáám-met-ander, saam in sensitiwiteit in die “nabye ontmoeting” met die ander, om veral in ʼn geweldadige wêreld te antwoord op die roepstem van die lydende ander. God is op ʼn besondere manier aan die kant van die arme (Belharbelydenis). Of my roepstem beantwoord gaan word, is nie my saak nie, want my verhouding tot die ander is nie-simmetries. Ek het al my kinders lief op ʼn verskillende manier, want hulle is onvergelykbaar verskillend, net so ook my naaste. Kennis as Liefde is vrywillige lyding saam met die wat ly, alternatiewelik: ʼn reis vanaf die sentrum na die kantlyne.

264Ex 21:21,22

265 “(...) we form a sermon brainstorming group that has ordinary people in it of all ages, shapes and sizes. We

meet with this group in different places: the women’s shelter, the men’s shelter, the public library, the local school, in front of the local munitions factory or military post, at the nursing home, at the zoo, in the botanical garden. We go to the homes of different people to think through our sermon ideas, a gay couple’s apartment, a young couple’s starter home, an empty nester’s house in the suburbs. And we change the group every 3 or 4 months so that we don’t wind up with a new in-group of interpreters. We know that the Gift gives itself in many ways, not only in the ways that have been handed down to us, as important as that is, but in the voices of those whose bodies, minds, and hearts have been wounded by our traditions of interpretation and preaching, and who would point us to a new and perhaps even better way. The Gift is freely given and it is free to give itself in any way that it wants, when the Word is truly sought, and so we learn to listen as preachers to the ways that this gift is giving itself to others, not just to ourselves, not just to a core group in our churches, not just to our clergy as they gather in clerical study groups, but to many others who are all around us, strangers in the midst of our churches, strangers even in the hearts of those whom we think we know, strangers who have dropped through, whose lives have never been consulted as authoritative witnesses to the gospel. And perhaps we send out interviewers with recorders and cameras to ask people what they hear in our sacred texts, and we’ll use their proclamations in our worship services as ways to learn to listen for the Gift as it is giving itself around us in our world.” [McClure, J.S. (2004). Keynote address. “Preaching and Worship for the Dropped-Through Church,” Worship Matters Conference, United Church of Canada, June.]

72