• No results found

2.3 EPISTEMOLOGIESE SKUIWE

2.3.1 Descartes en Kant

Ons gaan naas algemeen-godsdienstige en filosofiese skuiwe ook kortliks let op die mees epogmakende epistemologiese skuiwe van die laaste vyf eeue van die geskiedenis. Ons begin histories waar die premoderne tyd begin tuimel het met die opkoms van die denke van René

Descartes (1596-1650) - ook bestempel as die vader van die moderne filosofie - en Immanuel Kant (1724-1804). Ná Descartes en Kant begin die pre-moderne siening van die waarheid, wat

veral met behulp van die groep, gesagsfigure en die tradisie bepaal is, te verval, om

207 Dorothee Sölle sou na aanleiding van die publikasie van haar boek Mystiek en Verzet gesê het: "Gods partij is

de partij van de losers, niet de partij van de winnaars. Dat hoef ik toch niet voortdurend te herhalen. Als de beurzen weer omhoog schieten vraag ik me af wie er nu weer verliest. Moeder Aarde is zo'n loser. In deze wereld heeft slechts 20 procent van de mensen het recht te leven. Kennelijk wordt 80 procent gezien als drek. Om te komen tot een wereld waarin voor iedereen plaats is hebben we zowel mystiek als verzet nodig. Ik hoop dat ze beide veel nieuwe vormen vinden... Mystiek is geen vlucht uit de wereld." (www.katholieknederland.nl.)

208Tracy:1994: Op. cit., 20.

209Betti, E. (1972). Die hermeneutiek als allgemeine Methodik der Geisteswissenschaften, 2nd edn. (Tübingen:

54

dienooreenkomstig vervang te word met die enkeling (die subjek), die rede, en die oomblik (die nou). 210

Volgens Kant moes kennis altyd by ʼn nulpunt begin, want nie net is die “ek”, die subjek wat dink, vry om te twyfel nie, hy/sy móét (positief) twyfel. Kant definieer die Verligting as die uitgang (“exit”) uit alle intellektuele gebondenheid.211 Die mens moet nie die waarheid op gesag van ander (gesaghebbende boeke, mense, institusies, die kerk en sy credo’s) aanvaar nie, maar moet letterlik alles bevraagteken, en sélf verantwoordelikheid neem om die waarheid redelik vir hom- en haarself te ontdek, sonder hulp van die “ervaring”. Dit is die onvolwasse mens wat hom/haarself in voogdyskap uitverkoop aan ander en hulle ervarings, eerder as om vir hom- en haarself selfstandig te dink, te besluit, en vir hom- en haarself verantwoordelikheid te neem. Verandering is goed, en behoort aktief nagestreef te word, want: “Alles is moontlik!” Die wetenskap (Copernicus, Darwin, Einstein) sou ook nie langer gebonde hoef te voel aan die uitsprake van die kerk nie. “Daar het ’n sterk antropo-sentriese gees ontstaan waarin die mens die maatstaf van alles is. In die teologie word geworstel met die huidige siening van die werklikheid, naamlik dat ons eintlik, wat akademiese kennis aanbetref, niks van God kan weet nie.”212

“Alles moet betwyfel word!” “As ek twyfel, dink ek; as ek dink, is ek,” (Cogito ergo sum: ek dink, daarom is ek), sê Descartes. ʼn Mens is nie vooraf gedefinieer, geprogrammeer of gedetermineer deur die groep waaraan jy behoort, wie jou denke bepaal nie. Jy kan ontslae raak van jou subjektiwiteite en vooroordele. Nog minder behoort ʼn mens se identiteit bepaal te word deur een of ander oorgeërfde tradisie. Gesag word vervang met enigiets wat met behulp van die rede of die wetenskap objektief vasgestel kan word en met die sintuie waargeneem kan word. Daar ís ʼn objektiewe, algemeen-geldende kennis moontlik, maar daar is geen kennis van ’n objek-in-sigself moontlik nie, behalwe wat deur my verstand redelik verstaan kan word. In die plek van die vanselfsprekende wêreld van die pre-moderniteit, word die keuse-wêreld van die “modern subjek” gestel.

210Die bron wat vir baie van dié voëlvlug-aanwysings gebruik word, is ’n VTO-kursus van DJ Smit, Dogmatiek?

Christelike Geloof Vandag. BUVTON-kursus: Gemeenteleiding Vandag. Stellenbosch.3 Junie 2002.

211 Sien: Stout, J.R. (1987). Flight from Authority: Religion, Morality and the Quest for Autonomy, (University of

Notre Dame Press).

212 Pieterse, H.J.C. (2005). “Die rol van Godskennis in die ontmoetingsgebeure met God in die prediking”, In die

55

Só word die verhouding met die verlede gebreek. Daar heers in die laat 18de en 19de eeu, vanweë vele sosiale revolusies wat op die vryheidstrewe van die mens gebou is, ʼn optimistiese lewensgevoel oor die toekoms van die wêreld. Die enkeling kan iemand heeltemal nuuts word.

Die geskiedenis is maakbaar en veranderbaar in die hande van mense. Die kerk en godsdiens

se rol is teruggesny en word uitgerangeer tot slegs die funksie van die innerlike lewe. Die wêreld word rasioneel deurskou - daar is geen kennis van God moontlik nie - en dinge is dus vasgevang in ʼn geslote wêreldbeeld! 213

Welvaart en heil is egter binne die geskiedenis haalbaar. Die wêreld word sélf ʼn beter plek indien die samelewing met al sy subsisteme - onafhanklik van mekaar - goed opereer en waar elkeen volgens sy eie wetmatighede funksioneer. Hierdie oorkoepelende raamwerk sou die

dominante optimistiese lewensgevoel van die 20ste eeu word. Die gevolg is ʼn ontluisterde (“disenchanted”) wêreld waarin geen plek vir godsdiens of God gemaak is nie, waar “God” slegs ʼn ander woord vir die mens se eie private religieuse gevoelens is.

Die lewensingesteldheid van die “instrumentele rede” klassifiseer alles buitekant die self tot objek (selfs ander mense). Ander mense word nou begin gebruik (mis-bruik) as blote “instrumente”, om die mens se eie geluk en welwese te bevorder: “a tool of self- preservation”.214 God en godsdiens is ook net daar om te sorg dat die hele modernistiese projek geluk. Hierdie vryheidsprojek, en optimistiese lewensgevoel, wat binne ʼn radikale gesekulariseerde wêreld funksioneer, vorm die agtergrond van hoe baie mense vandag nog dink en voel.