• No results found

Agterlaat van die sentrifugale Bybel

DEDUKTIEWE HOMILETIEK

4) Viktimisasie-teologie: Mense soos René Girard en Mark I Wallace het na vore getree om ʼn nuwe teologie te ontwerp rakende geweld en viktimisasie Ander-gerigte predikers tree op met

3.6.3 Agterlaat van die sentrifugale Bybel

Ander-wyse predikers vermy wat Edward Farley noem die “brug“-paradigma vir die prediking,593 waar die volle inhoud van wat gepreek word binne die Bybelse gedeeltes lê. Hulle vra eerder kritiese (ook eksegetiese) vrae aan die Bybelse teks, wat die teks se ingebed-wees in gekorrupteerde diskoerse wil ontbloot. Spesiale aandag tree na vore vir hierdie marginale kurrikulum wat ons binne die Bybelse teks aantref, en Bybelse kommentare wat die stemme van die gemarginaliseerdes insluit, word geraadpleeg. Geslags-, globale, postkoloniale en ander-verwysende interpretasies van die Bybel word gereelde vennote tydens dié predikers se Bybelse interpretasie. Dit kan bydra om die Bybel te bevry uit die hegte greep van

sentrifugale,594 kerugmatiese en mimetiese praktyke van geheue, wat almal probeer om ʼn eenstemmige “inhoud” daar te stel, van waaruit gepreek word week na week. Ander-wyse

590McClure, Op. cit.: p.137. 591Op. cit.: p.138

592McClure en Ramsey, Nancy (reds.) 1999. Telling the truth: Preaching about Sexual and Domestic Violence

Cleveland:United Church Press.

593Farley, Edward. 1996. Toward a New Paradigm for Preaching. In: Thomas Long en Edward Farley (reds.).

Preaching as a Theological Task: World, Gospel, Scripture. In Honour of David Buttrick. Louisville: Westminster John Knox Press. p.165.

157

predikers sal met ander woorde maniere vind om die sentripetale eksegese van die Bybelse kanon te eksploreer en “counter-memory” in die praktyk van die prediking vry te laat kom, soos:

3.6.3.1 Luister na dit wat op die Teks se kantlyne lê

Terwyl tradisionele predikers met die standaard eksegetiese prosedures van vertaling vanuit die grondtale besig is en hulle aandag bepaal by die grammatikale en historiese kenmerke van die teks, ontwikkel ander-gerigte predikers altyd ʼn belangstellende oog vir karakters, idees en narratiewe aksies wat op die kantlyne van die Bybelse tekste rondhang. Kritiese vrae soos: “Wie spreek nie mee nie?” “Wie is afwesig?” Wie word as naamloos uitgelaat?” “Waar is die stem van die teks besig met ironie?” “Watter teenstrydighede open die teks vir ons na die kant toe van ander-wyse interpretasie?”595

3.6.3.2 Dekonstruktiewe kritiese praktyke word aangeleer

Waarheid kom nie na ons toe binne ʼn sisteem van geslote tekens, soos ʼn inventaris van beperkte kodes, waaroor kontrole uitgeoefen kan word, en alles vooruit geken kan word – soos in die triomfalistiese geskiedenis van die Verligting se intellektuele geskiedenis van Wes- Europa nie. Kennis, so pleit die ander-gerigte predikers, moet die moontlikheid inhou van iets onverwags, want dit is uiteindelik gewortel in dié God wat die onmoontlike kan doen.596

“Martin Heidegger...was able to construct the absolute narrative of absolute history of the West... incapable of self-criticism...(but) in the end produced, among its many finalities, ‘the final solution... Christian theology is implicated in this triumphalism by appropriating to itself and for itself an absoluteness that would entertain no disruption or destabilization.”597

Wat hierdie dekonstruksionistiese homilete wil doen, is nie ʼn nihilistiese weggooi van alle waarheid nie, maar om in ʼn voortdurende dialektiese proses die “absoluutheid” van die waarheid te ondergrawe en om te keer. Daar ís egter iets soos “geregtigheid” wat nie on-

595McClure, Op. cit.: p.139. Lees ook: David Rutledge (1996). Reading Marginally: Feminism, Deconstruction,

and the Bible. Biblical Interpretation Series, No 21. E.J. Brill. Leiden. New York.

596Brueggemann, Op. cit.: p.330. 597Ibid.

158

dekonstrueerbaar is!598 Brueggemann gaan so ver as om Israel self die eerste dekonstruksioniste te noem: “Insofar as Israel’s countertestimony participates in the same critical activity as these items, Israel as witness knows that if Yahweh is not endlessly criticized and subverted, Yahweh

will also become an absolute, absolutizing idol, the very kind about which Moses aimed his

protesting, deconstructive work at Sinai. Thus the deconstructive program in all of these dimensions is a characteristically Jewish enterprise of ‘smashing the idols.’”599 Al sou Christen teoloë met groot moeite hierdie tipe tekste in die Ou Testament vind, sê Brueggemann:

“Christian faith, however, is not without resource. It does have a key access point to this disjunctive enterprise. Christian faith is centered on Good Friday and on the crucifixion, in which we speak of ‘the Crucified God.’ Friday is of course linked to Sunday, and death is tailed by the eruption of new life. But the scar tissue of Friday lingers in the body of Christ, and it protests against every totalizing, triumphalist, and absolutizing ambition. In living in the midst of Friday, Christians reach back as far as the command issued at Sinai against idols. And they reach forward as far as Parisian deconstruction in its Jewishness. The cross-examination will not defeat the testimony … probably. But it will cause the testimony to be issued in a sobered, trembling voice. It may be more than a play on words that the cross-examination is matched to the cross of Friday.”600

Sommige ander-wyse predikers mag hulle inlaat by ʼn tipe dekonstruktiewe Bybelse kritiek wat anderkant die gemarginaliseerde stem beweeg, om die uitwissingsgetuienis (“erasure- testimony”) binne-in die teks te hoor, en die teks se eie self-subversiteit te ontdek, wat die teks se eie geloofwaardigheidstrukture omverwerp, en wat die teks as geheel laat inmekaarval, “tearing it up toward its others.”601 Die Bybelse teks, soos ons gesien het, staan nie hierdie tipe uitwissing van sigself teë nie, maar verwelkom dit, want dít verhoed dat die teks ʼn afgod word. Die teks laat dit sigself welgeval, omdat sowel die teks as sy lesers graag in ʼn sekere sin van die nabyheid van die teks se “ander” wil behou.

3.6.3.3 Beleef die sentrifugale tradisie van eksegese en interpretasie

Die prediker keer hierna terug na die tradisie om iets van die spanning te beleef tussen ander- verwysende interpretasies (sentripetale) en die meer algemeen-aanvaarde en aanvaarbare (sentrifugale) interpretasies (wat deur jare se suksesvolle kerugmatiese, mimetiese en histories- kritiese praktyke onderhandel is).

598Dekonstruksie is in diens van geregtigheid, en is ’n aksie van geregtigheid, want dit pretendeer om alle

ongeregtigheid te oorkom wat opkom uit ’n sisteem van vermeende geregtigheid. [Jobling, D. (1990), “Writing the Wrongs of the World: The Deconstruction of the Biblical Text in the Context of Liberation Theologies”, Semeia 51:82–118, suggereer ’n verband tussen dekonstruksie en bevrydingshermeneutiek].

599 Brueggemann, Op. cit.: p.332. 600 Ibid.

159