• No results found

DEDUKTIEWE HOMILETIEK

3.3 DIE FENOMENOLOGIESE LOGOS

3.5.1 Kritiese, gespreksmatige, kollaboratiewe vorme van kommunikatiewe rede (konsensus-gebaseerde model van die rede)

3.5.1.2 Jürgen Habermas

Om kritiese homiletiek te verstaan, is dit nodig om Jürgen Habermas te verstaan. Habermas is op soek na ’n model van kommunikatiewe rede wat in ag neem wat “mag” se effek is op enige diskoersituasie, en verwerp enige objektiewe rede. Hy is ’n voorstander van kritiese rede, wat werk met ’n “ideale gespreksituasie” binne ’n onbeperkte kommunikasie-gemeenskap. (“Unlimited...in social space and historical time”512). Dit het betrekking op die konteks van argumentering. Ons kan onsself oriënteer op die volgende voorvereistes wanneer ons praat van so’n idee: “(1) all voices in any way relevant get a hearing, (2) the best arguments available to us given our present state of knowledge are brought to bear, and (3) only the unforced force of the better argument determines the ‘yes’ and ’no’ responses of the participants.”513 ’n Ideale gesprek oor enige saak wat die leefwêreld raak, moet dus die grootste moontlike, universele ideologiese kritiek insluit. Dit kan alleen volgens ’n ontdekkend-kommunikatiewe paradigma, wat hy noem “onbeperkte gesprek” plaasvind.

Habermas kyk nie in die gebruik van taal, wat daardie taal representeer, in een of ander ewig- geldende beginsel nie, maar fokus op die wyds-moontlike linguïstiese of kommunikatiewe

gebruik van daardie taal. Taal wat as term of proposisie universeel, konsekwent, en koherent

gebruik word, is waar. “Habermas tries to articulate rational norms for human communication that, in themselves, would be ethical and emancipatory (because they are true, right, sincere, etc.) and therefore subversive of self-legitimative (false, deceptive, sophistic) forms of discourse.”514 Rasionele, inklusiewe en gelykwaardige norms vir kommunikasie is dus essensieel indien dit wil beweeg op ’n manier waarin waarheid korrek verstaan kan word en geargumenteer kan word.515

512 Habermas:1993:163. 513 Ibid.

514 McClure, Op. cit.: p.103 515 McClure:2001:102.

134

Om onbeperkte gesprek te verstaan moet ons eers Habermas se idee van “lewenswêreld” verstaan516: ons is almal deel van wat hy noem, ʼn leefwêreld. Dit is die publieke arena van die alledaagse, gewone kommunikasie, die wêreld van diskoers, waar ons gemeenskaplike betekenisse en waardes onderhandel en deel. Dit sluit in plekke soos die kerk, speelvelde, stadspleine, of die buurt. Die leefwêreld sluit ook publieke assosiasies van gemeenskaplike belang in soos sosiale groepe van bejaardes, die jeugkultuur, haweloses, ontvangers van welsyn, of die middelklas. Die leefwêreld word gekonstitueer deur van aangesig-tot-aangesig (“face-to-face”) interaksie van verskillende aard, en word gereguleer en onderhou deur ʼn vermenging van informele gesprekke en doelbewuste besluitneming. Volgens Habermas is ʼn sterk, gesonde en vooruitstrewende leefwêreld nodig as jy ʼn sosiale ruimte wil hê waarbinne kritiese denke en besluitneming kan plaasvind. Vir Habermas funksioneer die leefwêreld as middelgrond tussen die onpersoonlike sisteem van mag en kapitaal, en die private sfeer. Die leefwêreld is die enigste ruimte waar feite en waardes, kwantitatiewe kennis sowel as kwalitatiewe kennis, bymekaargehou kan word in rasionele, kritiese, aangesig-tot-aangesig kommunikasie.

Die leefwêreld van die publieke arena word egter ernstig bedreig. Hy is veral beswaard dat die

leefwêreld bedreig word deur ʼn monolitiese sisteem van kapitaal en tegno-wetenskaplike rede, wat gebruik word om kapitaal te legitimeer en te bevorder. Volgens Habermas word die

leefwêreld in die laat modernistiese tyd as ʼn geheel ingeval en gekoloniseer deur die selfregulerende sisteem van uitruiling (geld) en kontrole (mag). Hierdie sisteem, wat nodig is vir die oorlewing van ʼn komplekse samelewing, is ʼn “goeie dienskneg” wat tans besig is om “’n baie slegte heerser” te word.517 Die gevolg hiervan is dat die leefwêreld verswak en leeggetap word van sy natuurlike, interaktiewe modusse van regulering, vernuwing en verandering.518

516Habermas, J. (1987). The Theory of Communicative Action. Vol. 2. Lifeworld and System: a Critique of

Functionalist Reason. Vertaal deur Thomas McCarthy. (Boston: Beacon Press).

517Lakeland, Paul. 1990. Theology and Critical Theory: The Discourse of the Church. Nashville: Abingdon Press.

p.69 e.v.

518Wink, W. (1984). Naming the Powers: The language of power in the New Testament. Philadelphia: Fortress

Press. Hy stel hierdie magte gelyk met wat Efesiers (2:2) noem: die “magte in die lug.” Hierdie magte is die hele atmosfeer wat tans in die wêreld heers, die onsigbare heerskappy en sfeer van die somtotaal van keuses vir die kwaad. “It is…the invisible and palpable environment of opinions, beliefs, propaganda, convictions, prejudices, hatreds, racial and class biases, taboos, and loyalties that condition our perception of the world long before we reach the age of choice, often before we reach the age of speech. It ‘kills’ us (according to Ephesians) precisely because we ‘breathe’ it in before we even realize it is noxious. Like fish in water, we are not even aware that is exists, much less that it determines the way we think, speak, and act.” p.84.

135

Bo ʼn representatiewe siening van taal, gee Habermas voorkeur aan modelle wat fokus op linguïstiese en kommunikatiewe gebruik in die grootste moontlike konteks. Voordat ons kan besluit of iets waar is, is dit belangrik dat ons soveel mense as moontlik oor die eintlike en potensiële gebruike van daardie term in hulle kontekste uitvra, wat hulle kritiek insluit in die vasstelling van enige waarheidsaansprake. [Waarheid is ʼn funksie van die universeel-

toepaslike, gedurige, koherente gebruik van ʼn term of proposisie binne ʼn akte van spraak.]

Op hierdie manier sou ʼn tipe kritiese, etiese (geëmansipeerde) kennis moontlik wees, wat die Verligting se taak kon voortsit, om mense vry te maak van geslote, dogmatiese tradisies,

uitgesonderd die sisteem van Verligtingsrede in sy instrumentele en positivistiese vorme.

Pieterse maak die deeglike punt wat soos ʼn goue draad regdeur hierdie ondersoek sal loop: “Die idee van Habermas dat kommunikasie op gelyke voet plaasvind en dat beide subjekte in die proses 'n vrye inset het, het die insig gebring dat die preekproses nie net beweeg van die

teks na die preek nie, soos die ouere homiletiek dit gehad het, maar dat daar interaksie is tussen

die teks as subjek en die hoorder as subjek. Dit het 'n wending ook na die hoorders van die preek teweeg gebring.”519

Die delikate balans tussen die kommunikatief-regulerende, aangesig-tot-aangesig leefwêreld (Levinas se infinity) en die relatief self-regulerende sisteem van mag en kapitaal (Levinas se

totality) is op die oomblik uit rat gegooi, sê Habermas.520 Die aangesig-tot-aangesig kommunikasie wat verantwoordelik-etiese en lewensveranderende kohabitasie in stand hou, is besig om gekoöpteer te word deur onpersoonlike patrone van uitruil en kontrole. Verlossende kommunikasie in die kerke en in die samelewing sal ʼn streng kommunikatief-gemeenskaplike poging kan loods, toegewy aan ʼn publieke etiek wat beheer sal kan terugwen vir die leefwêreld. Hiervoor is kommunikatiewe aksie en weerstand nodig, deur die verskillende leefgroepe wat die leefwêreld uitmaak. Dit sal die fokus moet word van hulle gesprekke, toesprake, preke, en geskrifte. Niemand kan net die Christelike taalspel speel nie. Ons is ingebed in ook ander vorme van publieke lewe, naamlik handel en opvoeding, wat onafhanklik staan van die religieuse vorme van lewe. Daarom moet ons sterk solidariteite vorm regoor alle groepe wat die leefwêreld uitmaak, sodat ons die leefwêreld kan versterk in die aangesig van oorweldigende teenstand.

519Pieterse, H.J.C., Greyling, Stephan en Janse van Rensburg, Hanrè. (2004). “Die Implikasies van P. Ricoeur se

Handelingsteorie vir die Homiletiek”, Praktiese Teologie in S.A. Vol 19 (1): p.91.

136

Vir Habermas is hierdie solidariteit in ʼn groot mate gewortel in ʼn hersiene Verligtings-besef van kommunikatiewe rede: goeie trou, ʼn rasionele vorm van kommunikatiewe praxis, wat sekere norme aanneem, soos eerlikheid, opregtheid, waarheidliewendheid en verstaanbaar- heid.521 Waarheid kom na vore in rasionele, pragmatiese en onbeperkte gesprek. Met hierdie idee van onbeperkte gesprek, probeer Habermas om ʼn vorm van kritiese, verligte rede terug te wen van die Verligtingsrede in haar wetenskaplik-tegniese legitimering van groot kapitaal.

Konsensus in die leefwêreld as ʼn geheel is die enigste pad na waarheid. ʼn Onbeperkte gesprek is moontlik binne ʼn ideale gespreksituasie waarin alle mense in prinsiep in staat is om deel te

neem, sodat gemeet kan word wat as “waar” aanvaar word in vandag se wêreld. Habermas is seker een van die mees radikale eksponente van die sogenaamde ooreenkoms-teorieë omtrent waarheid. “Die waarheid van uitsprake oor ervaringsobjekte, die juistheid van normatiewe uitgangspunte en die waaragtigheid van subjektiewe ervaringe is alles 'n saak van intersubjektiewe konsensusvorming. Op hierdie wyse verplaas Habermas die werklikheids- benadering en die waarheidsopvatting tot 'n subjek-subjek relasie.”522

Dit behoort moontlik te wees om op hierdie punt die vele uitgangspunte van hierdie tipe van kommunikatiewe rede in homiletiese modelle te herken, wat vir die wydsmoontlike spektrum deelname (onbeperkte gesprek) vra, wat die tematiese inhoud van die preek betref. In hierdie homiletiese modelle is dit spesifiek betekenisvol om daardie mense te betrek wie se stemme in vandag se samelewing gemarginaliseer word, sodat die prediker se keuses oor die betekenis van die evangelie deur almal kan informeer. Terselfdertyd kan ons die begeerte om voorrang betekenisse te weerstaan, verwerklik deur die konstante betrekking van 'n ideologie van suspisie.

Die tradisie is nie in sy geheel te vertrou om óf die “eerste beginsels” (Broadus), óf “’n veilige, verhalende sosiale bewussyn” (Buttrick) te voorsien nie. Om ons te help bepaal waar gesoek moet word na waarheid in die Christelike narratief of in die wêreld rondom ons, sal ons elders moet gaan kers opsteek. Ons kan ook nie gemeenskaplike “common human experience” (Craddock, Buttrick) vertrou nie, omdat dit ʼn onderdrukkende maatstaf van “common sense” ongenuanseerd op andere afdruk. Ook is die skyn van die massamedia, die populêre kultuur of

521Ons sal Habermas se vier komponente van ’n ingeligte gesprek deurgaans neem as uitgangspunt, sodat wanneer

ons praat van die waarde van gesprek, dit nie daarom gaan om ’n lang uitgerekte, praatjiesmakery nie, wat hoe langer hoe meer tog op waarheid moet uitloop, volgens een of ander demokratiese voorveronderstelling nie.

137

die religieuse politieke retoriek nie te vertrou nie. Ons sal gedurig vir werklike, konkrete mense oor die hele wêreld moet vra: “Hoe word hierdie idee gepraktiseer of gebruik?” “Wat doen dit aan jóú?” “Wat dra dit by tot jou verstaan van wat dit beteken?”

Max Horkheimer kan hier genoem word as iemand wat ook ʼn bykomstige vraag gevra het in sy

kritiese teorie. In sy opstel On the Problem of Truth523, kritiseer Horkheimer die onderwerping van die godsdiens deur die rede van die Verligting, asook die relegering van religieuse geloof tot die beperkte domein van subjektiewe waardes. Volgens Horkheimer kom dit neer op die neutralisering van enige protes vanuit die geledere van die godsdiens teen die onmenslikheid van moderniteit. Godsdiens het geen rol te speel in kritiese rede nie. Dit het neergekom op ʼn blokkade van ʼn potensieel-transformatiewe, kognitiewe en sosiale bron. Daarom stel Horkheimer ʼn dialektiese herondersoek van godsdiens as ʼn integrale filosofiese beweging voor, wat ʼn verheldering en uitbreiding van die religieus-etiese voorstaan, as ʼn reuse bydae tot sosiale emansipasie.524

Ook die sistematiese teoloog, Johann Baptist Metz525, het Habermas se idee van onbeperkte gesprek probeer uitbrei, deur daarop aan te dring dat kommunikatiewe rede nie alleenlik kontemporêr moet wees nie, maar ook terugskouend (“anamnestic”). “Anamnestiese rede”, so voel Metz, is die fundamentele gawe wat Israel aan die Christelike en Europese epistemologie en rasionaliteit geskenk het. Geheue, veral die geheue aan die wêreld se lyding, is deurslag- gewend in ʼn post-Verligting, post-Holocaust era, wat in eietydse bevoorregtheid 'n sluier trek oor herkenning van die “ander”. Volgens Metz vergeet rede sonder geheue die lyding wat dit veroorsaak het in die verlede. In dieselfde asem, verval geheue sonder kritiese rede weer in ʼn konserwatisme, wat ʼn ewe gevaarlike kontra-Verligtingsvorm van tradisionalisme na vore kan bring.526

523Horkheimer, Max. 1993. On the Problem of Truth. In: Horkheimer, Between Philosophy and the Social

Sciences: Selected Early Writings, trans. G. Frederick Hunter, Matthew S. Kramer, en John Torpey. Cambridge, Mass.: MIT Press: p.211-15.

524McClure, Op. cit.: p.106 e.v.

525Metz, Johann Baptist. 1992. Anamnestic Reason: a Theologian’s Remarks on the Crisis in the

Geisteswissenschaften. In:Honnenth, Axel; McCarthy, Thomas; Offe, Claus en Wellmer, Albrecht (reds.) Cultural-Political Interventions in the Unfinished Project of Enlightenment. Cambridge. Mass.: MIT Press. p.190 e.v.

138

Ook Helmut Peukert527 se aangepaste rede tot die Christelike teologie van die opstanding is in hierdie opsig behulpsaam. Volgens Peukert behoort gesprekke wat bedoel is om die leefwêreld op te bou en om verdere kolonisering deur die sisteem stop te sit, nie net anamnesties te wees nie, maar ook eskatologies.528 Habermas se onbeperkte gesprek, wanneer dit teologies beskou

word, moet hersien word om nie net die gemeenskap van die gelowiges van gister in te sluit nie, maar ook van die toekoms. Dit is nie genoeg om net te luister na die bydrae van hulle wat

kontemporêre belange na die tafel toe bring nie of die lyding van hulle wat ons voorafgegaan het nie, maar ons moet ook luister na die geskiedenis van hoop waarin die wêreld eskatologies ingebed lê, wat God vanuit Sy toekoms op ons laat afkom.

ʼn Anamnestiese én eskatologiese weergawe van Habermas se pragmatiese epistemologie soos gewortel in kritiese rede en geëmansipeerde kommunikatiewe aksie, moet ook in die homiletiese teorieë van die kerk ʼn plek inneem: naamlik homiletiese teorieë van kommunikasie as “weerstand” en/of “hoop”. Dit is veral die bevrydingsteologieë, feministiese teologieë, swart teologieë, politieke teologieë en meer onlangs publieke teologieë,529 wat ons aanspoor om hierdie aspek binne die homiletiese taak te inkorporeer, naamlik die onderneming om toegang te kry tot die verlore stemme in die tradisie en om sterk eilande (“pockets”) van aangesig-tot- aangesig kommunikasie binne sowel as buite-om gemeentes en ander groepe te kry.530

Twee van die doelstellings van hierdie kritiese homiletiese geheue en bemagtigende solidariteit is om verdere kolonialisering van die leefwêreld deur die sisteem teen te staan; en om weer hoop te genereer vir ʼn geëmansipeerde toekoms. In kritiese homiletiek is prediking die publieke, etiese, anamnesties, én eskatologiese gebeure wat betekenisvolle vorme van solidariteit, kollaborasie, en affiniteit tussen en anderkant groepe mense binne die leefwêreld kan skep, wat eilande van weerstand en hoop in die wêreld tot stand kan bring.531

Die gemeente is potensieel ʼn unieke anamnetiese én eskatologiese gemeenskap van kritiese, geëmansipeerde aksie. Gemeentes kan oorde word wat die taal en simbole van ander groepe in

die leefwêreld uitdaag. Geloofsgemeenskappe kan dan saam met ander groepe deurslag-

527Peukert, H. 1984. Science, Action, and Fundamental Theology: Toward a Theology of Communicative Action.

Vertaal James Bohman. Cambridge, Mass.: MIT Press.

528McClure, Op. cit.: p.107

529Publieke teologie erken dat spiritualiteit buite die gevestigde kerk bestaan. 530McClure, p.108.

139

gewende vennote word in weerstand en hoop, ter bevordering van ʼn opnuut besielde, etiese, en geëmansipeerde publieke ruimte.

Maar dan moet ʼn beweging begin word na die kantlyne van die gemeenskap se lewe, waar ʼn kritiese gesprek begin kan word tussen en ten bate van alle groepe binne die leefwêreld. Die kantlyne van die geloofsgemeenskap is die plek waar deelnemers bewus is van ander gemeenskappe en van hulle – en ons – gemeenskaplike pleidooi. Die aktiewe kantlyne/ buite- grense/ randte/ grensgevalle/ randgebiede is die plekke waar mense die meeste bewus is van die breedte en die diepte van die gevaarlike kolonialisering van die leefwêreld deur die sisteem van geld en mag, en van die behoefte aan strategieë van weerstand en hoop.

Binne ʼn kritiese homiletiek is dit daarom nodig dat prediking of een van sy aspekte – eksegese, preek-dinkskrum, preekvoorbereiding – verskuif sal moet word, figuurlik of letterlik gesproke, van die predikant se studeerkamer, om geplaas te word voor die trappies van die kerk, of dalk selfs verby die kerk se grense, wat beliggaamde ontmoetings met vreemdelinge sal insluit wat die prediker sal lei om die aard van die prediking te herbedink.

Homiletiese proposisies het ook ʼn skuif om te maak, naamlik om in te sien dat kommunikatiewe rede hipoteties-induktief (“hypothetico-inductive”532) is. Binne “onbeperkte gesprek” tree proposisies na vore as “werkhipoteses”, wat op induktiewe maniere bereik is, en deur hulle te ekstrapoleer na die grootste moontlike getal gebruiksgevalle. Hierdie

werkhipoteses word in stand gehou, geminag, vervang, hernu, en herkonfigureer, terwyl die

kritiek wat hulle bring, gedebatteer en beoordeel kan word in verhouding tot hulle gebruikswaarde binne-in die grootste en mees inklusief-denkbare gesprek.533

So kan byvoorbeeld, werkhipoteses wat die taal van blindheid gebruik, wat van kanoniese tekste en tradisies afgelei word, herontplooi word in die lig van kritiese geheue, huidige ervaring en die toekomstige hoop, van hulle wat fisies blind is. Kanoniese tekste aangaande “gays” en lesbiërs word ook geplaas binne dieselfde “onbeperkte gesprek,” om die breedste en diepste kritiek en konsensus moontlik te verkry. Tekste en tradisies wat handel oor die sonde as

trots, word in herbesinning geneem, in verhouding met die getuienis wat voortspruit uit die

532Ibid., p.109. 533Ibid.

140

gebruik van ʼn model van antropologiese teologie deur vroue en ander gemarginaliseerde persone. Tradisies van verteenwoordigende versoening word herbedink in verhouding met die getuienis van slagoffers van geweld.534

Binne kritiese rede, kan niemand se getuienis verontagsaam word nie. Elke proposisie, of dit voortspruit uit die wetenskap of die tradisie, word geweeg as ʼn werkshipotese binne die grootste moontlike raamwerk van hulle wat gebruik maak van daardie proposisie in hulle daaglikse lewe. Elke proposisie word ondersoek en gekritiseer in die lig van sy gebruiks- waarde: “Wat doen dit?” “Wat veroorsaak dit?” En veral: “Is dit ʼn idee of deel van ʼn teorie of ideologie wat lyding veroorsaak?”