• No results found

VAN CORPUS CHRISTIANUM NA CORPUS CHRIST

2.4 SKUIWE IN DIE PRAKTIESE TEOLOGIE

2.5 VAN CORPUS CHRISTIANUM NA CORPUS CHRIST

Naas die algemeen-godsdienstige, filosofiese, epistemologiese, prakties-teologiese skuiwe wat ons as meta-neigings en paradigmaskuiwe klassifiseer, gaan ons vervolgens kyk na die ewe belangrike ekklesiologiese skuiwe en verruimings wat in die algemeen oor die afgelope jare plaasgevind het. Talle skrywers beweer dat ons die einde van die Christendom-era bereik het350 en dat die kerk haar in ’n diaspora351 bevind. Vanweë die ineenstorting van kolonialisme, het

die kerk in die Weste, wat haar tradisionele bevoorregte posisie betref, haar voorrangposisie ingeboet.352 Ook die NGK, as ʼn voorheen begunstigde kerk, sal nou as net nóg een in die ry van Christelike kerke, moet leer aanpas by ‘n nederiger bestaan.353 Die mislukking van die

350Onder andere: Hendriks, H.J. (2004). Studying Congregations in Africa. NetAct. (Lux Verbi.BM); Roxburgh,

A. en Regele, M. (2000). Crossing the Bridge. Church Leadership in a Time of Change. (Percept Group); Gibbs, E. & Coffey, I. (2001). Church Next. Quantum changes in Christian ministry. (Inter-Varsity Press).

351Hall:1999:72.

352“The once-so-close relationship between ‘throne’ and ‘altar’ (for instance in the entire project of Western

colonial expansion) has, in some instances, given way to an ever-increasing tension between church and secular authorities.” (Bosch:364).

353“This is closely related to a third change that I think relates to the willingness of white formal colonial

congregations to respect and learn from non-white congregations, where the former colonizers, who, for a long time wanted to replace the cultures that they dominated with their own, started to actually learn that they could have a lot of good clean fun and a lot of joy by learning from the people that they had been dominating.”

93

Middeleeuse sintese en die identifikasie van die Christelike geloof met die aspirasies van die modernisme (en die ondersteuning van die outoritêre strukture van die Weste) het met die disintegrasie van die Christelike establishment veroorsaak dat die corpus Christianum-era vir ewig verdwyn het.354 Dit het daartoe gelei dat sekere kerkbewegings die profetiese roeping van die kerk as fluitjieblaser teen die verkeerde in die omringende kultuur nou in ’n baie ernstiger lig sien.355

Dit beteken ʼn skuif wég van ʼn volkskerk, na ʼn groter vorm van “believer’s church”.356 Daar is ’n wegbeweeg van die kerk se amper obsessiewe verlange om vir die kontemporêre mens relevant te wil wees, na ’n ontdekking dat die kerk reeds deur die drie-enige Gód as relevant bestempel word!357 Dit vra na ‘n verandering van denke, waar die kerk se taak nie is om te voorsien in individuele lidmate se religieuse behoeftes nie, maar om die gelowiges op te bou vir húlle roeping.358 ‘n Prediker wat kontak het met die kantlyne van die lewe, is beter in staat om die wil van God te onderskei.359

Die aanpassing in die morphe (vorm) van die Christelike geloof wat tans van ons gevra word, oortref alle ander vorige historiese oorgange, sê Hall.360 Die huidige oorgang is selfs groter as die ingrypende oorgang wat gemaak is tydens die Reformasie van die sestiende eeu.361 Dit kom

[McLaren, B. (2006). “The Last Thirty Years: What We've Learned along the Way”, Calvin Institute of Christian Worship. For the Study and Renewal of Worship. Reformed Perspective. Ecumenical community. http://www.calvin.edu/worship. Seminaar van die Calvin Symposium on Worship. January 26.]

354 “We are in post-Christendom territory, a situation in which the church is no longer at the center of society, in

which our rituals and proclamations have become profoundly disenfranchised from the culture in which we live.” (McClure:2004c).

355 Hier dink ons aan sowel die “Church Innovations”-beweging as die “The Gospel and Our Culture Network”-

groep van kerke, wat gebaseer is op Lesslie Newbigin se werk, en staan onder leiding van onder andere Pat Keifert, wat hierdie nuwe situasie al aanvaar het. Sien: [Hunsberger, G.R. en Van Gelder, G. (reds.) (1996). The Church between Gospel and Culture. The Emerging Mission in North America, (Wm. B. Eerdmans Publishing), asook: Guder, D.L. (2000). The Continuing Conversion of the Church. (Wm. B. Eerdmans Publishing)].

356 Sien Punt 6.4.

357 Dit word uitgespel deur Bass, D.C. (red.). (1997). Practising our Faith: A Way of Life for a Searching People

(Jossey-Bass: San Francisco) wat twaalf (12) tradisionele Christelike praktyke noem wat ons moet herwin, sodat die geestelike lewe van die Gemeente-in-onderskeiding weer op peil is.

358 Sien Dietterich, I. (1998). “Cultivating Communities of the Holy Spirit”, in Guder, D.L. (red). (1998).

Missional Church: A Vision for the Sending of the Church in North America, (Eerdmans: Grand Rapids, Michigan), 153.

359 “… A preacher on the margins comes as one of many witnesses in a court room of conflicting evidence,

testifying under oath to the God who she hears and sees at work in the world through the surprising lens of scripture.” Searcy, E. (2001). Nothing But the Truth: Preaching as the Practice of Biblical Speech. http://www.edsearcy.com/PDF/writing/preaching.pdf.

360 Hall:1991: 200 e.v. 361 Hall:1999:68e.v.

94

op niks minder neer nie as die “disestablishment of Christianity”.362 Daar is net een vorige oorgang wat pas by die huidige een, naamlik die voor-gevestigde periode (die sg. Apostoliese

Eeu). Dit het in ʼn omgekeerde orde plaasgevind in die vierde eeu, toe die kerk die oorgang

moes maak vanaf ʼn vrywillige, minderheids-, verstrooide, en dikwels vervolgde kerk, na die imperiale kerk onder keiser Konstantyn binne die steierwerk en beskermende mure van mag en bevoorregting (die sg. Christendom Eeu).363 Daardie oorgang korrespondeer tans in omgekeerde vorm met die huidige Kerk, wat ná sestien eeue van bevoorregting haarself weer opnuut, soos gedurende haar eerste drie eeue, in ʼn minderheidsposisie bevind en moet herdefinieer. Die kerk van Christus bevind haar weer uitgerangeer na die sosiologiese periferie van die samelewing. Vir een en ʼn half millenium jaar van lewe in die imperiale huishouding, moet die Westerse kerk met ʼn skok haarself weer distansieer van haar bevoorregting (wat sy as haar geboortereg begin beskou het).

Een van die slegste nadele van die Christendom-era, is dat dit die kerk beroof het van haar

profetiese waaksaamheid. Die Christendom-kerk het slegs iets soos die religieuse muurpapier

van die breër sosiale konteks geword. Die kerk is totaal deur die samelewing en sy kulturele vorme ingesluk en was dikwels nie onderskeibaar van die sosiologiese muurpapier nie. Sören Kierkegaard het al in sy dag die amptelike Christendom se Nuwe Testament gekritiseer en as “geen Nuwe Testament” beskou nie: “Yes, such is the fact: the official worship of God (with the claim of being the Christianity of the New Testament) is, Christianly, a counterfeit, a forgery.”364 Hy wil naar word van die predikers “…who in pretty language, with the utmost

ease, with graceful manners...knows how to introduce a little Christianity, but easily, as easily as possible. In the New Testament, Christianity is the profoundest wound that can be inflicted upon a man, calculated on the most dreadful scale to collide with everything. 365 Om mense aan so’n Christelike geloof bekend te stel “is nauseating!”366 Ons moet erken: in die Christendom- era het ons aan God gegee wat aan die keiser hoort - ons het die Bybel met Konstantynse oë gelees.367 As wêreldgelykvormige kerk het ons vergeet dat die kruis in die sentrum van ons geloof staan, nie sodat ons kan heers nie, maar sodat God se Koninkryk mag kom.368

362 Ibid. 363 Ibid.

364 Kierkegaard, S. (1956). Attack upon “Christendom”, vertaal deur Walter Lowrie (Boston: Beacon), 59. 365 Hall:1991:258.

366 Ibid. 367 Mat.22:21

368 Die boek Handelinge leer ons om die sentrum te vrees, as daardie effe arrogante plek waar mense dink dat

95

As volkskerk het die NGK in Suid-Afrika kompromieë aangegaan, sodat ons die Evangelie ge- de-marginaliseer het, of eintlik “genormaliseer” het, en sy skerp kante weggevyl het. Willimon se ervaring in Amerika kan net sowel op ons in die NGK in Suid-Afrika toegepas word:

“In our homiletical attempts to...make the gospel reasonable, in our lust for sure ‘results’ in our evangelistic efforts, in our desire for predictably ‘effective’ sermons, we unconsciously scaled down the gospel to whatever a narcissistic culture can comprehend, whatever the market can bear.”369

Ons het vir onsself in ons getalle valse heerlikheid, mag en voorrang beding, terwyl ons hele ekklesiologie eerder moes kennis neem van wat Jesus, die Gekruisigde, ons in Lukas 12:29-32 noem: die “klein kuddetjie”.370 Miskien sou ʼn diaspora-kerk beter strook met sekere Bybelse beelde van die kerk: die “oorblyfsel” wat daar moet wees vir die meerderheid, sout, suurdeeg, lig, ’n klein stad op ’n berg in ’n donker nag, ’n klein saadjie, ens.371

Baie lidmate is deur die volkskerk-era Skrif-onbelese en Skrif-ongeletterd gemaak.372 Hierdie Skrifkennis het gepaard gegaan met groter “mag”.373 Deur hulleself voor te gee as die alleen-

arbiters van kennis, het hulle diegene wat soekende was, aan hulle voete gehad. Vandag is kennis en informasie egter in ons globaliserende wêreld oral beskikbaar. Almal mag vrae vra sonder om bedreig te voel. Ingeligtheid veronderstel ‘n oop-kritiese gesprek.374 Die Bybel word

die keiser (die Ryk). Deur vyande lief te hê, aan die tafel van die Here brood te breek saam met die armes, geweld af te sweer en sondes te vergewe, is ons slegs getrou aan dié God wie ons in Jesus Christus ontmoet het. Die Nuwe Testament skryf meer oor lyding en verwerping as enige ander ekklesiologiese tema. Handelinge leer ons om nie toe te laat dat die keiser vir ons “die sentrum” sal definieer nie! God (in Christus) is van die sentrum gedwing deur die magtige denkende mense soos Feliks en Agrippa, wie altyd dink dat waar hulle hulle bevind en dat alles wat die vrede van die Ryk onderskryf, die amptelike sentrum van alles is.

369 Willimon, W.H. (2007). “Evangelism in the Twenty-First Century: Mainliners at the Margins”, Journal for

Preachers. Pentecost. The North Alabama Conference, United Methodist Church, Birmingham, Alabama. Http://www.ctsnet.edu/JournalforPreachers/Pentecost_2007_Contents.pdf., 7.

370 Lukas 12:29-32: “29...julle moenie besorg wees nie. 30Dit is alles dinge waaroor die ongelowiges in die wêreld

begaan is, maar julle het ’n Vader wat weet dat julle dit nodig het. 31Beywer julle vir sy koninkryk, dan sal Hy

julle ook hierdie dinge gee.32“Moenie bang wees nie, klein kuddetjie, want dit was die wil van julle Vader om die koninkryk aan julle te gee.”

371 Hall:1999:72.

372 “If the only criteria of authenticity that church folk know are drawn from sixteen centuries of theological

triumphalism and ecclesiastical bravado, then almost anything that we can achieve in the churches today must seem inadequate.” (Hall:1999:72).

373 “There is no power relation without the correlative constitution of a field of knowledge, nor any knowledge that

does not presuppose and constitute at the same time power relations.” Foucault, M. (1977). Discipline and Punish: The Birth of the Prison, vertaal deur A. Sheridan, (New York: Vintage Books), 27.

374 “It seems that conversation as a paradigm of teaching must foster attention to possibilities, particularly those

that are unexpected…It asks teachers to deploy power in a ‘game’ in which all of us lose our ‘usual self- consciousness in the movement of the play itself’…because the game of conversation demands that I, too, risk what comforts me, what is familiar to me, what has to this moment shaped the boundaries - indeed the horizon - of my life. When we join our students in genuine conversation, we risk ourselves…‘this is questioning itself; it is willingness to follow the question wherever it may go’”. Simonaitis, S.M. “Teaching as Conversation”, (2002).

96

nou eerder sáám met ander gelees en bestudeer, sodat die uitluistering van die vrae wat andere ook na die Bybel toe bring, kan plaasvind: (“the capacity of listening another into free speech”375).

Baie kerke droom vandag nog Christendom-drome, maar die horlosie kan nie teruggedraai word nie. Wêreldwyd moet die kerk afskeid neem van ʼn verbygaande Christendom-era, en lidmate begelei word, om hierdie oorgang in ʼn post-Christendom-tyd positief in hulle harte te prosesseer.376 In Noord-Amerika het die American Dream wat grotendeels Christelik in stand gehou is, ook misluk.377 Die ou hoofstroom denominasies bevind hulle ook tans in Noord- Amerika in ʼn situasie waarin hulle heeltemal geïgnoreer word deur die groot sentra van mag. Dit bring ʼn neerslagtigheid by baie kerklui mee, asook ʼn gevoel van mislukking. Dit is nie anders as die posisie van die NGK in Suid-Afrika nie. Alhoewel tot 80% mense met die staatsensus aantoon dat hulle hulle met die Christelike geloof assosieer, is die samelewing besig om vinnig maar seker te versekulariseer en die tuin van religiositeit te verruil vir die leegheid en kilheid van moderniteit.378

John D. Caputo glo in ’n dekonstruksie van die Christendom:

“The deconstruction of Christianity is not an attack on the church but a critique of the idols to which it is vulnerable - the literalism and authoritarianism, the sexism and racism, the militarism and imperialism, and the love of unrestrained capitalism with which the church in its various forms has today and for too long been entangled, any one of which is toxic to the Kingdom of God.” 379

Ons sal die skuiwe wat ingetree het wat betref die minder sentrale rol wat die kerk tans speel, nie as negatief beskou nie, maar die kerk inteendeel sien as die dienskneg van dié verandering. In die plek van ʼn verdraaide teologie, wat die gevolg is van ʼn corpus Christianum-era, voorsien ons ʼn potensiële verdieping van ons teologie, deels as gevolg van ’n corpus Christi-

era.

In: Jones L.J & Paulsell S. (reds.). The Scope of Our Art. The Vocation of the Theological Teacher. (Wm. B. Eerdmans Publishing), 104-105.

375 Keifert:2006:126.

376 Roxburgh, A. en Regele, M. (2000). Crossing the Bridge, (Percept Group).

377 “No one goes to church in order to be able to believe in America again!” (Hall:1999:71).

378 Durand, J. (2002). Ontluisterde Wêreld. Die Afrikaner en sy Kerk in ’n veranderende Suid-Afrika. (Lux

Verbi.BM), Voorwoord.

97

ʼn Ander skuif wat dan gemaak moet word, is die skuif van ʼn instandhoudingsmodel van kerkwees na ʼn missionale gemeente, wat geïnkorporeer is in Gód se sending.380 Waar die kerk eers sendelinge uitgestuur het na sogenaamde sendinggebiede, bevind die kerk haar tans in ʼn sendingsituasie.381 Die krag van die Heilige Gees wat werk deur die Woord bevry lidmate om self die geestelike magte en owerhede in die lug te kan onderskei, en ʼn gemeente te vorm wat haarself kontra-kultureel binne-in die huidige kultuur kan opstel en die koms van God se Koninkryk van vrede en geregtigheid in alle sfere van die lewe kan bemiddel. Só kan die gemeente as waarheid-soekende instansie vorendag kom om ook ander gemeentes wat dieselfde waardes nastreef op te soek, al sou hierdie gemeentes van mekaar verskil wat sosiale omgewing betref. ʼn Oop sistemiese benadering van asimmetriese verhoudings help om geslote gemeentes van ʼn ingeteelde benadering te bevry. Die dood van die Christendom behoort dus nie as ’n mislukking gesien te word nie,382 maar as die opening van ’n moontlikheid wat die Here ons skenk, die moontlikheid naamlik om op die kantlyn van die samelewing ’n subversiewe Redder beter te verkondig as voorheen.383

Terwyl ons nie die dood van die Christendom-era hoef te bekla nie, behoort ons ook nie vermakerig op die graf van die Christendom te dans nie. Ons moet eerder die verlies begelei soos ʼn mens doodsbegeleiding doen: “healthy grieving frees us for healthy new visions.”384

380 “The great evangelistic challenge is not to attract the world to the gospel but rather for an accommodated,

acculturated church to be attracted to the world in the same strange way that Christ is attracted. The ‘world’ for which Christ died is not the world we thought we wanted to inhabit, certainly not a world worth God dying for. To put a finer point on it, our greatest challenge is to speak and act in the name of the One who was born in backwater Bethlehem and died ‘outside the camp’ (Heb 13). We must strive, in our evangelism, for a greater conformity of our message to the originating Messenger, our evangelism to the Evangel. Rather than attract the world to Jesus with some sort of desiccated gospel that entices everyone and offends nobody, we’ve got to absorb the world into his embrace, to invite everyone to live into Jesus’ strange new world and thereby be converted.” (Willimon:2007:6).

381 Keifert:2006:28.

382 “The decline of mainline Protestantism has been a major impetus for the revitalization of the field of practical

theology in North American theological education since the 1980s. This decline has taken place both internally, in terms of the size and vitality of local congregations and denominations, and externally, in terms of the church's influence on culture, public policy, and law. The situation has drawn church leaders, theologians, and theological educators into conversation on a wide range of questions. How can Christians live and witness their faith within a pluralistic society where Christianity is no longer presumed to be the de facto established religion? How can local congregations be communities of vitality and faithfulness in the midst of daily postmodern realities (e.g., shifts in technology, labor, mobility, time, and space).” Cahalan,K.A. (2005). “Three Approaches to Practical Theology: Theological Education, and the Church's Ministry” (pp.63-94), International Journal of Practical Theology. Vol. 9, (Walter de Gruyter), 63.

383 “It is precisely from a position of marginality that the church is best able to announce peace and to bear witness

to God’s peaceable reign in such a way as to invite others to take seriously the subversive implications of that reign” Stone, B.P. (2006). Evangelism after Christendom (Grand Rapids, Mich.: Brazos Press), 11.

384 Keifert:2006:36. Sien ook: Arbuckle, G.A.(1991). Grieving for Change. A Spirituality for Refounding Gospel

98

Ons sal as interpretasiegemeenskap die nuwe tyd moet probeer verstaan vanuit die vraag, naamlik wat Gód besig is om in en deur dit alles te doen? Die vraag wat ons moet vra, is: wat wil God deur dit alles tot stand bring? Daar is definitiewe moontlikhede wat ons kan aangryp, wat die nuwe situasie ons bied. Die einde van die Christendom-era was maar één vorm van kerk-wees, en die oorgang kan ʼn nuwe moontlike “begin” help fasiliteer. “Sal ons nie die Een wat ’n ruspe dekonstrueer tot ’n papie, ook vertrou vir die totale rekonstruksie van ’n papie na ’n skoenlapper nie?”385

‘n Baie belangrike gevolg van hierdie groot ekklesiologiese skuif is die volgende. In die Christendom-era was die Christelike geloof iets van ʼn “outomatiese” saak. Jy gaan kerk toe, omdat dit gewoonte is, of sosiale konvensie, of omdat die mense dit almal doen. Jy hoef nie baie van jou geloof te geweet het nie, en jy hoef ook nie baie daaroor ná te gedink het nie. Dinge was vanselfsprekend. Nou - in die nuwe post-Christendom-konteks - is ʼn denkende

geloof nie net meer gereserveer vir christen-professioneles nie, maar word dit die nóódsaak van

gewone lidmate (die sogenaamde leke). Mense is ook nou gretig om verantwoording te doen van die hoop wat in hulle is.386 Ekklesiologiese vernuwing moet egter nie aangepak word op ’n organisatoriese vlak (soos byvoorbeeld ’n kompetisie wie die meeste Bybelversies ken nie), maar in doelbewuste geestelike verandering, wat setel in die gemeente se geestelike onderskeidingsvermoë.387 Indien dit nie gebeur nie, sal die gemeente sukkel met die nuwe tyd en steeds terugverlang na die ou era.388 Die geestelike vraag is nie: “Wat op dees aarde is aan die gebeur?” nie, maar: “Wat op dees aarde is God besig om te doen?”389 Dit is om op ʼn

diepsinnige manier die werking van die Gees van God te onderskei, te vra na die “waarheen” en die “hoe” van Gód se sending, en Gód se toekoms, wat nie op ʼn tegniese bestuursvlak alleen vlak lê nie, maar op ʼn geestelike onderskeidingsvlak. Ons sal moet verstaan dat dit ‘n kopskuif of twee van predikante gaan vat om sekere ou maniere van doen af te leer, en nuwe modusse