• No results found

Die praxis van Bevryding (bevrydingsteologie)

2.4 SKUIWE IN DIE PRAKTIESE TEOLOGIE

2.4.4 Die praxis van Bevryding (bevrydingsteologie)

Toe die bevrydingsteologie as kontekstuele teologie gebreek het met die tradisionele teologie, het daar ’n verdere verskuiwing binne die Praktiese Teologie ingetree. Waar die tradisionele teologie sedert die tyd van keiser Konstantyn as ’n elitistiese bedryf van bó af deur opgevoede eksperte gepleeg is en die imperialistiese dominering en belange van die Weste bevoordeel en

338Die Wêreldraad van Kerke. Faith & Order: The Unity of the Church and the Renewal of human Community.

http://www.oikoumene.org/?id=2704, p.16.

89

daarmee in stand gehou is, word die meer resente kontekstuele teologie (bevrydingsteologie) van ónder af bedryf, en word dit deur die armes en die kultureel-gemarginaliseerdes gepleeg.340 Eintlik het die bevrydingsteologie nie as ’n akademiese of offisieël-kerklike program begin nie, maar as ’n verbintenis uit en vir die armes.341 Hulle probeer die geskiedenis oor te vertel sodat die “uitgelate stemme” daarin gehoor kan word. Hulle is beter bewus van die teenstrydighede in die geskiedenis, veral in die klasse-spanninge, omdat hierdie dikwels botsende verhoudinge waargeneem word deur diegene “aan die onderkant” van die geskiedenis. Dit word aanvaar dat die geskiedenis nie maar onskuldig sy loop neem nie. Daarom word met suspisie gekyk na die sosiaal-ekonomiese en politieke bestel. Jy moet dus die vermoë aankweek om die bestaande magsverhoudings en kultuurprosesse te deurskou. Dan sal jy die onderliggende kragte opmerk wat “wanverhoudings” (veral dié tussen ryk-arm) as normaal laat verskyn.

Die status quo moet dus getransformeer word. Transformasie beteken letterlik om “anderkant” die huidige vorm te beweeg342, “it is counter-hegemonic”343 en die vertrekpunt word dus in ‘n

ortopraxis geneem en nie ‘n ortodoxis nie. Praxis oorheers binne die bevrydingsteologie die

hele theoria, alhoewel albei dialekties inspeel op mekaar, dit wil sê sowel die action-deel as die

reflection-deel.

Hier kan die teoloog nie langer as “a lonely bird on the rooftop” funksioneer, wat die wêreld op sy of haar eie beskou nie. Teologie kan slegs vanuit die oogpunt en saam met die lydendes gepraktiseer word, waar doen belangriker is as weet. “Jy vereenselwig jou met die ervaring van vervreemding waaraan ander gedurig onderworpe is. Vir radikale transformasie-teoloë is dit onmoontlik om regtig die nood van ander te verstaan as jy nie deel van daardie groep is nie.”344 Jy sal die ‘saak’ van die armes nie verstaan as jy nie die ‘ervaring’ daarvan het nie. Die subjek van hierdie teologie is nie die ampsdraers van die kerk, of die kerk as instituut self nie. Die

340 Bosch: 423-424.

341 Die aanvaarding van die Belhar-belydenis deur die NG Sendingkerk in 1986 is betekenisvol in hierdie verband,

want dit is ’n herinterpretasie van die belydenis van Jesus Christus vanuit die bevrydende perspektief van ’n verbintenis aan die armes. Dit was ’n Gereformeerde respons op die uitdaging van die bevrydingsteologie. Die God wat Homself in Christus bekend gemaak het is “op ’n besondere wyse die God van die noodlydende, die arme en die veronregte is en dat Hy sy kerk roep om Hom hierin na te volg; dat Hy aan verdruktes reg laat geskied en brood aan die hongeriges gee; dat Hy die gevangenes bevry en blindes laat sien; dat Hy dié wat bedruk is ondersteun, die vreemdelinge beskerm en weeskinders en weduwees help en die pad vir die goddelose versper; dat vir Hóm reine en onbesmette godsdiens is om die wese en die weduwees in hulle verdrukking te besoek; dat Hy sy volk wil leer om goed te doen en die reg te soek.” (Art.4).

342 Naudé, P. (2005). “Teologieë van transformasie: Lesse vir gemeentes”, Artikel in Kruisgewys. Jaargang 5,

Volume 2.

343 Bosch: 439. 344 Naudé:2005:34.

90

subjek van die teologie is gelowiges wat sélf oor hulle situasie reflekteer as (gemarginaliseerde) Christene in ’n onregverdige en onderdrukkende samelewing. In Latyns-Amerika was die volk wat werklik onderdruk is ook nog lidmate van die Christelike gemeentes, en was die behoefte daar om hulle eie praxis teologies te deurgrond.

Dit gaan hier nie om die praxis van die religieuse beïnvloeding van die samelewing nie, maar om die samelewing self. Hulle doel is die fundamentele verandering van die hele samelewing, waartoe (ook) die kerk en die teologie ’n bydrae moet lewer, nie van buite af nie, maar van binne uit. Dit gaan daarom om, vanuit die perspektief van die beloftes van God, die bevrydende handelinge van ’n vredevolle samelewing vol van geregtigheid binne in die samelewing in te dra. Hierdie volksteologie rig sigself prinsipieel teen die onreg in die samelewing, waar nie slegs opgekom word vir die armes nie, maar poog om ’n teologie-van-die-armes te wees.345 Formeel gaan dit om ’n teologiese handelingsteorie en dus om Praktiese Teologie, maar waar doelbewus gekies word teen die onderdrukkers en vir die armes. Die Latyns-Amerikaanse bevrydingsteologie het opgekom uit ’n revolusionêre situasie, waarin die praxis nie beperk is tot die kerk, maar in Marxistiese terme gedefinieer is as die stryd van die onderdruktes teen die onderdrukkers. Praktiese Teologie is hier die kritiese teorie van Christene wat volgens Gustavo Gutierrez346 betrokke is in die ortopraxis, dit wil sê in die konkrete stryd van basisgroepe, wat binne-in ʼn revolusionêre situasie ’n Christelike getuienis wil gee. Dit blyk of die bevrydingsteologie in lyn is met Browning se vertrekpunt vir die Praktiese teologie: “I find it useful to think of fundamental practical theology as critical reflection on the church’s dialogue with Christian sources and other communities of experience and interpretation with the aim of guiding its action toward social and individual transformation.”347

345In Europa het die mense die kerk op ’n massiewe skaal verlaat, sodat daar eintlik geen basis meer was vir ’n

volkse teologie van bevryding nie. Daar was in Europa ook nie ’n armoedeprobleem wat vergelykbaar was met die van Suid-Amerika nie. In die Westerse wereld het die teologie ontwikkel binne die akademiese en kerklike wereld. Hier in Latyns-Amerika is die teologie meer solider met die armes en die onderdruktes, tot op die vlak dat dit die stem is van die onderdruktes.

346Gutierrez, G. (1973). A Theology of Liberation. History, Politics and Salvation. (Orbis Books).

347Browning, D.S. (1996). A Fundamental Practical Theology. Descriptive and Strategic Proposals. (Fortress

91

2.4.5 Die praxis van die individu