• No results found

Die Postmodernisme het gegroei uit die mislukking van die Modernisme en sekulêre humanisme. Die twee wêreldoorloë het meegebring dat die “bruikbaarheid” van die Modernisme as sisteem onder verdenking gekom het: “The American dream has been shown to be a nightmare”198. Deur die beheer aan die rede en die wetenskap toe te ken, het die Modernisme die pad oopgelaat sodat wye areas van vernietiging agtergelaat is, byvoorbeeld “sistemiese geweld”, “marginalisasie”, “verdrukking”, “lyding”, en “dominasie van die ander”.

196”...from the Islamic fundamentalism of Ayattolah Khomeini’s movement to the Roman catholic tradisionalism

of Archbishop Lefebvre’s movement; from rabbi Kehane’s readings of Judaism, to the emergent Hindu fundamentalism in India and Shinto fundamentalism in Japan, and several of the new religious cults.” [Tracy, D. (1975). Blessed Rage for Order. The New Pluralism in Theology, (New York: A Crossroad Book / The Seabury Press), 11]. Ons kan hierby ook sommige van ons eie “rein” kampvegters vir Afrikaans byvoeg, soos Dan Roodt, wat swart Suid-Afrikaners se minderwaardige genetiese samestelling merk as dit wat van hulle moordenaars en verkragters maak.

197 “Thus the energence, in modern theologies, of honourable ‘post-liberal’ options: like the new Barthianism of

the Yale school; the new sectarian insistence on pure witness of much Western Christian ethics; the insistence of so many Catholic theologians that perhaps, after all, Bonaventura rather than Thomas Aquinas is the proper model for Catholic Theology. The gains of these new postliberal theologies are clear for all to see: the recovery of the need for the biblical narrative as forming the identity of Christians both individually and communally in the new Protestant narrative theologies of Frei, Lindbeck, Hauerwas, and many others; the recovery of the importance of the visible form for Catholic life and thought in the light of God’s own self disclosure in the divine-human formin the incarnation of Jesus Christ in the great theology of retrieval of Hans Urs von Balthasar; the insistence that modrrnity can occasion the erosion of all communal and even personal Christian identity in the call to reaffirm Christia identity in the Roman Catholic theology of Ratzinger...:the unrelieved pessimism of Ratzinger’s reading of Augustine; the brilliant but disturbing partial character of von Balthasar’s reading of Bonaventure and Dante; the apolitical reading of Karl Barth by the new barthians; the untroubled use of the traditional neo-Scholastic distinction of the ’natural’ and ‘supernatural’ realms in the secularly liberating and ecclesially stifling political theology of Pope John Paul II....Any theology of retrieval that refuses to face that fact (AVDW: om terug te gaan op die Christelike tradisie is ’n self-kritiese profetiese saak) may end, despite its own clear and noble intentions, not defending the memory of the cross and resurrection of Jesus Christ and not truly remembering the God who both promises and judges, but remembering only a form of Christianity dangerously close to historical Christendom.” (Op.cit., 13-15).

198 Osborne, G.R. “Christianity Challenges Postmodernism”, in: Kennard, D.W. (red.) The Relationship Between

Epistemology, Hermeneutics, Biblical Theology and Contextualization, (Lewiston/Queenston/Lampeter : The Edwin Mellen Press), 101-2.

51

Ons bevind ons in die postmoderne tyd, sê Tracy, waar nie net “die dood van God” nie, maar ook nou die “dood van die subjek” ʼn werklikheid geword het.199 Die postmoderniste het die strydbyl opgeneem teen die Modernisme, wat alle werklikheid probeer vestig het in die “self- grounding, self-present modern subject”.200 Vir die postmoderniste is moderniteit en tradisie nou blootgestel as die selfmisleidende oefening wat dit was, ʼn illusie, wat probeer het om die ondeurgrondbare te begrond. Die selftevrede manier waarop die modernisme die humanistiese selfbeeld voorgehou het, as naamlik ʼn veilige fondasie vir alle kennis en lewe, moet gedekonstrueer word. Dit is hierdie hartseer stuk geskiedenis wat ten grondslag lê van die postmodernistiese aanval op die totaliserende mag van die rede en vorm probeer gee aan die postmoderne etiese imperatief om ook die “ander” in te sluit (en nie uit te sluit nie). Dit is dus in die grootste suspisie oor hierdie Projek as totaliteit dat die postmodernes met ander woorde plek wil maak vir hulle wat “anders” is. Wat vir postmodernes oorbly is die werklikheid van voormalige vergetenes, die gemarginaliseerde groepe uit die tyd van die modernisme, die mistici, die afgeskeidenes en andersdenkendes, die avanant-garde kunstenaars, die sogenaamde malles en histerieses.201 Die andersheid en verskil (“difference”) van hierdie mense word die alternatief tot die dodelike dieselfde-wees (“sameness”) van die totaliserende sisteem en die vals sekuriteit van die moderne self-begronde subjek.

Die grootste kritiek egter teen die postmodernisme, sê Tracy, is dat hulle die status quo dekonstrueer en teenstaan, maar inruil vir ʼn fluxus quo.202 Die vraag wat ons kan vra is: “Hoe kan hulle enige moontlikheid van gedetermineerdheid afwys, sonder ʼn subjek-self wat enigsins eties verantwoordelik optree, of alternatiewelik, ʼn aktiewe profeet vir een of ander saak, of wat histories en polities “teenwoordig” is?” Die kritiek wat dus teen die postmoderniste ingebring kan word, is dat hulle vry voel om die geskiedenis van die verlede en vandag te dekonstrueer sonder om enige konkreet-etiese politieke hoop te aktualiseer! Hulle sal eerder bloot teoreties oor sake soos “andersheid” en “verskille” reflekteer as om historiese (konkrete) strydende agente in posisies van etiese verantwoordelikheid plaas in die opneem van die saak van die subjek (wat die modernisme doodgemaak het), en kies om só self ʼn verskil te maak! Postmoderniste het trots en ironies in hulle sentrumloosheid die moderne subjek doodgemaak en is besig om in hulle Westerse doolhof verdwaal te raak. Insoverre hierdie ondersoek die

199 Tracy:1994:15. 200 Op. cit., 16. 201 Ibid. 202 Ibid.

52

postmoderniste as geallieerdes kan aanvaar, kan ons hulle saam met David Tracy dus bloot tot op ʼn sekere punt aanvaar, want hulle sisteem lê uiteindelik in die stille afskeid neem van die teosentriese werklikheid van die Christelike geloof en gaan dus mank aan ʼn nihilisme wat sonder hoop in die afgrond van ongedetermineerdheid lê.203

Die moderne subjek is miskien wel dood, maar daar is wel postmoderniste soos Julia Kristeva wat ʼn nuwe subjek anderkant die nie-self (dood) van die moderne subjek vind, wat sy noem: die subjek-in-proses-in-verhoor (“the subject-in-process-on-trial”).204