• No results found

Die Funksionering van die Christelike gemeente (ekklesiologiese Praktiese Teologie).

2.4 SKUIWE IN DIE PRAKTIESE TEOLOGIE

2.4.2 Die Funksionering van die Christelike gemeente (ekklesiologiese Praktiese Teologie).

Langsamerhand het die visie op die rol en die funksie van die gemeente ook begin verander. Die uitgangspunt van die Praktiese Teologie is nou nie meer of behoort eintlik nie meer te wees: die ampswerk van die predikant nie, maar die funksies van die gemeente. Praktiese Teologie het sig begin rig op die praxis van die kerklike handelinge as sulks. “Die insig het deurgebreek dat die pastor nie in die eerste plek die subjek van die handelinge is waarvoor ons teorieë opstel nie, maar die gemeente.”312 Nie alleen die voorganger, maar die hele gemeente

het vervolgens te staan gekom op die kruispunt tussen die Christelike tradisie en die huidige politieke kultuur. “Die aandag is dus verskuif weg van amptelike vorming en vroomheidsontwikkeling na die kerk se praktiese betrokkenheid en effektiewe funksionering.”313

Die Praktiese Teologie bestudeer die praktyk van kerkwerk nou nie alleen vanuit die teologie self nie, maar ook vanuit die mens- en maatskappywetenskappe.314 Dingemans sien dit as ʼn positiewe stap in die regte rigting: “Men kan zeggen dat de theologie bedacht is op de doorwerking van het Evangelie, op de werking van de Heilige Geest en dat de algemeen menselijke wetenschappen, in feite de seculaire menswetenschappen, de media bestuderen, waarvan de Geest zich wil bedienen.”315 Dit sal ook verder in hierdie ondersoek duidelik word

311 Dit het belangrike konsekwensies vir hierdie ondersoek. Ons stem saam met Dingemans dat hierdie benadering

nie tred gehou het met die passifisering van die gewone lidmate nie.

312 Pieterse:1991a:5.

313 Louw, D J. (1993). Pastoraat as Ontmoeting. Ontwerp vir ’n basisteorie, antropologie, metode en terapie.

Eerste publikasie. Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing. Pretoria: RGN-Uitgewery. p.70.

314 Om die openheid van Gereformeerdheid vir sekulêre waarheid en nie-Christelike skrywers te beaam, het

Calvyn altyd geglo dat alle waarheid van God kom, wie se Gees die een fontein van waarheid is. Hy skryf: “He thinks ‘there can be no doubt that…God sowed, by the hand of philosophers and profane writers, the excellent sentiments which are to be found in their writings.” [Calvyn. Commentary op Titus 1:12, in CO 52:415] soos aangehaal deur Gerrish, B. (1999). “Tradition in the Modern World: The Reformed Habit of Mind” (pp. 3-20), in: Willis, D. en Welker, M. (reds.) Toward The Future of Reformed Theology. Tasks, Topics, Traditions, (Wm. B. Eerdmans Publishing), 16.

83

dat dit onmoontlik is om die Woord korrek te verkondig, sonder ʼn behoorlike analise van die homiletiese situasie, wat die gebruikmaking van algemeen menslike wetenskappe insluit.316 Die kritiese vraag is egter nou, wat die teologiese gewig is wat hierdie kontekstuele situasie moet dra. Daar is teologiese skole vir wie die gewig van die feitelike situasie minimaal is, en dan moet mense hulle bloot aanpas by die normatiewe inhoud van die Evangelie op fundamentalistiese en modernistiese wyse317. ’n Analise van die situasie is slegs nuttig indien jy te wete wil kom hoe mense die boodskap van die Evangelie kan ontvang en waar die weerstande daarteen lê. Hierdie rigting is versigtig om die openbaring aan te pas by die subjektiewe ervaringe, behoeftes of rasionaliteit van die moderne mens.

Dan is daar aan die ander kant ook teologiese skole wat die ervaringe van mense teologies juis heel hoog aanslaan, en dit sien as ’n onderdeel van die voortgaande openbaring van God. Elke tyd voeg nuwe ervaringe en insigte en gesigspunte toe aan die Godsbelewing. Daarom moet teoloë ernstig rekening hou met die empiriese gegewens, omdat hulle min of meer geld as (tweede) openbaringsbron. Ons eie standpunt in hierdie ondersoek lê egter in ʼn derde opsie. Tussen hierdie twee standpunte wil ons kies vir ʼn kritiese (dialektiese) wisselwerking tussen openbaring en konteks, Evangelie en ervaring, Skrif en geloofsbelewing. Ons glo dat geloofsgemeenskappe op die kruispunt staan tussen die Christelike tradisie en die huidige kulturele en politieke situasie. Geloofsgemeenskappe is die produk van die Wirkungsgeschichte van die tradisie en tegelykertyd grawe hulle - vanuit nuwe kulturele en politieke situasies met nuwe vrae - na nuwe skatte in die tradisie en laat hulle hulleself weer opnuut krities deur die

316“Pastors today are thrown into a complex social environment of colliding cultures, multiple ideologies and in

competing demands. Ministry must be creatively negotiated in ways undreamed of a generation ago. Teachers of religious education, worship, leadership and preaching who cannot engage in social and cultural analysis, who do not understand the place of their disciplines historically and in interfaith contexts, and who cannot equip their students to do so as well, will leave the next generation of ministers unprepared” (Long:2004: 30-33).

317 Lees ook Durand se kritiek teen ’n tipe Skrifgebruik wat dikwels deur ’n baie formalistiese voorstelling van

Skrifgesag in die kerk bevorder word, ’n Skrifbeskouing wat die Bybel as ’n bonatuurlike geskrif sien waarin goddelike dikate as’t ware werktuiglik deur menslike skrywers opgeteken is. So’n opvatting, skryf Hennie Rossouw in die Voorwoord van Durand se boek, “lei daartoe dat daar formeel, dus buite die oorweging van inhoud, aan elke Bybelse uitspraak dieselfde openbaringswaarde en geloofsbetekenis geheg word.” (p.2); Durand, J. (2005). Doodloopstrate van die geloof. ’n Perspektief op die Nuwe Hervorming. Rapid Access Publishers. Stellenbosch.

84

tradisie ondervra. Hier funksioneer dus ’n heen en weer beweging tussen die twee pole, met ander woorde ’n beoefening van ’n wederkerige, kritiese (Bybelse) hermeneutiek.318

Die menssoekende God en die Godsoekende mens komplementeer mekaar nie as gelyksoortige pole nie en staan ook nie antiteties téénoor mekaar nie, maar konvergeer op ’n paradoksale wyse deur die werking van die Heilige Gees binne die ontmoetingsgestalte van beide. Ons glo dus saam met Louw dat die Praktiese Teologie ’n hermeneutiese wetenskap is, wat die betekenis (sin) van hierdie ontmoetingsgebeure (tussen God en mens) só vertolk, dat dit inwerk op sowel die kerk as die kosmos.319

“Praktiese teologie is dus as ’n hermeneutiese wetenskap nie die vertolking van die Skrifteks self soos wat die bibliologiese vakke dit doen nie. Dit is veeleer die vertolkingsgebeure van die verbondsmatige ontmoeting in die Skrif: God en mens...Die praktiese teologie wil hierdie heilsin (soos geëksegetiseer deur die bibliologiese vakke en gesistematiseer deur die dogmatiek) betrek in ’n verstaansproses tussen evangelie en lewenswerklikheid...Die pastor tree...op as ’n gids en is saam met mense op soek na die betekenis van hulle lewenswerklikheid in die lig van God se Verhaal...waarin die pastor die mens wil help hoe om homself in die lig van die Godsverhaal te verstaan...waar die pastor as tolk inbeweeg tussen Skrifteks en konteks, tussen Sender en hoorder.”320

Dit het die weg gebaan vir ʼn verskuiwing van die verstaan van die prediking as die (eenrigting) verkondiging/toepassing van sistematies-teologiese inhoude aan die hoorders, dit wil sê: hoe ons die Bybel verstaanbaar kan maak vir mense in die kerk (proses 1); die insig het stadigaan gegroei dat ook gevra moet word hoe ontvanklik ons as senders is vir die vertolking wat kom van die mense (of lesers) wat leef binne die empiriese werklikheid van die kerk en die samelewing (proses 2). Geloofsgemeenskappe staan binne-in ’n kultuur, asem voortdurend ook die nuanses in van dié kultuur, waarvan hulle deel uitmaak. Die Evangelie neem in verskillende kulture en situasies ook andere vorms en inhoude aan. Agter hierdie aanname sit die visie dat nie alleen die predikant of die ampsdraers die omskakelingspunt is vir die Evangelie in die kultuur nie, maar dat die hele gemeente ’n missionêre (missionale) gemeente is.

318Die kuns sal wees om die assimetriese verhouding reg te verdiskonteer. Die aanvoeling is dat in die huidige

situasie, die menslike kant meer aandag kry en die Goddelike kant minder (of glad nie!) “Die ‘objectzijde’ in die verhouding tussen God en mens word vaag, onbepaald op die skerms van ons denke en geloof. Die klem in die prediking val al meer op die ‘subjectzijde’ – op die geloofsbelewenis van mense.” [Pieterse, H.J.C. (2005). “Hoe kom God aan die word in die prediking? ’n Vaste Vertroue op God se Beloftes is Teologies Noodsaaklik”, Praktiese Teologie in Suid-Afrika. Vol 20(1),111].

319 Louw:1993:80 320 Op.cit., pp.80-84.

85

In proses 1 kan ons meer Christologies te werk gaan, in proses 2, meer Pneumatologies. Ons kan sê die gemeente ontstaan of word gebore (“ecclesiogenese”321) in die ontmoeting (konfrontasie) tussen die Evangelie en die konteks. Die kerk word in haar funksionering gevorm wanneer sy toelaat dat proses 1 en proses 2 krities op mekaar inspeel. Die normatiewe lewe wat God van ons vra, kry ons vanuit die Skrif (vertolking 1), maar die inluistering na die omstandigheide van die vry, mondige mens kry ons via ʼn krities-wederkerige, kontekstuele hermeneutiek (vertolking 2).322 Ons werk dus met ʼn dubbele hermeneutiek wat tegelykertyd

beantwoord moet word, naamlik ʼn “indwelling of the Word” asook ʼn “indwelling of the world”.323

Die besef het gegroei dat die werk van die predikant nie net behels om die alleswetende en allesdoenende entiteit binne die gemeente te wees nie, maar om toe te sien dat die heil van God

beliggaam sal word deur die hele gemeente, in die wyse waarop die geméénte daagliks met

mekaar en met ander mense leef.324 Die predikantamp in die NGK leef egter nog in baie gemeentes as “die uitdeler van die ewige lewe aan individue, ’n klein pous wie se woord wet is”.325 Dit was Martin Luther wat in een van sy stellinge geskryf het: “the Christian...congregation has the right and power to judge all teaching and to call, install and dismiss teachers”.326 Die gelowiges hoef nie soos voltydse leraars en mini-dominees op te tree en hulle werk as bloot ’n hulp vir die predikant te sien nie. Dit sou daarop neerkom dat ons vir Dawid opnuut Saul se klere aantrek! Dit is geen wonder nie dat Jesus van Nasaret gebreek het met die hele Joodse tradisie voor Hom, toe Hy besluit het om sy dissipels nie te kies uit die priesterlike klas nie, maar uit gewone vissermanne, tollenaars, ens. Die Pauliniese kerke word ook nie ‘sinagoges” genoem nie, maar ekklesia, ’n sekulêre term.327

Die klerikalisering van die kerk het hand aan hand geloop met die priesterheerskappy en dit het weer geteer op die leer van die “apostoliese suksessie”, wat teweeg gebring het dat die priester afgesny was van die gewone gemeenskap, en hom téénoor die gemeente gestel het as ’n

321 Dingemans:1996a:12

322 Ploeger, A.K. & Ploeger-Grotegoed, J.J. (2001) De Gemeente en haar Verlange. Van praktiese teologie na die

geloofspraktijk van de gemeenteleden. (Uitgeverij Kok Kampen), 159 e.v.

323 Kiefert, P. (2006). We Are Here Now. A New Missional Era. (Allelon Publishing), 68-76. 324 Burger:2004d:547.

325 Die teenoorgestelde is sekerlik in sommige gemeentes waar, dat die predikant maar weer ’n amptenaar is van

die Diensverhoudinge Kommissie, en as funksionaris van die kerk bloot moet dans na hulle pype.

326 Bosch, D.J. Transforming Mission. Paradigm Shifts in Theology of Mission. (Maryknoll: New York), 469. 327 Op.cit., 68.

86

bemiddelende figuur, ’n soort alter Christus, wat op sy beurt veroorsaak het dat die gemeente bloot passiewe ontvangers van die genade geword het.328

Ook gemeentelede moet sáám dink oor die interpretasie, die wyse van vormgewing en die oordrag van die Evangelie. Dit is die gemeente wat die geeste (van die tyd) moet onderskei. Ook gemeentelede is ‘teoloë’ in eie reg, wat medeverantwoordelik is vir die verwoording en verwerkliking van die geloof in die konkrete situasie waarin hulle hulleself bevind. En andersom: ook die pyn en moeite van gemeentelede behoort op hierdie wyse bewustelik verdiskonteer te word in die teologiese besinning en die preekmaakproses.329

Die tradisionele drie-ampteleer kan ons help om ʼn Bybelse fokus op die gemeenteleiding te gee. 330 Christus word gesalf tot die amp van priester, profeet en koning. Die gelowiges deel in daardie salwing, op grond van die doop, en word self weer onderskeidelik tot priester, profeet en koning gesalf.

2.4.3 Die praxis van die kritiese krag van die Evangelie