• No results found

DEDUKTIEWE HOMILETIEK

3.3 DIE FENOMENOLOGIESE LOGOS

3.5.3 Getuienis-benaderings:

(gegrond in feministiese en bevrydingsteologie, poststruktualistiese teorieë van

subjektiwiteit, en Emmanuel Levinas se filosofie van die intermenslike)

Ons sal sterk steun op die werk van die Franse fenomenologiese filosoof, Emmanuel Levinas (1906-1995), en sy filosofie van die intermenslike. Dit was Paul Ricoeur549 wat Levinas se filosofie van getuienis (“as witness”)550 omgebou het tot ʼn nuwe filosofie van getuienis551 (“as

545McClure, p.115.

546Campbell, C.L. (1997). New Directions for Homiletics in Hans Frei's Postliberal Theology. Eerdmans

Publishing House, Grand Rapids.

547McClure:2001:116. 548Ibid.

549Ricoeur, P. (1995). “Emmanuel Levinas: Thinker of Testimony”, in: Wallace, Mark I. (red.). Figuring the

Sacred: Religion, Narrative, and Imagination, vertaal deur David Pellauer, (Minneapolis: Fortress Press),108-126.

550Die passiewe, voor-dialogiese staat, oftewel getuienis as narratief, wat die oorspronklike vlak van getuienis (as

“saying”) uitmaak.

551Dit word in die praktyk onder andere in die homiletiek van Rebecca Chopp (The Power to Speak), Walter

144

testimony)552. Getuienis-rede is van nature nie-representatief en nie-fundamenteel. Ricoeur sê dat hierdie oortuiging Levinas se hele werk deursuur.553 Getuienis is fundamenteel tot Bybelse geloof; volgens Brueggemann word die Judees-Christelike epistemologie nie gebou op die vraag: “Wat het gebeur?” nie, maar “Wat is gesê?” Werklikheid word geopenbaar en gekonstitueer in getuienis. Op sekondêre (verbale) vlak, beweer Brueggemann, opereer getuienis-rede as hofsaal of forensiese (“forensic”) rede. Op hierdie manier, wanneer getuienisse “ter goeder trou” (“fudiciary”) deur ʼn getuie gespreek is, en op grond van vertroue as waar aanvaar word, dan bring dit ʼn fundamentele sosiale band tot stand, ʼn “heilige opskeur” van ʼn mens self deur die ander, wat weer ánder, geloofwaardiger geloofsgetuienisse na vore roep.

In ʼn hof het die jurie - afgesien van die getuienis - geen toegang tot die eintlike gebeure nie. (1) Die getuie kies watter die weergawe van die konstruk hy of sy wil voorlê. (2) Die getuienis is ʼn openbare aanbieding wat die werklikheid vorm; dit is oorspronklik, dit laat iets in die hofsaal gebeur wat tot nog toe nie bestaan het nie. (3) Wanneer die hof ʼn besluit neem en saamstem om ʼn weergawe van die werklikheid te aanvaar wat op ʼn getuienis gebaseer is, dan word dié getuienis aanvaar as waar (“that is it becomes true”); deur die proses van die uitspraak, word die getuienis as werklikheid gekonstitueer.

Die eerste twee van hierdie stappe [(1) (2)] korrespondeer met daardie dimensie van getuienis wat na vore tree as gevolg van die handhawing van uiters noue assosiasie met die getuienis (getuienis as “witness”). Op hierdie stadium sukkel homiletiese rede om ʼn verbale woord, ʼn

logos of narratief (Levinas se “said”) te vind, wat genoegsaam is om die getuienis behoorlik te

interpreteer en verbaal te artikuleer (Levinas se “saying”). Die derde stap [(3)] korrespondeer

552Die geartikuleerde en gesproke woord, oftewel getuienis as daad, wat die sekondêre vlak uitmaak. Hier kom die

logos van die prediking tot uiting, wanneer die onuitgesproke etiese “saying” (Levinas) die gesproke “said” (Levinas) word. Op hierdie sekondêre vlak opereer getuienis-rede volgens Brueggemann as hofsaal of forensiese rede. Op hierdie vlak tree ons die reflektiewe bewussyn binne, wat ’n versekering uiter (nie ’n “doxic certitude” nie) wat altyd verbind is met dade as ’n getuienis van betekenis. Dis ’n “fiduciary belief” (geloof in vertroue) wat gebou word op die vertroue van die voorafgaande getuienis (“as saying”). Op hierdie manier berus waarheid op die forensies-fidusiêre beoordeling van die begrip, op interpretasie en artikulasie van getuienis – logos as hermeneutiek – eerder as op representatiewe korrespondensie tot die feite. Op hierdie sekondêre vlak, word getuienis ’n definitiewe en merkwaardige kommunale (forensiese, fidusiêre, en interpretatiewe) vorm van rede en spraak. Getuienis of verbale verkondiging is daarom ’n diskursiewe, hermeneutiese strategie wat geartikuleer word deur ’n subjek, wat ge-desentreer is in rede, deur die oneindigheid wat ontmoet word in getuienis (“as witness”).

553“Ethics unfolds outside the field of ontology” [Ricoeur, Op. cit.: p.117]. Ricoeur lei dit af uit die opskrif van

Levinas se boek: [Levinas, E. (1981). Otherwise than Being, vertaal deur A. Lingis. (The Hague: Martinus Nijkoff)], waaruit hy sy evaluering van Levinas doen. Getuienis lê ver verwyderd van “representasie”, wat ’n bemeestering veronderstel van die subjek oor sy of haar “objek”.

145

met die praktiese bevinding van dit waarop getuienisse aanspraak maak, deur dit te toets aan die pragmatiese “gebruik” daarvan: Getuig dit van die heerlikheid van die Oneindige? Verwelkom dit die vreemdeling? Sal dit lyding meebring?554

ʼn Gemeenskaplike stel uitsprake (of “precedents”) lê die grondwerk om die geloofwaardigheid en betroubaarheid van nuwe waarheidsaansprake mee te begrond. Hierdie uitsprake vorm “plateaus” binne ʼn voortgaande, ontwikkelende tradisie van argumente. Hierdie uitsprake is oop, ten minste in beginsel, vir verdere beoordeling binne die grotere hofsaal van publieke rasionaliteit (Habermas se leefwêreld) “and within the larger set of memories and hopes within the world.”555 Die totaliteit van sekondêre forensies-fidusiêre getuienis (narratief, Logos, verbale verkondiging) wat probeer om hulle interpretasie en artikulasie in die hofsaal van die rede aan te bied, word daar geweeg en nie toegelaat om in ʼn gefikseerde totaliteit van ewige idees, proposisies, grammatikas, praktyke of betekenisse te rus nie. Die uitsprake bly in beginsel oop vir verdere bevindinge binne die breër hofsaal van die publieke rasionaliteit (Habermas se leefwêreld). Die getuienis-prediker loop hom/haar in ʼn buitengewone etiese kritiek vas, wat ʼn fundamentele kritiek teen die Logos van die prediking vorm, wat neerkom op ʼn dekonstruksie binne kritiese rede self.

Die primêre antieke narratiewe-getuienisse in die Bybelteks moet nie fundamenteel gesien word as ʼn geslote boek van reëls en regulatiewe beginsels wat (deur logosentrisme of kultureel- linguïstiese binêre opposisies) van ʼn sentrifugale tradisie en biblisistiese prediking gekoöpteer is nie. Ons preek die Evangelie, nie die Bybel nie. “Other-wise” predikante lewer uiteindelik getuienis: “they do not adjudicate a common set of ancient canonical verdicts and precedents.”556 Vir “other-wise” predikante is die Bybelse teks self ʼn relaas van getuienisse, sodat hulle getuienis ʼn verlenging is van die grondstruktuur van die Bybelse teks as getuienis.557

554McClure, Op. cit.: p.125 555McClure, Op. cit.: p.126 556Ibid.

557“Each other-wise preacher brings into the pulpit his or her ongoing, changing narrative testimony (verbal

proclamation) to the rupturing of totality by the glory of the Infinite revealed in the vulnerable face of the other. At the same time, other-wise preachers rehearse in the pulpit the testimonies (verbal proclamations) of many others within the congregations, communities, traditions, and testimonials that constitute much of the sacred text: ‘thus says the Lord’; ‘He spoke as one with authority’; ‘I deliver to you what was also delivered to me’. (McClure, Op. cit.: p.125).

146

ʼn Vroom lewe is volgens hierdie homiletici ʼn lewe wat eerstens gegrond en beliggaam is met etiese dade van barmhartigheid met die Ander (martyria), voordat ʼn verbale woord as Logos verkondig word. Die Leviniaanse getuienis stel die prediker in staat om, siende dat dit kan teruggryp op getuienis “as saying” – “of ego-martying proximity to the other” – ʼn uitermate etiese kritiek en kriteria vir die Logos van die prediking te skep, “that de-centers or ‘others’ all adjudicated truth claims in both the ecclesial and public arenas.”558 “In short, proclamatory

witness is an extreme, ethical critique (deconstruction) within critical reason itself.”559

“Preachers must, in principle and in practice, be open to the rupturing of the circle of testimony that occurs when their own proclamations are sealed to this witness – this extraditing of themselves and their hearers to the other. Preachers must also be open to the testimony of others at the margins or beyond the margins of the circle of testimony.”560

Dit is presies dié getuienis (“de-centering witness”) van vreemdelinge, wat die Bybelse tradisie so passievol bewaar en vereis. Die getuienisse van vreemdelinge verhoed dat die getuienissirkel gou ʼn gevaarlike geslote sirkel word, en sigself weer as totaliteit vestig.561 Die sirkel van getuienis benodig ʼn konstante ontrukking “this being torn up and flushed out by testimony in order to bear witness to the glory of the Infinite.”562

Florence beweer dat predikers wat epistemologies as kennendes vanaf die “vantage point” van ʼn spesifieke (feministiese, in haar geval) sosiale situasie praat, se woorde werk soos Rebecca

Chopp se “perfectly open sign”563. Chopp sê dat predikers vanuit hierdie perspektief ʼn woord

spreek “that says it another way, a way that is open, transformative and heterogeneous, that brings otherness, long taboo, into the very nature of the Word, and into the nature of words, that redeems all words in their ongoing process of signification.”564 Baiemaal is konfrontatiewe waarheid die antwoord, wanneer ʼn woord gebring word met absolute gesag (exousia), maar daardie woord buite die huis van rede, tradisie, ervaring en rede lê. Dit is wanneer prediking verseël word met die oog op hierdie buite-binêre, volmaakte, oop teken: die woord van getuienis, dat ʼn stuk verloste ruimte teruggeëis word binne ʼn dominante diskoerssituasie. Nie

558McClure, Op. cit.: p.127. 559Ibid., p.127. 560Ibid., p.128. 561Ibid. 562Ibid. 563Chopp, Op cit.: 165. 564Chopp, Op cit.: 30-32.

147

net begin predikers hulle vryheid van laasgenoemde diskoers te vier nie, maar hulle begin om dié diskoerssituasie sélf te rekonstrueer, waar sekere betekenisvelde gelykgemaak word om semantiese ruimtes terug te eis.565 So kan die begrip “sonde” gedekonstrueer word (onder skrapping geplaas word) om teruggeïs te word, as oop ruimte en nuwe grond waarin nuwe idees kan groei wat ander-wys is.566 Dit is dieselfde wat volgens Brueggemann gebeur wanneer voorrang-spreke oopgemaak word tot en getransformeer word deur die gemarginaliseerde spreke van kontra-getuienis (“counter-testimony”)567.

Wat ons dus van hierdie vorm van homiletiek hoor, is ʼn baie sterk suspisie dat ons nie die getuienisproses as vanselfsprekend oop sal sien nie, maar dat die outonome subjek steeds sy kop hier kan uitsteek. Daarom is getuienis, soos dit vanaf “witness” kom, nie sonder meer “counter-testimony” nie; dit is veronderstel om uitwissings-getuienis (“erasure-testimony”) te wees, waarin een term van die binêre opposisie heeltemal uitgewis moet word, soos iemand ʼn fout sal uitvee. Die beweging na die ander moet meer wees as net maar ʼn herrangskikkingsoefening, hetsy die ingraffering van ʼn nuwe perspektief, of die terapeutiese disoriëntasie/reoriëntasie skema, wat steeds op ʼn manier bestuur word deur die selfstandige

subjek. “Just as Levinas does, Derrida reminds us that by moving back onto the (for him

abysmal) ground of the glory of the Infinite, of proximity, something dangerous in the said is

erased in its saying (witness, martyria). Something (perhaps everything) in the homiletic theme

or narrative is erased, not merely countered or reframed, by approaching its other.”568

Hier is dit gebiedend, volgens Florence, dat ʼn mens diegene wat die Skrif vanuit die gesigspunt van spesifieke sosiale plekke af bekyk, en wie se spesifieke “partikulariteite, wyshede, verdrukkings en verlangens na vryheid” hulle in staat stel om ʼn nuwe en miskien afwykende lesing van die kanoniese geskrifte te gee, meer en meer prioriteit moet gee. Deur die subjek te desentreer, maak dit, aldus McClure, Florence meer bewus as Rose van die oorredende dinamiek van "mag" wat betrokke is in die onderhandeling van waarheid en betekenis in die prediking. Vir Florence is waarheid ʼn vorm van mag, wat beskikbaar is deur oorreding en nie universele bewerings nie. In feministiese getuienis-prediking, sê Florence, word alle bewerings

565Ibid., p.150. 566Ibid.

567Brueggemann:1997b: Op. cit., 317-406. 568 McClure, Op. cit.: p.131.

148

van universele diskoers agtergelaat, en net gepraat van “located, particular, incomplete, yet still passionate and important truth from one place.”569

3.6 ANDER-GERIGTE HOMILETIEK EN PRAXIS-

EPISTEMOLOGIEË