• No results found

2.3 EPISTEMOLOGIESE SKUIWE

2.3.7 Van Voorrang tot Perspektief

Met die ineenstorting van die wit, manlike, Westerse kolonialistiese wêreld sien ons in ons manier van ken, ʼn grotendeelse ommekeer van die modernistiese proses, waar dinge wegbeweeg van die “geskrewe” na die “mondelingse”, weg van “universeel” na meer “spesifiek”, weg van “algemeen” na “plaaslik”, en weg van “tydloos” na “tydelik”. Ons bevind onsself in ʼn nuwe interpretatiewe situasie, waar “mag” en “kontrole” nie ons eerste bedoeling kan wees nie267. Die kerk is ʼn pluralistiese interpreterende geloofsgemeenskap wat met ʼn polifoniese teks werk, binne ʼn nie-bevoorregte situasie, waar die teologiese interpretasie in ʼn Christelike konteks nie meer die dominante epistemologiese kragte of polities-ideologiese magte as handlangers het nie.268 Kortliks saamgevat kan ons sê dat die interpretasie-situasie geskuif het na die volgende:

2.3.7.1 Kontekstueel

Ons besef nou eers dat dit wat ons weet en sien, afhang van ons konteks. Ons het aan die einde gekom van monolitiese teologie269. Daar het ‘n dinamiese interaksie ontstaan tussen “Evangelie”, “kerk”, en “kultuur”. Kontekstualiteit bepaal nie net my eie siening nie, maar ook die sienings van ‘n ieder en ʼn elk. Dit is selfs waar van diegene wat beweer dat hulle siening “objektief” en “nie-kontekstueel” is.270 Die sosio-ekonomiese, politieke plek of werklikheid van die persoon wat ken, is beslissend in die kenproses271.

2.3.7.2 Plaaslik

Hieruit vloei dat alle kontekste heel plaaslik is. Hoe meer ʼn mens veralgemeen, hoe meer verloor jy ʼn oog vir die konteks. Dit is onmoontlik om langer groot waarhede wat algemeen- geldend is uit te spreek. Al wat ons kan doen is om plaaslik-gekondisioneerde waarhede te stel, en te weet dat dit van oraloor geld, en - ironies genoeg – ook waar is van hulle wat dink dat hulle steeds alleen in die sentrum staan en almal kan domineer.

267 Brueggemann: 1993: Op. cit., 8. 268 Brueggemann:2005a: Op. cit., 143.

269 Lees Schreiter, R.J. (2006) Constructing Local Theologies. Orbis Books. Maryknoll, New York, oor

“teologiese inkulturasie” en “interkulturele kommunikasie”.

270 Op. cit., 9.

271 Sien die twee volumes van Segovia, F.F. en Tolbert, M.A. (reds.) (1995), Reading from this Place. Fortress

73

Schreiter pleit vir plaaslike teologieë, wat die sosio-kulturele konteks ernstig neem. Hy stel voor dat ruim gebruik gemaak word van die sosiale wetenskappe asook ‘n studie van die kultuur (veral die semiotiek) van ‘n plaaslike streek. Die tyd van supra-streeksteologieë wat universeel is, is verby. Dit was met die opkoms van die bevrydingsteologie, dat Westerse teoloë begin besef het dat hulle eie teologie uit net soveel sosio-kulturele vooroordele bestaan as op enige plek, soos byvoorbeeld in Latyns-Amerika. Schreiter maak dit duidelik dat wat ons “die groot Christelike tradisie” noem, eintlik bestaan uit ‘n reeks “plaaslike teologieë”. Die een Christelike geloof moet op veelvuldige maniere geïnkultureer word.

2.3.7.3 Pluralisties

Dit volg uit kontekstualiteit en plaaslikheid, dat alle kennis inherent pluralisties is.272 Daar is geen interpretasie wat om die een of ander rede kan aanspraak maak op formele voortrekkery (bevoorregting) meer nie. “The church becomes truly universal to the degree that it becomes a plural communion of local churches.”273 Pluralisme is die enigste alternatief van objektivisme, as die dominante sentrum nie meer daar is om sy aansprake te maak en met mag al die ander alternatiewe en afwykende (andersdenkende) stemme stil te maak nie. Niemand is meer die

uitsluitlike eienaar van die klassieke tekste nie. Daarom kan die prediker ook nie veronderstel

dat mense vanselfsprekend na hom alleen moet luister nie. Lidmate is wydbelese. Lidmate is blootgestel aan hierdie geestesklimaat, en méér blootgestel as predikante, wat soms in ‘n baie klein wêreldjie kan leef.

Dit mag klink asof kontekstualiteit, plaaslikheid (streeksheid) en pluralisme ʼn uitspraak ten gunste van relativisme is, waar een aanspraak net so goed is as ʼn ander. Die feit is dat daar geen finale transendente arbiter meer oor is wat tussen konkurrente lesings besluit nie. Daar is ook nie meer “agter in die boek” ʼn lys altyd-geldende antwoorde waartoe almal ingestem het nie. Hulle wat absolute antwoorde wil hê, sal dit in elke geval slegs op gesag van ʼn instansie aanvaar, teenoor wie hulle alreeds positief ingestel is, en van niemand anders nie.274 Daarom

bly die gemeente-etos van gesprek en wedersydse respek so belangrik. Predikante moet weet dat interpretasie nie geskied in isolasie alleen in ‘n studeerkamer nie, maar elke dag, oral, altyd,

272 Brueggemann:1993: Op. cit., 9.

273 Schreiter: 2006: agterflap. Aanhaling van Joseph Gremillion, Universiteit van Notre Dame. 274 Op. cit., 10.

74

in die interaksie van mense met ander mense. Dit rus op beliggaamde kennis, en vloei voort uit liefdevolle betrokkenheid by mekaar se lief en leed.

Ons stem saam met Brueggemann dat die keuse nie is tussen óf objektivisme óf relativisme nie, maar vir perspektivisme.275 Perspektivisme veronderstel vir Brueggemann, asook vir Tracy276, dat daar geen “vooropgestelde waarheid” bestaan nie. Dit is in die lig van die pluraliteit van taal as sodanig, en die dubbelsinnigheid van alle geskiedenis (insluitend die geskiedenis van rasionaliteit), dat al hoop wat oorbly, die ingeligte gesprek277 is, waarin die klassieke tekste oor en weer met mekaar vergelyk en bespreek word.278 Ons het egter met die epistemologiese skuif weg van een, absolute waarheid, gevind dat daar sowel in die Ou as in die Nuwe Testament ʼn “pluraliteit van betekenisse” in ʼn teks verskuil lê.279 As ons nou voor die teks staan, is dit nie as

meester oor die teks nie, maar as haar advokaat. In interpretasie getuig elkeen van en

onderhandel elkeen met tekste. Die predikant is dus nie as solo-interpreteerder, alléén daartoe in staat om die wydte en diepte en rykdom van die trajekte280 van die Bybelse teks, sy reliëf, verwysinge, ontwikkelings, toepassinge, skopus en die kompleksiteit van sake soos sy eenheid, samehang of boodskap te verstaan nie.

Hierdie nuwe plek waarvandaan ons moet praat, bring mee dat ons ons nie meer hoef te onderwerp aan die dominante modus van mag en sekerheid nie, maar sal ons ons plek van interpretasie nou as ’n springplank van groot vryheid kan beleef. Ons is vry om ons eie belydende self te wees, gebonde aan ʼn getroue geloofsgemeenskap, op ʼn manier wat

275 “That is, the world is perceived, processed, and articulated with one or another perspective, and a perspective

has the power to make sense out of the rawness of experienced life, even though it cannot be ‘proven’ or absolutely established.” (Ibid.)

276 Tracy, D. (1987). Plurality and Ambiguity. Hermeneutics, Religion, Hope. (San Francosco: Harper & Row). 277 Jy stel dus iets voor, onderhandel dit, deur in gesprek sorgvuldig te luister na ander perspektiewe. Jy postuleer

dus ’n sekere siening van die werklikheid. Hierdie postulasie beweer nie om objektief waar te wees nie, maar dit beweer om ’n sekere posisie te wees wat jy inneem, waarby jy staan of val, wat jou iets kos en wat ’n sekere risiko insluit, sodat aan die einde, die toets vir die waaragtigheid daarvan nie langer daarvan afhang of dit logies of feitelik so is nie, maar of jy met jou lewe daarvoor instaan, wat finaal die enigste ding is wat waarde het.

278 “We converse with one another. We can also converse with texts. If we read well, then we are conversing with

the text. No human being is simply a passive recipient of texts. We inquire. We question. We converse. Just as there is no purely autonomous text, so too there is no purely passive reader. There is only that interaction named conversation.” (Tracy:1987:Op. cit., 19).

279 “...the texts themselves witness to a plurality of testimonies concerning God and Israel’s life with God.”

(Brueggemann:1997b: Op. cit., 709). “(The) meaning of a text is in each instance an event that is born at the intersection between…those constraints that the text bears…and…the different expectations of a series of communities of reading and interpretation…” [LaCocque, A. en Ricoeur, P. (1998). Thinking Biblically. Exegetical and Hermeneutical Studies. Vertaal David Pellauer. (The University of Chicago Press), xi].

75

moderniteit ons nie toegelaat het om te wees nie. “Our discernment of our life-world causes us to hear and discern the voice of the text differently.”281

“Hegemony, intellectual and political, as it always does, had eliminated probing speech, daring rhetoric, and subversive text, and had insisted that reality is a settled matter that language can describe, but upon which it cannot actively impinge.”282

Die woord wat ons verkondig is nie dié van ʼn objektiewe historiese koerantverslaggewer wat sogenaamd beheer het oor die feite nie. Ons historiese metode moet plek maak vir ʼn retoriese metode.283 God wil só deur sy Woord aan die woord kom. Ons nuwe intellektuele omgewing erken dat mense in ʼn proses is om die werklikheid weer te konstitueer, en daarom, sê Brueggemann, kan retoriek weer werklik vormende werk doen.284 Die konvensionele histories- kritiese metode was tot dusver wat Skrifstudie betref, ons manier om oor God te praat. Hierdeur is die teks gemaak sê wat óns modusse van kennis en kontrole gepas het. Taal is egter nie net deskriptief nie, maar werklik konstitutief-vormend tot die werklikheid. Taal word medekonstitutief en spraak tree sketsend op, dit teken, skep en stel as gesaghebbend die werklikheid, op ʼn sekere manier voor en nie op ʼn ander nie. Dit skep ʼn nuwe wêreld!285

Die kern van ons nuwe interpretatiewe wêreld is dat die wêreld wat ons as vanselfsprekend aanvaar het in die ekonomie, politiek, en oral elders, bloot ʼn verbeeldingryke menslike

konstruk (“construal”) was, en juis op grond daarvan ook weer net sowel vanuit enige ander

perspektief opnuut gekonstrueer kan word.

Die teologie kan in hierdie nuwe epistemologiese konteks nie meer absolute aannames asof in ’n vakuum aanbied en verwag dat mense geredelik daartoe sal instem nie. Dit beteken egter nie dat die teologie ’n ondergeskikte plek van gemarginaliseerdheid moet aanvaar, soos dit aan

281 Brueggemann:2005a: 37.

282Brueggemann:1993: Op. cit., 12.

283Chopp, R.S. (1989). The Power to Speak. Feminism, Language, God. (Crossroad. New York), 19.

284Brueggemann beweer dat kennis nou nie op aanvaarde sekerhede gebaseer is nie, maar op die werk van

“verbeelding”. Verbeelding beteken om die wêreld voor te stel, te teken en in te kleur op maniere waarop dit nie met die eerste oogslag so geblyk te wees het nie, as dit deur die lens van ’n dominante (on-ondersoekte) lens gelees is. Verbeelding lei nie tot die tipe sekerheid soos verwag deur die Kartiaanse angstigheid nie, maar dit leen homself tot die skep van ’n “tuiste” as ons net ons deelnemende rol as “tuisteskeppers” sou aanvaar. Dit beteken dat lang aanvaarde gegewenhede bevraagteken moet en kan word, en ’n “kontra-gegewenheid” mee gespeel moet en kan word. Sien sy boeke: Hopeful Imagination : Prophetic Voices in Exile (1986) en: The Prophetic Imagination (2001).

285Brueggemann, W. (1989). Finally Comes The Poet. Daring Speech for Proclamation. (Fortress Press,

76

haar in die verlede, vanuit die dominante posisie van ander intellektuele stellighede soos die

positivisties-wetenskaplike asook die positivisties-politieke oord gekom het nie. Dit beteken

egter dat enige aanspraak, ook die van die teologie, nou onderhandel moet word.

Die hewige stryd wat vandag in die kerk woed rondom homoseksualiteit, voel Brueggemann, gaan nie oor seksualiteit as sulks nie, maar oor die vreesagtige poging om te sorg dat ou vorme van mag behou word, al raak die argumente al swakker. Dit is gebore uit die besef dat die ou sentrum nie meer gaan hou nie.286 Dus leef ons in ʼn wêreld waar die ou konvensionele vorme van mag verlore is, maar steeds heimlik na verlang word en gekoester word, en waarin daar ʼn verwildering en vrees bestaan, dat daar geen helder weg uit hierdie dilemma is nie.

Dit is volgens Brueggemann nie die taak van die prediking om ʼn volle alternatiewe wêreld te konstrueer nie, want dit sou beteken dat die kerk soos van ouds sou optree: so voortydig en imperialisties soos altyd. Die taak van die prediking is eerder om by te dra tot (“to fund”) die verbeelding van ‘n nuwe wêreld, deur met ander woorde net die stukkies materiaal en bronne te voorsien, van waaruit ʼn nuwe wêreld verbeel kan word. Ons verantwoordelikheid is daarom nie om ʼn groot storie (“grand scheme”) of ʼn imposante skema of ʼn koherente sisteem, te verkondig nie, maar om ʼn klomp klein brokstukkies getuienis daar te stel en ter sprake te bring, van waaruit mense die lewe opnuut self bymekaar kan sit - in vars figurasies. Dit vra na ‘n ewe nuwe, vars preekmaakproses, as die stereotipe een van vroeër.