• No results found

Dit beteken vyfdens, sê Burger115, dat ons meer aandag moet gee aan die prediker se roeping en persoonlike geloofsverbintenis (wees-funksie), as aan sy of haar vele doen-funksies (wat meer op prestasie as integriteit ingestel is). Die predikant se keuses ten opsigte waaraan hy of sy hulle tyd in die bediening gaan bestee, moet bepaal word deur meer as net waar hy of sy gesien en gehoor word, maar in afsondering, stilwees, kontemplasie, en gebed. Die eienskappe van onderskeiding en wysheid word nie in professionele tegnieke en prosesse gevind nie, maar in

nadenke, geloofsdissiplines en geloofsdeugde. Daarom moet die pastor ook baie goed kan luister. [Dit sal byvoorbeeld vir ’n predikant wat veral sterk is met die bestuur van die

gemeente, goeddoen om hierdie, veral taak-gerigte bediening, aan te vul met die priesterlike funksie, naamlik om meer naby mense te leef en meer mens-gevoelig te word.]

20

In ons Suid-Afrikaanse situasie binne die NGK vra Elize Morkel tereg hoe dit moontlik is dat predikante kan luister, sonder om mag prys te gee? “Hoe sal jy nou ooit ’n oor en luisterhouding ontwikkel vir hulle wat jy altyd geglo het jy moet bekeer, leer, beheer en regeer? ... (E)k wonder hoe individuele kerkleiers van dié selfversekerde posisie van weet en sê tot by die meer gebukkende posisie van luister gaan kom ... Om mag weg te gee, is so teen ons dominante kultuur, so gek en ongehoord dat ons net sal weet ons slaag daarin as ons begin ervaar dat dit met groot offers gepaard gaan.”116 En van dominees sê sy: “Want ons weet mos net beter. Weet jy van ’n beroepsgroep wat meer grade per persoon verwerf het, meer boeke gepubliseer het en meer lesers en weeklikse toehoorders het as NG Kerk predikante?”117 En ten opsigte van die NGK vra sy: “Is daar ’n kerk in Suid-Afrika waar die gemiddelde inkomste van lidmate hoër is as die NG Kerk - selfs in sy dramaties verswakte posisie? ...ons weet mos net beter...ons leef mos net beter, asof dit ons reg is...”.118

Ons stel ’n hermeneutiek van deelname voor, asook die herontdekking van Christelike praktyke van gasvryheid, waar die prediker tydens rondetafel-gespreksgeleenthede en -preekwerkgroepe ’n ruimte119 sal kan skep, waarbinne deelnemers in veiligheid en vertroue, hulle “verstaanshorison” sal kan oopmaak vir ‘die ander’, om dié toe te laat om binne te kom - in die hoop om sodoende ’n werklik “nuwe” gedeelde “versmelting van horisonne” te beleef.120 Tydens hierdie rondetafel-samekomste sal gewone lidmate weekliks vanuit sowel die sentrum van die gemeente as vanaf haar kantlyne (binne én buite die amptelike kerk!) aktief kan

116 Morkel, E. “Die invloed van magsverhoudinge op luister”, Kruisgewys, Jaargang 5. Volume 3. BUVTON,

Stellenbosch, 28.

117 Ibid. 118 Ibid.

119 Ericson, M. (2007). Making and Sharing the Space among Women and Men. Some challenges for the South

African church environment. Sun Press. Stellenbosch.

120 Ons glo dat ’n in-sigself-geslote hermeneutiese filosofie aangevul behoort te word deur ’n dialektiese

komponent, wat die heen en weer stel van vrae en antwoorde met die lewenswêreld moet oophou. God kies vir die ondergeploegde (Barth). Die konkrete bestaande ondersoekende gemeenskappe (“existing communities of inquirers”) behoort die gevaar in te sien van ’n idee-sisteem wat op sy beurt wéér ’n ideologiese vorm kan begin aanneem. Dit kan lei tot die onderdrukking van toekomstige baie relevante vrae. Die subjek-objek-dualismes kan lei tot ideologiese verwringinge. Dit beteken dat ons nooit kan eindig by ’n totaal-koherente teoretiese artikulasie van ’n nuwe paradigma nie. Daar behoort gedurig nuwe verbande en insigte ontdek te kan word, maar wat altyd onvolkome is. Dit hoef nie te lei tot ’n irrasionele relativisme nie. Daar moet egter altyd ’n openheid bestaan tussen waarheid en vryheid. Dit vra van hierdie rondetafel gemeenskap van interpretasie, dat sy die verandering wat God vra, sal fasiliteer en in haar eie geledere laat gedy. Transformasie kan slegs kom deur metanoia. “If science and technology are ever to escape tutelage to the dominating superpowers of history...then Christian theology, which has itself been enticed time and again to legitimate dominative power, can contribute to that future (die toekoms wat bedreig word, maaromgeswaai kan word - AvdW) by mediating more dialectically to the present the subversive memories of God’s identification with the struggles of victims verywhere...” p.103; sien hele artikel: Lamb:1989a:63-109).

21

deelneem aan die interpretasieproses, en met vreugde besef dat hulle nie bloot as deel van ’n preekdinkskrum gekonsulteer is nie. Ons stel ’n preekvoorbereidingswerkgroep voor, wat driemaandeliks in die gemeente roteer en ook nie net van die gemeentelike leierskap insluit nie, maar stemme van die kantlyne van die gemeente, asook buite die gemeente en selfs buite die offisiële kerk. Die predikant vervul die rol van gasheer, wat op ’n sensitief-begeleidende manier, hierdie groep saambind en saamsnoer tot ’n eenheid met die oog op die hoor en die verstaan van die Bybelteks vir Sondag se erediens.

Ons moet naas die vorige belangrike uitgangspunte altyd onthou: daar is egter ook valse getuies. Die heiliges in Christus is ook en bly steeds geheiligde sondaars – oop vir verleiding. Die gemeente is geroep om “die geeste te onderskei”121. Daarom val die keuse ten opsigte van die wyse van interpretasie op ’n kollaboratiewe interpretasieproses, waar kritiek as sentrale modus ingebou word, om te verhoed dat die afbreek van die ou dominante sentrum net oorgaan in die daarstel van ʼn nuwe sentrum122.

Indien ons dus verstaan dat predikante ook maar die Bybel - soos gewone lidmate - deur sy of haar eie bril lees, vanuit sy of haar bepaalde hoek beskou, met sy of haar individuele eiendomlike belange benader, met sy of haar persoonlike motiewe betree, hoe goed ook al bedoel, kom die vraag by ons op hoe gewaarborg kan word dat die grense van in-lees in die teks nie oorskry word nie? Om ’n sektariese gevaar van ’n in-sigself-ingekapseldheid te verhoed, die pretensie te oorkom dat óns interpretasie die status van permanensie beklee, sal ons eerder die volgende voorsorgmaatreëls instel: interaktiewe oorreding, deelnemende onderskeidingsprosesse, van-aangesig-tot-aangesig-gesprekke, en hart-tot-hart-verhoudings, waar objektief-afsydige waarneming (as die beste manier van kennisverwerwing) vervang word, die subjek-objek-tweespalt van die Verligting opgehef word, en die Gees van God kans gegee word om hierdie nuwe proses te orkestreer. Dit vra dat ons die element van die meer

mistieke - die wag op God en die luister na die influistering van die rigting waarin die Gees ons

lei - sal inbring in die preekmaakproses.123

121 1 Kor.12:10; Rom.12:2; Fil.1:10; Hebr.5:4; 1 Joh.4:6. 122 Louw:2003:33-58.

123 Vgl. in hierdie opsig die praktiese handleiding van Ackermann, J. (2001). Listening to God. Spiritual formation

22

1.4 METODOLOGIE

124

Ons sien hierdie ondersoek afspeel binne die Praktiese Teologie, wat as ’n teologiese handelingswetenskap in eie reg beskou moet word.125 Ons glo dat die Praktiese Teologie dié afdeling van die Teologie verteenwoordig wat hom besighou met die ontmoetingsgebeure van God se koms na die mens in sy Woord, en veral geïnteresseerd is in die rol van mense in hierdie ontmoeting. Die navorsingsmetodologie waarmee ons gaan werk, is ’n kwalitatiewe literatuurstudie, en nie ’n kwantitatiewe empiriese ondersoek nie.

Die aanpak van hierdie ondersoek word gedoen aan die hand van Heitink se drie pare beskouingswyses126, naamlik: ’n histories-interpretatiewe, ’n hermeneuties-kritiese, asook ’n

prakties-konstruktiewe ondersoekmetode. Hierdie drie metodologiese uitgangspunte sluit ook

nóú aan by die hoofstukindeling van die ondersoek: eerstens sluit die histories-interpretatiewe aanpak nou aan by Hoofstuk 2, waar daar vanaf die Reformasie ’n historiese naspeuring gedoen word oor die meta-neigings en paradigmaskuiwe soos wat dit histories in die oorgang vanaf die modernisme na die postmodernisme voltrek is; tweedens word die hermeneuties-kritiese benadering in hierdie ondersoek in veral Hoofstuk 3 en 4 in diepte uitgewerk, deurdat ons epistemologies asook eksegeties-literêr en daarom hermeneuties-krities probeer vasstel hoe die Christelike tradisie sigself binne die omwentelinge van die afgelope tyd nuut interpreteer, en of dit Skrifgetrou gedoen word; laastens sal die prakties-konstruktiewe benadering in Hoofstuk 5 en 6 aan die bod kom met nuwe praktiese, kommunikatief-homiletiese sowel as ekklesiologiese voorstelle, waarin doelbewus van vorige eensydige modelle van die verlede wegbeweeg word. Eerstens word dus van die histories-interpretatiewe metode gebruikgemaak, omdat nie gewerk word net met ’n analise van die historiese prosesse soos tydens die proses van modernisasie nie, maar met die vraag hóé hierdie veranderinge die ontwikkelinge in die kerk en die teologie beïnvloed het. Ons moet volgens Heitink toets hoe sensitief die teologie vir die probleme van

124 Ons stem saam met die definisie van “metodologie”, as: “The undergirding philosophy, points of departure and

routs which could be followed in research.” (Ibid 38).

125 Pieterse, H.J.C. (1991). Gemeente en Prediking. (Pretoria: NGK-boekhandel), p. 4.

126 Heitink, G. (1999). Practical Theology: History, Theory, Action Domains,vertaal deur Reinder Bruinsma. (Wm.

23

die dag is.127 Dit sal dus ’n hermeneuties-kritiese evaluering wees, omdat gekyk word na die positiewe asook negatiewe kante van die saak.

Tweedens word van ’n hermeneuties (teologies)-kritiese metode gebruikgemaak, omdat dit nie net die tradisie probeer verstaan teen die agtergrond van die ervaring van moderne mense nie, maar omdat die ideologiese invloed van die historiese prosesse op die tradisie krities beoordeel moet word. Mense het vooroordele, en die konteks speel altyd ’n rol, sodat objektiewe kennis nie bestaan nie. Daar sal egter tydig en ontydig gevra moet word hoeseer die menslike konteks die Skrifkonteks oorspeel of onderspeel? Ons glo dat die hermeneutiek ons nie slegs kan help in die soeke na die “intended meaning of the text” nie, maar ons in ’n wêreld van uitbuiting en onderdrukking, ook van ’n kritiese, eties- teologiese doel bedien, naamlik “to assess critically and evaluate theologically the symbolic universe and ethos articulated in these texts”.128

Die derde metode wat gebruik sal word is ’n prakties-konstruktiewe metode, omdat die praxis van kerkwees nie net verstaan en verklaar moet word nie, maar beïnvloed en verander moet word om haar beter aan haar bestemmingsfunksie te laat beantwoord. Ons wetenskapsteoretiese uitgangspunt neem ons in die kommunikatiewe handelinge van die gemeente in diens van die evangelie.129 Binne die kommunikatiewe handelingsteoretiese paradigma met ’n hermeneutiese oriëntasie, sien ons die gemeente as ’n simmetriese kommunikasie-gemeenskap (alhoewel met

127 Op. cit.,18.

128 “Such a recasting of biblical interpretation in terms of public ecclesial discourse rather than doctrinal proof-

texting or historical-theological application has several goals: It seeks to foster a process of biblical interpretation that not only can engage in an ideological critique of the world of the text and of our own readings of it, but also recover biblical history as ecclesial memory and cultural-religious heritage. Second, this public ecclesial and societal discourse pursues accountability for those values and visions which biblical texts, historical reconstructions, and ecclesial proclamations foster. Finally, such a critical process of interpretation for liberation seeks to reshape our historical and theological imagination by amplifying, retelling and ritualizing those elements and remnants in biblical texts which authorize values and visions of liberation, transformation and well-being for all... Unlike apologetic readings or doctrinal proof-texting, a critical interpretation for liberation does not seek to make the texts say something different in order to be theologically acceptable. Rather its theological evaluations of biblical texts depend on careful socio-historical and socio-rhetorical analyses. It is vitally interested in reconstructing the historical world of the text, which is often quite different from ours, as well as in elaborating a multiplicity of textual meanings that cannot be reduced to a single meaning... As ideology-critical investigation and valuative public discourse it redirects biblical research towards the questions of contemporary communities of faith as well as towards the problems of societal communities steeped in Western cultural traditions that have been decisively shaped by the Bible.” [Schüssler Fiorenza, E. (1990). “Biblical Interpretation in the Context of Church and Ministry. A Perspective on “Theology for Christian Ministry”, Word & World 10/4, (Luther Seminary, St. Paul, MN), 323-324].

129 “Die begrip ‘kommunikatiewe handelinge’ in hierdie wetenskapsteoretiese paradigma lê klem op ’n vrye,

gelykwaardige en op ‘Verständigung’ gerigte optrede in teenstelling tot strategiese en instrumentele handeling wat op mag gerig is en mense misbruik, afhanklik stel, onderdruk en tot konflik en stryd lei” (Pieterse, H.J.C. (1991). “Die Wetenskapsteoretiese Grondslag van die Praktiese Teologie”, Praktiese Teologie in Suid-Afrika. Jaargang 6 (no. 1), 46. Die gevaar is egter dat dit eng modernisties kan bly, waar die wetenskap steeds in beheer is!

24

’n asimmetriese oorsprong!). Ons sien hoe dit ooreenstem met ʼn Herrschaftsfreie

Kommunikation130, soos afgelei uit Jesus se kommunikasiewyse. Die uitgangspunt vir kommunikasie in die gemeente is die volgende: “dit geskied in vryheid en op gelyke voet; onderlinge begrip ontstaan deur die deel, meedeel en vertolking van die Evangelie; die mededeler word ontvanger (vertolker) en die ontvanger mededeler in die proses omdat die dialoogrolle prinsipieel omruilbaar is; die gemeentelede ervaar ’n ware ontmoeting en kom in verhouding met mekaar te staan omdat hulle solidêre gelykes is en in diepe gemeenskap met mekaar verkeer.”131 Ook Louw sien die Praktiese Teologie se doel soos volg: Wat is praktiese teologie? “Praktiese teologie is die gesistematiseerde bestudering van die kommunikatiewe ontmoetingsgestaltes van die heil met die oog op ’n funksionele ekklesiologie (die Christelike geloofsgemeenskap) en die transformering van sosio-kulturele kontekste (die etiek van regte maniere van doen).”132

Ons gaan eers ondersoek instel na die algemene filosofies-teologiese paradigmaskuiwe (mega- neigings) wat wêreldwyd ingetree het en ook hier te lande inslag gevind het. Ons aanvaar die nuwe pluralistiese samelewingsvorm, waarvolgens nie meer gewerk word met ’n homogene waarheidsopvatting, waar een nommer almal pas nie. Dan sal daar uit die spanning van die voorgeskiedenis van die Praktiese Teologie en die huidige maatskaplike en kerklike situasie, ’n nadere ondersoek gedoen word na die bemiddeling van die Christelike geloof in die praxis van ’n (post-) moderne samelewing.

Beginnende by ’n algemeen, histories-interpretatiewe invalshoek, sal gekyk word na die wyse waarop Bybeltekste en godsdienstige handelinge verstaan behoort te word deur middel van sekere hermeneutiese metodes en verklaar behoort te word aan die hand van allerlei nuwe eksegetiese metodes. Dit sal moet uitloop op ’n veranderingstrategie vir die Homiletiek. ’n Omvattende basisteorie van die kerk as getuie op die snyvlak van maatskaplike sisteme en die daaglikse leefwêreld van haar lede, sal gestel word, soos dit oorvleuel en nuut geïnterpreteer moet word in die lig van die kritiese intensies van die Skrif en die Christelike tradisie.

130 Henau, E. (1986). “Schriftinterpretatie als element van kommunikasie”, Praktische Theologie deel 13 (no. 4): p.

92.

131 Pieterse:1991a:44. 132 Louw:1998:61.

25

Hierdie ondersoekmetodologie sal krities staan teenoor ’n teorie van ’n hiërargies-klerikale dominering van die amptelike handelinge van die kerklike geestelikes, soos dit gefunksioneer het in ’n samelewingsvorm wat sedert die Verligting wêreldwyd aan die verdwyn is.

Die "waarheid" word dus verstaan as iets voor ons om saam te ontdek - nie as besitting van individue nie. Epistemologies beteken dit dat die waarheid nie verstaan moet word langs ’n individualistiese weg, waar die eksperte133 monopolie op die waarheid het nie, volgens ’n Verligting-gevormde Wissenschaftsmodel, en ons die ou uitsluiting en onderwaardering van die meerderheid van die mensdom bloot voortsit nie.134 Die waarheid lê eerder in die ingeligte en teologiese van-aangesig-tot-aangesig-gesprek met en die luister na ‘die ander’135, veral die “swakke” ander, asook die stilgemaakte stemme van die in-die-minderheid-ander, asook die lydende-ander.136 Die ‘ander’ sal nie weer onderdanig gestel word aan ’n sentrum van mag nie, maar as ’n legitieme “sentrum” in eie reg. 137 Ons dink hier ook aan ‘die ander’ wat onder die apartheidsteologie gely het, soos húlle hullesélf verstaan, en nie bloot soos ander hulle graag sou wou hê nie.

133 “Hermeneutics, perhaps especially ecumenical hermeneutics, is not the work of specialists. Ecumenical

hermeneutics, in the pursuit of visible church unity, is first and foremost the work of the whole people gathered in believing communities in diverse contexts. Believers, pastors, theologians, and biblical exegetes, each have distinctive gifts to bring to the hermeneutical task. These gifts are most appropriately brought together and exercised within the various settings in which the Church carries out its work as a hermeneutical community. “ [World Council Of Churches; Faith And Order. A Treasure in Earthen Vessels: An Instrument for an Ecumenical Reflection on Hermeneutics. http://www.wcc-coe.org/wcc/what/faith/treasure.html#commu. D. The Church as an hermeneutical community; 1. Ecclesial discernment and the truth of the Gospel; 50.]

134 “The problem we still have today in thinking well about the rich diversity of humankind is expressed by the

observation that, at the beginning of the dominant Western tradition, a particular group of privileged men took themselves to be the inclusive term or kind, the norm, and the ideal for all, a ‘mis-taking’ that is locked into our thinking primarily in the form of faulty generalizations, circular reasoning, mystified concepts that result from the former errors, and the partial (in both senses of the term) knowledge that frames such concepts.” [Minnich, E.K. (1990). Transforming Knowledge. (Temple University Press. Philadelphia), 2].

135 “Ecumenical hermeneutics takes as its starting point the reality that conversations aiming at greater unity are

carried out by representatives of the various churches and that their contributions are mediated through particular ecclesial, cultural, social, economic, geographical and historical backgrounds. For dialogue to be genuine, these representatives need to see each other as equal partners. They must, on the one hand, speak to each other from the perspective of their traditional interpretations of the apostolic faith as articulated in their confessional documents, their liturgies and their experience. But they must do so with a willingness to view their own interpretations from the vantage point of those with whom they are in dialogue. This involves being attentive to the insights provided by the dialogue partner, taking care to take into account one's own unwitting prejudices and limited perspectives.” [World Council Of Churches; Faith And Order. A Treasure in Earthen Vessels: An Instrument for an Ecumenical Reflection on Hermeneutics. http://www.wcc-coe.org/wcc/what/faith/treasure.html#commu. 1. Ecclesial discernment and the truth of the Gospel. 53. Ibid.]

136 McClure, J. S. (2001). Other-wise Preaching. A postmodern ethic for homiletics, (Chalice Press).

137 Van Niekerk skryf oor die Nobelpryswenner vir letterkunde, Wole Soyinka van Nigerië, wat met groeiende

ontsteltenis, selfs die gevoel van verraad, toekyk hoe van swart mense geverg word ". . . to embrace a 'sophisticated' school of thought which (for ideological reasons) actually repudiates the existence of an African world!" Soyinka sien dit as 'n poging om 'n tweede tydvak van kolonisasie in te lui, waarin swart mense genooi word om hulle te onderwerp aan die Westerse wêreld, sy geskiedenis, sy sosiale neuroses en sy waardestelsels. [Van Niekerk, A. (1992). Sáám in Afrika, (Kaapstad: Tafelberg-uitgewers), 7].

26

Daar sal gepoog word om nie weer óf die restourasie van die kerk te kondoneer soos dit voorheen in haar bevoorregte posisie gefunksioneer het, óf ’n “burgerlike godsdiens” teologies te verskans nie. Daar sal eerder probeer word om te onderskei wat die eintlike krag van die Evangelie is om ’n nuwe wêreld te vorm, waarin God weer opnuut (vry) ter sprake gebring kan

word.138

Ons glo dat in hierdie navorsing supisieus-krities omgegaan sal moet word met die vraag hoe die Bybel ná Apartheid (en Auschwitz) gelees en geïnterpreteer moet word. Die vraag wat voortdurend voor oë gehou sal moet word, is hoe so ’n irrasionele en gruwelike mag kon