• No results found

2.3 EPISTEMOLOGIESE SKUIWE

2.3.4 Ewige Waarhede

Die Suid-Afrikaanse teoloog, Jaap Durand, skilder in ʼn lesing in 2000 - oor die ontwikkeling in sy teologiese groei van ʼn “eerste gewaarwording” – ‘n fase in sy lewe toe hy déúr ‘n sekere fase van “teologiese beginsels, of ewige waarhede” moes gegaan het.224 Hy noem dit die wyse wat baie nog steeds beskou as die enigste manier waarop teologie behoorlik gedoen kan word. Dit is ʼn teologie van beginsels wat deur die Protestantse Ortodoksie van die sewentiende eeu ontwerp is. Dit was ʼn terugkeer na die skolastiese metode van die paar eeue wat die Reformasie voorafgegaan het.225 Die filosofie van Aristoteles is toe as ʼn soort denkinstrument gebruik. “Die metode wat gevolg is, was die van beginsels en afgeleide beginsels. Jy gaan op soek na beginsels wat te alle tye en onder alle omstandighede geldig is. Uit hierdie beginsels word nuwe beginsels afgelei, met dieselfde geldigheid te alle tye, maak nie saak wat die historiese situasie is nie.”226

Hiervoor gebruik Durand die voorbeeld van die leer van die uitverkiesing. Hierdie leerstuk het die vernaamste leerstuk geword waaruit al die ander leerstukke afgelei is. Deur die gebruikmaking van ʼn aantal losstaande tekste, losgemaak van die tyd waarin dit geskryf is, word een of ander teologiese beginsel daarvan afgelei en van hierdie beginsel weer ander

223 Brueggemann:1993: 9.

224 Jaap Durand. Hoe my Gedagtewêreld Verander het: van Ewige Waarhede tot Gekontekstualiseerde Metafore.

Openbare lesing. 6 September 2000. Kweekskool, Stellenbosch.

225 Ibid. 226 Ibid.

60

beginsels. “Dit is presies wat hier in Suid-Afrika gebeur het in pogings om apartheid op Bybelse gronde te regverdig.”227

Die verskil tussen die tradisionele Westerse epistemologie en die opkomende epistemologie is dat eersgenoemde vasgehou het aan die neutraliteit van kennis. Kennis is suiwer, onbevooroordeeld, objektief, eksakte kennis. Kennis ìs bekombaar deur die menslike rede en ìs gebaseer op sekerheid! Dit het egter gelei tot ʼn rigoristiese kennis-sisteem, waarnaas geen

verdere onderskeiding nodig is van die kant van die ondersoekende subjek nie. Alle kennis is

getoets aan die hand van hierdie vaste, sekere kennis-sisteem. Teologiese kennis het met verloop van tyd die uitsluitlike werk geword van voltyds-opgeleide professioneles. Dit het later geblyk dat daar ook ander vorme van kennis bestaan, naamlik die getuienisse van gewone gelowiges.

Na die kritiek van veral Nietzsche (die hermeneutiek van die suspisie) en Marx (ideologie-

kritiek) is sowel die Westerse natuurwetenskaplike kennis as geesteswetenskaplike kennis as bevooroordeeld oopgevlek. Kennis is nie so neutraal-onskuldig nie, maar konformeer met en

verleen legitimasie aan die wêreld soos ons dit ken, omdat dit ons belange - die belange van die Weste - dien. Die waarheidsaansprake van teoloë en predikante op sogenaamde objektiewe, vasstaande kennis is gekritiseer, omdat gereken is dat hierdie kennis gebou is op ʼn ideologiese alliansie van “betekenis” en “mag”. Westerse epistemologie het stelselmatig ontwikkel in ʼn beweegrede vir imperialistiese dominering.

Marx het beweer dat ons nie geroep is om die wêreld as ʼn statiese objek te verklaar, soos wat

dit ís nie, maar om dit te verander. Die wêreld is nie ʼn statiese objek nie, maar ʼn onvoltooide projek wat gebou wil word. Vanuit die perspektief van die armes en gemarginaliseerdes in die bevrydingsteologie, is die idee nie die beskerming van die ortodoksie nie, maar die ontwikkeling van ʼn ortopraksie. Ortopraksie is gebore uit ʼn kennis wat die vooroordele wou gesondmaak van ʼn denksisteem wat miljoene mense onnodig geviktimiseer het.

Daarom is sogenaamde “gedisinteresseerde kennis” deur die ondersoekende subjek gekritiseer, omdat dit kontrole oor die objek van ondersoek ingesluit het. “The walls which positivism and logical empiricism had erected between subject and object, history and logic, value and fact,

61

ideology and science, and so on, began to crumble at an increasing rate.”228 Daar ontwikkel in die plek van kennis as mag, ʼn kennis waarin subjek en objek in ʼn verhouding van liefde tot mekaar te staan kom. In stede daarvan dat ons kennis gekenmerk word deur beheersing en kontrole, is ons kennis inherent kontekstueel.229

Dit was ook die “tweede gewaarwording” van Durand gewees, toe hy as predikant in die swart gemeente van Kwazakhele in Port Elizabeth gewerk het. “Dit is in hierdie tyd dat ek geleidelik die ontdekking begin maak het dat die Gereformeerde geloof veel meer is as die aanvaarding van ʼn aantal ewige waarhede, maar dat dit ʼn manier is om met die Bybelse boodskap te worstel in ʼn dinamiese historiese proses, dit wil sê om die Bybel ernstig te neem in ʼn voortgaande hermeneutiese gebeurtenis binne ʼn spesifieke historiese situasie.”230

Dit wat ons ken en sien, hang af van waar iemand staan of sit. Die sosio-ekonomiese politieke werklikheid van die een wat ken is deurslaggewend vir kennis. Kontekste is heel duidelik

plaaslik, en hoe meer ʼn mens veralgemeen, hoe meer verloor jy ʼn oog vir die spesifieke,

onherhaalbare konteks. Historiese kontekstualisering maak dit onmoontlik om groot (abstrakte) waarhede uit te spreek. Al wat ons kan doen is om plaaslik-gekondisioneerde waarheid te uiter. Kennis, omdat dit kontekstueel en plaaslik is, is daarom ook inherent pluralisties, dit wil sê “waar” vir hulle wat dit propageer, nie vanuit ʼn dominante sentrum wat meer afdwingbaar is nie. Ons mag egter betekenis in hierdie pluralistiese samelewing onderhandel, maar dit is ʼn eis wat nie gemaak word op grond van mag en kontrole nie, maar in pluralisme, waar dit geen formele voorrang het nie.

Om die plaaslik-gekondisioneerde waarheid van die diversiteit van die hoordersituasie binne-in die NGK uit te druk, haal ons graag vir Steyn231 aan, wat vyf groot bewegings in die NGK identifiseer, wat nie ewe groot is nie, maar onderskeidende gestaltes van die NGK se tradisionele gereformeerde identiteit verteenwoordig, t.w. (1) ’n tradisionalistiese (waar die handhawing van die Calvinistiese tradisie hoog op die agenda is); (2) ’n charismatiese (waar die outonomie van die plaaslike gemeente veral besluit in watter graad die emotiewe bo die kognitiewe die klem moet kry); (3) ’n rasionalistiese (waar ’n kritiese sinisme heers en die

228 Lamb:1989a:86.

229 Schreiter, R.J. (2006). Constructing Local Theologies. (Orbis Books), 78-80. 230 Durand:Ibid.

231 Steyn, G. J. (2005). “Die NG Kerk se identiteitskrisis, Deel 1. Aanloop, terreine van beïnvloeding en reaksie”,

62

menslike verstand die finale kriterium is vir persoonlike geloof); (4) ’n mistiese (waar dit oorwegend individualisties verstaan word en God as die Almagtige aanbid word) en (5) ’n

sinkretistiese beweging (waar verskeie aspekte uit talle godsdienste, filosofieë en ideologieë in

een nuwe ontwerpte godsdiens saamloop en sterk panteïstiese trekke vertoon.) Hierdie vyf groot bewegings sluit invloede in van Amerika, Europa en die Ooste. Daar het in die ná-Christendom tydperk ’n totale herskuiwing gekom in die samestelling van die pluralistiese hoordersituasie, wat meegebring het dat die prediker moet seker maak dat h/sy àl die stemme verdiskonteer het in die preekmaakproses, t.w. die stemme van die vaders en moeders, die broers en die susters.   Tot nog onlangs toe is die teologie van die Westerse kerke in supra-regionale uitsprake vanselfsprekend en universeel-geldend uitgevaardig. ʼn Skuif in perspektief het egter ingetree in dié gebiede waar die Christelike geloof nog maar relatief nuut was. Dit was in Afrika en Asië waar dit die aandag van die wêreld in die 1950’s bereik het.232 Daar het ʼn groeiende besef gekom dat die teologieë wat die Suid-Amerikaanse kerke van die ouer kerke in die Noord- Atlantiese gemeenskap oorgeërf het, nie gepas het op hulle eie heeltemal andersoortige konkrete sosio-kulturele situasie nie. Met die opkoms van die bevrydingsteologie het Westerse teoloë weer tot die besef gekom dat hulle teologie net so sosio-kultureel bepaald is as enige ander teologie. Die ontdekking wat wêreldwyd aanvaar is, was dat die Bybel self ook spesifiek uniek-kultureel bepaald is. Dit het tot die verdere aanname gelei, dat die sogenaamde groot Christelike tradisie eintlik maar net ʼn opeenvolging van bepaalde plaaslike teologieë is.

Die een universeel-Christelike tradisie van voorheen het in ʼn polisentriese wêreld met haar al groter wordende pluralistiese wêreldbeeld, in die vele vorme van ʼn veelvlakkige inkulturasieproses na vore getree.233 Die rol wat die bevrydingsbeweging gespeel het in die definisie van die Praktiese Teologie, is fenomenaal. Ook die bevindinge van die feministiese

teologie het groter lig gewerp op die vrae wat nog nie na die Skrifteks toe gebring is nie.

Kennis wat êrens in ’n studeerkamer vasgestel is, en nie beliggaamde kennis geword het in die stryd van die armes en onderdruktes nie, het onder sterk kritiek begin deurloop. Die onderskeiding of ons kennis waar of vals is, lê nou in die vraag of dit persoonlik getoets is, en nie maar ’n sogenaamde objektiewe, ge-dis-interesseerde kennis is nie.

232 Schreiter: Op. cit., 1.

233 Ons wil die behoefte en verantwoordelikheid van Christene om so konkreet moontlik op die nuwe perspektiewe

wat gereflekteer word in die terme “kontekstualisering”, “lokalisering”, verinheemsing”, “inkulturalisering” en “aanpassing” te reageer, ernstig neem.

63

Dit word nou moontlik om te begin begryp dat die God van Israel en die Vader van Jesus Christus nie vasgevang kan word in sogenaamde ewige en tydlose skolastieke begrippe nie. Brueggemann het ons aandag gevestig op Israel se getuienis (“core testimony) aangaande God, en die feit dat die Ou Testament berig van hulle kruisondervraging van God, en die teen- getuienis (“counter testimony”) wat gestel word. Hierdie God het ʼn ook verborge aard, is dubbelsinnig, en Israel bevraagteken die soewereiniteit van hierdie God. Die Ou Testament maak nie hierdie groot algemene veralgemenings oor God, sonder om in te gaan op die (heel spesifiek-konkrete) negatiewe ervarings wat Israel dikwels met God gehad het nie.234

Daar is in die Nuwe Testament soortgelyke getuienisse: die aanspraak van Pase ontken nie die teen-aanspraak van Goeie Vrydag nie.235 Ons werk met ʼn dialektiek van Vrydag en Sondag.236 Ons lewe is ʼn uitgerekte reis deur Saterdag. Maandag is baie anders as Saterdag. Die taak van die kerk is egter om voortdurend die probleme van Saterdag op Maandag te hanteer. Dit word beter gedoen as ons ons Joodse medegelowiges insluit wat weet hoe om te wag en kla. God kan nie in ‘n boks gedruk word nie.

Die Bybel as openbaring werk nie met ʼn skolastieke veronderstelling van ʼn afgehandelde en ooreengekome pakket van proposisies oor wie God is en hoe Hy presies werk nie. Die Bybel is die verhaal van God, die Skepper van hemel en aarde, wat ons op ʼn deurslaggewende manier en uniek in Jesus van Nasaret leer ken het. Die bewys dat Israel net die waarheid, die volle waarheid en niks behalwe die waarheid omtrent God wil vertel nie, is dat hulle nie net dié eenvormige verhaal vertel om God te probeer beskerm of bevorder nie. Hulle getuig uit hulle eie lewe van die pyn van Godverlatenheid, die uitsigloosheid op God en die dialektiese ervaring van God as afwesig. “This procedure appears to be deeply and endlessly open and unresolved, so that finally ‘claim’ will not silence ‘counterclaim,’ nor, conversely, can ‘counterclaim’ ever nullify ‘claim’...The refusal to give closure is a defining point of the data.”237 Dit beteken ook dat Israel soms die konvensionele plek van Jahweh kan inneem, en as ondergeskikte kan kla teenoor Jahweh, soos Hy soms oor húlle kla. Hierdie radikale en uitdagende houding van Israel is die wyse waarop die Bybel soms die dominante konvensionele

234 Brueggemann:1997b: Op. cit., 115-402. 235 Brueggemann:2005a:148.

236 Op. cit., 155. 237 Ibid.

64

Westerse manier van filosofies praat oor “God” heeltemal deurkruis. Dit maak van natuurlike teologie ʼn grap. God word in die Bybel nooit ʼn gefikseerde objek in die hande van ʼn

wispelturige volk nie, maar selfs in, of juis deur Sy afwesigheid en weggesteektheid, ‘n onkontroleerbare, lewende God, (in niemand se hande nie), maar soewerein in eie reg!238

2.3.5 Verhoudingskennis

Toe die basis van sekerheid wat deur die kerk voorsien is, verdwyn het, het mense soos René

Descartes en andere met hulle geskrifte probeer om sin uit die gevolglike wêreldchaos te maak.

Met die verlies aan sekerheid en die verlies aan dominansie, het die lewe self ’n risiko geword. Geweldige angs het Descartes en sy kulturele wêreld geskud toe die Middeleeuse wêreld inmekaar getuimel het. Die verlies van ’n eeue lange “tuiste” het diep ontwrigting en verplasing van wortels teweeggebring. Die uiteindelike tragedie wat vir Descartes oopgelê het, was volgens Brueggemann, ʼn verwydering van “moeder” (“moeder kerk” / “moeder aarde”) en ʼn verlies van “moeder” as die simboliese onderbou van die samelewing van destyds. Die najaging van die ongeskonde rede - “vry van enige toevalligheid” – (die sogenaamde suiwere rede), het die ver-manliking van kennis239 en die vlug van die feministiese meegebring.240 Hierdie nuwe

238 Op. cit., 149.

239 “In ’n onlangse artikel in Die Burger deur Dr Sunette Pienaar, het die kunstenaarsvoorstelling van ’n vrou wat

huil oor die kerk die gees van die artikel goed saamgevat. As mede- vrouepredikante en teoloë kan ons ons vereenselwig met Sunette se eksistensiële krisis en hartseer oor ’n kerk waarin dit nie voel of daar vir vroueleiers plek is nie…In haar boek, Face of the Deep: A Theology of Becoming (London: Routledge, 2003), skryf die Amerikaanse feministiese teoloog, Catherine Keller, dat mense van die vroegste tye af die chaos, oftewel dìt wat die orde versteur en bedreig, vrees (tehomafobie). In Face of the Deep, wys Keller hoe verskeie tekste in die Ou Testament, soos verstaan in die konteks van die Ou Nabye Ooste, iets van die oerchaos herken. So was Gen 1:2 deur die eeue ’n verleentheid vir mense, want as God dan uit niks geskep het, wat maak ’n mens met die aarde wat in die begin as tohu webohu (‘woes en leeg’ in die OAV vertaling) beskryf word? Soos ook in heelparty Ou Nabye Oosterse tekste funksioneer God in ’n teks soos Jesaja 51:9-10 as die magtige kryger wat die waters van die see opdroog, die chaos wat gepersonifiseer word as ’n seemonster verslaan en uit die chaos orde skep. Dieselfde motief word aangetref in Jesaja 27:1 as liries uitgeroep word dat God die Leviatan, die seemonster, wat al Israel se vrese vir die chaos verteenwoordig, die kop inslaan. Hierdie neiging om die chaos te personifiseer as ’n monster wat verslaan moet word, is simbolies van die menslike begeerte om dit wat die orde versteur ten alle koste te beheer en indien moontlik uit te wis. Dit is wel so dat dit vir baie mense in ons land deesdae voel asof hulle deur die chaos verswelg word. Die geweld wat mense se lewens vernietig, motorkapings, huisbraak, verkragting, moord en die Vigspandemie. Die skrikwekkend hoë werkloosheidsyfer, die onvermoë van ons jong mense om werk te kry, ‘regskaling’ en korrupsie. En ’n mens hoef maar net die onlangse mediadekking oor die NG Kerk te lees om te besef dat baie mense voel asof iets van die chaos ook binne die NG Kerk leef. Veral vir mense wat nog altyd binne die kerk veilig gevoel het, is hierdie gevoel van onsekerheid verontrustend. Hoe reageer mense dan op hierdie reële en gefabriseerde ervaring van chaos? Ontken mense die werklikheid en leef hulle met ’n nostalgiese hunkering na die verlede? Bestee hulle baie tyd en energie aan verwoede pogings om beheer terug te kry, wat dikwels bloot ’n valse gevoel van sekuriteit bied? Heel dikwels reageer mense egter op die ervaring van chaos deur te soek na die bron van dit wat die orde versteur, en/of aan die chaos ’n naam te gee. So wys Keller dan ook hoe die chaos deur die eeue gedemoniseer is. Die chaos neem in verskillende tydsvakke verskillende manifestasies

65

simboliese onderbou het toe die agtergrond gevorm van daardie wêreld en veroorsaak dat met die opkoms van die wetenskap, laasgenoemde van die begin (Francis Bacon) af, ʼn eksplisiet

manlike onderneming van kontrole, en die verkragting van “moeder aarde” was!241

Die nuwe intellektuele voorrang van manlike sekerheid het ʼn polities-ekonomiese bevoorregting en voortrekkery na vore gebring, waardeur die “objektiewes” en “losgeskeurdes van die liggaam” hulleself in die sentrum gestel het, en die mense op die grense begin domineer het.242 Projek Objektiwiteit het alle tradisie vernietig en direk gemik na die verowering van die wêreld. So is die “individuele bewussyn” geskep, en voortgegaan om - sonder enige absolute verwysingspunt buite die self – te funksioneer. Die individu moes sy sekerheid self genereer. ʼn Nuwe model van kennis, gegrond in objektiwiteit, wat ʼn nuwe “epistemologiese sekuriteit”

aan. Daar is byvoorbeeld in die geskiedenis heelwat voorbeelde van die demonisering van die vrou. So is daar talle verwysings na die vrou as ’n ‘misbegotten male.’ En deur eeue van Bybelinterpretasie word Eva uitgebeeld as die bron van alle kwaad, soseer dat daar ’n verband getrek word tussen die Bose en die vrou (kyk bv. die Middeleeuse uitbeeldings van die Satan as ’n vrou, wat opgeneem is in die ontstellende uitbeelding van die Satan in Mel Gibson se fliek The Passion of the Christ). Heelparty figure uit die kerkgeskiedenis waarsku dan ook teen die gevare van vroue – veral vroue wat dreig om die status quo of die sisteem omver te werp. Vroue wat nie grense en reëls respekteer nie. Vroue wat beskryf kan word as tussen-in, kompleks, of dubbelsinnig. Die enkelma’s, die kruiedokters, die mistiese denkers. Deur die eeue heen is hierdie vroue uitgeskuif en verdag gemaak, as ketters uitgekryt, of selfs as hekse veroordeel en op brandstapels verbrand. ’n Mens hoef nie ver te gaan om die parallelle raak te sien met die ander ‘anderses’ in ons samelewing nie. Waar manlik/wit/heteroseksueel die norm is, is vroulik/swart/homoseksueel die afwyking of die ‘ander.’ En die ander word bejeën as die chaos wat die orde kom versteur – dikwels omdat hulle anders praat en doen as dit wat as die ’norm’ voorgehou word. Deel van die skynbare onvermoë van die NG Kerk om kreatief met die ‘ander’ in sy midde om te gaan, het te make met hierdie xenofobie of tehomefobie – die vrees vir die chaos wat dreig om die orde, of ’n mens sou kon sê die bekende, te ontwrig. En die vrees vir die chaos of die ander veroorsaak nog steeds dat die chaos uitgeskuif en waar moontlik geëlimineer moet word. Ten slotte, dit is belangrik om raak te sien dat dit juis te midde van die chaos is waar die kreatiewe energie lê. In die lig van die realiteite rondom ons is dit belangrik om iets van die chaos te erken en om eerlik te praat oor die impak daarvan op ons lewens. Maar ons moet versigtig wees om nie die chaos met die ‘ander’ en verandering te verwar nie. Miskien – as ons ophou om verwoed dit te beveg wat dreig om die ‘orde’ te versteur, kan ons saam hoop vir nuwe moontlikhede om sigself te openbaar. Dit geld vir vroue predikante, vir kerkeenheid, vir die gay-debat. Keller bied die volgende alternatief: ‘We may feel shame before the chaos in our lives, families, sexualities, movements, ethnicities, drafts, projects. Or we may read this difficult milieu for its freshly emerging order. If we do not try to control what seems out of control, if rather we brood on the fluid face, the eschaton between what is too chaotic and what is too limiting, we will discern the specific possibility of the transition. In the inescapable limitation lies the creative edge.’ (p 226). Dit is dalk nou die moment, terwyl goed