• No results found

Homiletiese koersaanpassings / verskuiwings

‘die ander’ funksioneer, sal histories gevolg word. In die stryd om die logos van die prediking los te maak van die subjek-objek-dichotomie van die Aufklärung en die Verligtingsdenke, volg ons die spoor van predikers wat dié ideaal op verskeie wyses probeer vergestalt het, tot by die sogenaamde ander-gerigte prediking. Goedberedeneerde prediking sal gesien word vervang word met prediking wat getuig van die oneindige verantwoordelikheid vir die gesig (en verhaal) van ‘die ander’. ’n Epistemologie wat waarheid ook op die kantlyne van die teks en samelewing vind, word bekyk. Ons sal alhoewel krities, tog positief na hierdie nuwe rigting kyk.

1.6.3 Eksegeties-literêre prosesse in her-oënskou

Die uitgangspunt vir ons is dat die Bybel steeds die gesagvolle Woord van God is, en dat dit om interpretasie vra, maar met die vraag: is daar so iets soos waarheid? Kan ons dit ken? En wat doen ons daarmee? Dit is lankal nie meer net die taak van die professionele teoloë om antwoorde op hierdie tipe vrae te probeer verskaf nie. Die vraag is: wat is interpretasie? Is daar so iets soos betekenis wat vas staan? Of beteken interpretasie die einde van epistemologie? Is daar nog waarheid wat geld buite die interpreteerder of interpretatiewe gemeenskap? En wat behels die daad van interpretasie? Wat is die verskil tussen verklaar en verstaan? Beteken dit dat ons verklarings ons nader bring aan objektiewe waarheid, of is alle waarheid relatief? Ons kies vir die ontwerp van ’n analise-metode vir die interpretasie van Bybeltekste, die tekstuele hermeneutiek van Paul Ricoeur. Ons is tevrede daarmee dat alhoewel hy nie ’n teoloog is nie, maar filosoof, sy werk vir ons nogtans homileties kan help om ’n sterk kritiese moment in die interpretasieproses in te bou. Ons kies aan die een kant, wat eintlik as ’n voortdurende kritiek funksioneer, vir ’n hermeneutiek van suspisie (omdat ekself as leser, die uitleg-tradisie, asook die teks self, nie noodwendig “waar” en “reg” is nie) - maar aan die ander kant ook, ánderkant die woestyn van kritiek, word daar gekies vir ’n hermeneutiek van vertroue (omdat ons glo dat elke teks ook positief ’n venster is wat ’n unieke visie op die gesig van God wil open).

1.6.4 Homiletiese koersaanpassings / verskuiwings

Daar sal gekyk word na ‘n histories ondersoek van verskillende homiletiese modelle, vanaf

Karl Barth se siening dat die aanknopingpunt met die hoorder alreeds in die teks lê, dat die

prediking nie retoriese strategieë nodig het om kontak te maak met sy gehoor nie, tot Fred

34

wat neerkom op die dialekties-hermeneutiese voltrekking van twee verstaansprosesse, waar nie net die teks as alleenstaande entiteit geïnterpreteer word nie, maar ook die kontemporêre

hoordersituasie, sodat prediking nie maar bloot ’n herhaling van die teks is nie. Ons gaan ook

op spoor van David Buttrick bepaal wie die teks se geïmpliseerde leser is: die teks bevat kragtige simbole wat verwysend werk. Die preek kan dan in die gemeenskaplike bewussynvlak van die prediker én hoorder op ’n manier vorm aanneem wat getrou is aan die retoriese en performatiewe krag van die Bybelse teks. Ons sluit af met John S. McClure se siening dat die kerk ’n leer-skool (“learning community”) is waar gelowiges sowel in wedersyds bemagtigende verhoudinge staan, as hulleself laat leer deur mekaar se verskille. Ons kies vir sy “kollaboratiewe preekmaakmetode”, wat gebou is op die idee van “tydelike relasionele asimmetrie”159, waar predikers optree as gashere, wat die vreemdelinge welkom heet by ’n rondetafel-gespreksgeleentheid in die preekmaakproses, en waar niemand mislei, gedwing, oordonder of gemanipuleer word nie. Al hierdie voorbeelde neem die eietydse homiletiese

konteks ernstig op: “Die eie konteks waarbinne die teks ontmoet en geïnterpreteer word, skep

die moontlikheid vir ’n dinamiese, aktuele boodskap uit die teks.”160 1.6.5 Ekklesiologiese implikasies

Die homiletiese basisteorie wat soos ’n goue draad dwarsdeur hierdie ondersoek loop, is die aanname dat waarheid nie eensydig deur een, geïsoleerde persoon in die amp van die prediker namens ’n gemeente ontvou kan word, sonder dat daardie gemeente hoegenaamd aan die woord gekom het in die onderskeidingsproses nie. Dit is so dat die prediker nie na die teks toe gaan met ’n totaal ope gemoed nie, maar met ’n gemoed gevul met indrukke, lewensbeskouinge en waarde-oordele, kortom, die beliggaming van die waarheid van die Evangelie van die hele

159 Hier wyk McClure af van die tendens wat sedert die aanvang van induktiewe prediking na vore getree het,

naamlik dat hiërargiese verhoudings deur gelyke verhoudings vervang is, die hoorder tot sy of haar eie gevolgtrekkings van die preek kan kom, dat preekmaak ’n gesamentlike oefening is en dat die prediker kan identifiseer met die hoorder. Die aandrang op simmetrie kon egter, volgens McClure, die aandag aflei van die feit van die ander as werklik anders. Ons is almal sáám in die preekmaakproses ,maar ons is nie almal dieselfde nie. Die “versmelting van horisonne” kan maklik die idee laat dat ons werklike verskille verontagsaam. “Both the temporary inequality of the preacher and the temporary inequality of the hearer can be sacrificed in inductive preaching” (McClure:1995:42-3). Dit laat toe dat die predikant kan optree as ’n volwaardige professionele ekspert in die teologie, en nie net ’n skeidsregter in die gesprek wat die debat fasiliteer nie. Hy oorheers egter nie die gesprek nie, maar bly ook ’n fyn waarnemer.

160 Pieterse:2007:122. Sien ook: “Practical Theology is only possible as contextual Practical Theology. Practical

Theology cannot function in a general context. It is always local, concrete and specific. The moment it moves away from the concrete specific context, it regresses into some sort of systematic theology. The very essence of Practical Theology demands of it to be very focused on concrete contexts. It can be argued that theology as a whole should be practical and that theology, which is unpractical, no longer is theology.” [Müller, J.C. (2005). “A postfoundationalist, HIV-positive practical theology”, Practical Theology in South Africa vol. 20 (no.2): p. 78].

35

geloofgemeenskap waarbinne hy of sy leef. Hierdie ingeweefdheid met die gemeentesituasie moet doelbewus en nie net latent funksioneer nie. Dit is so dat die gemeente nie eers ’n interpretatiewe gemeenskap wórd wanneer die rondetafelgroep bymekaar kom of tydens die prediking nie, maar alreeds bloot in haar bestaan as interpretatiewe gemeenskap funksioneer. Verantwoordelike prediking benodig ‘n dialekties-kritiese model van vertolking van die Evangelieboodskap, waar hierdie liggaam van gelowiges meer pertinent in moet koop in die preekmaakproses.

Ons kerkbeskouing het ‘n invloed op ons beskouing van hoe ‘n preek gemaak word. Nadat ons begin met ’n prakties-teologiese begronding van die ná-Konstantynse Kerk, asook ’n kritiek op die verkeerd uitgegroeide pastor-sentriese leierskapstyl (Konstantianisme) van kerkleiers, gaan kyk ons na die dinamiese karakter van die interpreterende gemeenskap, volgens haar

charismatiese struktuur in die Skrif, asook die Gereformeerde siening van die priesterskap van elke gelowige soos uiteengesit deur John Howard Yoder. Ons staan stil by ’n ekklesiologiese

studie van Hans Küng oor die kerk, Bybelse metafore van die kerk en die funksionering van die ampte. Dit wys ons op die rykdom van kumulatiewe wysheid binne die gemeente wat in die verkondiging moet reflekteer.

Ons glo saam met Fowl & Jones161 dat die moeilikheidsgraad van interpretasie nie lê in die kloof tussen die tegniese eise van ’n Bybelwetenskaplike benadering en die lewens van gewone lidmate nie, maar in die eienskap van karakter in die lewens van gewone lidmate, wat geskool is in en deur die Gees gelei word tot “wyse lees” en “praktiese wysheid”. Daarom is die sentraliteit van vriendskappe en praktyke van christelike gemeenskappe, waarin waarheid beliggaamd lê, onontbeerlik in die regte lees en verstaan van die Bybel. Paradigmaskuiwe en epistemologies-eksegetiese en omvattende ekklesiologiese en homiletiese omwentelinge vra na

nuwe lídmate, NGK-lidmate wat die belangrike rol van die vreemdeling sal snap, asook die rol

van die lydende “ander”, en wat ons sou kon noem: ’n eucharistiese hermeneutiek.

161 Fowl, S.E. & Jones, L.G. (1998). Reading in Communion. Scripture and Ethics in Christian Life, (Wipf and

36

1.7 INTEGRASIE

Die vyf hoof punte van die titel van hierdie studie, hang min of meer saam met die vyf hoofstukke van die huidige ondersoek.

Skematies lyk dit so:

(1) Indien ’n interpretasie-gemeenskap teologies verantwoordelik met die Bybel wil omgaan, moet sy leer om met behulp van die getuienis van die Heilige Gees die “geeste van die tyd” te onderskei. Dit is belangrik dat sy hierdie kragte kan identifiseer, sodat sy nie die nie-amptelike interpretatiewe kultuur onbewustelik en kritiekloos ten tyde van haar hoor van die Evangelie opneem nie. Die begrip

Gemeente

verwys dus na nie ’n abstrakte gemeente wat êrens amorf in die heelal "interpreterende gemeenskap" is nie, maar na ʼn plááslike, lokaal-konkreet- historiese, Christelike geloofsgemeenskap, in hierdie geval, ’n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk162 - in Afrika - aan die begin van die 21ste eeu - deel van die voorheen bevoorregte, dominante Westers-Europese Christelike kerk, en wat hulleself tans in ’n post- Christelike era in die nadraai van post-Apartheid Suid-Afrika bevind, saam met die voorheen benadeeldes. In Hoofstuk 2 (meta-neigings en paradigmaskuiwe)163 spel ons die agtergrond uit waarteen hierdie heel konkrete, plaaslike, Suid-Afrikaanse interpretasie-situasie plaasvind.

162 Vervolgens net aangedui as NGK.

163 ’n Paradigma is ’n voorbeeld, model, of patroon. Soos die Griekse etimologie van die woord suggereer, word

37

(2) Ons glo daar is ’n gesaghebbende teks in die interpretasieproses, maar waarmee die gemeente al

interpreterende

as kerk-van-die-Bybel moet omgaan. Dit is ’n moeilike opdrag,

omdat dié proses die vertolking van ‘n ou pre-moderne (geskrewe)164 Bybel insluit, wat boonop in ’n hoogs gekompliseerde post-moderne verskeurde wêreld plaasvind. Die kerk is die argief van die opgesluite teks, en sy roep haar lidmate op om gehoorsaam te wees aan die waarheid waarheen die teks verwys. Die vraag word egter voortdurend gevra: “Wie se waarheid?” Ons gaan in Hoofstuk 3 (epistemologiese omwentelinge) stilstaan by pogings in die verlede om die waarheid ideologies in te span om ander “op hulle plek” te hou. Ons kan egter nie ons homiletiek ander-gesentreerd beskou, as ons epistemologie op ’n mags-paradigma gegrond is nie. Toe ons as moderne mense onsself wou bevry van die subjektiwiteit van die pre- modernisme, het ons weer in ’n objektivisme verval, sê Palmer, en dat die geskiedenis ons twee primêre bronne van kennis gegee het: “One is curiosity; the other is control.”165 Kennis, só gesien, wat nie uit liefde (en gebed) groei nie, maar uit vrees, (en van kontrole afhang) - en gedurig vasgevang is in die geslote, sirkulêre logika van dominasie óf om gedomineer te wórd – kan net ‘n wêreld bou op grond van die “feite” tot ons beskikking, maar op ’n afstand,

losgemaak, uit vrees dat ons die (objektiewe) “feite” met ons subjektiewe behoeftes sal

besoedel. Paulus (die Skrif) roep ons egter op tot ’n persoonlike “van aangesig tot aangesig” kennis, naamlik “dat” ek ken, maar dat ek geken/beoordeel wórd (“deur God”).166

(3) Derdens lees ons die Bybel binne ’n

gemeenskap

-van-interpretasie, en nie net as individue nie. “Geen profesie in die Skrif kan op grond van eie insig reg uitgelê word nie.”167 Dit geld nie net van profesieë nie, maar so glo ons, van die hele Woord van God. Ons as predikers kan nie “op eie insig alleen” te werk gaan in die voorbereiding van ’n preek nie. Hoofstuk 6 (ekklesiologiese implikasies) vra dus tereg wie hierdie gemeenskap-van- interpretasie is waarbinne predikers optree, en hoe sy moet lyk. Die vormende invloed van daardie kultuur op ons as individue en hoe ons die Bybel lees en veral hoe hulle preek en waaroor hulle preek, is enorm, het ons gesien. Hierdie hoofstuk vra: Hoe verseker ons dat die

164 Sien: Ricoeur se redes vir die verskil tussen ’n mondelinge woord en ’n geskrewe woord, soos byvoorbeeld die

Bybel. Die sprekende subjek se intensie, sê hy, is duideliker in die mondelinge woord. Dit is in hierdie geval so dat die bedoeling van die diskoers gelyk is aan die bedoeling van die spreker. Wanneer ’n teks egter geskryf word, val die betekenis van die teks en die betekenis soos deur die skrywer bedoel, nie meer saam nie. “What the text means now matters more than what the author meant when he wrote it.” (Ricoeur:1976a:29-30).

165Palmer, P. J. (1966). To Know as we are Known. Education as a Spiritual Journey. (San Francisco: Harper), 7. 166 1 Kor. 13:12 (AOV) “Want nou sien ons deur ’n spieël in ’n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig.

Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.”

38

Bybel se eie betekenis altyd seëvier bo óns belange? Hoe verseker ons dat ons eties- verwoordbare lidmate kweek? Dit sal sekerlik bepaal word of die geloofsgemeenskap vry genoeg leef van die samelewingsinvloede van mag en populariteit, sodat sy die ontwrigtende en rusverstorende stemme in haar geledere kan bly verwelkom/koester en ’n profetiese stem kan uitbring indien nodig. Dit sal van so ʼn gemeenskap ook verwag word dat hulle die Bybelse tradisie van wysheid beliggaam.168 Net só sal ons kan ontsnap aan ʼn ingeteelde kerk en 'n geslote interpretasiegemeenskap, waarbinne ons net ons eie stemme telkens hoor (“meer van dieselfde”).

(4) Vierdens gaan dit in die eredienste om die

preek

van die Bybelse teks, wat in Hoofstuk 3 (eksegeties-literêre prosesse in heroënskou) aan die orde kom, en vra: “Hoe God aan die woord kom?” Die probleem is dat ons onsself ná die opkoms van die insigte van die drie hermeneute van suspisie (Marx, Nietzshe, Freud) en die opkoms van die postmoderniteit bevind. Ons is ver van die beoefening van ’n self-evidente en universeel-geldende, absolute waarheid (teks) af. Daar is verder geen eksakte metodologies-gekontrolleerde manier hoe ons met definitiewe sekerheid kan toets of ons spreke oor die Onbekende God waar of vals is nie. Ons kan ook slegs deur metaforiese taal oor God praat. Die pluspunt is egter dat indien ons as lesers van die Bybel onsself verwyder van die Verligting se lewelose kennende subjek, of die afgesonderde eensame beoefenaar van interpretasie (van die selfstandige subjek van Descartes), ons onsself die kans gee om nader aan die waarheid te kom. Ons gaan voorstel dat gewerk word met sowel

kritiese as postkritiese momente in die interpretasieproses. Die teks se uitleg moet kreatief-

gestruktureerd geïntegreer word binne 'n hermeneutiek van suspisie, omdat wat ek sê nooit absoluut vry van ideologie kan wees nie. Ons werk egter aan die ander kant met ’n vrugbare teks (Ricoeur), wat ‘n “pluraliteit van betekenisse” in sigself ronddra, wat ’n veelkantigheid besit, en kan oopbars in ’n “veelvoud van betekenisse” en vir ons veelvuldige vensters op God kan open wat ons voorheen nie geken het nie. Ons as predikers is geroep as getuies. Ons getuienis moet egter gewéég kan word. Ons kan slegs praat in hoopvolle waagstukke (“wagers”)169, wat die risiko loop om verkeerd bewys te word, maar wat in ’n heen-en-weer beweging tussen waagstuk en bevestiging, prediker en tradisie, deelgenote en buitestaanders, ’n baie beter kans staan op ’n verantwoordelike vertolking as wat andersins in die verlede die geval was. As predikers staan ons nie in onverbonde isolasie nie, maar intersubjektief, as

168 Sien vir ’n volledige uiteensetting: Brueggemann:1997b: 745. 169 Sien voetnota in Opsomming vir verdere betekenis.

39

soekendes saam met gewone lidmate, wagtende op sin, en honger vir betekenis. Ons het ook as kosbare skat die oorgelewerde tradisie, wat ons op ’n outentieke manier moet verstaan en beliggaam.

(5) Dit maak dit ‘n moeilike proses. Vyfdens wil hierdie ondersoek dus gaan kyk na hoe verantwoordelik ons preekmaak-

proses

is en gaan vra ons in Hoofstuk 5 (homiletiese koersaanpassings) na hoe so ’n proses sal lyk. Daar is vyf punte wat in ‘n preekmaakproses bymekaar moet kom: God, die wêreld van die teks, die tradisie wat gegroei het uit die teks, die

gemeentelede vir wie ons gaan preek, asook die wêreld, waarin die kerk haar bevind. Indien ons

één van hierdie elemente ignoreer, vind daar ’n kortsluiting plaas. Ons glo steeds dat daar Sondae ‘n prediker moet wees, en die kansel steeds as sulks die plek moet wees vanwaar daar tydens die eredienste gepreek word, maar dat die proses van preekmaak moet spruit uit ‘n kollaboratiewe samewerking tussen prediker en lidmaat, ‘n sirkel van gesprekvoering tussen teks en konteks moet insluit, wat so wyd as moontlik getrek moet word, sodat die volle lengte, breedte, diepte en hoogte van die liefde van God ervaar kan word.

40

2. HOOFSTUK 2 - MEGA-NEIGINGS EN

PARADIGMASKUIWE

Voortdurende dinamiese beïnvloeding van al vyf bewegings

41

Communitas-tye is volgens Victor Turner nodig, sodat ou samelewingsvorme nie

fossileer nie. Verskuiwing, dubbelsinnigheid, en kompleksiteit is op alle fronte van die lewe aan die orde van die dag. Amper skielik bevind die kerk haar binne ‘n totáál nuwe pluralistiese interpretasie-situasie. Ons beweeg in ‘n epogmakende postmodernistiese tydvak in, waar die reste van die laat-modernistiese tyd nog springlewendig is, maar die doodsklok daarvoor alreeds begin lui het. Alles postmodernisties is ook nie goed nie, veral die dood van ‘n sprekende God extra

nos. Wanneer kennis aangaande hierdie God egter as “ewige beginsels” in die

gestalte van imperialistiese dominasie verskans word, vier ons hierdie dood met plesier. Ons gaan die angsvlakke agter die objektivering van kennis wat vanaf die Middeleeue opgebou het, volg, asook kyk na die herlewing van die voorrangposisie van ‘n triomalistiese Christendom wat verlore eer wil inhaal. Ons besef dat ons uit hierdie allesomvattende huis van die “waarheid” móét probeer ontsnap, maar stuit telkens weer op die voortdurende suspisie dat ook ons eie pogings weer kan oorgaan in die bou van ‘n nuwe sentrum van mag. Ons glo egter in ‘n mensgevoelige God, en dus in ‘n epistemologie van die liefde, waar kennis gebore word uit die sorgende verhouding tussen God en mens, tussen kennende subjek en gekende objek. Rede in diens van die liefde is iets wat verskille waardeer en luister na stemme wat verwond is deur ons tradisies van interpretasie en ons prediking van die verlede. Die Bybelse teks wil bevry word uit sy dwinglandy aan die magte van die heersers van die wêreld. Die opkoms van die retoriek en taal, spel verrassende moontlikhede uit vir die prediking! Dit is te sê as ons weet wat ons bedoel met Skrifgesag. Die wêreld waarin ons nou woon, is ook - skrikwekkend genoeg - ‘n wêreld wat in óns woon, waarmee ons na die teks toe gaan. Om die “tekens van die tye” te verstaan, help alreeds vir ons, ook innerlik, om eerlik ons eie voorveronderstellings in die aangesig van die ander broers en susters van die geloof op die tafel van interpretasie te lê, waarvandaan 'n verantwoordelike verkondiging moet geskied. Ons glo ons besit slegs ‘n narratiewe identiteit, en het nodig om die stories van die “winde van verandering” uit al die windrigtings van die wêreld te verneem: extra nos.

42

2.1 "OORGANGSTYE"

Ons leef in ’n wêreld “waar die enigste sekerheid is dat ons nie weet wat volgende gaan gebeur nie. Dit is asof die wêreld met ons weghardloop.”170 Dit is vanweë die feit dat dinge so vinnig verander171, dat iemand opgemerk het: “Julle sal die vliegtuig moet bou terwyl dit in die lug