• No results found

2.3 EPISTEMOLOGIESE SKUIWE

2.3.9 Kennis en gesag

Nog ʼn belangrike skuif wat ingetree het, het te doen gehad met gesag. Die ou Christendom- patrone en hiërargieë van gesag het weggeval. In die definisie van kennis (“Hoe kan ek

weet?”), lê altyd die vraag verskuil, naamlik: (“Op wie se gesag?”). Dit is nie net die vraag wat

die priesterhoofde en familiehoofde van die volk vir Jesus gevra het nie,287 dit is ook die

nihilistiese en skeptiese vraag wat postmoderne mense vandag aan die kerk rig. Aan die einde van die Konstantynse era, het die kerk nie meer die mag om haar kritiese stemme stil te maak nie. Inteendeel, kritiek kom nie net op die kerk af nie, ons staan as wêreld vierkantig sonder algemeen-erkende gesag.

286 Brueggemann:1993:19.

77 Hierdie gesagskrisis moet nie deur ons slegs negatief gesien word nie. Party mense wil weer teruggryp op ou alliansies met die burgerlike samelewing se patrone van mag en gesag, maar dit is nie nodig nie. Die Bybelse profetiese tradisie het altyd seker gemaak dat geen mens vir hom/haarself gesag toe-eien wat net aan God behoort nie. Hulle was die wagte op die mure wat gewaak het oor valse en ware gesag. Selfs die goeie koning, Dawid, moes getug word oor sy misbruik van sy gesag288.

Die kerk het tans die geleentheid289 om te getuig dat gesag nie vloei uit die uiterlike sosiologiese omstandighede waarin die kerk haarself bevind nie, maar uit die profetiese tradisie.290 Ons glo aan: Soli Deo gloria! (die heerlikheid behoort aan God alleen!) Dieselfde kan gesê word van die vroeë kerk se belydenis: Jesus Christus is die Here! Dit het vir die monnik, Luther, die moed gegee om die hele gevestigde Romeinse establishment teë te gaan, en vir sekere Lutherane geïnspireer om die Derde Ryk van Hitler aan te vat, en weer vir aartsbiskop Desmond Tutu die moed te gee om die hele militêr-politiese sisteem van apartheid te trotseer!

Die beginsel van sola scriptura (die Skrif alleen) neem nie die gesag van Gód weg nie, en laat ons nie die Bybel self as heilige objek aanbid nie.291 Die Skrif getuig slegs van die gesagvolle

stem van God, en wil geensins ʼn plaasvervanger wees van dié stem nie. Die Bybel is die stem

van die Christelike tradisie, en het niks te doen met tradisionalisme nie (dit is waar die

288 2 Sam.12:7.

289 Ons sal deurgaans die nuwe situasie sien as ’n geleentheid wat God ons gun om - vanweë ’n verlies aan invloed

en mag in hoë kringe - nou miskien béter en helderder te hoor wat die Gees aan die gemeentes wil sê, noudat ons ons hermeneutiese taak beoefen saam met die armes en nederiges.

290 Hall:1991: 432.

291 Die Leer en Aktuele Sake se verslag: Gesag van die Skrif, wat voor die Algemene Sinode van die Ned. Geref.

Kerk in 2002 gedien het, wend ’n poging aan om na twee kante toe afwysend standpunt in te neem, naamlik enersyds teenoor die moderne liberalistiese, en andersyds die moderne fundamentalistiese omgang met die Skrif. Hulle bevinding is dat in beide hierdie gevalle daar ’n beheptheid heers met die letter van die Skrif, wat mense blind maak vir die Gees in die letter. Die Bybel as boek, maak beide blind vir die Bybelse boodskap. Die aanbeveling wat gemaak word, is in die lig van ons gesprek belangrik, naamlik: “Die Algemene Sinode verklaar dat die gesag van die Skrif nie gesetel is in geïsoleerde Skrifgedeeltes op sigself nie, maar dat die gesag van elke onderdeel van die Skrif funksioneer binne die geheel van die Skrif en die gesag van die geheel tot uitdrukking kom in die onderdele…”, asook “…dat hoewel God sy Gees aan die kerk gegee het om ons in die volle waarheid te lei…die gesag van die Skrif nie primêr rus op die bloot formele feit dat die kerk dit as kanon aanvaar het nie. In die Skrif self word reeds duidelik dat die kerk as gevolg van ons sondigheid nog steeds blootgestel is aan dwaling. Daarom is die gesag van die Skrif in die eerste instansie geleë in die inhoud van die Gees se boodskap naamlik God se genade in Christus (Joh 16:14). Hierdie boodskap het die kerk in die kanon gehoor as die kritiese maatstaf vir die verkondiging waardeur ook tussen die geeste onderskei word.” Gesag van die Skrif, Verslag van Leer en Aktuele Sake. Algemene Sinode van die Ned. Geref. Kerk in SA. 2002. pp.209-210.

78

ekklesiologiese amptenary die tradisie inspan vir ideologiese redes). Tradisionalisme is voorlopig, die stem van God in die tradisie - oneindig.

Ons stem saam met Brueggemann dat die outoriteit van die Skrif nie setel in outeurskap nie, maar outorisasie: dít naamlik waartóé die stem van God geloofsgemeenskappe outoriseer.292 Ons glo ook dat die ver-staan van ’n teks iets anders is as kennis van die ontstaan van ’n teks, of die rekonstruksie van die outeursintensie.293 Die gesag van die Bybel kan ook nie vasgeketting word deur leerstellige dogmas oor “inspirasie”, en ook nie deur ʼn obsessie met argeologiese bewyse wat met reduksie werk en God verburgerlik nie.294 Nóg die Verligting se tegnies-wetenskaplike verklaring, letterlike interpretasies, objektiewe rasionaliteit, estetiese dimensies van die literatuursoort of kritiese vakkundigheid, kan op die vraag van gesag vandag ʼn voldoende antwoord gee.

Die gesag van die Bybel lê in laaste instansie net in belydenisvorm in die geloofsgemeenskap, wat onbevrees295 getuig dat hulle in dié teks die krag van die waarheid onderskei het, dat hulle daarin die lewende stem van God in Christus self verneem het en dat hulle hulle in gehoorsaamheid by dié Woord sal voeg. Die waarheid waaraan die teks gemeet word is nie dat dit op enige (wetenskaplike, astronomiese, sielkundige of biologiese) vraag ʼn antwoord gee nie, maar dat dit ʼn waarheid van ʼn teologiese aard is. Die Bybel kan glad nie in een van die dominerende modusse van rasionaliteit verstaan word nie. Ook nie wanneer die verletterliking daarvan ’n tipe kontrole daaroor wil bekom nie.

Die modernisme mag nie van die Bybel ʼn vorm van kennis vereis wat gemik is op kontrole en dominering nie. Ook mag die gesag van die Bybel nie in die publieke sfeer misbruik word om vroue byvoorbeeld op hulle plek te hou en die stemloses uit te sluit uit besluitneming nie. Die gesag van die Bybel hang saam met die vraag: waarvoor outoriseer die Skrif mense? Die gesag van die Skrif sal voortaan nie lê in intellektuele formulerings nie, maar in die getroue praxis van gehoorsame geloofsgemeenskappe, wat die waarheid van die Bybel beliggaam, en getuig van die krag daarvan.

292 Brueggemann:2005a: Op. cit., 3-45.

293 Combrinck, H.J.B. (1990). “Die krisis van die Skrifgesag in die gereformeerde eksegese as ’n geleentheid”,

NGTT. Deel XXXI. No. 3. September . p.332.

294 Brueggemann:2005a: Op. cit., 8. 295 Op. cit., 23.

79

Die gesag van die Skrif wil nie vir sy lesers advies en moralistiese leiding gee nie, maar “energie” en “moed” om vanuit die moeras van die huidige situasie ʼn nuwe wêreld (waarvan die teks getuig) te verbeel, en dit met blymoedigheid en vertroue tegemoet te gaan.296 Wie die verskrikking in hierdie Boek wil kontroleer, reduseer sy gesag.297 Nie kontrole nie, maar buiging voor die gesag van God, is die weg van toegang tot die Bybel se waarheid en krag.298 As ons bereid is om te wag en te waak, sal ons kort voor lank ʼn gesagvolle woord ontvang wat God aan ons deur die teks sal gee.299

2.4 SKUIWE IN DIE PRAKTIESE TEOLOGIE

Naas die algemeen-godsdienstige, filosofiese, en epistemologiese skuiwe, waarna ons indringend gekyk het, het daar ook geweldige skuiwe binne die Praktiese Teologie plaasgevind. Die taak van die Praktiese Teologie binne die Teologie, kan in die volgende drie groot take ingedeel word:

(a) die ontwikkeling van ʼn fundamentele prakties-teologiese basisteorie; (b) praktykteorieë (byvoorbeeld homiletiek, liturgiek, ens.); en

(c) die gee van praktykopleiding (byvoorbeeld homiletiese oefeninge, kategetiese groepe, ens.).300

Met die groot klem op (b) en (c), voel Firet, het die besinning op die fundamentele prakties- teologiese vrae (a) grootliks agterweë gebly.301 Die gebruikmaking van kennis en insigte uit die ander wetenskappe as die teologie (byvoorbeeld die psigologie, sosiologie, die kommunikasiewetenskappe, ens.) maak dit gebiedend noodsaaklik dat die Praktiese Teologie vaste grond onder haar voete kry.302 Die “koms van God tot die mens in sy wêreld” (as diepstestruktuur) moet dus in al die handelinge van die kerk (oppervlaktestruktuur) gemanifesteer word. Alle handelinge van die kerk moet dus ʼn teologiese dieptestruktuur hê.

296 Op. cit., 19. 297 Ibid 298 Ibid.. 299 Ibid.

300J. Firet. Spreken als Een Leerling. (1987). Praktisch-theologische Opstellen, (Kampen:Kok), 28. 301 Ibid.