• No results found

Hoofstuk 2: ’n Geokrities-vergelykende benadering tot die analise van die literêre uitbeelding

2.2 Die vergelykende letterkunde

2.2.2 Hedendaagse debatte: netwerkdenke en wêreldliteratuur

Die tienjaarlikse “State of the discipline”-verslag van die American Comparative Literature Association gee ’n goeie indikasie van die debatte wat in Amerika woed in, en oor, die vergelykende letterkunde as akademiese dissipline. Uit die 2014/2015 verslag, wat beskikbaar is op die vereniging se webtuiste (http://stateofthediscipline.acla.org/) blyk dit dat daar denkers (onder andere Belcher [2014], Moraru [2014], McClennen [2014], Thornber [2014] en Sommer [2015]) is wat vanuit ’n breedweg humanistiese, postkoloniale en feministiese perspektief aanvoer dat die vergelykende letterkunde ’n kreatiewe en intellektuele instrument kan wees waarmee tradisioneel gemarginaliseerdes kommentaar op magstrukture kan lewer.

Aan die ander kant is daar sekere denkers (onder andere Heise [2014] en Ortiz-Robles [2015]) wat worstel met anti- en posthumanistiese tendense in die literatuurstudie en die implikasies daarvan vir die vergelykende letterkunde. Ortiz-Robles (2015) verwys byvoorbeeld na die ekokritiek se problematisering van antroposentrisme om aan te voer dat literatuur gesitueer is in ’n globale netwerk,67 ’n wêreldwye republiek. Met die gebruik van hierdie term verwys Ortiz-Robles (2015)

67 Soos Edmond (2014) noem, hou hierdie konseptualisering van literatuur as ’n netwerk wat verbind is met ander netwerke waarskynlik verband met die internet se invloed op hedendaagse denke (onder andere in terme van die maniere waarop mense vandag tekste lees en met literatuur in kontak kom) (sien ook Friedman, 2011:753). Moraru (2014) voer aan dat hierdie tipe netwerkdenke (hy noem dit ’n “netosferiese” wêreldbeeld) slegs dominant kon word na die val van die Berlynse muur. Dit veronderstel immers dat die hele wêreld relasioneel aan mekaar verbind is, ’n veronderstelling wat nie algemeen aanvaar sou word tydens die Koue Oorlog nie. In kontras met Edmond, impliseer Hutcheon (2006:225) dat vergelykende letterkunde nog altyd gefokus was op netwerke, maar dat dit veral nou handig kan wees, in die tyd van die internet en globale bewegings en transaksies. Sien ook Flockemann (2010:29-30) se

na Pascale Casanova se La République mondiale des Lettres (1999) (vertaal as The world republic

of letters, 2003) en só ook na die ander groot hedendaagse debat binne die vergelykende

letterkunde: oor wat die verhouding tussen die vergelykende letterkunde en die bestudering van sogenaamde “wêreldliteratuur” moet wees, al dan nie.

Die konsep van weltliteratur is reeds vroeg in die negentiende eeu deur Johann Wolfgang von Goethe (1749-1832) geformuleer. Goethe (in Goethe en Eckermann, 2009:23) het literatuur van regoor die wêreld vergelykend gelees. Dit is wat hedendaagse bestudeerders van die wêreldliteratuur ook doen. Waar tradisionele beoefenaars van die vergelykende letterkunde tekste uit verskillende nasies bestudeer en meestal tekste lees in die tale waarin hulle oorspronklik verskyn het, fokus die bestudeerders van wêreldletterkunde op die universele aspekte van tekste en voer hulle aan dat ’n groter verskeidenheid tekste bestudeer kan word as dit in vertaling gelees word (aangesien elke individuele navorser slegs ’n beperkte hoeveelheid tale magtig kan wees) (Finney, 2014; Klein, 2014 en Walkowitz, 2015). Soos Saussy (2006:16) uitwys, kan hierdie argument teruggevoer word na, onder meer, Shklovskij se O teorii prozy (1925) (vertaal as Theory of Prose), waarin daar aangevoer word dat prosa, ter wille van diversiteit, wel in vertaling bestudeer kan word, omdat die ondersoeksveld van literatore wat literatuur in vertaling bestudeer breër is.

Daarteenoor is daar denkers soos Emily Apter (2013:3 en 16), wat in haar polemiese Against world

literature (2013), redeneer dat daar te min aandag gegee word aan “die onvertaalbare” of aan dit

wat verlore gaan in vertaling en dat tekste dus (ook) in hulle oorspronklike taal bestudeer moet word (sien ook Saussy, 2006:14 en Tageldin, 2014). Apter se argument kan teruggevoer word na Hugo Meltzl (2009:44), wat reeds in die tweede uitgawe van die joernaal Acta comparationis

litterarum universarum (wat in 1877 verskyn het) die belang van meertaligheid beklemtoon. Hy

voer aan dat vertaling ’n belangrike rol speel in die verspreiding van literatuur, maar dat daar altyd iets verlore gaan in vertaling en dat literatuur dus veral in die taal waarin dit oorspronklik geskryf is, bestudeer moet word (Meltzl, 2009:44-46).

Rita Felski (2015) kritiseer hierdie tipe argumente wat, volgens haar, veronderstel dat brontekste suiwer artefakte is wat deur vertaling besoedel word. Soos bespreek word in afdeling 2.3.1 Inleiding: teks- teenoor konteks-gebaseerde literatuurbenaderings, is sy ten gunste van ’n

argument, wat op bladsy 46 verder bespreek word, dat hedendaagse Suid-Afrikaanse literatuur vergelykend en met ’n fokus op netwerke bestudeer moet word.

literatuurbenadering wat aansluit by Bruno Latour se akteur-netwerk-teorie. Binne die akteur- netwerk-teorie word vertaling gebruik as ’n metafoor vir hoe daar relasioneel gedink kan word:

It is not something imposed on the world - an act of aggressive encroachment on pristine otherness - but something that defines a world that is always already composed of acts of connection, negotiation, and transformation. Translations are the means by which paths are connected, actions are co-ordinated, and meanings transmitted.” (Felski, 2015:5)

Vertaling kan nooit perfek wees nie, maar volgens Felski (2015:8 en 17) beteken dit nie dat dit onmoontlik verklaar moet word nie. Sy voer aan dat vertaling onvermybaar is en dat elke spesifiek vertaling op eie meriete beoordeel moet word, in terme van die nuwe betekenisse wat daardeur geskep word.

Damrosch (2003:11) en Apter (2013:2) noem dat die konsep van ’n wêreldliteratuur ook problematies is omdat die globaliserende aspekte daarvan nie net veroorsaak dat literatore die plaaslike en spesifieke kan miskyk nie, maar dat skrywers soms om kapitalistiese redes doelbewus skryf vir die globale mark en hulle tekste manipuleer om in te pas by Westerse idees oor die eksotiese Ander. Op ’n soortgelyke manier waarsku Kadir (2006:75) dat die opneem van tekste in die sisteem van wêreldliteratuur kan neerkom op “neocolonial usurpation and imperial subsumation”. Ferris (2006:83) sien ook die vergelykende letterkunde se hedendaagse fokus op die Ander as ’n voortsetting van die dissipline se Eurosentriese en imperialistiese impulse, eerder as ’n ommekeer daarvan. Die doel van die vergelykende literator is nou, volgens hom, om die hele wêreld te ken en by implikasie te bemeester (Ferris, 2006:86).

Lionnett en Shih (2005) se konsep “minor transnationalism” kan gebruik word om wêreldliteratuur op ’n minder totaliserende manier te bestudeer. Hulle voer aan dat die meeste studies van globalisering net kyk na hoe “mineurkulture”68 dominantes teenstaan of deur hulle geassimileer

word. Daarteenoor stel hulle voor dat die laterale bewegings tussen verskillende mineurkulture ondersoek word (Lionnet en Shih, 2005:7). In die konteks van die bestudering van wêreldliteratuur, sal dit beteken dat daar nie net gekyk moet word na tekste wat vanuit hulle spesifieke “mineur”-

68 Lionnet en Shih (2005:2) se gebruik van die term “minor cultures” vir gemarginaliseerdes is onder meer ’n verwysing na die werk van Deleuze en Guattari. In navolging van Anker (2011:171) vertaal ek “minor” dus as “mineur” om die musikale konnotasies van littérature mineure te behou. Soos wat die mineurtoonaard “’n gedesentreerde

voortvlugtende karakter” aan “lineêre, gekodeerde, gesentreerde” tonale musiek gee, ondermyn of deterritorialiseer mineurliteratuur dominante literêre sisteme (Anker, 2011:173).

konteks vertikaal beweeg om in die wêreldliteratuurkanon opgeneem te word nie, maar ook na hoe ’n teks in ander mineurkontekste ontvang word. Binne die Suid-Afrikaanse literatuurstudie sê Louise Viljoen (2015a) dat nie net vertikale transnasionalismes (byvoorbeeld die vertaling van Afrikaanse tekste na ’n wêreldtaal soos Engels) ondersoek moet word nie, maar ook laterale bewegings (byvoorbeeld die vertaling van Afrikaanse tekste na Nederlands). Na aanleiding hiervan kyk die Belgiese literator Yves T’Sjoen (2015) vergelykend na die maniere waarop onlangse werk deur Breyten Breytenbach in die Anglo-Amerikaanse wêreld én in Nederland en Vlaandere ontvang word.

Bush (2014) sluit aan by ’n voorstel van Spivak (2003:15) dat letterkunde uit spesifieke areas (wat groter as nasies, maar kleiner as die totale planeet is) vergelykend bestudeer moet word. Hy sluit dus aan by die sogenaamde “area studies” – ’n inter- of multidissiplinêre dissipline wat die bestudering van spesifieke geografiese areas behels. Die voordeel van só ’n benadering is dat dit beide die nasionalisme van tradisionele vergelykende letterkunde en die totaliserende impulse van wêreldliteratuurstudies vermy. Moraru (2014), wat nes Bush deur Spivak beïnvloed is, stel voor dat daar in plaas van die wêreld, eerder gedink word in terme van die planetêre:69 “the planet is a soft system: young, evolving and expanding, a world but not the world, a ‘webbed interrelatedness’ covering most of the world but not coterminous with it”. Hiervolgens is daar nie een wêreldletterkunde nie, maar ’n verskeidenheid oorvleuelende literêre netwerke. In hierdie opsig sluit Moraru aan by die argument van Greene (2006:214) dat die ondersoeksveld van die vergelykende letterkunde nie individuele literêre werke is nie, maar eerder die verhouding tussen verskillende werke en die verskillende netwerke waarbinne dit gesitueer is: “the exchanges out of which literatures are made: the economies of knowledge, social relations, power, and especially art that make literatures possible. Not literature but literatures; not works but networks.”

Moraru se gebruik van die woord “planeet” dui ook op die ekokritiese belang van hierdie benadering. Al die verskillende netwerke op die aarde is volgens hom nie deel van een totale, globale, netwerk nie, maar hulle is almal afhanklik van die voortbestaan van die planeet. Moraru verwys na Spivak se Death of a discipline en “The imperative to re-imagine the planet” (hoofstuk 16 van haar boek An aesthetic education in the era of globalization [2012]) om aan te voer dat ’n

69 Hierdie gebruik van die term “planetêre” is nie net invloedryk binne die vergelykende letterkunde nie, Darlene Miller (2015) noem dit by die National Institute for the Humanities and Social Sciences se 2015 doktorale werkwinkel as ’n belangrike nuwe tendens binne die geesteswetenskappe in die algemeen. Sy beklemtoon verder die belang van ruimte en die plaaslike. In sy hoofrede by die Association for Commonwealth Literature and Language Studies se 2016 kongres, voer Achille Mbembe (2016) ook aan dat dit nodig is om te dink in terme van die “planetêre” om hedendaagse sosiale verskynsels te verklaar.

planetêre vergelykende letterkunde dus gefundeer moet wees in ’n respek vir, en Levinisiaanse verskuldiging70 aan, verskille en die Ander: Ander mense, Ander voorwerpe, Ander verhoudings en,

beklemtoon Moraru, ruimte as die Ander. Met laasgenoemde ingedagte verwys Moraru (2014) na Westphal se geokritiek, wat in afdeling 2.4 Geokritiek bespreek word en dien as teoretiese inslag vir die res van hierdie proefskrif, as vrugbare planetêre denke binne die vergelykende letterkunde. Moraru se artikel bring die hedendaagse Amerikaanse debat dus terug by die argumente van Bassnett en Spivak, aangevul met insigte wat spruit uit debatte oor netwerkteorieë en wêreldletterkunde.