• No results found

Die kind leer emosies ken deur gebruik te maak van kleur-jou-lewe-in (colour your life) en Liggaamskartering (Body Map of feelings) – sessie

Skoolprestasie bogemiddeld.

5.4 PROSESSERING EN ANALISERING VAN DIE KWALITATIEWE DATA

5.4.3 Die kind leer emosies ken deur gebruik te maak van kleur-jou-lewe-in (colour your life) en Liggaamskartering (Body Map of feelings) – sessie

Sensoriese werk

Stimulering van die sensoriese funksies kan vir kinders bewusmaking en kontakmaking van hul sintuie bewerkstellig, aldus Schoeman (1996:41). Nadat die navorser seker was dat die meeste van die deelnemers se onderdrukte aggressie uitgewoed is, is aandag geskenk aan die sensoriese modaliteite van die deelnemers. Sensoriese stimulasie gee dikwels aanleiding tot bepaalde gedagtes in die kinders se bewussyn. Die ontwikkeling van sensoriese bewustheid het volgens (Blom, 2006:90), spesifieke terapeutiese waarde vanuit die Gestaltbenadering, aangesien dit bydra tot kinders se funksionering as holistiese entiteite van denke, emosie en liggaam. Schoeman (1996:57) is van mening dat sensoriese kontak nie net belangrik vir die kinders is nie, maar ook vir die hulpverlener, sodat albei die vermoë sal besit om in die terapeutiese verhouding te gee en te neem. Al die deelnemers het die bewuswording van hul sintuie op die oog af geniet en die ervarings het hulle gehelp

om van verskillende gevoelens bewus te word. Dit wil voorkom of die doelwitte rondom sensoriese kontak suksesvol was. Aangesien bewuswording doelgerig plaasvind, sal stimulering van die sintuie, vanuit die Gestaltbenadering, die kinders in totaliteit aanspreek (Blom, 2006:92-97). Sensoriese bewustheid is gedurende sessie 3 gefasiliteer deur die deelnemers te vra om oor verskillende teksture te loop en dan te seil. Die navorser en die deelnemers het begin deur borrelpapier stukkend te druk. Die navorser vra daarna elke deelnemer om hulself met „n borsel te borsel. Die deelnemers is tydens sessie 4 gevra om verskillende voorwerpe uit hul houer te haal en te bestudeer deur gebruik te maak van verskillende kleure selofaan. Uit deelnemer 1 se opmerking is dit duidelik dat liggaamlike bewustheid verhoog is:

“Haai, ek sien beter met my linkeroog”.

Deelnemer 3 het ook „n selfontdekkingservaring gehad:

“Die wêreld lyk mooi deur die blou brille, maar ek hou baie meer van die gekleurde wêreld”.

“Ek slaan nie meer aan die ander kinders nie: partykeer word ek nog kwaad, maar ek slaan nie meer nie. My arms het altyd geslaan en my bene het geskop, maar ek maak nie meer die kinders seer nie. My hande is nie meer vuiste nie, maar oop. Ek het nou meer maatjies as wat ek gehad het. Ons speel pouses sokker. Met my mond sê ek nie meer lelike goed nie. My mond lyk nie meer kwaad nie, maar vriendelik”.

Gedurende sessie 6 gee die navorser vir elke deelnemer „n stuk klei. Oaklander (2007:67) is van mening dat kinders met aggressiewe gedrag klei kan gebruik om te slaan en te druk. Hulle kan dus hul woede projekteer op die klei op verskillende maniere. Geldard en Geldard (2008:188) noem dat die klei „n verlenging word van die kinders self en die kinders toelaat om kreatief te wees. Die navorser vra hulle om hul oё toe te maak en aan die klei te voel. Sy verseker hulle dat sy haar oё ook toe sal hou. Terwyl hulle aan die klei voel, haal hulle diep asem. Die navorser vra hulle om die klei in albei hul hande vas te hou en te knyp. Eers stadig en dan al hoe vinniger. Die navorser vra hulle om hul oё oop te maak as hulle gereed is en dit dan so hard as moontlik neer te gooi. Die navorser beveel aan dat hulle dan „n geluid moet maak terwyl hulle die klei gooi. Die navorser en die deelnemers kompeteer wie die klei die hardste kan gooi. Nadat hulle weer gaan sit het, vra die navorser vir elke

deelnemer om „n gaatjie in die klei met sy/haar vinger te boor. Sy verduidelik nou aan hulle dat hulle nou die klei baie goed ken, want hulle weet hoe dit voel, ruik en lyk.

Deelnemer 1 verduidelik dat sy klei glad en sag voel. Dit is ook lig en koud. Hy gooi die klei met geweldige krag en geniet dit terdeё. Hy geniet dit om snaakse geluide te maak. Deelnemer 2 sê dat hy „n son wil maak, want hy voel gelukkig. Hy wys vir die navorser hoe sterk hy is en hoe hard hy die klei kan druk. As die navorser hom aanmoedig om die klei harder te druk en bietjie te slaan, kom sy “aggressiemonster” te voorskyn. Die navorser laat hom toe om die klei te gooi en te slaan totdat hy uitasem is. Deelnemer 3 is opgewonde daaroor om met die klei te speel. Hy sê hy is mal oor die klei. Deelnemer 3 kan sonder die hulp van die navorser beskryf hoe die klei voel. Hy noem dat dit glad en sag is. Die klei is lig. Deelnemer 3 vra of hy die klei in „n lang slang kan rol, want hy hou daarvan. Deelnemer 3 hou daarvan om die plat deel van die klei oor sy wange te vryf. Hy sê hy sal daarvan hou om so kussing te hê. Hy noem herhaaldelik dat hy baie van daardie soort klei hou. Hy boks die klei en die navorser vra of hy dink dit sal help as hy klei boks as hy voel hy word kwaad. Hy antwoord: “definitief”.

Sensoriese stimulasie het ten doel gehad om die kinders se bewustheid van hulself te verhoog, innerlike krag te verskaf, hulle meer gemaklik te laat voel en die verhoging van hul selfvertroue teweeg te bring (Blom, 2006:90-92). Die doel van Gestaltterapie is reeds om bewustheid te bewerkstellig sodat selfregulering kan plaasvind (Schoeman, 2005:123).

Werk met emosies deur benutting van Liggaamskaart van gevoelens en Kleur- jou-lewe in vorm van emosieboekie

Die navorser lei die deelnemers om te besef dat „n mens, soos met jou vel, met jou hart ook kan voel. Die navorser verduidelik dat „n mens die goed wat jy met jou hart voel, emosies noem. Sy noem aan die deelnemers dat elkeen van hulle hulle eie emosieboekie gaan maak. Die proses word verduidelik deur deelnemer 1 se respons op die maak van die emosieboekie weer te gee:

Die navorser wys aan deelnemer 1 die emosieboekie en verduidelik aan hom wat emosies is. Die navorser verduidelik verder dat „n mens baie verskillende emosies kan ervaar. Die navorser wys aan deelnemer 1 verskillende gevoelsgesiggies en hy moet die emosies identifiseer. Die navorser verduidelik aan deelnemer 1 dat alle

mense die emosies ervaar en dat dit reg is om dit te ervaar. Die navorser vra deelnemer 1 om aan elke emosie „n kleur toe te ken ingevolge die werkswyse van die kleur-jou-lewe tegniek. Deelnemer 1 kies blou vir kwaad en skryf die woord kwaad op die blou bladsy. Die navorser vra aan deelnemer 1 om met sy gesig en liggaam te demonstreer hoe hy maak en lyk as hy kwaad is. Hy frons en maak vuiste. Hy voel asof hy iets wil breek en sy liggaam raak warm. Die navorser vra aan deelnemer 1 om die kwaad op die blou bladsy te teken. Die navorser vra aan deelnemer 1 om te verduidelik wat hy geteken het. Hy noem dat hy homself geteken het wat sy beertjie teen die muur gooi. Hy sê dat hy dikwels so kwaad voel en dat sy oupa hom so kwaad maak as hy op hom skree. Hy teken ook „n groot hart omdat hy die “kwaadgeit” in sy hart voel (Body map of feelings). Hy kies die kleur rooi as sy gelukkige kleur, want dit is sy gunsteling kleur. Hy teken weer „n groot hart, want hy voel gelukkig in sy hart. Hy teken ook „n kop, want hy sê dat hy gelukkig voel in sy kop en dan wil hy net speel. Hy wys spontaan aan die navorser hoe sy gesig lyk as hy gelukkig is. Deelnemer 1 kies pienk as sy hartseer kleur omdat hy nie van pienk hou nie. Hy skryf bo-aan die pienk bladsye die woord hartseer. Die navorser vra hom om hartseer te teken. Hy voel die hartseer ook in sy hart en noem dat hy dikwels so voel. Hy raak hartseer as sy oupa met hom baklei. Die navorser fokus sy aandag daarop dat sy oupa hom dus ook soms kwaad maak. Die navorser stel voor dat hulle die gevoel kwaad-hartseer noem. Hy noem dat hy glad nie daarvan hou om hartseer te wees nie. Deelnemer 1 kan nie noem wat „n mens moet doen as „n mens hartseer is nie. Hy sê wel dat die ander leerders by die skool hom kwaad-hartseer maak wanneer hulle hom seermaak. Hy wys hoe sy gesig lyk as hy hartseer word. Deelnemer 1 kies wit as sy bang kleur, want wit kan jou aan „n spook laat dink. Hy begin spontaan om bang te teken. Hy teken „n monster. Die navorser vra aan deelnemer 1 hoe „n persoon se gesig lyk wanneer jy bang is. Hy wil nie wys nie. Die navorser probeer hom motiveer deur te vra of „n persoon se oё groter of kleiner word as „n mens bang is. Hy maak dan spontaan „n bang gesig met groot oё. Hy wys ook dat sy liggaam bewe. Hy noem dat hy stilstaan wanneer hy bang is, maar noem ook dat niks hom bang maak nie. Hy kon die emosies maklik identifiseer. Hy kon dit ook koppel aan situasies in sy eie lewe. Dit was egter vir hom moeilik om te identifiseer hoe om op die verskillende emosies te reageer. Volgens sy moeder verskaf hulle nie aan hom alternatiewe vir sy aggressiewe gedrag nie. Sy was ook baie eerlik en erken dat sy ook soms aggressief raak wanneer sy kwaad is. Dit wil voorkom asof deelnemer 1 nie positiewe rolmodelle het by wie hy kan leer om op „n aanvaarbare wyse uiting aan sy aggressie te gee nie. Deur die aktiwiteit was dit vir die navorser moontlik om deelnemer 1 se gevoelstaal te toets.

Die navorser verduidelik aan die deelnemers dat „n mens nie net al die emosies moet herken nie, maar dat „n mens ook moet weet hoe om die emosies te hanteer. Werk met emosies was deurentyd „n belangrike deel van die intervensie en die deelnemers kon hulle “emosieboekies” gebruik regdeur die intervensie. Die navorser gesels spontaan met elke deelnemer oor dinge wat „n mens nie mag doen as „n mens kwaad word nie.

Figuur 5.2 Voorbeeld van deelnemers se emosieboekie

Tydens die laaste gesprekvoeringsessie verwys die deelnemers soos volg na die emosieboekie:

Deelnemer 4: “Ek het die meeste gehou van die boekie wat ons gemaak het met die kleure van die gevoelens in”. Deelnemer 5: “Ek het nou nog my boekie met hoe my hartjie voel in. Ek het hom gister gelees”.

Die navorser brei die gesprek met die deelnemers uit deur te vra wat „n mens wel dan kan doen as jy kwaad word:

Deelnemer 1 kan nie aan enige alternatiewe dink nie. Die navorser vra aan hom of hy kan onthou van die blaas van die strokiepapier wat aan die sonbril vas is. Deelnemer 1 dink dat dit sal help om stadig asem te haal. Hy noem ook dat „n mens nie met die kinders moet speel wat „n mens kwaad maak nie. Die navorser gee aan

deelnemer 1 „n kussing om te slaan. Hy sê dat dit hom baie beter laat voel. Deelnemer 2 hou die meeste daarvan om „n kussing te slaan. Deelnemer 4 noem dat dit goed vir haar werk om diep asem te haal. Deelnemer 5 noem „n voorval gedurende die week waar dit vir hom moontlik was om eerder diep asem te haal as om „n maat te slaan.

Gedurende die laaste gesprekvoeringsessie met die kinders kon die deelnemers aan die volgende alternatiewe dink: Deelnemer 1: “Ek sal vir hom sê om om die

rugbyveld te hardloop”. “Draai om en loop”. Deelnemer 2: “Hy kan ook „n kussing slaan, want hy maak ander kinders se hartjies seer”. “Dit help ook om op jou bed te lê as jy kwaad is”. Deelnemer 3: “Ek sal vir hom sê dit is beter om nie kwaad te word nie anders kom jy in die moeilikheid. Loop eerder weg tot jy beter voel”.

Dit is reeds duidelik dat die diagrammatiese hulpmiddels binne „n oorkoepelende proses van hulpverlening benut word, waar daar ruimte is vir prosesgerigte tegnieke en waar kinders ook selfbeskikking het oor hoe mediums benut word.

Liggaam-denke konneksie met die robottegniek

Die navorser verduidelik verder aan die deelnemers dat elke mens se liggaam soos „n boodskapper is. Die brein is die generaal wat al die besluite neem en die spiere is soos soldate. Die brein stuur boodskappe aan die spiere wat die liggaam waarsku dat „n persoon besig is om kwaad te word. Die boodskap is aan deelnemers oorgedra dat mense moet leer om na hul liggame te luister. Die navorser vra dat elke deelnemer moet sê: “Ek voel kwaad en ek mag kwaad voel”. As hy kwaad word, moet hy aan „n robot dink. Rooi - Ek voel kwaad, ek mag kwaad voel. Oranje - Dink! Wat gaan ek nou met die emosie doen? Groen - Doen! Om die tegniek te versterk in die deelnemers se daaglikse lewe het die navorser krale saamgebring waarmee elke kind sy/haar eie robot-armband by die huis kan maak. Deelnemer 2 se begrip van die robottegniek (Stallard, 2002:180) is duidelik in die volgende stelling wat deur hom gemaak is:

“Ek voel eerste die kwaad in my hartjie, want my hart begin baie vinnig klop”.

Deelnemer 2 is bewus daarvan dat „n mens woede kan ervaar, maar was onder die indruk dat die emosie verbode en verkeerd is. Deelnemer 2 het heel waarskynlik hierdie boodskap as „n introjek ervaar en dit deel gemaak van die self sonder om dit

te assimileer (sien 3.4.2). Die navorser het hom verseker dat dit normaal is om kwaad te word (Connor, 2002:4). Hy kon self met die ondersteuning van die navorser aan alternatiewe maniere dink om uiting aan aggressie te gee. Dit was ook vir Deelnemer 2 en die navorser moontlik om op „n kognitiewe vlak „n gesprek te voer oor emosies in die algemeen. Reis, Trockel en Mulhall (2007:324) is van mening dat intervensie wat gemik is op die verbetering van prososiale gedrag en besluitneming aanleiding gee tot „n afname in aggressiewe gedrag.

Tydens die laaste gesprekvoeringsessie (ongeveer „n jaar na die intervensie met deelneemers afgelê is) met die deelnemers het dit vir die navorser duidelik geword dat die robottegniek „n groot impak op die deelnemers gehad het, soos blyk uit die volgende stellings:

Deelnemer 1: “Ek onhou die vulkaan wat soos jou hartjie is en dan wil ontplof en die robot wat se STOP DINK DOEN”. Deelnemer 2: “As ek kwaad word, dink en aan die robot. STOP DINK DOEN”. Deelnemer 5: “Ek tel tot tien en loop dan weg. Ek dink aan die robot wat se STOP DINK DOEN. Ek het dit ook al vir ander kinders geleer wat vloek en ander kinders seermaak”.

5.4.4 Assessering van die rol wat betekenisvolle persone op kinders se