• No results found

Assessering van die rol wat betekenisvolle persone op kinders se aggressie het deur gebruik te maak van die genogram as diagrammatiese

Skoolprestasie bogemiddeld.

5.4 PROSESSERING EN ANALISERING VAN DIE KWALITATIEWE DATA

5.4.4 Assessering van die rol wat betekenisvolle persone op kinders se aggressie het deur gebruik te maak van die genogram as diagrammatiese

speeltegniek – sessie 4

Benutting van foto‟s

Uit die empiriese ondersoek blyk dit dat foto‟s nuttig gebruik kan word tydens die opstel van die genogram. Die spontane gesprekke oor elke deelnemer se foto‟s het die terapeutiese verhouding tussen die navorser en die deelnemers versterk, soos sigbaar uit die volgende gesprek tussen die navorser en deelnemer 5:

Die navorser en deelnemer 5 blaai deur deelnemer 5 se fotoalbum. Hy kies foto‟s waarmee hy sy genogram wil maak. Hy gesels spontaan met die navorser oor sy familie. Dit is nie vir die navorser nodig om enige vrae te vra nie. Hy dui met behulp van rooi kolle aan wie in die gesin maak hom kwaad. Die navorser en deelnemer 5 gesels oor dinge wat hy kan doen as hy by die huis kwaad word. Die navorser en deelnemer 5 dink aan „n spesiale plekkie waar hy kan sit om “af te koel”.

Die foto‟s kan ook gebruik word om die kind aan te moedig om “Ek-stellings” te maak, soos deelnemer 2:

“Op die foto het ek swart hare en kan ek nog nie loop nie. Ek is nou groot en kan al loop”.

Deelnemer 3 en 4 het nie foto‟s na die sessie gebring nie en is deur die navorser versoek om die lede van hul gesinne te teken. Deelnemer 3 het die navorser gevra om sy ma te teken omdat hy nie mooi kan teken nie. Die navorser stel hom gerus en verseker hom dat hy nie mooi hoef te teken nie. Plummer (2008:22) beweer dat gesonde vlakke van selfvertroue die kind in staat stel om moeilike lewensituasies te hanteer. Die outeur voer aan dat, indien selfvertroue laag is, die kind se woededrempel ook moontlik laag kan wees. Die ontwikkeling van gesonde selfvertroue is dus van belang tydens enige intervensie gerig op aggressie.

Opstel van die genogram

Die navorser verduidelik aan die deelnemers dat hulle „n huis gaan maak deur gebruik te maak van die foto‟s of tekeninge van die kind. Die navorser het reeds „n rooi dak en blou mure saamgebring waarmee die deelnemers „n huis kon maak waarop die genogram ontwerp sal word. Die navorser gebruik die verloop van deelnemers 1, 3 en 4 se sessie as voorbeeld tydens die opstel van die genogram:

Deelnemer 1 kom ontspanne voor en neem aktief deel. Hy plaas die foto van homself in die middel van die huis. Hy lag vir die foto, omdat hy twee fopspene in sy mond het. Hy noem dat hy van snaakse goed hou. Hy kan nie onthou toe die foto geneem is nie, maar hy dink hy was drie jaar oud. Volgende word foto‟s van sy ma, oupa en ouma in die huis geplaas. Die navorser vra of daar nog iemand is wat hy graag in die huis wil sit. Hy wil graag sy pa ook in die huis sit, want hy wil hê sy pa moet saam met hulle woon. Hy vertel dat hy net een foto van sy pa het. Hy raak ongemaklik toe die navorser vra wanneer hy laas sy pa gesien het. Na „n rukkie antwoord hy dat hy nie kan onthou nie. Die navorser vra dat deelnemer 1 sy emosieboekie uit die intervensiehouer haal. Deelnemer 1 en die navorser kyk net weer watter emosie deelnemer 1 aan watter kleur gekoppel het. „n Gesprek volg oor die dinge waarvan almal in hul huis die meeste hou. Sy ma hou die meeste van hom en sy ouma hou ook die meeste van hom. Dit laat hom bly voel dat so baie mense vir hom lief is. Hy skryf dit by gelukkig in sy emosieboekie. Hy ken glad nie sy pa nie en kan nie noem

waarvan sy pa hou nie. Die navorser en deelnemer 1 gesels verder oor wie in die huis die meeste tyd saam spandeer. Deelnemer 1 noem dat sy ma die meeste tyd saam met haar vriende spandeer. Hy plak „n pyl vanaf sy ma wat na buite die huis wys. Sy ouma spandeer die meeste tyd saam met deelnemer 1 en hy plak die pyl vanaf sy ouma na homself. Sy oupa spandeer ook die meeste tyd saam met hom en dus plak hy die pyl vanaf sy oupa na homself. Deelnemer 1 dui aan dat hy die meeste tyd saam met maatjies wil wees. Deelnemer 1 word gevra wie in die huis hom kwaad maak. Hy wys weer met sy liggaam en gesig hoe kwaad lyk. Hy sê dat sy ma hom baie kwaad maak. „n Kwaadknoppie word op sy ma geplak, wat daarop dui dat sy hom kwaad maak. Sy baklei met hom en dit maak hom kwaad. Hy skryf in sy emosieboekie onder kwaad sy ma se naam neer. Sy oupa maak hom ook soms kwaad as hy met hom baklei en hy skryf ook sy naam in die boekie onder kwaad. Deelnemer 1 plak „n blou lint (kwaad) vanaf homself na sy ma en oupa, wat aandui dat hulle hom kwaad maak. Deelnemer 1 verstaan dat sy ma soms met hom moet baklei wanneer hy stout is. Hy noem dat hy soms nie sy speelgoed wil optel nie en dan raak sy kwaad. Hy raak dan ook kwaad as sy met hom raas. Die navorser herinner hom aan die robottegniek en vra dat hy dit volgende keer probeer as sy ma met hom raas. Deelnemer 1 vra of hy „n blou lint na sy pa kan plak, want hy maak hom ook kwaad omdat hy nooit kom nie. Die navorser vra wat die belangrikste ding is wat hy vir sy pa wil sê. Hy antwoord dat hy hom net wil vra om asseblief te kom kuier. Hy wil „n rooi lint na sy ouma toe plak, want sy doen alles vir hom. Hy is baie lief vir haar. Hy skryf ook in sy emosieboekie dat sy ouma hom bly maak. Hy voeg egter by dat almal in die huis lief is vir hom en dit maak hom gelukkig al word hy kwaad. Hy plak ook „n pienk (hartseer) lint na sy pa en meld dat sy pa die enigste een is wat hom hartseer maak. Hy vertel vir niemand as hy hartseer oor sy pa is nie. Plummer (2008:21) waarsku teen hierdie ophoping van emosies en noem dat kinders nie leer om emosies suksesvol te reguleer as hulle nie die geleentheid gebied word om dit uit te druk nie. Dit mag waar wees vir hierdie deelnemer. Die deelnemer vertel verder dat hy daarvan hou om op sy bed te lê as hy hartseer is. Niemand in die huis maak hom bang nie en hy is ook vir niks bang nie. „n Gesprek volg verder oor wat elkeen in die huis doen as hy of sy kwaad word. Sy ma en oupa skree as hulle kwaad is. Hy noem dat hy graag aan hulle sal wil sê om nie so te skree nie, want dit maak hom hartseer. Deelnemer 1 oefen dit deur middel van rolspel.

Die gesinslede word op deelnemer 3 se huis gepak. „n Bespreking volg oor die verskillende lede van die gesin: dinge waarvan hulle hou, dinge wat hulle doen, dinge

waarvan hulle nie hou nie, mense wat by hulle kom kuier. Deelnemer 3 vra of hy eerder sy ouma se regte naam kan skryf eerder as die woord mamma. Soos reeds genoem wou deelnemer 3 ook nie sy ouma teken nie. Deelnemer 3 vertel dat hy baie met sy messe speel. Sy pa en oom het dit vir hom gegee toe hulle nog gelewe het. Hy raak soms hartseer as hy na die messe kyk. Hy skryf dit in sy emosieboekie onder hartseer. Deelnemer 3 sê dat hy nie aan iets kan dink om te doen wanneer hy hartseer is om hom beter te laat voel nie. Die navorser maak voorstelle aan deelnemer 3 in verband met dinge wat hy eerder kan doen in plaas

daarvan om die hartseer te ignoreer. Deelnemer 3 dink nie dat enige van die voorstelle vir hom sal werk nie. Hy kan ook nie aan iets anders dink nie. Deelnemer 3 sê wel later dat sy pa en oupa se hoede op „n spesiale plek in die huis hang en hy gaan staan soms daar as hy hartseer is. Deelnemer 3 vertel verder dat hy soms vir sy ouma jok as hy stout was, want hy wil haar nie teleurstel nie. Deelnemer 3 begin baie woelig raak en hy ry op sy stoel. Die navorser fokus sy aandag daarop. Hy sê dat dit nie vir hom lekker is om oor die dinge te gesels nie. Hy erken dat hy baie vir sy ouma jok omdat sy kwaai is. Hy voel baie sleg as hy vir haar gejok het. Deelnemer 3 noem dat sy ouma hom ook soms kwaad maak, maar hy is baie lief vir haar. Die navorser gesels bietjie met deelnemer 3 oor keuses en dat alles wat „n mens doen, gevolge het. Die navorser en deelnemer 3 oefen weer die robottegniek. Tydens die laastegesprekvoeringsessie met deelnemer 3 verwys die deelnemer weer na die genogram soos volg: “Ek onthou ook dat ons my wêreld gemaak het met kolle op al die plekke waar ek kwaad word en planne uitgedink het om nie meer kwaad te word nie”.

Deelnemer 4 geniet dit om haar genogram te ontwerp. Sy wil selfs „n tuin rondom die huis teken. Die navorser laat haar toe. Deelnemer 4 wil al hul diere ook op die genogram aanbring. Sy noem dat hul diere deel is van hul gesin. Die navorser laat haar toe om „n vorm vir diere ook te kies en hulle by te teken. Sy gesels spontaan oor die lede van haar gesin. Sy spreek haar aggressie uit oor die lede van haar gesin. Sy dui dit aan in haar emosieboekie en die navorser verskaf aan haar rooi kolle (hot

buttons) om op almal te plak wat haar kwaad maak. Dit is opvallend dat sy ook „n kol

op haarself plak, omdat sy “so stadig” is. Die navorser en deelnemer 4 gesels weer oor die verkeersligtegniek. Deelnemer 4 het haar robot-armband aan. Sy is in staat om aan „n hele paar alternatiewe te dink om uiting aan haar woede tuis te gee. Deelnemer 4 vra ook spontaan of sy nog iets in haar emosieboekie kan skryf. Sy wil by gelukkig skryf dat sy „n tand gewissel het en dat die muis vir haar geld gebring het. Deelnemer 4 noem dat haar boetie en pa haar kwaad maak, maar hulle maak