• No results found

Die benutting van diagrammatiese hulpmiddels met aggressiewe kinders in die middelkinderjare : 'n Gestaltspelterapeutiese intervensie

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Die benutting van diagrammatiese hulpmiddels met aggressiewe kinders in die middelkinderjare : 'n Gestaltspelterapeutiese intervensie"

Copied!
351
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

Die benutting van diagrammatiese hulpmiddels met

aggressiewe kinders in die middelkinderjare: „n

Gestalt-spelterapeutiese intervensie

T. Schickerling

23252758

Proefskrif voorgelê vir die graad Philosophiae Doctor in Psigologie

aan die Potchefstroom kampus van die Noordwes-Universiteit

Promotor: Dr M van der Merwe

(2)

VERKLARING

Studentenommer: 23252758

Ek verklaar hiermee dat Die benutting van diagrammatiese hulpmiddels met

aggressiewe kinders in die middelkinderjare: „n Gestalt-spelterapeutiese intervensie

my eie werk is en dat alle bronne wat gebruik of aangehaal is, deur middel van volledige verwysings aangedui en erken is.

____________________ ____________________

HANDTEKENING DATUM

(3)

Qu ic k Tim e ™ a n d a d e c o m p re s s o r a re n e e d e d to s e e th i s p i c tu re .

(4)

DANKBETUIGINGS

Hiermee wil ek my opregte dank oordra aan die volgende persone vir hulle begrip, hulp en ondersteuning:

 My studieleier, Dr Mariette van der Merwe vir haar bekwame leiding, geduld, ondersteuning en wysheid.

Tania van Vuuren vir die puik taalkundige versorging.

 My familie vir hulle volgehoue ondersteuning en liefde. Dankie dat julle my lewe verryk.

Spesiale dank aan my man, Michael, vir al die ondersteuning en opofferings.

Die kinders wat hulle lewens met hy gedeel het.

Baie dankie aan my Hemelse Vader vir die groot genade wat elkeen van ons opnuut elke dag ontvang.

“Bitter are the tears of a child: Sweeten them. Deep are the thoughts of a child: Quiet them. Sharp is the grief of a child: Take it from him. Soft is the heart of a child: Do not harden it.” -Pamela Glenconner-

(5)

OPSOMMING

Aggressiewe gedrag in die middelkinderjare veroorsaak vele probleme, nie net vir kinders met hierdie gedrag nie, maar ook vir die persone betrokke by kinders met aggressiewe gedrag en die breër samelewing. Kinder-aggressie het „n negatiewe impak nie net op kinders se sosiale ontwikkeling nie, maar belemmer ook kinders se persoonlikheidsontwikkeling, emosionele ontwikkeling, kognitiewe ontwikkeling, morele ontwikkeling en selfs hulle fisieke ontwikkeling. Volgens die veldteorie waarop hierdie studie gegrond is beïnvloed alles wat in die veld gebeur mekaar wederkerig. Kinders se aggressiewe gedrag beïnvloed dus sisteme binne en buite die self. Aangesien kinders in die middelkinderjare nie oor die emosionele- en sosiale beheer beskik waaroor volwassenes beskik nie, is die fokus van die studie nie op kinders wat hulle nou en dan skuldig maak aan aggressiewe gedrag nie, maar eerder op kinders wat hulle „n gereelde basis skuldig maak aan aggressiewe gedrag. Die term aggressiewe gedrag word as „n beskrywende term gebruik vir fisieke aggressie, verbale aggressie, vyandigheid en woede.

Vroegtydige intervensie is dus van kardinale belang om te verseker dat kinders met aggressie se ontwikkeling so min as moontlik deur hulle gedrag belemmer word. Daar blyk altyd „n oorsaak te wees vir kinder-aggressie. Die oorsake moet net gesoek en aangespreek word. Gedurende hierdie studie is diagrammatiese hulpmiddels aangewend as intervensiemedia vir kinders met aggressie gedrag in die middelkinderjare. Diagrammatiese hulpmiddels is benut omdat die diagramme kinders se leefwêrelde op „n konkrete manier in die speelkamer inbring. Kinders in die betrokke ontwikkelingstadium is ook afhanklik van konkrete voorbeelde om sin te maak van hulle wêrelde.

Die navorsingshipotese vir hierdie studie, naamlik indien Gestalt-gebaseerde diagrammatiese hulpmiddels benut word in hulpverlening met kinders met aggressie gedrag in die middelkinderjare, dan sal daar „n afname wees in aggressiewe uitlewing is met hierdie studie ondersoek. Die doel van die studie was om ʼn verkennende en beskrywende ondersoek te onderneem na die gebruik van diagrammatiese hulpmiddels binne „n Gestaltterapeutiese raamwerk vir kinders met aggressie in die middelkinderjare deur die benutting van die enkelstelselontwerp. Om hierdie doelwit te verwesenlik is beide „n literatuurstudie en „n empiriese ondersoek geloods. Die literatuurstudie het ten doel gehad om lig te werp op reeds bestaande kennis aangaande kinders

(6)

met aggressie gedrag in die middelkinderjare, die Gestaltbenadering en verskillende diagrammatiese hulpmiddels. Gedurende die empiriese deel van die studie is vyf kinders met aggressiewe gedrag in hulle middelkinderjare betrek by die studie. Die ouer(s) van die kinders met aggressiewe gedrag is ook gedurende die eerste en twee laaste sessies betrek. Insette van

hulpverleners wat vanuit „n Gestalt-spelterapeutiese raamwerk met kinders met aggressie gedrag werk, is verkry deels vir triangulering en deels om die voorgestelde intervensie-program te verryk.

Gemengde navorsing is in hierdie studie benut, m.a.w „n kombinasie tussen kwantitatiewe en kwalitatiewe metodes. „n Kombinasie van hierdie twee metodes het aanleiding gegee tot „n meer omvattende navorsingsbenadering. Kwasi-eksperimentele navorsing as enkelstelselontwerp is benut. Daar is besluit op die enkelstelselontwerp omdat daar gedurende hierdie studie slegs van een toets en een groep gebruik gemaak is. „n Gestandaardiseerde skaal is as voortoets en natoets gebruik om die impak van die intervensie op die kinders se aggressie vlakke te bepaal. „n Gestalt-spelterapeutiese intervensie wat diagrammatiese hulpmiddels as media benut, is ontwikkel en word beskryf. Gevolgtrekkings en aanbevelings vanuit hierdie studie kon gemaak word, gebaseer op die literatuurstudie en die empiriese ondersoek wat geloods is. Sleutelterme Aggressie Diagrammatiese hulpmiddels Gestaltspelterapie Middelkinderjare Veldteorie

(7)

SUMMARY

nmnAggressive behaviour in the middle childhood years causes many problems, not only for children with this behaviour, but also for the people involved with the aggressive behaviour of children and for society as a whole. Child aggression does not only have a negative impact on children‟s social development, but also hampers children‟s personality development, emotional development, cognitive development, moral development and even their physical development. According to the field theory on which this study is based, everything that happens in the field has a mutual influence on each other. Children‟s aggressive behaviour therefore influences systems inside and outside themselves. As children in the middle childhood years do not have the emotional and social control that adults do, the focus of the study is not on children who present with aggressive behaviour every now and then, but rather on children who frequently present with aggressive behaviour. The term aggressive

behaviour is used as a descriptive term for the use of physical aggression, verbal

aggression, animosity and anger.

Early intervention is therefore crucial in order to ensure that the development of children with aggressive behaviour is hampered as little as possible by behaviour. There always seems to be a cause for aggression in children. The causes should just be sought and addressed. During the course of this study, diagrammatic aids were used as intervention media for children with aggression in the middle childhood years. Diagrammatic aids were used because these bring the world in which the children live into the playroom in a concrete manner. Children in this particular phase of development are also dependent on concrete examples to make sense of their worlds.

The research hypothesis of this study – namely, if Gestalt-based

diagrammatic aids are used in intervention with children with aggression in the middle childhood years, there will be a decrease in the exhibition of aggressive behaviour – was investigated in this study. The purpose of this study was to undertake investigative and descriptive research into the use of diagrammatic aids within a Gestalt therapeutic framework for children with aggressive behaviour in the middle childhood years, through the use of the single system design. In order to meet this objective, both a literature review

(8)

and an empirical investigation was launched. The purpose of the literature review was to provide insight into existing information regarding children with aggressive behaviour in the middle childhood years, the Gestalt approach and various diagrammatic aids. During the empirical research phase, five children with aggressive behaviour in the middle childhood years were involved in this study. The parent(s) of the children were also involved in the first and second-last sessions.

Mixed method research was used in this study, in other words a combination of quantitative and qualitative methods. A combination of these two research methods resulted in a more comprehensive research approach. Quasi-experimental research was used as single system design. The single system design was chosen because only one test and one group were used during the study. A standardised scale was used as pre- and post-test to establish the impact of the intervention on the children‟s levels of aggression.

Conclusions and recommendations could be made from this study, based on the literature review and the empirical investigation that were launched.

Key terms

Aggression

Diagrammatic aids Gestalt play therapy Middle childhood years Field theory

(9)

INHOUD

HOOFSTUK 1

ALGEMENE INLEIDING EN OORSIG VAN DIE STUDIE

1.1 RASIONAAL VIR DIE STUDIE 1

1.2 NAVORSINGSPROBLEEM EN FOKUS 6

1.2.1 Probleemformulering 6

1.2.2 Doel van die studie 6

1.2.2.1 Doelstelling 7

1.2.2.2 Doelwitte 7

1.3 AANNAMES VAN DIE STUDIE 8

1.3.1 Navorsingsvraag 8

1.3.2 Hipotese 8

1.4 NAVORSINGSPARADIGMA 9

1.5 NAVORSINGSONTWERP 10

1.6 NAVORSINGSMETODOLOGIE 12

1.6.1 Die voor en nadele van enkelstelselontwerp 14

1.6.2 Navorsingsprosedures 16

1.7 UITVOERBAARHEID VAN DIE NAVORSING 19

1.7.1 Kwalitatiewe tegnieke 19

1.7.2 Kwantitatiewe tegnieke 20

1.7.3 Benutting van bestaande informasie bronne 20

1.7.4 Konsultasie met kundiges 21

1.7.5 Omskrywing van universum, afbakening van steekproef

en wyse van steekproefneming 21

1.8 GELDIGHEID VAN DIE NAVORSING 23

1.9 ETIESE ASPEKTE 24

1.10 DEFINISIE VAN KONSEPTE 25

1.10.1 Aggressie 26

1.10.2 Middelkinderjare 26

1.10.3 Diagrammatiese hulpbronne 26

1.10.3.1 Die genogram 26

1.10.3.2 Die ekokaart 27

(10)

1.10.3.4 Tydlyn 27 1.10.3.5 Identifisering van gedragspatrone 27

1.10.4 Gestaltspelterapie 28

1.11 INDELING VAN DIE NAVORSINGSVERSLAG 28

1.12 SAMEVATTING 29

HOOFSTUK 2

AGGRESSIEWE GEDRAG IN DIE MIDDELKINDERJARE

2.1 INLEIDING 30

2.2 AGGRESSIE AS VERSKYNSEL 31

2.3 ONTWIKKELING VAN KINDERS IN DIE MIDDELKINDERJARE MET „N SPESIFIEKE VERWYSING NA DIE ONTWIKKELING

VAN AGGRESSIE 36

2.3.1 Fisiese en biologiese ontwikkeling 38 2.3.1.1 Algemene fisiese en motoriese ontwikkeling 39 2.3.1.2 Fisiese en biologiese faktore wat aanleiding kan gee tot aggressie 40 2.3.2 Persoonlikheidsontwikkeling 43

2.3.2.1 Selfkonsep 44

2.3.2.2 Emosionele ontwikkeling 45

2.3.2.3 Persoonlikheidsaspekte wat aanleiding kan gee tot

aggressiewe gedrag 47

2.3.3 Sosiale ontwikkeling 49

2.3.3.1 Sosiale faktore wat aanleiding kan gee tot aggressiewe gedrag 51

2.3.4 Kognitiewe ontwikkeling 59

2.3.4.1 Kognitiewe take 60

2.3.4.2 Taalontwikkeling 61

2.3.4.3 Kreatiwiteit 61

2.3.4.4 Kognitiewe faktore wat aanleiding kan gee tot aggressiewe gedrag 62

2.3.5 Morele ontwikkeling 65

2.3.5.1 Die psigo-analitiese teorie 65

2.3.5.2 Die sosiale leerteorie 66

2.3.5.3 Kognitiewe ontwikkelingsperspektief 66 2.3.5.4 Morele faktore wat aanleiding kan gee tot aggressie 67

(11)

HOOFSTUK 3

GESTALTSPELTERAPIE MET AGGRESSIEWE KINDERS IN DIE MIDDELKINDERJARE

3.1 INLEIDING 70

3.2 ONTWIKKELING VAN DIE GESTALTBENADERING 70 3.3 BEGINSELS VANUIT DIE GESTALTBENADERING MET

AGGRESSIEWE KINDERS IN DIE MIDDELKINDERJARE 72

3.3.1 Holisme 72 3.3.2 Homeostase/Organismiese selfregulering 73 3.3.3 Kontak en kontakgrens 75 3.3.4 Bewustheid/Selfbewustheid 78 3.3.5 Onvoltooidhede/Framgentering 81 3.3.6 Figuur en grond 83 3.3.7 Hier-en-nou 85 3.3.8 Polariteite 86 3.3.9 Veldteorie 87 3.3.10 Dialoog 90

3.3.11 Kinders se unieke proses 92

3.3.12 Paradoksale teorie van verandering 93 3.3.13 Die terapeutiese verhouding 94

3.4 WYSIGING VAN KONTAK 97

3.4.1 Projeksie 98 3.4.2 Introjeksie 98 3.4.3 Retrofleksie 99 3.4.4 Samevloeiing 99 3.4.5 Defleksie 100 3.4.6 Desensitisering 100 3.4.7 Egotisme 101

3.5 PERLS SE VYF LAE VAN NEUROSE/STRUKTUUR VAN DIE

PERSOONLIKHEID 101

3.5.1 Die skyn of clichélaag 102

3.5.2 Die fobiese of bewustheidslaag 102 3.5.3 Die impasse- of weerstandslaag 102

3.5.4 Die implosiewelaag 103

(12)

3.6 DIE GESTALT SIKLUS VAN VERANDERING 104 3.7 AANGEPASTE SPICC (SEQUENTIALLY PLANNED INTEGRATIVE

COUNSELLING FOR CHILDREN) MODEL 107

3.7.1 Ooreenkomste en verskille 107

3.7.2 Voorstelling van die terapeutiese proses gedurende die

diagrammatiese-gerigte intervensiemodel 109

3.8 SAMEVATTING 110

HOOFSTUK 4

DIE GEBRUIK VAN DIAGRAMMATIESE HULPMIDDELS IN SPELTERAPIE BINNE „N GESTALTBENADERING

4.1 INLEIDING 111

4.2 DIE SISTEEMTEORIE EN GESTALT VELDTEORIE 112

4.2.1 Agtergrond 113

4.2.2 Sisteemteorie 114

4.2.3 Gestalt-veldteorie 115

4.3 OORSPRONG VAN DIAGRAMMATIESE SPEELTEGNIEKE

IN HISTORIESE KONTEKS 117

4.4 KONSEPTUALISERING VAN DIAGRAMMATIESE HULPMIDDELS 118

4.4.1 Die genogram 118

4.4.1.1 Opstel van die genogram 122

4.4.2 Ekokaarte 128

4.4.2.1 Opstel van die ekokaart 129

4.4.3 Tydlyn 130

4.4.3.1 Opstel van die tydlyn 131

4.4.4 Identifisering van gedragspatrone 134 4.4.4.1 Opstel van gedragspatroon sirkel 136 4.4.5 Kleur jou lewe (Colour your life)/ Liggaamskartering

(Body map of feelings) 137

4.5 FUNKSIES VAN DIAGRAMMATIESE HULPMIDDELS 139 4.6 REDES VIR DIE GEBRUIK VAN DIAGRAMMATIESE HULPMIDELS 141 4.7 VOORBEREIDING VIR DIE ONTWERP VAN

DIAGRAMMATIESE HULPMIDDELS 143

4.7.1 Gestalttegnieke 144

(13)

4.7.2.1 Primêre hulpmiddels 145

4.7.2.2 Sekondêre hulpmiddels 145

4.7.3 Moontlike struikelblokke tydens benuting van die

diagrammatiese hulpmiddels 146

4.8 SAMEVATTING 147

HOOFSTUK 5

DIE EMPIRIESE ONDERSOEK EN DIE VERWERKING EN INTERPRETASIE VAN GEGEWENS

5.1 INLEIDING 149

5.2 NAVORSINGSMETODOLOGIE 151

5.2.1 Data insameling en skale om die basislyn te bepaal 153 5.2.2 Struikelblokke in die navorsingsproses 155

5.3 DIE DEELNEMERS 156

5.3.1 Agtergrondgeskiedenis van deelnemers 157 5.4 PROSESSERING EN ANALISERING VAN DIE KWALITATIEWE DATA 159 5.4.1 Kennismaking en voltooiing van skale met kinders en hulle ouer(s) –

sessie 1 160

5.4.2 Bewerkstellig „n terapeutiese verhouding en kontak met kinders –

sessie 2 165

5.4.3 Die kind leer emosies ken deur gebruik te maak van kleur jou lewe (colour your life) en liggaamskartering (Body map of feelings) –

sessie 3 172

5.4.4 Assessering van die rol wat betekenisvolle persone op kinders se aggressie het deur gebruik te maak van die genogram as

diagrammatiese speeltegniek – sessie 4 178 5.4.5 Assessering van die rol wat sisteme op kinders se aggressie het

deur gebruik te maak van ekokaarte as diagrammatiese hulpmiddels –

sessie 5 184

5.4.6 Help kinders om in kontak te kom met hulle aggressie en dit direk aan te spreek deur gebruik te maak van diagrammatiese

(14)

5.4.7 Fokus op kinders se vermoë om hulle aggressie te verstaan en te hanteer deur gebruik te maak van die identifisering van gedragspatrone en lewenslyn as diagrammatiese hulpmiddels –

sessie 7 191

5.4.8 Die kinders saam met hulle ouer(s) – sessie 8 196

5.4.9 Terminering – sessie 9 200

5.5 SAMEVATTING 202

HOOFSTUK 6

PROSESERING EN ANALISERING VAN KWANTITATIEWE DATA

6.1 INTERPRETASIE VAN GEGEWENS 203

6.2 AFLEIDINGS VANUIT DIE INTERPRETASIE VAN GEGEWENS 218

6.3 SAMEVATTING 221

HOOFSTUK 7

DIAGRAMMATIESE HULPMIDDELS AS INTERVENSIEMEDIA VIR AGGRESSIEWE KINDERS IN DIE MIDDELKINDERJARE

7.1 INLEIDING 222

7.2 DIAGRAMMATIESE HULPMIDDELS AS INTERVENSIEMEDIA

VIR AGGRESSIEWE KINDERS IN DIE MIDDELKINDERJARE 223

7.3 SAMEVATTING 249

HOOFSTUK 8

SAMEVATTENDE AANBEVELINGS EN GEVOLGTREKKINGS

8.1 INLEIDING 250

8.2 OPSOMMENDE SAMEVATTINGS EN GEVOLGTREKKINGS

VANUIT DIE AFSONDERLIKE HOOFSTUKKE 250 8.3 DIE BEREIKING VAN DIE DOELSTELLINGS EN DOELWITTE 257

8.3.1 Doelstelling 257

8.3.2 Doelwitte 257

8.4 GLOBALE AANBEVELINGS NA AANLEIDING VAN DIE NAVORSING 261

(15)

8.4.2 Die ouer(s) van die aggressiewe kind 263

8.4.3 Hulpverleners 264

8.4.4 Opvoeders en skole 266

8.4.5 Die breër samelewing 267

8.5 AANBEVELINGS VIR VERDERE NAVORSING 268

8.6 SLOTOPMERKINGS 269

BIBLIOGRAFIE 270

Lys van tabelle en figure FIGURE:

Figuur 2.1 Skematiese voorstelling van die brein 43 Figuur 3.1 Diagrammatiese-gerigte intervensiemodel soos aangepas

vanuit die SPICC-model 109 Figuur 4.1 Voorbeeld van genogram wat strek oor drie generasies 120 Figuur 4.2 Dink-voel-doen driehoek 135 Figuur 4.3 Identifisering van moontlike gedragspatrone by aggressiewe kinders 136 Figuur 5.1 Voorbeelde van die deelnemers se plawurms 171 Figuur 5.2 Voorbeeld van deelnemer se emosie-boekie 176 Figuur 5.3 Voorbeeld van deelnemer se genogram 182 Figuur 6.1 Staafdiagram van deelnemer 1 se selfgerapporteerde aggressie

voor en na intervensie 204 Figuur 6.2 Staafdiagram van deelnemer 1 se moeder se rapportering

van haar kind se aggressie voor en na intervensie 206 Figuur 6.3 Staafdiagram van deelnemer 2 selfgerapporteerde aggressie

voor en na intervensie 208 Figuur 6.4 Staafdiagram van deelnemer 2 se moeder se rapportering

van haar kind se aggressie voor en na intervensie 209 Figuur 6.5 Staafdiagram van deelnemer 3 se selfgerapporteerde

aggressie voor en na intervensie 211 Figuur 6.6 Staafdiagram van deelnemer 3 se ouma se rapportering

van haar kind se aggressie voor en na intervensie 212 Figuur 6.7 Staafdiagram van deelnemer 4 se selfgerapporteerde

aggressie voor en na intervensie 213 Figuur 6.8 Staafdiagram van deelnemer 4 se moeder se rapportering

(16)

Figuur 6.9 Staafdiagram van deelnemer 5 se selfgerapporteerde

aggressie voor en na intervensie 216 Figuur 6.10 Staafdiagram van deelnemer 5 se moeder se rapportering

van haar kind se aggressie voor en na intervensie 217

TABELLE:

Tabel 2.1 Uiteensetting van die verskille tussen reaktiewe aggressie en

proaktiewe aggressie 35 Tabel 5.1 Biografiese besonderhede van deelnemers 156 Tabel 6.1 Deelnemer 1 se selfrapportering van sy aggressie voor en na

intervensie 205 Tabel 6.2 Deelnemer 1 se moeder se rapportering van haar kind se aggressie voor en na intervensie 207 Tabel 6.3 Deelnemer 2 se selfrapportering van sy aggressie voor en na

intervensie 208

Tabel 6.4 Deelnemer 2 se moeder se rapportering van haar kind se aggressie voor en na intervensie 210 Tabel 6.5 Deelnemer 3 se selfrapportering van sy aggressie voor en na

intervensie 211

Tabel 6.6 Deelnemer 3 se ouma se rapportering van haar kind se aggressie voor en na intervensie 212 Tabel 6.7 Deelnemer 4 se selfrapportering van haar aggressie voor en na

intervensie 214 Tabel 6.8 Deelnemer 4 se moeder se rapportering van haar kind se aggressie voor en na intervensie 215 Tabel 6.9 Deelnemer 5 se selfrapportering van sy aggressie voor en na

intervensie 216

Tabel 6.10 Deelnemer 5 se moeder se rapportering van haar kind se aggressie voor en na intervensie 217

(17)

BYLAE

Bylae 1: Brief aan ouer(s)

Bylae 2: Aggressie-vraelys vann Buss en Perry Bylae 3: Voorbeeld van aangepaste genogramme Bylae 4: Semi-gestruktureerde onderhoud

Bylae 5: Benodighede vir die ontwerp van die diagrammatiese hulpmiddels Bylae 6: Hulpverlening aan kinders en ouer(s)

Bylae 7: Elektroniese braelys Bylae 8: Etiek vorm

(18)

Glossarium

Duidelikheidshalwe word die begrippe vir die doeleindes van die navorsing, wat deurlopend voorkom, kortliks beskryf.

Hulpverlener: „n Opgeleide persoon, wat terapeuties te werk gaan

met kinders, deur middel van spel as kommunikasie medium (Blom, 2004:54; Webb, 1999:29). Vir hierdie betrokke studie verwys die woord hulpverlener

spesifiek na „n hulpverlener wat werk vanuit „n Gestalt-teoretiese raamwerk

Terapeutiese verhouding: Die gelyke verhouding wat gevorm word met kinders tydens intervensie (Schoeman, 1996:30).

Sensoriese stimulasie: Die stimulering van kinders se sintuie om hulle in kontak te bring met hulself en hulle omgewing (Oaklander, 2004:83).

Bewustheid: Die kind, sowel as hulpverlener, se aandag wat

gevestig word op „n aspek van kinders wat as belangrik beskou word en lei tot selfsteun (Yontef,1993:139).

(19)

HOOFSTUK 1

ALGEMENE INLEIDING EN OORSIG VAN DIE STUDIE

Whatever is begun in anger ends in shame -Benjamin Franklin-

1.1 RASIONAAL VIR DIE STUDIE

Die motivering vir die studie het ontwikkel vanuit die navorser se interaksie met kinders by ʼn laerskool. Die navorser is betrokke by die ondersteuningsdienste van „n laerskool en word daagliks gekonfronteer met kinder-aggressie. Die aggressie neem verskeie vorme aan. Sommige kinders is verbaal aggressief (vloek, beswaddering, skree), ander druk hul aggressie uit in die vorm van fisieke aggressie (baklei, slaan, skop, byt). Dit was vir die navorser opvallend dat, wanneer sy die kinders beter leer ken het, daar die meeste van die tyd „n oorsaak vir die aggressiewe gedrag blyk te wees. Volgens skoolrekords en die navorser se kennis oor kinders in die betrokke laerskool kom aspekte soos gesinsverbrokkeling, gesinsgeweld en swak sosio-ekonomiese toestande voor in die veld van sommige kinders. Tydens interaksie met kinders met aggressiewe gedrag wou dit voorkom asof konkrete tegnieke waar hulle kan skryf en teken, die kinders help om gevoelens te deel. Daar is tentatief afgelei dat sodanige konkrete werkswyse kinders op hul gemak plaas en hierdie kinders met aggressiewe gedrag het dikwels spontaan deelgeneem aan die samestelling van diagramme en grafiese voorstellings van hul lewensituasies. Volgens die navorser se eie observasie word kinders met aggressiewe gedrag dikwels as die sondebokke geëtiketteer, omdat hul aggressiewe gedrag hulle in die moeilikheid laat beland tuis, tussen die portuurgroep en by die skool. Hulpverlening behoort in „n aanvaardende, nie-veroordelende klimaat plaas te vind, waar die kinders betrokke is en aggressiewe gedrag kan eksternaliseer. Diagrammatiese hulpmiddels is reeds deur die navorser binne die konteks van skole en binne die area van aggressie benut. Die studie fokus op „n evaluering van die doeltreffendheid van die benutting van diagrammatiese hulpmiddels met kinders met aggressiewe gedrag in die middelkinderjare (6 – 9 jaar) (Bender, 1996:112; Louw et al., 2004:325; Shaffer, 2002:4).

Hierdie studie is verder gemotiveer deur die navorsing van Van Niekerk (2005), wat ondersoek ingestel het na die benuttingswaarde van Gestaltspelterapie met die aggressiewe kind in die middelkinderjare. Van Niekerk (2005:126) beveel aan dat verdere navorsing gedoen moet word oor kinders met aggressiewe gedrag in hul

(20)

middelkinderjare vanuit „n Suid-Afrikaanse konteks, omdat min literatuur hieroor beskikbaar is. Sy spreek haar kommer uit oor die feit dat afname in aggressie in haar studie (Van Niekerk, 2005:127) moontlik tydelik kon wees en beveel aan dat assessering van aggressievlakke later weer met kinders afgelê moes word. Dit is dus belangrik om te fokus op die langtermyngevolge van hulpverlening en nie slegs op die afname in aggressievlakke direk na hulpverlening nie. Die genoemde outeur het reeds met haar navorsing bevestig dat Gestaltspelterapie suksesvol benut kan word met kinders met aggressiewe gedrag in die middelkinderjare. Die doel van hierdie studie sal egter wees om die benutting van diagrammatiese hulpmiddels vanuit „n Gestaltperspektief te ondersoek en te beskryf. Van Niekerk (2005:126) beveel verder aan dat kinders met aggressiewe gedrag se gesinne betrek moet word tydens hulpverleningsprosesse. Dit is egter nie altyd haalbaar nie as gevolg van tydskedules wat verskillende lede van die gesin mag hê. Die navorser benut egter diagrammatiese hulpmiddels soos die genogram, ekokaart en lewenslyn doelbewus in die studie, omdat die lewenswêreld van kinders deur die hulpmiddels in die speelkamer ingebring kan word op „n konkrete en tasbare manier. Selfs waar gesinslede nie direk betrokke is nie, word die kind binne sy/haar veld geplaas en die interaksie met ander binne die veld word doelgerig geëksploreer.

Die middelkinderjare is ʼn tydperk waarin kinders die lewe ontdek, omdat hulle met skooltoetrede blootgestel word aan „n wyer omgewing as die ouerhuis. Daar word van hulle verwag om maats te maak, by „n vaste roetine aan te pas, hulself te onderwerp aan reëls en gesag (Louw, Van Ede & Ferns, 2004:365). Gepaardgaande met die nuwe wêreld wat hulle betree, ervaar kinders ook verskillende emosies. Van die emosies sluit jaloesie, frustrasie, gevoelens van mislukking en verwerping in. Wanneer kinders die emosies ervaar wil hulle die wêreld rondom hulle daarvan bewus maak. Dit is algemeen bekend dat kinders in die middelkinderjare egter nog nie oor die nodige verbaliseringsvermoëns beskik om emosies en behoeftes uit te druk nie (Leary, Twenge & Quinlivin, 2006:111). Kinders in dié ontwikkelingsfase ervaar ʼn behoefte aan samehorigheid en kameraadskap en om nuttig te voel (Louw

et al., 2004:368-369). Hulle wil dus deel wees van die groep en voel dat hulle

aanvaar word. Vanuit die navorser se eie ondervinding met kinders in die middelkinderjare blyk dit egter dat ander kinders neig om kinders met aggressiewe gedrag te vermy. Die verwerping deur die portuurgroep maak kinders kwesbaar vir negatiewe selfevaluasie (Morrow, Hubbard, McAuliffe, Rubin & Dearing, 2006:240). Die navorser is verder van die opinie dat kinders gevoelens van sukses ervaar as ander hulle aanvaar, waarteenoor kinders met aggressiewe gedrag ʼn gevoel van

(21)

mislukking en alleenheid mag ervaar omdat hulle dikwels verwerp word deur die portuurgroep. In reaksie hierop reageer die kinders dan tipies meer aggressief in ʼn poging om hul emosies uit te druk en te verbaliseer.

Kinders word van vroeg af geleer dat dit in „n sosiale konteks verkeerd is om kwaad te word (Bender, 1996:120; Schoeman, 1996:182), maar hulle word nie alternatiewe tot die manier van optrede geleer nie en onderdruk dikwels die emosie. Vanuit die navorser se eie ervaring is dit duidelik dat kinders wat gevoelens van woede onderdruk dikwels presenteer met intense gevoelens van hartseer, en hulle beskryf hulself ook dikwels as hartseer (vergelyk Morrow et al., 2006:240). Navorsing het reeds die verband tussen aggressie en depressie in kinders gedemonstreer (Card & Little, 2006:466; Hops, Lewinsohn, Andrews & Roberts, 1990; McConaughy & Skiba, 1993; Morrow et al., 2006:240; Rhode, Lewinsohn & Seeley, 1991).

Die navorser is van mening dat kinders die nodige vaardighede aangeleer moet word om hul aggressie te hanteer. Kinders gebruik dan ook dikwels hul aggressie doelbewus as „n verdedigingsmeganisme in „n poging om hulself te beskerm (James & LeBreton, 2010:31). Die kinders isoleer dus hulself van ander, wat die aggressiewe optrede net verder versterk. Sommige kinders eksternaliseer deur aggressief op te tree en ander kinders internaliseer en depressie mag ontstaan.

Volgens Oaklander (2007:206, 207) benodig kinders egter ʼn mate van aggressiewe energie. Die konsep verwys na die energie wat kinders die nodige selfondersteuning bied om beheer te neem oor hul lewens. Volgens die outeur het kinders wat passief en teruggetrokke is, dikwels „n gebrek aan gesonde aggressie. Dit is die navorser se mening dat kinders met aggressiewe gedrag dikwels innoverend, energiek en kreatief kan wees. Om die rede is dit belangrik dat hulpverleningsprogramme in plek gestel word sodat kinders geleer kan word om hul emosies op ʼn effektiewe en sosiaal aanvaarbare manier te hanteer. Hulle moet ondersteun word om hul aggressiewe energie positief aan te wend tot voordeel van hulself en die mense rondom hulle.

Ouer(s) weet soms nie hoe om hul kinders se aggressiewe gedrag te hanteer nie. Uit ondervinding kan die navorser noem dat ouer(s) ook dikwels in ontkenning is aangaande hul kinders se aggressiewe gedrag. Hulle sal dan ook aandui dat hul kinders nie aggressief by die huis is nie. Daar bestaan dus „n behoefte om ouer(s) maniere aan te leer om kinders se gedrag te verstaan en om aggressiewe gedrag te

(22)

beheer. Ouer(s) is dikwels so besig met hul eie lewens en kinders se fisieke versorging dat daar nie genoeg tyd aan kinders se emosionele dimensies bestee word nie. Ten einde die ouer(s) se aandag te kry, is kinders soms geneig om wangedrag te toon. Kinders leer dus dat wangedrag „n manier is waarop hulle aandag kry en die persepsie versterk kinders se negatiewe gedragspatrone verder. Aggressie benadeel dus nie net kinders se ontwikkeling nie, maar oefen ook ʼn direkte invloed uit op die funksionering van die gesin en die breër gemeenskap (Martin-Stoney, Temcheff, Martin & Stack, 2009:239).

Soos hierbo genoem het kinder-aggressie „n invloed op die hele samelewing waarin die kinders woonagtig is, maar die eintlike slagoffers bly steeds die kinders self. Aggressiewe kinders openbaar hoër vlakke van depressie, eensaamheid, portuurgroepverwerping, akademiese mislukking, antisosiale gedrag, misdaad, dwelmmisbruik en negatiewe selfpersepsie (Card & Little, 2006:466; Fried & Fried, 2003:29; Martin-Storey et al., 2009:236; Miller-Johnson, Coie, Maumary-Gremaud & Bierman, 2002; Sullivan, 2000:2; Shaffer, 2002:577; Tanaka, Raishevich & Scarpa, 2009:2). Hierdie faktore dien as verdere motivering vir hierdie studie deur die daarstelling van hulpmiddels wat deur die hulpverlener benut kan word, spesifiek met kinders met aggressiewe gedrag in oënskou. Dit is duidelik dat aggressie heelwat potensiële langtermyn implikasies kan hê indien dit nie doeltreffend en tydig aangespreek word nie. Die navorser is dus daarvan oortuig dat vroeë hulpverlening belangrik is.

Uit die bogenoemde blyk verskeie redes vir die potensiële waarde van diagrammatiese hulpmiddels gerig op selfbewuswording van aggressiewe gedrag, naamlik:

 Kinders in die middelkinderjare funksioneer in die konkreet operasionele fase. Hul denkpatrone is dus steeds konkreet, maar hulle begin om meer logies te dink en te redeneer (Owens, 2002:452; Sadock & Sadock, 2003:32). Landreth (2002:15) is van die oortuiging dat kinders se wêreld „n konkrete wêreld is en as sulks benader moet word as die hulpverlener wil kontak maak met kinders. Volgens die navorser is diagrammatiese hulpmiddels ideaal om met die kinders te gebruik omdat dit ʼn logiese tog konkrete voorstelling van die kinders se sosiale en emosionele verhoudings verteenwoordig. Hierdie navorsing was dus gerig op die eksplorasie en beskrywing van

(23)

diagrammatiese hulpmiddels wat konkreet is en dus aansluit by die ontwikkelingsfase van die middelkinderjare.

 Die navorser stel belang om na te vors of diagrammatiese hulpmiddels effektief aangewend kan word om kinders bewus te maak van hul interaksie met hul omgewing. Die navorser is ook geïnteresseerd om te weet of die hulpmiddels sal spreek tot die groeiende vermoëns van die kinders om meer empaties en sensitief op te tree (Wait, Meyer & Loxton, 2003:25). Daar sal gelet word of hulpmiddels kinders se bewustheid van hul invloed op ander se emosies en gedrag bevorder.

 Die navorser wil vasstel of kinders met aggressiewe gedrag deur die benutting van diagrammatiese hulpmiddels bemagtig kan word om verantwoordelikheid vir hul eie gedrag te neem.

Vir die doeleindes van hierdie navorsing word aggressie en die benutting van diagrammatiese hulpmiddels as hulpverleningsmedium vir kinders in die middelkinderjare, vanuit ʼn Gestaltperspektief en –filosofie, bespreek. Die Gestaltbenadering bied ʼn holistiese perspektief op die funksionering van kinders in hul omgewing. Vir hierdie navorsing is dit van belang om die hantering van aggressie in oënskou te neem deurdat kinders dit eers as „n gevoel kan identifiseer (woede) en verwoord, waarna daar uitdrukking gegee kan word deur diagramme as hulpmiddel te gebruik. Hierdie hulpverlening word gerig deur die drie belangrike komponente van Gestaltspelterapie, naamlik selfbewussyn, dialoog en proses (Yontef, 1993). Gestaltspelterapie help kinders om bewus te word van hul eie prosesse, sensasies, gevoelens, behoeftes, denkprosesse en aksies. Kinders word daarna die keuse gegun om veranderings te maak al dan nie en word ook verantwoordelik gehou vir hierdie keuses. Landreth (1991:80) het „n kindgesentreerde benadering tot spelterapie. Sy siening dat spelterapie ten doel het om kinders innerlik sterk te maak en op te bou sodat groei kan plaasvind, geld ook binne „n Gestaltterapie-raamwerk.

Vanuit die bogenoemde is dit duidelik dat aggressiewe gedrag kinders op alle vlakke van hul ontwikkeling beïnvloed – kinders se eie ontwikkeling, verhouding wat kinders met sibbe en ouer(s) het, die kinders se sosialisering en die rol wat kinders in die samelewing speel. Die aggressiewe gedrag is dus nie „n geïsoleerde probleem nie. Tydige en doeltreffende hulpverlening is nodig om hierdie probleem aan te spreek

(24)

sodat die moontlike langtermyngevolge, soos die impak van aggressie op selfbeeld, verhoudings en gedrag, beperk kan word.

1.2 NAVORSINGSPROBLEEM EN FOKUS

Fouché en Delport (2011:108) is van mening dat die probleem so geformuleer moet word dat dit aan die leser „n oorsig verskaf oor die doelwitte en doelstellings van die studie. Die outeur beskou die probleem as die vertrekpunt van waar die studie geloods gaan word. Dit sluit aan by Lourens (2004:34) se beskrywing van die navorsingsprobleem as die rigtinggewende element wat nie net „n oorsig bied van die doelwitte en doelstellings nie, maar ook rigting gee aan die navorsingsproses. Vervolgens word gefokus op die navorsingsprobleem, wat in hierdie geval kinder-aggressie is, tesame met die doelwitte en doelstellings van hierdie studie.

1.2.1 Probleemformulering

Die navorsingsprobleem vir hierdie studie kan soos volg saamgevat word: Vanuit die navorser se eie observasies en kontak met kinders in die middelkinderjare, blyk kinder-aggressie ʼn probleem vir sowel kinders met aggressiewe gedrag, die portuurgroep, die ouer(s) en die samelewing te wees. Die sosialisering van kinders kan negatief beïnvloed word deur aggressiewe gedrag omdat die kinders dikwels deur die portuurgroep verwerp word. Kinders word ook dikwels gestraf vir hul aggressiewe gedrag, maar word nie die vaardighede aangeleer om doeltreffend uiting aan aggressie te gee nie. Hul ontvang dus die boodskap dat dit verkeerd is om kwaad te word en leer om hul woede te onderdruk. Die teendeel is ook waar, en dit is dat kinders besef dat hul aggressie aanleiding daartoe kan gee dat hulle aandag kry, en so word aggressiewe gedrag verder versterk. Die moontlikheid bestaan ook dat die oorsaak van die aggressiewe gedrag nooit ondersoek word nie. Deur gebruik te maak van diagrammatiese hulpmiddels as hulpverlening vir kinders met aggressiewe gedrag kan kinders bemagtig word om aggressie uit te speel, uit te druk, te besit en suksesvol te beheer; en hul ouer(s) kan bemagtig word om die kinders te ondersteun. Deur kinders se aggressiewe gedrag vroegtydig aan te spreek, word hulle ook beskerm teen die negatiewe langtermyngevolge van aggressiewe gedrag.

1.2.2 Doel van die studie

Die doelstelling vir navorsing kan beskryf word as die globale doel van „n navorsingstudie, terwyl doelwitte beskryf kan word as bakens wat bereik moet word binne die navorsing om uiteindelik die oorhoofse uitkoms te produseer (Fouchè & De Vos, 2011:94).

(25)

1.2.2.1 Doelstelling

Die volgende doelstelling is vir die betrokke studie gestel:

 om ʼn verkennende en beskrywende ondersoek te onderneem na die gebruik van diagrammatiese hulpmiddels binne „n Gestaltterapeutiese raamwerk vir kinders met aggressiewe gedrag in die middelkinderjare deur die benutting van die enkelstelselontwerp. „n Beskrywende en verkennende ondersoek (Punch, 2006:33, 34) word onderneem omdat daar reeds baie navorsing beskikbaar is oor aggressiewe gedrag en die middelkinderjare, maar relatief min navorsing beskikbaar is oor die benutting van diagrammatiese hulpmiddels as intervensietegniek met kinders in die middelkinderjare. Die navorser poog dus om reeds bestaande informasie oor aggressie, die middelkinderjare en diagrammatiese hulpmiddels te verken, maar ook om te beskryf hoe diagrammatiese hulpmiddels benut kan word met kinders met aggressiewe gedrag in die middelkinderjare. In lyn met die enkelstelselontwerp word die soeklig geplaas op die uitkoms van sodanige intervensie deur spesifiek voor- en natoetsevaluering in te sluit.

1.2.2.2 Doelwitte

Die volgende doelwitte is vir die betrokke studie gestel:

 Om deur middel van „n literatuurstudie „n oorsig te bied oor aspekte wat „n rol speel in aggressie in die middelkinderjare sowel as die Gestaltbenadering, met spesifieke verwysing na die Gestalt-veldperspektief, waar die wisselwerking tussen individu en omgewing relevant is.

 Om „n empiriese ondersoek te loods.

 Om ʼn diagrammatiese speeltegniek-hulpverleningsprogram vir gebruik deur Gestaltspelterapeute in die hantering van aggressiewe gedrag daar te stel.

 Om bevindinge, gevolgtrekkings en aanbevelings te maak aangaande die benutting van diagrammatiese hulpmiddels binne „n Gestaltspelterapeutiese raamwerk vir kinders met aggressiewe gedrag in die middelkinderjare gegrond op die literatuurstudie en empiriese ondersoek.

(26)

 Om etiese beginsels te handhaaf om sodoende eties verantwoordbaar op te tree regdeur die studie.

1.3 AANNAMES VAN DIE STUDIE

Die afhanklike veranderlike in hierdie studie is die aggressiewe gedrag wat voorkom by kinders in die middelkinderjare. Die onafhanklike veranderlike is die intervensie met behulp van diagrammatiese hulpmiddels soos die genogram en die ekokaart. Daar word verwag dat die hulpmiddels (onafhanklike veranderlike) die voorkoms van aggressiewe gedrag (afhanklike veranderlike) by deelnemers sal verminder. Dit sal getoets word met behulp van „n voor- en na- toets en gesprekke met ouer(s) en kinders. Omdat hierdie studie gedoen word na aanleiding van beide „n beskrywende en verkennende beginsel, kan sowel „n navorsingsvraag as „n hipotese gestel word (Ivankova, Creswell & Clark, 2007:278).

1.3.1 Navorsingsvraag

Volgens Punch (2006:24, 155) kan die navorsingsvraag eenvoudig beskryf word as dit wat die navorsing probeer beantwoord. Die navorsingsvraag organiseer die navorsing deur die doel van die navorsing uit te wys. Die navorsingsvraag vir hierdie studie was: “Kan Gestalt-gebaseerde diagrammatiese hulpmiddels suksesvol

benut word in hulpverlening aan kinders met aggressiewe gedrag in die middelkinderjare?”

1.3.2 Hipotese

Strydom (2011:163) bespreek hipotese-ontwikkeling in die konteks van die enkelstelselontwerp, en dui aan dat sogenaamde hulpverleningshipotese ontwikkel word oor die impak van die intervensie (onafhanklike veranderlike) op die probleem of afhanklike veranderlike, in hierdie geval aggressie. Die hipotese sal getoets word aan die hand van die Aggressie-vraelys van Buss en Perry (Bylae 2) wat gedurende verskillende intervalle voor en na die hulpverlening met deelnemers voltooi is. Die hipotese vir hierdie studie kan dus as volg beskryf word: Indien Gestaltgebaseerde

diagrammatiese hulpmiddels benut word in hulpverlening met aggressiewe kinders in die middelkinderjare, dan sal daar „n afname wees in aggressiewe uitlewing.

In lyn met die siening van Strydom (2011:163) is die verwagting dus dat verandering sal plaasvind ten opsigte van die aggressie by deelnemers. Die onafhanklike veranderlike (hulpverlening) fokus hier op die aggressie van deelnemers. Die intervensie is nie bloot die diagrammatiese hulpmiddels nie, maar sluit ook die

(27)

proses in wat gebaseer is op die Gestaltraamwerk. Die rede hiervoor is dat sodanige hulpmiddels nie alleenstaande benut kan word nie, maar ondersteun moet word met „n vertrouensverhouding, binne „n prosesraamwerk, wat in hierdie geval sterk sal berus op Gestaltterapieteorie. Juis om hierdie rede word riglyne daargestel vir hulpverleners met spesifieke nagraadse opleiding in Gestalt-spelterapie, Gestaltspelterapeute, wat die Gestaltproses verstaan en benut.

1.4 NAVORSINGSPARADIGMA

Gekombineerde navorsing word in die betrokke studie in die vorm van ʼn kombinasie tussen kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsing aangewend. Alhoewel kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsing verskil in die maniere waarop inligting ingewin word en die navorsingsvraag wat aangespreek word, kan beide aangewend word om een navorsingsprobleem te bestudeer. Die benadering laat ruimte vir kontekstuele interpretasies (interpretasies gemaak deur die navorser na aanleiding van „n spesifieke konteks of samehangende gebeure), die benutting van verskeie metodes en buigbaarheid in die keuse van die beste strategieë om die navorsingsvrae aan te spreek (Ivankova et al., 2007:261, 262). Die kwalitatiewe en kwantitatiewe data wat geanaliseer en geïnterpreteer word, word direk verkry vanaf deelnemers binne „n enkele studie (Sandelowski, Voils & Barroso, 2006:29).

Dit is belangrik om „n onderskeid te tref tussen multi-metode studies en gemengde navorsing. In multi-metode studies gebruik die navorser meer as een metode binne „n bepaalde navorsingsparadigma, m.a.w. vanuit „n kwalitatiewe of kwantitatiewe paradigma. Gemengde navorsing maak gebruik van beide paradigmas in een navorsingstudie (Sandelowski et al., 2006:29; Spratt, Walker & Robinson, 2004:8).

In hierdie studie word kwantitatiewe navorsing afwisselend benut om die effek van diagrammatiese hulpmiddels vir „n spesifieke teikengroep (kinders met aggressiewe gedrag in die middelkinderjare) te bepaal. Die kwantitatiewe tegnieke wat benut is, was die aflê van die skale (Bylae 2), en „n elektroniese vraelys (Bylae 7) is ook aan hulpverleners wat vanuit die Gestalt-benadering spelterapie doen, gestuur om vas te stel hoe diagrammatiese hulpmiddels deur hulle benut word. Volgens Fouché en Delport (2011:64) is die doel van kwantitatiewe navorsing om die sosiale wêreld op ʼn objektiewe wyse te meet, ʼn hipotese te toets en menslike gedrag te voorspel en te beheer. Kwantitatiewe navorsing kan verder beskryf word as navorsing waarop die inligting versamel word in die vorm van syfers (Punch, 2006:3). Vir die doel van die studie kan kwantitatiewe navorsing dus gedefinieër word as „n objektiewe ondersoek

(28)

na die aggressiewe gedrag van kinders in die middelkinderjare en die invloed van diagrammatiese hulpmiddels op die aggressiewe gedrag. Skale (Bylae 2) as kwantitatiewe data-insamelingsmetode is as ʼn voormeting aan die betrokke kind en sy/haar ouer(s) gegee om die bestaande aggressie voor intervensie te meet. Dieselfde skaal is benut om die impak van die hulpverlening (onafhanklike veranderlike) op die aggressie (afhanklike veranderlike) te meet na afloop van intervensie. Die skaal wat in die betrokke studie benut is, staan bekend as die Aggressie-vraelys van Buss en Perry. Die vraelys is „n 29-item selfgerapporteerde maatstaf vir aggressie bestaande uit vier komponente, naamlik: fisieke aggressie (9 items), verbale aggressie (5 items), woede (7 items) en vyandigheid (8 items) (Diamond, Wang & Buffington-Vollum, 2005:553). Deelnemers dui na aanleiding van „n vier-punt Likert skaal aan watter telling (nooit, partykeer, baie keer, altyd) verteenwoordigend van hulle is. Tellings wissel van 29 – 108, waar „n hoër telling verteenwoordigend is van „n hoër vlak van aggressie. Item 9 en item 16 se tellings word in die omgekeerde orde toegeken.

Die doel met kwalitatiewe navorsing is om ʼn nuwe navorsingsterrein te verken, of gebeure, ʼn situasie of ʼn verskynsel te beskryf of te verklaar (Maree & van der Westhuizen, 2007:38). Die verband tussen aggressiebelewing en intervensie in die vorm van diagrammatiese hulpmiddels word dus in die studie ondersoek, aangesien aggressie opsigself nie beskou kan word as „n nuwe navorsingsterrein nie. Metodes soos deelnemer observasie en semi-gestruktureerde onderhoudvoering word benut om in-diepte kennis van die deelnemers se sosiale wêreld op te doen (Fouché & Delport, 2011:64). In die betrokke studie is kwalitatiewe data bekom deur die navorser se eie betrokkenheid by elke deelnemer, prosesnotas, assessering na elke sessie en informasie wat bekom is vanuit die videokasette.

Gemengde navorsing is dus in die betrokke studie in die vorm van ʼn kombinasie tussen kwalitatiewe en kwantitatiewe navorsing aangewend. In hierdie studie was die kwalitatiewe fase die diagrammatiese hulpverlening en semi-gestruktureerde onderhoude, terwyl die meting van die aggressievlakke van die kinders in hul middelkinderjare kwantitatief met behulp van die Aggressie-vraelys van Buss en Perry (1992) plaasgevind het. Vervolgens word daar gekyk na die navorsingsontwerp wat tydens die studie benut is.

(29)

Navorsing binne die geesteswetenskappe is nie eksak nie. Daar word aanvaar dat vele faktore gedurende die navorsingsproses „n rol kan speel en bevindinge kan beïnvloed. Tog strewe die wetenskap na ordelikheid en objektiwiteit, terwyl daar met subjektiewe entiteite en fenomenologies na die onmiddellike bestaan en die hier-en-nou realiteit van deelnemers gekyk word. Binne hierdie konteks is die navorsingsontwerp van „n studie van belang as rigtinggewer en ook om geldigheid van resultate te verseker.

Daar is verskillende sienings oor wat die navorsingsontwerp is en dit hang ook af of die betrokke studie kwantitatief, kwalitatief of gemeng is. Mouton (2001:55) en Punch (2006:48) sien die ontwerp as die plan of bloudruk, en hier dui dit op breë beplanning vir die navorsing gerig op die hele proses. In teenstelling hiermee verwys die navorsingsontwerp volgens Fouché, Delport en De Vos (2011:143) na uitgewerkte formules waarvolgens voornemende navorsers een of meer van die formules wat op hulle navorsingsdoelwitte en –stellings toepaslik is, kan kies en ontwikkel, gewoonlik uit vyf moontlike ontwerpe by kwalitatiewe navorsing, naamlik biografie, fenomenologie, die gegronde (“grounded”) teorie, etnografie en gevallestudie. By kwantitatiewe navorsing is potensiële ontwerpe, eksperimentering, inhoudsanalise en opnames van die ontwerpe wat benut word (Fouché & Schurink, 2011:312-323).

Soos vermeld in die betrokke studie is daar van gemengde navorsing gebruik gemaak, m.a.w. „n kombinasie tussen kwalitatiewe en kwantitatiewe metodes (Ivankova et al., 2007:276; Onwuegbuzie & Johnson, 2006:48; Punch, 2006:154; Spratt et al., 2004:5). In die benadering versamel die navorser beide numeriese informasie (nommers) en teks informasie (woorde) om die navorsingsvraag te bestudeer. Die navorser is van mening dat die tipe navorsing doeltreffend is, aangesien beide die benaderings hul eie sterkpunte en beperkings het en „n kombinasie tussen die twee benaderings aanleiding kan gee tot „n meer omvattende navorsingsbenadering. In vergelyking met studies waar slegs een metode benut word, is dit makliker om kwalitatiewe navorsing te benut om die kwantitatiewe gedeelte van die navorsing te verryk, en andersom (Onwuegbuzie & Leech, 2004:771).

In die betrokke studie het die navorser gebruik gemaak van „n verklarende gemengde navorsingsontwerp (Creswell & Clark, 2011:71). Die navorser het besluit om hierdie tipe navorsingsontwerp te gebruik, omdat die doel van die tipe ontwerp is om kwantitatiewe resultate te benut om lig te werp op die kwalitatiewe resultate. Die

(30)

navorser gebruik dus die kwantitatiewe resultate wat verkry is vanuit die Aggressie-vraelys om te verklaar of die kwalitatiewe fase (intervensie) suksesvol was. Die rasionaal agter die ontwerp is dat die kwantitatiewe resultate „n algemene prentjie van die navorsingsprobleem verskaf, terwyl die kwalitatiewe resultate die algemene prentjie verfyn, verduidelik of uitbrei. Tydens die ontwerp samel die navorser die kwantitatiewe en kwalitatiewe data in aparte stadiums in. Die een stadium volg op die volgende stadium. Eerstens word die kwantitatiewe data ingesamel en geanaliseer. Na voltooiing van die analisering van die kwantitatiewe data word die kwalitatiewe data ingesamel en geanaliseer. Die woord verklarende dui daarop dat kwalitatiewe bevindinge help om die kwantitatiewe resultate te verduidelik gedurende die empiriese deel van die navorsing. (Ivankova et al., 2007:266, 271, 272, 277.)

In die betrokke studie is die rasionaal vir die benutting van gemengde navorsing dus dat die navorser kwantitatief moes werk om die aggressievlakke van respondente te meet. Die kwalitatiewe deel van die studie verken die Gestaltgerigte diagrammatiese hulpmiddels in diepte. Die kwantitatiewe en kwalitatiewe resultate is gedurende data-analise (sien hoofstuk 5) gekombineer om vas te stel wat die impak van die Gestaltgerigte diagrammatiese hulpmiddels op die aggressievlakke van kinders is. Gemengde navorsingstudies poog dus om metodes vanuit verskillende paradigmas bymekaar te bring om verskillende aspekte van dieselfde navorsingsprobleem te bestudeer en dus tot „n groter begrip van die probleem te kom. Triangulering van metodes vind dus plaas met die doel om ‟n beter begrip van die navorsingsvraag te verkry (Ivankova et al., 2007:272).

1.6 NAVORSINGSMETODOLOGIE

Die navorser het die kwasi-eksperimentele navorsing as enkelstelselontwerp benut (Cooper, 2006:92). Kwasi-eksperimentele navorsing was geskik omdat daar tydens die studie slegs van een groep en een toets gebruik gemaak is. Vergelykings met „n kontrolegroep was dus nie moontlik nie (Fouché, Delport & De Vos, 2011:149). Soos reeds genoem is baie inligting oor die navorsingsonderwerp (aggressie) reeds bekend, maar daar bestaan min literatuur oor die invloed van diagrammatiese hulpmiddels op kinders se aggressiewe gedrag. Die navorser wou dus vasstel of die onafhanklike veranderlike „n invloed sal uitoefen op die afhanklike veranderlike (Zaaiman, 2003:42). Yegidis en Weinbach (2009:312-313) meld dat die enkelstelselontwerp „n eenvoudige vraag wil beantwoord, naamlik of die intervensie (onafhanklike veranderlike) wel „n verandering teweeggebring het rakende die probleem (afhanklike veranderlike). Daar word dus ondersoek ingestel na die

(31)

doeltreffendheid van „n bepaalde praktyk. Strydom beklemtoon die belangrikheid van die enkelstelselontwerp binne wetenskaplike navorsing met die volgende stelling: “The single-system design involves the planned comparison of observation during

the intervention period, or even during a post-intervention phase. Pre- and posttest comparisons are, after all, the essence of scientific research” (Strydom, 2011:165).

Vir die doel van die studie word die basiese enkelstelselontwerp (Strydom, 2011:166) benut. Voordat die enkelstelselontwerp benut kan word as metode van navorsing, moet die studie waarin dit benut gaan word aan twee vereistes voldoen. Die eerste vereiste is dat die deelnemers of die probleem wat ondersoek word ontvanklik moet wees vir betroubare en geldige meting, en die tweede is dat meting op „n herhaalde basis gedoen moet kan word (Artelt, Shek & Thyer, 2003:164). Die navorser is van mening dat die studie aan beide die vereistes voldoen het, aangesien aggressiewe gedrag gemeet kan word met die gestandaardiseerde aggressievraelys (Bylae 2) en meting van aggressiewe gedrag op herhaalde basis gedoen is. Hierdie ontwerp word ook die voortoets-natoets ontwerp (A-B-A - ontwerp) genoem. Die voortoets-natoets enkelstelselontwerp kan soos volg beskryf word:

A - Eerste waarneming van die afhanklike veranderlike wat ook bekend staan as die basislyn (voortoets wat bestaan uit Aggressie-vraelys) (Bylae 2)

B - Onafhanklike veranderlike (diagrammatiese intervensie)

A - Tweede waarneming van die afhanklike veranderlike (natoets wat bestaan uit dieselfde Aggressie-vraelys) (Bylae 2)

Die resultate van die voor- en natoets word met mekaar vergelyk om die impak van die intervensie vas te stel (Strydom, 2011:166). Die resultate word in hoofstuk 6 grafies uitgebeeld. Om die langtermyn-effek van die hulpverlening op kinders se aggressie te bepaal het die navorser die natoets 3 maande sowel as „n jaar na die hulpverlening voltooi is weer met die deelnemers afgelê. Die navorser het ook die insette van mede-Gestaltspelterapeute benut deur „n elektroniese vraelys aan hulle te stuur waarin inligting rakende die hantering van aggressie en die benutting van diagramme ingewin is. Die vraelyste het belangrike inligting verskaf oor die manier waarop spelterapeute diagramme benut met kinders in die middelkinderjare, en meer spesifiek met kinders met aggressiewe gedrag. Die benutting van die elektroniese vraelys was merendeels gerig op die triangulering van data.

(32)

1.6.1 Die voor- en nadele van die enkelstelselontwerp

Die voor- en nadele van die benutting van die enkelstelselontwerp sluit volgens Strydom (2011:167-169) en Yegidis en Weinbach (2009:332-335) die volgende in:

Voordele:

Die enkelstelselontwerp laat die navorser toe om die totale hulpverleningsproses stap-vir-stap te dokumenteer. Daar is individueel met elke deelnemer gewerk en daarom kon die navorser verbale en nie-verbale kommunikasie dokumenteer. Deur gebruik te maak van die enkelstelselontwerp kan veranderinge in „n individu dus opgemerk word. Hulpverlening kon binne die Gestaltraamwerk aangepas word om by elke deelnemer te pas. Nie net was dit voordelig vir elke deelnemer nie, maar is genoemde ook „n beginsel vanuit die Gestaltteorie. Na afloop van elke sessie het die navorser meer geleer van elke deelnemer en die moontlike oorsake van die deelnemer se aggressie. In hierdie verband noem Johnston en Smith (2010:4) dat die enkelstelselontwerp as metodologie belangrik is in „n professie wat geldige geïndividualiseerde intervensieprogramme moet ontwikkel. Die outeurs verwys spesifiek in hierdie verband na die arbeidsterapie professie, maar die navorser meen dat dit in ander professies ook van toepassing is. Die outeurs noem verder dat professionele persone wat met inividue werk nie noodwendig belangstel of „n intervensie oor die algemeen effektief is nie, maar wil weet of dit „n effek gehad het op die individu wat daarby betrokke was (Johnston & Smith, 2010:5).

Kenmerkend van die enkelstelselontwerp is dat navorsing direk geskied. Dit impliseer dus dat resultate onmiddelik beskikbaar is (Strydom, 2011:167; Yegidis & Weinbach, 2009:333). Voor en na elke hulpverleningsessie kon die navorser „n idee vorm oor die vlakke van aggressie teenwoordig by elke deelnemer. Die navorser kon sodoende bepaal hoeveel tyd spandeer moes word aan aggressie-ontladingstegnieke om aan deelnemers se behoeftes te voldoen. Genoemde het ook as motivering vir die navorser gedien omdat resultate onmiddellik sigbaar was. Die enkelstelselontwerp is ook teorie-neutraal, m.a.w. die teoretiese raamwerk waaruit die navorser werk beïnvloed nie die uitkoms van die navorsing nie. Enige hulpverlening wat deelnemers kan beïnvloed kan geëvalueer word (Artelt et al., 2003:169). Weens die teoretiese begronding van hierdie studie in die Gestaltterapie-teorie is die resultate uiteraard meer gerig op hulpverleners met opleiding in

(33)

Gestaltspelterapie, maar die diagrammatiese hulpmiddels behoort wyer benuttingswaarde te hê, selfs by diegene wat nie die Gestaltagtergrond het nie.

Die enkelstelselontwerp is praktyk gebaseerd (Strydom, 2011:168), wat aanleiding daartoe gee dat die ontwikkelde hulpverleningsprogram deur meeste hulpverleners benut kan word. „n Nadeel (soos hieronder bespreek) van die enkelstelselontwerp is dat daar probleme met eksterne en interne geldigheid bestaan. Johnston en Smith (2010:5) argumenteer hierdie punt as hulle noem dat perfekte geldigheid van geen waarde dien as uitkomste van navorsing nie praktyk gebaseerd is nie.

Die ontwerp verhoog doelgerigtheid in beide die hulpverlener en die kliënt omdat die hulpverlener en die kliënt voortdurend fokus op die aggressievlakke van die kliënt. Implimentering van die ontwerp is koste-effektief (Yegidis & Weinbach, 2009:333) omdat navorsing direk deur die hulpverlener gedoen word, wat beteken dat daar geen veldwerkers of assistente nodig was tydens die uitvoering van die navorsing nie. Slegs die navorser was betrokke in die implimentering en uitvoering van die hulpverleningsprogram, wat kostes laag gehou het. Die navorser het dus nie opgetree as „n onsigbare neutrale binne die veld nie, maar deelgeneem aan die proses (Flick, 2007:7). Aggressie as verskynsel is direk deur die navorser ondersoek en gee aanleiding tot beter begrip van die probleem (Rowley, 2002:18).

Nadele:

Dit is belangrik vir die navorser om objektief te bly teenoor enige verandering in die gedrag van die deelnemers. Om hierdie rede moes alle ander veranderlikes so ver as moontlik gekontroleer word (Johnston & Smith, 2010:6, 7; Strydom, 2011:168). Die bogenoemde was vir die navorser problematies omdat dit onmoontlik was om alle veranderlikes in die deelnemers se lewe te kontroleer. Die deelnemers het almal beweeg na „n volgende skooljaar, met „n nuwe opvoeder en maats in die klas, en een van die deelnemers het medikasie begin drink vir simptome van aandagtekort-hiperaktiwiteitsversteuring. Genoemde faktore kon bygedra het tot die vermindering van die deelnemers se aggressie. Deelnemers se direkte terugvoering oor hul belewenis van die tegnieke was dus belangrik ten einde „n waardebepaling van die intervensie te doen.

Volgens Johnston en Smith (2010:5) en Marlow (in Strydom, 2011:169) bestaan „n oortuiging dat daar probleme bestaan met interne en eksterne geldigheid binne enkelstelselstudies en dit is minder geldig as „n goed ontwerpte groepstudie. Die

(34)

navorser se subjektiewe waarneming kan beïnvloed word omdat daar op „n individuele basis met elke deelnemer gewerk is. Alhoewel hierdie benadering koste-effektief is, soos hierbo genoem, kan dit baie tyd in beslag neem en veralgemenings kan nie gemaak word van enkelstelselstudies nie, veral aangesien daar „n gebrek aan vergelykings bestaan (Strydom, 2011:169).

„n Verdere nadeel van die enkelstelselontwerp is dat dit slegs gebruik kan word om gedragsveranderinge aan te dui. Indien die hulpverlener die probleem en die hulpverlening egter duidelik definieer en verseker dat beide gekoppel word aan die doelwitte vir die hulpverlening, kan hierdie ontwerp goed benut word (Strydom, 2011:169).

Opvolgstudies van gevalle waar die hulpverlening getermineer is, moet gereeld in die toekoms plaasvind ten einde te bepaal of die spesifieke hulpverlening effektiwiteit behou het (Strydom, 2011:169). Om hierdie rede het die navorser besluit om die meetinstrument weer met die deelnemers en hul ouer(s) af te lê onderskeidelik 3 maande en „n jaar na afloop van die hulpverleningsprogram.

1.6.2 Navorsingsprosedure

Navorsingsprosedure verwys direk na die data-insamelingsproses (Punch, 2006:53). Soos hierbo beskryf, is daar in hierdie studie van die enkelstelselontwerp as navorsingsprosedure gebruik gemaak. Alhoewel hierdie prosedure sekere voordele inhou, is daar soos hierbo gesien ook sekere nadele betrokke by die benutting van die prosedure. Rowley (2002:16) meld egter dat die enkelstelselontwerp dikwels benut word as gevolg van die insig wat deur die prosedure verkry word, wat dikwels nie moontlik is met ander prosedures nie. Strydom (2011:160-165) bied „n volledige uiteensetting van die kenmerke en die stappe van die enkelstelselontwerp. Om uitgerekte besprekings aangaande die enkelstelselontwerp te beperk, gaan die kenmerke en stappe van hierdie ontwerp vervolgens gesamentlik bespreek word, omdat beide die kenmerke en stappe baie met mekaar oorvleuel (Strydom, 2011:160-165). Die betrokke studie is opgedeel in 3 verskillende dele, sodat logiese opeenvolging van die studie moontlik sou wees. Vervolgens word gepoog om die kenmerke en stappe van die enkelstelselontwerp te verdeel soos wat die navorser die studie uitgevoer het:

(35)

Oorsig, spesifisering en formulering van die probleem en die

ontwikkeling van doelstellings, doelwitte en „n hipotese

Navorsingsprobleme wat met die enkelstelselontwerp ondersoek kan word, kan negatiewe gedrag, omgewingshindernisse of „n kombinasie van die twee wees. Die navorsingsproses begin deur die probleem te bestudeer en duidelik te definieer (Johnston & Smith, 2010:6; Strydom, 2011:163). In hierdie betrokke studie het die navorser historiese sowel as resente literatuur bestudeer en verskillende kundiges geraadpleeg rakende aggressie voordat die probleem gedefinieer is. Dit is belangrik dat die navorser bewus is van werk wat reeds gedoen is in die betrokke studieveld, sodat die navorser kennis sal opdoen van die mees effektiewe metodes van intervensie wat beskikbaar is (Strydom, 2011:163). Na die bestudering en analisering van beskikbare literatuur kon die doelstellings en doelwitte, tesame met „n hipotese wat handel oor die verskillende maniere waarop veranderlikes „n probleem kan beïnvloed asook die beste manier om hierdie veranderlikes te hanteer, ontwikkel word (Strydom, 2011:163). Besonderhede van die stap is reeds bespreek onder 1.2.2. Die probleem wat in hierdie studie aangespreek word, is die voorkoms van aggressiewe gedrag by kinders in die middelkinderjare en „n ondersoek na die doeltreffendheid van diagrammatiese intervensie om die kinders bewus te maak van hul aggressiewe gedrag op „n kindervriendelike, nie-bedreigende manier. Die enkelstelselontwerp is uitkomsgebaseerd en fokus op die maniere waarop praktyk hierdie uitkomste beïnvloed (Cooper, 2006:91). In hierdie studie poog die navorser dus om die resultate, soos verkry vanuit die praktiese toepassing van die hulpverleningsproses, volledig te beskryf sodat die hulpverleningsproses praktyk georiënteerd weergegee kan word.

Identifisering van struikelblokke

Hierdie fase word deur Strydom (2011:164) beskryf as die stadium waar die navorser proaktief moet optree sodat sekere potensiële struikelblokke voorsien kan word en dit in die beplanning in ag geneem kan word.

Fase 2: Empiriese ondersoek

Basislyn-data

Die enkelstelselontwerp vereis herhaalde, sistematiese meting van die afhanklike veranderlike voor, gedurende en na die manipulasie van „n

(36)

onafhanklike veranderlike (Johnston & Smith, 2010:6, 7; Stocks, 1999:1). Basislyn-data dui op die insameling van data voordat hulpverlening plaasvind of die pre-intervensiefase en word voorgestel deur die letter A (Cooper, 2006:93; Stocks, 1999:1; Strydom, 2011:164; Yegidis & Weinbach, 2009:313). Die funksie van die basislyn is om „n standaard te skep waarteen die effek van die intervensie gemeet kan word (Wilson, 2000:70). Hierdie inligting word vergelyk met die inligting wat ingesamel word gedurende die intervensiefase. Die basislynfase moet voortduur totdat die teikengedrag stabiel voorkom. Die resultate van die voortoets en die van die semi-gestruktureerde onderhoude met die deelnemers en hul ouer(s) kan as basislyn beskou word. Voor die hulpverlening plaasgevind het, is die Aggressie-vraelys van Buss en Perry (1992:454) afgelê deur die deelnemers en hul ouer(s). Na die hulpverlening is die Aggressie-vraelys (Bylae 2) weer afgelê en onderhoude is gevoer met deelnemers en hul ouer(s).

Ontwikkeling van die ontwerp, meting en hermeting van die probleem

met inagneming van die afhanklike en onafhanklike veranderlikes

Veelvuldige metings moet van „n enkele deelnemer geneem word, voor en na hulpverlening. In hierdie studie word die voor- en natoets op die Aggressie-vraelys gemeet (Bylae 2). Dit is belangrik dat die Aggressie-vraelys geldig is, m.a.w. dat dit meet wat dit bedoel is om te meet (Wilson, 2000:63), wat in hierdie geval aggressiewe gedrag is. Hierdie resultate word in hoofstuk 6 bespreek. Die navorsingsontwerp is in 1.5 bespreek, sowel as die uitvoerbaarheid van die studie wat in 1.7 bespreek word. Die afhanklike veranderlike dui gewoonlik op „n kenmerk van „n individu (Stocks, 1999:1). Die afhanklike veranderlike dui in die betrokke studie op die aggressievlakke van kinders, m.a.w. die dimensie waarin die navorser verandering verwag (Strydom, 2011:163). Die onafhanklike veranderlike dui op die intervensieprogram en moet duidelik gespesifiseer word (Stocks, 1999:1; Strydom, 2011:163-164). Dit is belangrik dat eksterne gebeure wat plaasvind tydens die hulpverlening en wat die resultate kan beïnvloed aangeteken moet word (Wilson, 2000:71). Die kern van die ontwerp lê egter in herhaalde meting van die teikenprobleem wat in hierdie studie beskou is as aggressiewe gedrag. Die probleem moet herhaaldelik gemeet word ten einde te bepaal of verandering plaasgevind het. Soos reeds bespreek is kinders se aggressiewe gedrag na afloop van die hulpverlening op verskeie geleenthede geherevalueer.

(37)

Ontwerp of intervensie

Die ontwerp bestaan uit fases, naamlik die basislyn-fase wat gevolg word deur intervensie. Die intervensie (onafhanklike veranderlike) word gedurende hierdie fase geïmplimenteer en word voorgestel met die letter B (Cooper, 2006:93; Stocks, 2001:1; Strydom, 2011:164). Daarna word die natoets weer toegepas en kan vergelykings tussen die verskillende fases gemaak word. Enkelstelselontwerp studies gebruik individue as hul eie kontrole deur die benutting van die basislyn (Cooper, 2006:92; Stocks, 1999:2).

Fase 3: Data-analise

Duidelike omskrywing van hulpverlening

Die navorser moet die hulpverleningsprogram baie spesifiek en duidelik uiteensit (Strydom, 2011:162). Dit het tot die gevolg dat die navorser:

o presies weet wat bereik moet word, o metings betekenisvol kan implimenteer en

o afleidings kan maak aangaande die invloed van hulpverlening op die probleem wat bestudeer word.

Analisering van data en rapportering van bevindinge

Analisering van data vind plaas nadat die intervensie voltooi is. Hierdie analise word gebruik om te bepaal of daar „n verandering in die afhanklike veranderlike plaasgevind het (Strydom, 2011:164). Analisering van data vind op „n visuele manier plaas (Wilson, 2000:71). Die visuele voorlegging word gemaak met behulp van eenvoudige grafieke en nie in die vorm van komplekse statistieke nie (Artelt et al., 2003:166; Cooper, 2006:94). In hierdie navorsingsverslag word die visuele voorstelling in die vorm van grafieke uitgebeeld in hoofstuk 6.

1.7 UITVOERBAARHEID VAN DIE NAVORSING

Wanneer intervensie beplan word, is dit noodsaaklik om studies van ander navorsers op hierdie gebied te raadpleeg en inligting in te win wat verband hou met die verkose navorsingsprobleem. Inligtinginsameling sluit die identifisering en selektering van relevante informasiebronne in (De Vos & Strydom, 2011:480). Doeltreffende inligting-insameling verseker dat die navorsingsproses glad verloop en dat die navorser se kennis rakende die probleem wat ondersoek word uitgebrei en verfyn word. Die volgende is „n bespreking van die wyse waarop informasie versamel is.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

It then discusses how the present tense of the imperative δοκιμάζετε in 1 Thessalonians 5:21 points towards the ongoing nature of discerning God’s will and, finally,

Door de JGZ-medewerkers wordt – zowel bij gepeste als pestende kinderen – een inschatting gemaakt of er extra individuele aandacht voor een pestprobleem bij een kind nodig

 The Office of the United Nations High Commissioner for Human Rightrs, ‘Statistical survey of individual complaints dealt with by the Human Rights Committee under the

Walewein: zijn goede zwaard wordt omgeruild voor een slecht zwaard, de zadelriemen worden voor de helft doorgesneden en er wordt een scheur in zijn stijgbeugel gemaakt. Walewein

Especially compiled for the use of Anglo-South -

Een tweede hypothese is dat wanneer twee contexten kenmerken met elkaar delen, tijdens conditioneren in de ene context, ook de representatie van de andere context wordt

The agenda-building theory views the process of creating mass media agendas as an involving reciprocal process among multiple groups, including the media, policymakers,

Laser operation at 1060 nm with slope efficiency of 0.95% and 440 µW output power for 2% outcoupling was demonstrated in Nd-complex-doped FDA/epoxy channel waveguides, in what to