• No results found

AANGEPASTE SPICC (Sequentially Planned Intergrative Counselling for Children)-MODEL

GESTALSPELTERAPIE MET AGGRESSIEWE KINDERS IN DIE MIDDELKINDERJARE

3.7 AANGEPASTE SPICC (Sequentially Planned Intergrative Counselling for Children)-MODEL

Geldard en Geldard (2008:62-73) het „n model ontwikkel wat kinders begelei gedurende die veranderingsproses tydens intervensie. Die model is „n geïntegreerde model wat gebruik maak van „n verskeidenheid van terapeutiese benaderings (Kliëntgesentreerde psigoterapie, Gestalt-terapie, Narratiewe terapie, Kognitiewe gedragsterapie en Gedragsterapie) in „n opeenvolgende uitgewerkte proses. Die genoemde model het sterk ooreenkomste met die diagrammatiese-gerigte intervensie, waarop hierdie studie gebaseer is. Alhoewel die terapeutiese benadering waarop hierdie studie gebaseer is sterk gewortel is vanuit „n Gestaltbenadering, berus hierdie studie ook op die benutting van opeenvolgende diagrammatiese hulpmiddels. Sommige van hierdie hulpmiddels, byvoorbeeld die robottegniek en die Identifisering van gedragspatrone vind hul oorsprong wel vanuit die Kognitiwe gedragsterapie, maar Gestalt-terapie teorie vorm steeds die metateorie waarop hierdie studie gegrond word. Vervolgens sal daar gelet word op die moontlike ooreenkomste en verskille tussen die SPICC-model en diagrammatiese-gerigte intervensie.

3.7.1 Ooreenkomste en verskille

Soos reeds genoem het die SPICC-model sekere raakvlakke met diagrammatiese- gerigte intervensie, maar daar is egter ook sekere verskille tussen hierdie twee intervensiemodelle. Hierdie verskille en ooreenkomste sal vervolgens bespreek word:

 Beide modelle is gegrond op die doelwit om kinders te help om aangepaste funksionering binne hul ontwikkelingsfase te openbaar (Geldard & Geldard, 2008:62). Vanuit „n Gestaltbenadering sal kinders met aggressiewe gedrag egter ondersteun word om hierdie doelwit te bereik deur kinders se bewustheid voortdurend te verhoog, kinders te ondersteun om selfondersteunende gedrag aan te leer deur verantwoordelikheid te aanvaar vir hulself en sodoende geïntegreerde lewens te lei (Blom, 2006:51).

 Die SPICC-model maak gebruik van „n aantal verskillende terapeutiese benaderings (Geldard & Geldard, 2008:62) waarteen die diagrammatiese- gerigte intervensie model gebruik maak van die Gestaltbenadering as metateorie. Soos reeds genoem spruit sommige van die hulpmiddels wat gedurende hierdie studie benut word wel vanuit die Kognitiewe gedragsterapie, maar word hierdie hulpmiddels binne „n Gestaltraamwerk aangebied.

 Terwyl die SPICC-model gebruik maak van „n verskeidenheid opeenvolgende terapeutiese benaderings (Geldard & Geldard, 2008:62), maak die diagrammatiese-gerigte intervensiemodel gebruik van „n reeks opeenvolgende hulpmiddels wat benut word om kinders met aggressiewe gedrag in die middelkinderjare te begelei tot bewustheid en integrasie.

 Die SPICC-model maak gebruik van verskillende “vlakke”. Geldard en Geldard (2008:63) is van die oortuiging dat, indien kinders te vinnig deur die terapeutiese proses beweeg, die meerderheid nie enige terapeutiese vordering maak of die terapeutiese proses sal voltooi nie. Die diagrammatiese-gerigte intervensiemodel is ook ontwerp sodat kinders stadig en met bewustheid deur die terapeutiese proses beweeg. Kinders raak bewus van hul aggressiewe gedrag en die invloed daarvan op hulself en hul veld op „n geleidelike basis. Kinders leer in die proses hulself ook beter

ken. Hierdie proses stem ooreen met die baie belangrike Paradoksale Teorie van Verandering wat eie is aan die Gestaltbenadering (sien 3.3.12). Hierdie benadering steun op die konsep dat, indien kinders hulself aanvaar en leer ken soos wat hulle werklik is, vind groei plaas.

 In aansluiting by bogenoemde begelei die SPICC-model kinders om hul interne en eksterne wêrelde te verken (Geldard & Geldard, 2008:63). Die diagrammatiese-gerigte intervensiemodel bestaan uit „n aantal hulpmiddels, soos die genogram en ekokaart, wat spesifiek benut word met hierdie doel in sig.

 Die SPICC-model help kinders om hul interpretasie van gebeure te verander deur insigontwikkeling in sekere gebeure en denkwyses (Geldard & Geldard, 2008:64). In ooreenkoms met die SPICC-model is hulpmiddels soos die Robottegniek en Identifisering van Gedragspatrone spesifiek gekies en geïntegreer in hierdie studie om kinders bewus te maak van die manier waarop hul interpretasie en denkwyses kan bydra tot hul aggressiewe uitlewings.

3.7.2 Voorstelling van die terapeutiese proses gedurende die diagrammatiese- gerigte intervensiemodel

Gedurende elkeen van die verskillende fases of sessies gedurende hierdie studie word verskillende diagrammatiese hulpmiddels, wat fokus op verskillende terapeutiese doelwitte, benut. Van die terapeutiese doelwitte is tydens elke sessie van belang en daarom kan dit nie sistematies uitgebeeld word op „n diagram nie. Die diagram dien dus as ‟n voorstelling van die totale intervensieproses, maar kan ook van toepassing gemaak word op elke individuele sessie. Vervolgens word „n voorstelling gebied van die diagrammatiese-gerigte intervensiemodel soos aangepas vanaf die SPICC-model (Geldard & Geldard, 2008:67):

Aggressiewe Kind Kind kom vir

diagrammatiese gerigte intervensie Deur diagramme

begin kind sy/haar storie vertel (wurmtegniek)

Kind se bewustheid van aggressie verhoog

Kind toon

weerstand Hanteer

weerstand

Deur verdere ontwerp van diagramme kry kind die geleentheid om sy/haar storie verder te vertel en kontak te maak met sterker emosies

Kind se siening oor die self verander

Kind hanteer aggressiewe gedrag Kind stel ondersoek

in na keuses Kind eksperimenteer

met nuwe gedragspatrone Kind beheer sy/haar

aggressie Aggressie is onder beheer

Kind gaan voort om weerstand

te toon en aggressiewe gedrag te ontken

Figuur 3.1 Diagrammatiese-gerigte model soos aangepas vanuit die SPICC-model

(Geldard & Geldard, 2008:68)

Gedurede die betrokke intervensie is ‟n vasgestelde intervensieplan aan die kinders met aggressiewe gedrag gebied. Eie aan Gestaltterapie teorie werk die hulpverlener egter steeds met dit wat op die kinders se voorgrond is. Keuses is regdeur die intervensieprogram aan die kinders gegee. Hulle kon self kies hoe hulle die diagramme wou ontwerp en wie en wat hulle daarop wou plaas, waaroor hulle wou praat en wat aandag moes geniet. Anders as die tipiese respons van ouer(s) en ander volwassenes is die doel van intervensie nie die hantering van die simptoom (aggressie) nie, maar eerder om te probeer om die kinders te verstaan en om hul bewustheid te verhoog. Elkeen van hierdie hulpmiddels word volledig bespreek in hoofstuk 4 en word slegs hier genoem om „n geheelbeeld van die intervensiemodel te skep. Alhoewel die fokus in hierdie studie die benutting van diagrammatiese hulpmiddels in die konteks van aggressie is, is bykomende tegnieke benut om eties-

verantwoordbaar binne die Gestaltterapeutiese proses te werk. Hierdie tegnieke sal in hoofstuk 5 verder bespreek word.

3.8 SAMEVATTING

In hierdie hoofstuk word „n oorsig gegee oor die Gestaltbenadering wat as rigtinggewer vir hierdie studie benut word. Daar word kortliks gefokus op die ontwikkeling van die Gestaltbenadering en enkele van die belangrike beginsels in hierdie benadering. Hierdie beginsels sluit holisme, homeostase, kontak, bewustheid, onvoltooidhede, figuur/grond, hier-en-nou, polariteite, die veldteorie, dialoog, proses en die paradoksale teorie van verandering in. Die belangrikheid van die terapeutiese verhouding wat hulpverleners binne die Gestaltraamwerk met kinders het, word ook bespreek. Kinder-aggressie is dikwels die gevolg van wysiging van kontak en die verskillende vorme van wysiging of modifikasie van kontak word dus ook breedvoerig bespreek. Die vyf lae van neurose word hierna bespreek omdat kinders met aggressiewe gedrag gedurende die terapeutiese proses deur hierdie lae na „n toestand van holisme of integrasie beweeg. Die Gestaltsiklus van ervaring, ook genoem die siklus van kontak, word bespreek omdat kinders dikwels hul aggressie gebruik as „n manier om kontak te maak met die omgewing. Hierdie kinders moet begelei word, deur die verhoging van bewustheid, om op „n meer aanvaarbare wyse kontak te maak met hul omgewing om sodoende hul behoeftes te kan bevredig.

In hoofstuk 4 word die benutting van diagrammatiese hulpmiddels in spelterapie vanuit „n Gestaltbenadering bespreek. Die diagrammatiese hulpmiddels wat spesifiek in hierdie studie benut is, is die genogram, ekokaart, tydlyn, identifisering van gedragspatrone, kleur jou lewe en die liggaamskartering. Hierdie hoofstuk poog om te verduidelik hoe hierdie hulpmiddels aangewend kan word tydens hulpverlening aan kinders met aggressiewe gedrag gedurende die middelkinderjare.

HOOFSTUK 4

DIE GEBRUIK VAN DIAGRAMMATIESE HULPMIDDELS IN SPELTERAPIE