• No results found

Werkswyses ter bekamping en behandeling van onderwyserstres (vgl 3.6.4)

METATEORETIESE PERSPEKTIEWE OP WERKSTRES EN ONDERSTEUNINGSBASISSE VIR ONDERWYSERSTRES, SOOS DIT VERAL IN DIE PROFIEL VAN TWEEDE TAAL-

3.8 SAMEVATTING VAN METATEORETIESE PERSPEKTIEWE

3.8.4 TWEEDE TAAL-ONDERRIG AS WERKSTRESSOR (vgl 3.5).

3.8.5.2 Werkswyses ter bekamping en behandeling van onderwyserstres (vgl 3.6.4)

3.8.5.2.1 Werkstreshanteringsvaardighede vir die individu (vgl. 3.6.4.2).

Navorsers identifiseer die volgende hanteringsvaardighede as effektiewe werkswyses ter bekamping en behandeling van onderwyserstres:

• Realiteitsaanvaarding: Die persoon erken dat die probleem bestaan en word gehelp om die realiteite te erken en te aanvaar (vgl. 3.6.4.2).

• Selfverryking: Dit is die ontwikkeling van selfkennis en bemagtiging deur beheer oor stresvolle situasies te neem, asook die stel van realistiese doelwitte, die kweek van 'n positiewe ingesteldheid teenoor probleme en die vestiging van 'n goeie selfbeeld (vgl. 3.6.4.2).

• Selfgeldende optrede: Behoeftes word in liefde, dog eerlik, gekommunikeer, en 'n wen-wen uitkomsgebaseerde oplossings word in konfliksituasies gesoek (vgl. 3.6.4.2). Die persoon ontwikkel effektiewe kommunikasievaardighede (vgl. 3.6.4.2).

• Vernuwing van die denke ten opsigte van destruktiewe gedagtepatrone: Destruktiewe denkpatrone word geidentifiseer en aangespreek (vgl. 3.6.4.2).

• Emosionele reguleringstrategiee: Stres word bestuur deur positiewe selfgesprekke te voer en deur vaardjghede aan te leer om emosies te beheer (vgl. 3.6.4.2).

• Die ontwikkeling van emosionele intelligensie en emosiewerk (emosie-arbeid) vaardighede: Emosionele intelligensie is om oor die vaardigheid te beskik om emosies te identifiseer en emosiewerk is om op die vaardigheid te reageer byvoorbeeld self-awareness, self- management, social awareness, relationship management (vgl. 3.6.4.2).

• Persoonlikheidstipe te identifiseer: Om die tipe-A persoonlikheid te identifiseer en aanpassings te maak of nuwe patrone aan te leer (vgl. 3.6.4.2).

• Fisiese ondersteuning (passief of aktief): Navorsers stel 'n gebalanseerde dieet asook die skep van persoonlik ek-tyd vir ontspanning voor en fisiese oefening of ontspanningsoefeninge of asemhalingsoefeninge (vgl. 3.6.4.2).

• Sosiale ondersteuning: Vriende, familie en kollegas moet as ondersteuningspan gevestig word (vgl. 3.6.4.2).

• Organisatoriese vaardighede te ontwikkel: Navorsers stel voor dat die onderwyser deeglike beplanning en voorbereiding moet doen om werksdruk te verminder (vgl. 3.6.4.2). Die onderwyser moet ook die gewoonte aanleer om take af te handel, deur byvoorbeeld notas of

lysies te maak van take en datums waarop dit afgehandel moet word, asook deur probleme betyds te antisipeer sodat daar opgetree kan word (vgl. 3.6.4.2).

• Tydsbestuur. Navorsers stel verskeie werkswyses voor soos dat onderwysers hulle voorbereidings-, assesserings- en aanbiedingsmetodes aanpas of dit vernuwe ten einde hulle tyd effektief te bestee (vgl. 3.6.4.2). Navorsers stel ook effektiewe tydsbeplanning voor soos om dagboekinskrywings te maak van take wat verrig moet word (vgl. 3.6.4.2). Ander is van mening dat die vinnige afhandeling van kleiner take en om teen die uitstel van take te waak, sal bydra tot effektiewe tydsbestuur. Nog verdere navorsing beveel die delegering en die realistiese priorisering van take ten opsigte van belangrikheid en noodsaaklikheid aan (vgl. 3.6.4.2). Onderwysers moet ook leer om "nee" te se en om tydrowers te identifiseer. Die navorsing stel voor dat daar evaluering van tydsbesteding gedoen word deur gereeld die werklike tydsbesteding te vergelyk met die tydsbeplanning. Verder word gemaan dat onderwysers nie hulleself moet isoleer of van hulle kollegas moet onttrek in 'n poging om effektiewe voorbereidingstyd te skep of hulle tyd effektief te benut nie (vgl. 3.6.4.2).

Uit bogenoemde feite blyk dit dat die meeste navorsers tydsbestuur, vernuwing van die denke en fisiese en sosiale ondersteuning as die mees effektiewe hanteringsvaardighede beklemtoon, terwyl ander ook realiteitsaanvaarding, identifisering van die persoonlikheidstipe, selfverryking, selfgeldende optrede en die ontwikkeling van emosionele reguleringstrategiee, emosionele intelligensie sowel as organisatoriese vaardighede aanbeveel as streshanteringstrategiee (vgl. 3.6.4.2).

Die studie vind dat slegs enkele navorsers melding maak van die waarde van gebed en die berustende wete dat die Almagtige die anker en hoop is in moeilike omstandighede, terwyl sommige navorsers slegs gebed, godsdiensbeoefening of kerklike ondersteuning as voorbeeld om stres te bestuur, noem (vgl. 3.6.4.2).

Alles in ag genome blyk daar 'n leemte te wees ten opsigte van die geestelik ondersteuning van onderwysers; ten spyte daarvan dat verskeie navorsers van mening is dat werkstres 'n negatiewe invloed op onderwysers se geestesgesondheid het. Die navorser kom tot die slotsom dat daar baie navorsing gedoen is oor die probleme wat aanleiding gee tot onderwyserstres, maar daar blyk min navorsing beskikbaar te wees vir Skirfgebaseerde oplossings (vgl. 3.6.4.2).

3.8.5.2.2 Werkstresbestuur in die skool (vgl. 3.6.4.3).

Die welsyn van onderwysers behoort die hoogste prioriteit te geniet by die skool en die

Onderwysdepartement, want dis in belang van die leerders, koste-effektief omdat onderwysers nie baie afwesig is nie, en onderwysers se welsyn het ook 'n invloed op die totale effektiwiteit van 'n skool

(vgl. 3.6.4.3). Skoolhoofde van sekondere skole speel 'n groot rol in die vermoe van onderwysers om werkstres te kan hanteer (vgl. 3.6.4.3). Skoolhoofde wat 'n duidelike visie vir die skool kommunikeer, 'n persoonlike verhouding met die persoonlede het (wat dien as 'n sterk sosiale ondersteuningsbasis) en waar hy as mediator tussen onderwysers se behoeftes en die eise wat die onderwyssisteem stel, optree, skep 'n positiewe werksomgewing vir onderwysers (vgl. 3.6.4.3).

3.8.5.2.3 Vestiging van beradingsdienste in skole (vgl. 3.6.4.4).

Verskeie navorsers is dit eens dat hulpverlening aan personeel wat gebuk gaan onder werkstres, die hoogste prioriteit in skole moet geniet; daarom is die beskikbaarstelling van beradingsdienste van onskatbare waarde (vgl. 3.6.4.4). Indien beradingsdienste tot onderwysers s e beskikking is, kan hulle

onmiddellik die werkstressors aanspreek met die hulp van 'n berader en word hulle betyds ondersteun (vgl. 3.6.4.4).

3.8.5.2.4 Die vestiging van 'n dissiplinere program in skole (vgl. 3.6.4.5)

Navorsers is dit eens dat 'n positiewe sosiale en karakterontwikkeling van leerders 'n positiewe klimaat in die skool skep en lei tot die verbetering van die dissiplinere probleme (vgl. 3.6.4.5) Die skool moet 'n algemene dissiplinere program in werking stel wat konsekwent toegepas word tot ondersteuning en beskerming van beide onderwysers en leerders (vgl. 3.6.4.5)

3.8.5.2.5 Inligtingsprogram vir nuut aangestelde onderwysers (vgl. 3.6.4.6).

Navorsers is van mening dat onderwyserstres verminder kan word indien goeie inleidende programme vir beginner-onderwysers aangebied word waar hulle bewus gemaak word van werkstresfaktore, en onderrig word in hanteringstrategiee (vgl. 3.6.4.6).

3.8.5.2.6 Sosiale ondersteuning aan onderwysers (vgl. 3.6.4.7)

Navorsers is dit eens dat die positiewe betrokkenheid en ondersteuning van die ouers en die gemeenskap by onderwysers; asook die ondersteuning en die bou van positiewe verhoudings met kollegas, vriende of familie van kardinale belang is in die bekamping van onderwyserstres (vgl. 3.6.4.7).

3.8.5.2.7 Werkswinkels vir onderwyserstres (vgl. 3.6.4.8)

Navorsers is dit eens dat voorkomende optrede meer effektief en goedkoper is as genesende optrede; daarom ondersteun hulle die beginsel van werkswinkels vir onderwyserstres (vgl. 3.6.4.8). Werkswinkels moet ook tyd inruim waar daar op die individu gefokus word rakende sy spesifieke taak, persoonlikheid en omstandighede en werkstresbestuur (vgl. 3.6.4.8).

3.8.6 "WERKSTRES-BESTANDE" ONDERWYSERS (vgl. 3.7).

Sommige navorsers het wel probeer vasstel waarom sekere onderwysers "werkstres-bestand" is. Hulle het bevind dat sulke onderwysers

'n ontspanne benadering tot hulle werk het, nie hulleself oorlaai met werk nie,

definitiewe grense aan hulleself stel, dit vermy om lank te broei op probleme en

glo dat hulle effektief probleme kan hanteer (vgl. 3.7).

"Werkstres-bestande" onderwysers maak veral van direkte-aksie strategies (probleem- oplossingsstrategiee) gebruik en

het die vermoe om moeilike gebeure te assesseer, te evalueer, te ontleed en omstandighede te analiseer,

kan ook die keuse maak om nie valse skuldgevoelens te koester nie, maar is ook eerlik genoeg om te erken as hulle sake beter kon hanteer het,

sal altyd die keuse maak om uit hulle foute te leer en vorentoe te kyk, het selfvertroue,

glo in hulle eie vermoe, is trots op hulle werk, is doelgerig,

bevoeg in gedraghantering en onderrigmetodes, georganiseer en geroetineerd,

het 'n sterk ondersteuningbasis in die skool en

dissipline word konsekwent en stapsgewys toegepas, wil 'n verskil in leerders se lewens maak (vgl. 3.7).

Verskeie navorsers het genoem dat onderwysers se geloof, gebed, die Skrif en kerklike gemeenskap 'n dominante ondersteuningsrol speel in hulle vermoe om werkstres effektief te bestuur, maar het dit nie verder ondersoek as werkstreshanteringstrategie nie (vgl. 3.7).