• No results found

5.5 'N BYBELSE PASTORALE VERHOUDING

5.7 VOORGESTELDE FASES VIR PASTORALE BEGELEIDING: ONDERWYSERSTRES

5.7.2 Motivering ten opsigte van hulpverlening aan Tweede Taal-onderwysers

5.7.2.2 Tweede Taal-onderrig as werkstressor

Binne die Suid-Afrikaanse konteks verkies al meer ouers Engels as medium van onderrig vir hulle kinders, alhoewel dit hulle Tweede Taal is (vgl. 3.5). Dit verhoog die werksdruk van Tweede Taal- onderwysers, want die verwagting is dat hulle die Ieerders in staat sal stel om Engels tot so 'n mate te bemeester dat hulle ook in ander vakke onderrig kan ontvang (vgl. 3.5). Baie Tweede Taal- onderwysers ervaar veral in die landelike gebiede groter druk, aangesien Engels ook hulle tweede taal is en hulle dikwels ook nie die taal voldoende bemagtig of die struktuur van die taal ken nie (vgl. 3.5; 4.4.2.1).

Die probleem word vererger deurdat die Engels Tweede-Taalsillabus nie tred gehou het met die vinnige veranderinge nie, en dit plaas verdere druk op Taal-onderwysers (vgl. 3.5). 'n Verdere probleem is dat Ieerders nie voldoende onderrig ontvang in die primere skole nie en Tweede Taal- onderwysers nie die tyd het om agterstande in die sekondere skole in te haal nie, maar as die Ieerders swak presteerword dit wel voor hulle deur gele (vgl. 4.4.1.1).

Van die skoolhoofde is van mening dat verdere druk op Taal-onderwysers geplaas word om Ieerders voor te berei vir 'n wereld waar van hulle verwag word om Engels magtig te wees (vgl. 4.4.1.1).

Die studie het bevind dat Tweede Taal-onderwysers bo en behalwe die werkstressors waaraan ander senior onderwysers blootgestel word, ook gebuk gaan onder verdere stresfaktore wat uniek aan hulle vak is. Uit die studie kan die afleiding gemaak word dat Tweede Taal-onderwysers daarom veral meer ondersteuning behoort te ontvang (vgl. 3.5). Vervolgens gaan hulle unieke faktore uitgelig word:

■ Werkslas en tydsdruk

Tweede Taal-onderwysers beleef veral meer werksdruk op senior vlak as ander vakgebiede, aangesien Taal nie 'n keusevak vir leerders is nie en Taal-onderwysers daarom onderrig gee aan al die leerders van elke graadgroep (vgl. 3.5). Die gevolg van die laasgenoemde feit is dat Tweede Taal-onderwysers se klasse meestal gevul is met ongemotiveerde en ongedissiplineerde leerders, aangesien leerders verplig is om die vak te neem, alhoewel hulle nie noodwendig 'n taalaanleg het nie (vgl. 3.5). Dit lei daartoe dat Tweede Taal-onderwysers gebuk gaan onder 'n meer veeleisende nasienprogram as ander senior onderwysers. Hulle taak behels die nasien van byvoorbeeld kreatiewe skryfwerk, van volgetal klasgroepe waavan baie leerders 'n beperkte taalvaardigheid het (vgl. 4.3.2.2). Dit veroorsaak dat Tweede Taal-onderwysers ook meer nasientyd moet begroot as ander senior onderwysers, aangesien hulle nasienwerk van hulle vereis om die korrekte woorde of sinne oor te skryf ten einde die leerders te help (vgl. 4.3.2.2).

Die intensiewe nasienprogram verhoog veral hulle werkslas en plaas baie druk op hulle tyd. Die groot assesseringsprogram maak nie net inbreuk op hulle beskikbare tyd vir kwaliteit voorbereiding en nasorg nie, maar dit genereer ook 'n groot hoeveelheid administratiewe werk (vgl. 3.5). Die skoolhoofde is dit eens dat nasienwerk 'n geweldjge invloed op die Tweede Taal-onderwysers se werkslading het, aangesien hulle soveel ekstra merkwerk het (byvoorbeeld stelwerk) teenoor die ander vakgebiede (vgl. 4.4.1.1; 4.4.2.1). Taal-onderwysers is van mening dat onderwysers in ander vakke baie meer beweegruimte het om meer diagnostiese en inskerpingsoefeninge en toetse aan leerders te gee omdat hulle baie minder verpligte assesseringsopdragte het teenoor wat van Taal- onderwysers verwag word (vgl. 3.5).

■ Ongemotiveerde leerders

Tweede Taal-onderwysers is meer blootgestel aan ongemotiveerde en opstandige leerders, aangesien leerders verplig word om 'n tweede taal as vak te neem en daarom rebelleer (vgl. 4.3.2.2). Hulle ongemotiveerdheid lei tot swak gedrag en 'n weiering om take te voltooi (vgl. 4.3.2.2). Leerders se ongemotiveerdheid ten opsigte van hulle tuisopdragte (byvoorbeeld stelwerk) maak Taal- onderwysers moedeloos, want as leerders nie hulle opdragte inhandig nie, reflekteer die swak punte terug na die onderwyser toe (vgl. 4.3.2.2). 'n Verdere punt van frustrasie is dat die leerders weet hulle punte word saamgestel uit drie vraestelle; daarom skeep hulle die taalleer af wat die fondasie van die aanleer van die taal vorm (4.3.1.2).

Leerders toon 'n gebrek aan belangstelling om die Tweede Taal aan te leer, en baie min neem verantwoordelikheid ten opsigte van die leer, lees of praat van die taal (vgl. 4.3.1.2; 4.3.2.2). In ander vakgebiede is leerders op hulleself aangewese om die vak baas te raak, maar by die aanleer van 'n

tweede taal is dit noodsaaklik dat die leerders mondelingse of praktiese oefening kry ten einde die tweede taal te kan bemeester (vgl. 4.3.1.2). Die probleem is egter dat baie min mense in die landelike gebiede byvoorbeeld Engels magtig is sodat die leerders dit kan beoefen (vgl. 4.4.2.1). Die hoofde identifiseer verder die gebrekkjge belangstelling ten opsigte van die aanleer van 'n Tweede Taal by baie leerders as 'n ekstra werkslas vir Tweede Taal-onderwysers, veral wat betref die dissipline en motivering vir die res van dieklasgroep (vgl. 4.4.1.1; 4.4.2.1).

Een van die skoolhoofde is van mening dat Tweede Taal-onderwysers half 'n onbegonne taak het, as in aanmerking geneem word dat hulle nie net hulle merkwerk het wat baie tydrowend is nie, maar dat daar ook van hulle vereis word om 'n mondelingpunt aan elk van die meestal ongemotiveerde leerders toe te ken (vgl. 4.4.2.1).

■ Gedragprobleme

Dissipline is werklik 'n probleem vir die Tweede Taal-onderwyser, aangesien baie leerders die tydsgleuf as ontspanning sien (vlg 4.3.1.2). Leerders van verskillende kulture is saam in 'n Tweede Taal-klas en dit skep gedragsprobleme (4.3.2.2). Gedragsprobleme ontstaan veral as daar mondelinge aktiwiteite moet plaasvind, want die leerders probeer om die onderwyser se gesag te ondermyn en die dissipline omver te werp (vgl. 4.3.1.2).

Leerders se swak gedrag het tot gevolg dat baie Taal-onderwysers hulle onderwysstyl moet verander, byvoorbeeld van demokraties na outokraties, en ook van prakties (mondeling) na teoreties gefokusde onderrig ten einde dissipline te kan handhaaf (vgl. 4.3.1.2; 4.3.3.2). Die vak behoort 'n plesier te wees, maar weens die leerders se ongedissiplineerdheid is dit spanningsvol en uitputtend (vgl. 4.3.1.2). Tweede Taal-onderwysers is reeds so oorlaai ten opsigte van hulle merkwerk en baie onderrigmateriaal wat afgehandel moet word, dat leerders se swak gedrag hulle totaal oorlaai laat voel. Van die Taal-onderwysers het aangedui dat hulle wil tou opgooi en nie regtig meer omgee as die leerders nie hulle werk inhandig of afhandel nie (vgl. 4.3.3.2).

■ Administratiewe las

Tweede Taal-onderwysers gaan gebuk onder 'n baie groot administratiewe las. Nie alleen het die Tweede Taal-onderwyser baie meer punte om te verwerk nie, maar hulle het ook meer as een vraestel om op te stel en na te sien (vgl. 4.3.1.2). Hulle beleef die eise wat deur die Onderwysdepartement aan Tweede Taal-onderwysers gestel word, as uiters stresvol (vgl. 4.3.3.2). Tweede Taal-onderwyser, veral in die platteland, is baie keer verantwoordelik vir die lesbeplanning en voorbereiding van al die leerders vanaf graad 8 tot 12, en indien hulle aan die Onderwysdepartement se vereistes probeer voldoen, sal hulle nie tyd he om leerders effektief te onderrig nie (vgl. 4.3.3.2).

Van die Taal-onderwysers het eenvoudig hulle administratiewe werk afgeskaal, ongeag die konsekwensies, aangesien effektiewe onderrig vir hulle meer belangrik is as die administratiewe take (vgl. 4.3.3.2).

■ Kommunikasieprobleme

Misverstande ontstaan by leerders as gevolg van 'n gebrekkig begrip van hulle tweede taal (vgl. 4.3.2.2). Inligting word aan die leerder in sy tweede taal gekommunikeer, en dit veroorsaak kommunikasiegapings tussen die ouers en die onderwysers omdat inligting nie reg oorgedra word nie, en dit dra by tot konflik en stres (vgl. 4.3.1.2). Een van die deelnemers noem dat konflik tussen Engels Tweede Taal-onderwysers en Afrikaanssprekende ouers ontstaan weens kommunikasiegapings, misverstande en verkeerde persepsies, en dit dra by tot stres (vgl. 4.3.3.2). Een van die hoofde is van mening dat die kultuurverskil, die agtergrond en die opvoeding van Engelse onderwysers bydraend is tot hulle belewing van stres, veral ten opsigte van hulle verwagting van die Afrikaanse leerders (vgl. 4.4.3.1).

■ Oorvol klasse

Die oorvol klasse bring mee dat Tweede Taal-onderwysers nie genoeg tyd het vir noodsaaklike praktiese oefening soos mondeling nie, en dit beperk hulle vermoe om effektief klas te gee, byvoorbeeld onvoorbereide lees neem langer per kind, want die leerders lees baie stadig weens 'n gebrekkige kennis van die taal (vgl. 4.3.1.2). Te veel leerders in een klas plaas eerstens 'n groter las op Taal-onderwysers ten opsigte van hulle nasienwerk, maar dit dra ook daartoe by dat leerders met probleme nie effektief gehelp kan word nie, veral diegene wat reeds 'n agterstand het vanwee" 'n swak onderbou in die laerskool (vgl. 4.3.1.2; 4.3.2.2). Die oorvol klasse plaas 'n verdere las op Tweede Taal-onderwysers wat reeds 'n tydrowende nasienprogram en 'n oorlaaide kurrikulum het, wat dit vir hulle bykans onmoontlik maak om verrykingsopdragte en/of die nodige bykomende remedieringsopdragte in te werk (vgl. 3.5).

■ Gebrekkig ondersteuning van ouers

Tweede Taal-onderwysers het 'n verdere bekommernis ten opsigte van die opdragte soos stelwerk wat taal-leerders tuis moet voltooi, aangesien woordeboeke tuis ontbreek (vgl. 4.3.1.2). Leerders is meer negatief teenoor hulle tuisopdragte aangesien hulle nie die taal magtig is nie en meestal slegs in die klas die taal hoor (vgl. 4.3.1.2). Tweede Taal-onderwysers ondervind dat leerders nie hulle tuiswerkboeke inhandig nie, of afskryf uit 'n tydskrif of van 'n mede-leerder se werk (vgl. 4.3.1.2). Verder moet Tweede Taal-onderwysers onderrig gee aan leerders wat geen ondersteuning ten opsigte van die Tweede Taal by hulle huise kry nie; aangesien hulle ouers dit self nie magtig is nie (vgl. 4.4.2.1).

■ Onvoldoende ondersteuning van die Onderwysdepartement

Die voortdurende veranderinge van die Nasionale Onderwysbeleid is vir Tweede Taal-onderwysers geweldig stresvol. Die voortdurende verandering en swak kommunikasie voorsaak groot onsekerheid, spanning en frustrasie by hulle (vgl. 4.3.1.2). Die swak kommunikasie vanaf die Onderwysdepartement is ook 'n groot bydraenende faktor tot stres. Die Onderwysdepartement sal op baie kort kennisgewing van onderwysers verwag om 'n taalkursus by te woon en dit plaas groot druk op hulle reeds oorlaaide program (vgl. 4.3.2.2). Die Onderwysdepartement plaas met die CASS {Continuous Assessment)-punte verdere druk op die onderwysers, want dit vereis meer merktyd en verder is daar gebrekkige ondersteuning van die Onderwysdepartement ten opsigte van die kurrikulum (vgl. 4.4.1.1). Die feit dat die departementele beamptes (vakadviseurs) onredelike eise aan die onderwysers stel en nie altyd opgewasse is vir hulle taak nie, dra by tot stres by Taal-onderwysers (vlg 3.5).

■ Leerders wat spesiale aandag verg (vgl. 4.3.2.2).

Toegewyde en pligsgetroue Tweede Taal-onderwysers beleef dit as stresvol as leerders passief en traak-my-nie-agtig voorkom in die klas, veral nadat hulle hulle bes gedoen het in die voorbereiding van hulle werk en baie tyd spandeer het aan merkwerk, ten koste van hulle gesinne (vgl. 4.3.1.2). Een van die deelnemers voel dat dit juis leerders is met 'n agterstand ten opsigte van hulle Tweede Taal- vaardighede wat hulp misbruik, en dat ouers ook nie altyd waardeer wat vir hulle kinders gedoen word nie (vgl. 4.3.2.2).

■ Die onderrigmateriaal is te veel

Een van die deelnemers is van mening dat die Taal-kurrikulum totaal oorlaai is vir die tydperk waarin dit afgehandel moet word. Dit veroorsaak dat die leerders moedeloos en ongemotiveerd raak, asook swak presteer (vgl. 4.3.2.2).

■ Persoonlike vlak

Taalonderwysers beleef veral op 'n persoonlike vlak baie stres ten opsigte van hulle verhoudings, gesondheid (geestelik en fisies) en lewenskwaliteit (vgl. 3.5). Baie Taal-onderwysers oorweeg dit om die onderwys te verlaat omdat hulle hulle lewenskwaliteit inboet as gevolg van die werksdruk (vgl. 3.5). Taal-onderwysers vra veral dat daar dringend ingegryp moet word om hulle werksituasie te verbeter (vgl. 3.5).

Die navorser kom tot die gevolgtrekking dat Tweede Taal-onderwysers meer werksdruk beleef as onderwysers van ander vakgebiede, hulle werkstresfaktore uniek is aan hulle vak en daarom behoort

hulle ook meer werkstres te beleef. Dit dien as motivering vir die daarstelling van pastorale riglyne vir die hantering van onderwyserstres vir spesifiek Tweede Taal-onderwysers.