• No results found

BASISTEORETIESE PERSPEKTIEWE OP WERKSTRES EN WERKSTRESHANTERING

2.6 SAMEVATTING VAN BASISTEORETIESE PERSPEKTIEWE

2.6.1 Inleidende Perspektiewe

Hierdie Skrif-voorbeelde van gewone mense wat deur God gebruik is om Sy planne uit te voer ten spyte van hulle swakhede en tekortkominge, dien vir die hedendaagse mens as voorbeeld en leerskool. Die beginsels wat in die lewens van die Bybelkarakters geillustreer word, kan op sy of haar eie lewe toegepas word. Die onafwendbare ooreenkoms van die studie-objekte (Josef, Moses, Elia, Johannes die Doper, Petrus en Paulus) met ons hedendaagse mens, is dat die werksomgewing in alle gevalle werkslading, -eise en -stres meebring. Trauma as gevolg van die werksomgewing is sedert die vroegste tye met ons.

Vanuit die Bybelse eksegese in bogenoemde studie van Bybelse karakters/figure, is daar sekere gevolgtrekkings wat besliste beloftes van hoop inhou vir mense wat deur soortgelyke stresverwante omstandighede gaan. Die wyse waarop God teenwoordig was in die betrokke persone se lewensomstandighede is nie alleen die mees deurslaggewende beginsel in werkstreshantering nie, maar hou juis goeie nuus in vir elkeen wat emosioneel of geestelik uitgedaag is deur hulle werksomgewing. Die uitgangspunt vir Woordgebaseerde pastorale riglyne is juis dat God onmisbaar is vir die mens om optimaal te funksioneer in 'n komplekse wereld. Juis dit bring besliste hoop en vooruitsig vir enige mens, onderwysers ook, wat oor hulle toekoms twyfel. Werk het nie net sy oorsprong in God nie, maar vind bestaansreg en uiting vanuit 'n vervulde verhouding van die mens met sy Skepper.

Onderwys as werksterrein vind sy beslag in die Skeppingshandelinge van God en die stres wat in hierdie werksomgewing ondervind word, le ingebed met die sonde en verval wat deel van die aardse werklikheid geword het. Die sleutels tot heilsame hantering van hierdie ervaringe, le vanselfsprekend in die heilshandeling van 'n Heiland (vgl. 2.3.1 tot 2.3.6).

Die Bybelse beginsels ten grondslag van 'n pastorale begeleidingsproses vir die gegewe senario, kan soos volg uit die studiegegewens opgesom word:

2.6.2 Perspektiewe ten opsigte van selfagting en selfbestuur uit die Bybelse gevallestudies

2.6.2.1 Identiteit in God

Josef: Sy identiteit as Israeliet is horn wel ontneem, maar hy het nooit sy identiteit as kind van God prysgegee nie.

Moses: Moses het geleer om nie op sy eie menslike krag en insigte staat te maak nie, maar dat sy sekuriteit, hoop en identiteit in God gesetel was.

Elia: Die gevoel van mislukking het Elia se ware identiteit oorskadu en hy moes deur God daarvan genees word ten einde sy werkstres die hoof te kon bied.

Johannes die Doper: Johannes die Doper se identiteit was reeds van voor sy geboorte in God geborge; daarom kon hy gefokus bly op sy roeping ten spyte van vervolging.

Petrus: Christus het Petrus se ou identiteit van minderwaarheid herskep tot 'n nuwe identiteit, naamlik die rots waarop Hy sy kerk sou bou; daarom kon hy met Godsvertroue die grootste vervolging hanteer.

Paulus: Christus het by Saulus se bekering sy nuwe identiteit aan horn gegee as Paulus. Sy naam het verander van vervolger, Saulus, tot die van volgeling van Christus, Paulus. Hy was 'n nuwe mens in Christus.

Die uitdaging van 'n pastorale begeleidingsproses sal wees om die beradene terapeuties te begelei om sy/haar identiteit volkome in God te vestig. Uit die nagevorsde Bybelkarakters se uitkomste is dit duidelik hoe deurslaggewend 'n Goddelike identiteit is. Telkens het skeefgetrekte selfbeelde en misplaaste eiewaarde tot die karakters se trauma bygedra en die sinvolle hantering van moeilike omstandighede verder bemoeilik. Pastorale begeleidingsprosesse sal moet verreken dat die hervestiging van 'n Goddelike identiteit klaar 'n groot terapeutiese uitdaging is, wat 'n tydsame en baie doelgerigte proses op sigself is.

2.6.2.2 Dissiplinering van denke

Josef: Josef het nie gemor oor sy vernederings en beproewings nie, maar Godgefokus gebly deur Horn in alles te vereer.

Moses: Moses het geleer om God se weldade en getrouheid in herinnering te roep onder stresvolle omstandighede.

Elia: Elia het gely onder die leuenagtige gedagte dat hy alleen oorgebly het en God moes Sy gedagtes dissiplineer met Sy Waarheid.

Johannes die Doper: Johannes die Doper het ten tye van sy gevangenisskap sy denke gerig op die getuienis van Christus se wonderwerke, en dit het -by horn berusting gebring dat sy taak as wegbereider vir Christus suksesvol voltooi was.

Petrus: Christus het Petrus dikwels oor sy impulsiewe optredes en ongeloof vermaan en net sodoende sy denke geslyp tot gehoorsaamheid aan God se wil vir sy lewe.

Paulus: Paulus se fokus het verskuif van 'n gejaagde en gedrewe vervolger van die kerk na die van 'n geroepene deur Christus. Paulus het Goddelike vrede gehad ten tye van teenspoed, omdat sy gedagtes gerig was op die liefde en volharding van Christus en nie op aardse dinge nie

Die geintigreerde aard van die menslike wese kom baie duidelik uit die studie na vore as gelet word op die onmiskenbare uitwerking wat die individue se gedagtes op hulle belewing en reaksie op omstandigheidsfaktore gehad het. Die wyse waarop denke 'n uitdrukking is van die persoon se diepste geloofsoortuigings, spreek uit die navorsing. Dit oorweldig bykans as mens dink hoe destruktief die optrede van byvoorbeeld Josef kon wees indien hy met reaktiewe denke en gedrag sou reageer. Die ware karakter van 'n mens skemer juis deur wanneer hy aan onwenslike en verontregtende optrede van andere blootgestel word. In 'n pastorale begeleidingsproses sal groot klem gele moet word op die beradene se vermoe om konstruktiewe gedagtepatrone te handhaaf

(probleemoplossend) te midde van stresvolle omstandighede.

2.6.2.3 Delegering van werk

Josef: Josef het outoriteit oor slawe, gevangenes en later die volk van Egipte gehad aan wie hy take kon delegeer ten einde sy werkslas te verminder.

Moses: Jetro het Moses geleer hoe om sy take te herorganiseer en te delegeer ten einde sy werkslas en stres te verminder.

Elia: Elisa het Elia se medewerker geword.

Johannes die Doper: Johannes die Doper se dissipels het horn ondersteun in sy taak en selfs gedurende sy gevangenisskap het hulle horn bemoedig.

Petrus: Petrus het later verskeie gelowiges as spanmaats gehad om die evangelie te help verkondjg. Paulus: Paulus was omring deur jukgenote en reisgenote wat horn vergesel het.

Die navorsingsvoorbeelde beklemtoon die belangrikheid van werksafbakening en -verdeling sodat die taak suksesvol voltooi word sonder dat die werkers in die proses opgeoffer word. Dit is nie altyd in die werknemer se vermoe om die werkslading te bepaal of aan te pas nie, maar hy beskik oor die uitvoeringsbevoegdheid deur na maniere en werkswyses te soek wat die opdrag tot uitvoer bring. Dit is dikwels die werker se kortsigtigheid wat ten grondslag van die gepaardgaande stres le. Die feit dat mense in kollegiale verbande staan en deel is van 'n span in die werkplek, open vele moontlikhede om werkslading en -druk so te bestuur dat die stres uit die omstandigheid gehaal kan word. Daar sal gefokus moet word op 'n proses om die beradene te begelei om verkennend na alle moontlike stresverligtende opsies te kyk, soos die delegering van take in die werksomgewing.

2.6.2.4 Tydsbestuur en vasstel van prioriteite

Josef: Josef het elke beproewing omskep in 'n leerskool.

Moses: Moses het as leier van die volk geleer dat sy oorspronklike roeping sy hoogste prioriteit is en dat hy die meeste tyd daaraan moes wy ten einde homself te beskerm teen uitbranding.

Elia: God het Elia geleer dat afsondering en rus na gees en liggaam net so belangrik soos sy taak is. Johannes die Doper: Johannes die Doper het God se prioriteitsopdrag voorrang laat geniet, bo sy eie belange.

Petrus: Petrus het dikwels impulsief opgetree en het selfs vir Christus op Sy lydensweg probeer stuit. Petrus het uiteindelik gebed 'n prioriteit gemaak in sy lewe, asook om te wag op die leiding van die Heilige Gees.

Paulus: Paulus het drie sendingreise onderneem om gemeentes te stig en te bemoedig. Hy het ook verskeie sendbriewe geskryf.

In die pastorale begeleidingsproses sal die beradene gehelp moet word om te herfokus op 'n lewensvisie, roeping en beklemtoning van die wesenlike dinge wat die vervulling daarvan dien, teenoor die aktiwiteite wat op die periferie le en nie 'n wesenlike bydrae lewer tot die bereiking van die gestelde doelwitte nie.

2.6.2.5 Gebed en Goddelike ondersteuning

Josef: Josef het God se voortdurende hulp, ondersteuning en seen geniet.

Moses: Liefde en vertroue was die basis van Moses se intieme verhouding met God; daarom was hy in staat om sy werkstres te hanteer.

Elia: God se nabyheid, volgehoue kommunikasie en ondersteuning het Elia nuwe perspektief gegee op sy negatiewe belewinge.

Johannes die Doper: Johannes die Doper het die geestelike ondersteuning van die inwonende Heilige Gees geniet en daarom het selfs die wete dat hy sou sterf, horn nie laat terugdeins om sy Goddelike opdrag te voltooi nie.

Petrus: Christus het Petrus verseker van sy voorbidding. Hy het uiteindelik die reddende krag van gebed in tye van benoudheid ontdek.

Paulus: God het deur Sy Gees Paulus verskeie kere tydens vervolging persoonlik bemoedig en ondersteun.

Die uitkomste van die Bybelse karakters het alles te make gehad met hulle verhouding met God en Sy direkte inspraak en invloed op hulle optrede. Die doel van die pastorale begeleidingsproses sal wees om beradene se geloofsafhanklikheid en vertroue op die leiding van God gevestig te kry.

2.6.3 Perspektiewe met betrekking tot die Wet van God, werksetiek, werkstres en werkstreshantering

• Die eerste gebod waarsku teen afgodery. Werk mag nooit die middelpunt van 'n persoon se bestaan wees nie, want dan word dit 'n afgod.

• Die vierde gebod vereis dat die mens tyd moet begroot om te rus na liggaam, siel en gees. God het dit 'n prioriteit gemaak. God het die mens geskape om in Horn te rus. Dit gaan oor 'n gebalanseerde lewe. Werk moet in die konteks van 'n gebalanseerde lewe geplaas word. Die werkende mens wat die vierde gebod verontagsaam, oortree ook die sesde gebod as hy doelbewus werkstressimptome ignoreer en sodoende sy gesondheid en lewe in gevaar stel. Die lewe is kosbaar. Daarom moet alle faktore wat dit bedreig of benadeel, uitgeskakel word. • Die agtste gebod wys op die eerbare wyse waarop werk aan ons noodsaaklike lewensmiddele

voorsien. Diefstal en oneerbare verkryging van enige wins, staan wesenlik teenoor gesonde arbeid wat in wese ons ten goede moet wees. Arbeid adel.

• Die tiende gebod roep die mens op om sy gesindheid te ondersoek ten opsigte van die redes waarom hy werk, want die gebod verbied die koestering van verkeerde begeertes.

• Die gebooie dien as riglyne vir 'n positiewe lewenstyl, en daarom dien dit as raamwerk vir die ontwerp van ondersteuningsprogram vir werkstreshantering.

• Onder die nuwe verbond plaas God sy wette in die harte en gedagtes van gelowiges deur inwoning van Sy Gees wat die mens in staat stel om as nuwe mens te leef.

Die gebooie dien as riglyne vir 'n positiewe lewenstyl en daarom dien dit as raamwerk vir die ontwerp van 'n pastorale begeleidingsproses vir werkstreshantering. Onder die nuwe verbond plaas God sy wette in die harte en gedagtes van gelowiges deur inwoning van Sy Gees wat die mens in staat stel om as nuwe mens te leef.

Die perspektiewe wat vanuit die wet verkry word, beklemtoon die noodsaaklikheid om werk in die konteks van 'n gebalanseerde lewensstyl te plaas. Die Bybelse posisionering van arbeid sal die pastorale begeleidingsproses stuur sodat die beradene se taak vir horn bydraend is tot lewensvervulling, en nie destruktief word deur die druk wat in die werkplek ervaar word nie.

Die uiteindelike doel is om bogenoemde beginsels as vertrekpunt te neem vir pastorale begeleiding ten opsigte van werkstreshantering en om as praktykteorie daar te stel.

HOOFSTUK 3

METATEORETIESE PERSPEKTIEWE OP WERKSTRES EN ONDERSTEUNINGSBASISSE VIR