• No results found

Redes waarom die deelnemer geTdentifiseerde faktore stresvol gevind het

EMPIRIESE NAVORSING OOR ONDERWYSERSTRES EN HANTERINGSVAARDIGHEDE VAN TWEEDE TAAL-ONDERWYSERS IN SEKONDeRE SKOLE

4.3 ONDERHOUDE: MEDEDELINGS VAN TWEEDE TAAL-ONDERWYSERS (TO)

4.3.3.2 Redes waarom die deelnemer geTdentifiseerde faktore stresvol gevind het

T03 het die onder genoemde stressors geidentifiseer en verduidelik waarom sy dit so stresvol beleef het.

T03 het een of twee werkswinkels vir stres bygewoon wat goed was, maar te min en te lank gelede. Sy identifiseer die gebrek aan sielkundiges of pastorale hulpverleners in die afgelee omgewing, as 'n groot leemte en 'n behoefte.

> Kommunikasie met ouers, en die ouers en publiek wat swak ingelig is oor die verantwoordelikhede van Tweede Taal-onderwysers

T03 reken dat die oorsaak vir die konflik tussen Engels Tweede Taal-onderwysers en Afrikaanssprekende ouers kommunikasiegapings, misverstande en verkeerde persepsies is. Sy neem haar taak as opvoeder baie ernstig op, maar tog moet sy haarself voortdurende teenoor die ouers verantwoord. Sy voel passievol oor haar werk, gee haar beste; daarom is dit vir haar ironies dat sy

haarself moet verdedig asof sy verkeerd is, en sy beleef dit as baie stresvol.

> Leerders se swak gedrag

T03 beskou kultuurverskille as die grootste rede vir swak dissipline. Sy beleef die gedragsprobleme as baie stresvol, wat insluit geweldadige optrede teenoor haar, kollegas en leerders.

> Die skoolhoof se bestuurstyl

T03 beleef die gebrekkige ondersteuning van die skoolhoof as uiters stresvol. Sy beleef die diktatoriale bestuurstyl as uiters stresvol, want dit strem haar onderwysstyl. Sy voel dat onderwysers wat goeie diens lewer, hoewel hulle onderwysstyl nie die norm is nie, toegelaat moet word om hulle

andersheid uit te leef en dit moet nie as 'n bedreiging beskou word nie. T03 beleef dit veral as stresvol as sy as Tweede Taal-onderwyser die ervaring kry dat sy slegs by die skool is omdat hulle haar nodig het vir die vak wat sy aanbied.

> Administratiewe werk

T03 ervaar die werkslas wat deur die Onderwysdepartement op die Tweede Taal-onderwysers geplaas word, as uiters stresvol. Sy voel hulle moes, toe hulle die onderwysers verminder het, die buitemuurse aktiwiteite ook afgeskaal het, maar dit het dieselfde gebly, terwyl die leerdertal per klas vergroot het.

> Kompetisie en konflik tussen kollegas

T03 is van mening dat daar weens die kultuurverskille misverstande ontstaan. Die konflik, jaloesie en kompetisie tussen kollegas het haar lewe hel gemaak. Sy het die agterdogtige optredes as vernederend ervaar. Dit het selfs tot tweespalt in die personeel gelei. Die feit dat van die personeellede die skool verlaat het, het tot 'n mate die probleem opgelos.

> Ontoepaslike werksomgewing

T03 voel totaal oorlaai en haar werk is nie meer vir haar 'n plesier nie. Leerders het met geweld teenoor haar opgetree. Sy voel dat sy besig is om tou op te gooi en is nie meer regtig gepla as die leerders nie hulle werk inhandig of afhandel nie. Sy is geneig om oor alles skuldig te voel. Sy moet ook baie hard aan haarself werk om nie soos 'n mislukking te voel nie.

> Voortdurende veranderinge van die nasionale onderwysbeleid

T03 het ten sterkste haar afkeur daaraan uitgespreek. Dit veroorsaak verskriklik baie stres. Sy neem waar dat die voortdurende veranderinge die onderwysers geweldig onseker van hulleself laat voel.

4.3.3.3 Deelnemer se aanbevelings ten opsigte van effektiewe streshanteringstrategiee

Die deelnemer het die onder genoemde aanbevelings gedoen ten opsigte van streshanteringstrategiee vir die geidentifiseerde stressors.

> Kommunikasie met ouers, en die ouers en publiek wat swak ingelig is oor die verantwoordelikhede van Tweede Taal-onderwysers

T03 beveel aan dat die kommunikasie tussen die onderwysers en die ouers oop moet wees. Sy voel dat skoolhoofde op gereelde basis ouers moet aanmoedig om oor probleme te kommunikeer. Oueraande moet ook gebruik word as inligtingsaande vir die ouers, veral vir die wat nie kan lees en skryf nie. Sy voel dat daar by oueraande aan die ouers gekommunikeer moet word wat die taak van

die Tweede Taal-onderwyser behels sodat ouers begrip kan he, en daarmee saam moet aan hulle gekommunikeer word wat van hulle kinders verwag word.

> Leerders se swak gedrag

T03 moes haar onderwysstyl verander van demokraties na outokraties om die swak gedrag te kan hanteer. Alhoewel sy nie daarvan hou nie, is dit al manier hoe sy kan oorleef. Sy verkwalik die sisteem van lyfstraf daarvoor omdat kinders groot geword het met die idee dat hulle straf verdien. Sy voel 'n oplossing sou wees as onderwysers meer toerusting oor kruis-kulturele bestuur vir 'n klassituasie kry.

> Die skoolhoof se bestuurstyl

Volgens T03 is dit menslik om subjektief na 'n saak te kyk, maar dis belangrik dat 'n skoolhoof sal poog om objektief te bly en onderwysers objektief te beoordeel. Dis belangrik dat onderwysers aanmoediging, ondersteuning en erkenning sal kry vir die wyse waarop hulle hulle werk doen op grond van hulle resultate, al verskil hulle werkswyse van die norm.

> Administratiewe werk

T03 het die keuse gemaak om die administratiewe werk af te skaal, ongeag die konsekwensies daarvan. Sy beklemtoon dat indien Tweede Taal-onderwysers wat verantwoordelik is vir die lesbeplanning en voorbereiding van al die leerders vanaf graad 6 tot 12 die Onderwysdepartement se vereistes probeer volg, hulle nooit meer by hulle skoolwerk sal kan uitkom nie. T03 aanvaar dat 'n taalonderwyser baie merkwerk het. Sy is egter 'n vinnige merker. Sy kies vooraf een ding, hetsy 'n paragraaf of spelwoorde, waarop sy fokus, maar sal nooit alles wat verkeerd is oorskryf nie.

> Kompetisie en konflik met kollegas en 'n ontoepaslike werksomgewing

T03 beveel aan dat onderwysers openlik met mekaar sal praat oor probleme en konflik. Sy voel dat hulle onmiddellik op 'n volwasse wyse konflik moet hanteer. Dis nodig dat onderwysers mekaar sal ondersteun.

> Voortdurende veranderinge van die nasionale onderwysbeleid

T03 voel sterk daaroor dat die Onderwysdepartement in die vervolg hulle huiswerk deeglik moet doen voordat hulle weer veranderings maak. Hulle moet ook baie stadjger en meer geleidelik verandering implimenteer. T03 stel voor dat die Onderwysdepartement duidelike riglyne moet gee waarbinne onderwysers moet werk, want die voortdurende veranderings bring mee dat die onderwysers nooit regtig iets kan bemeester voordat dit weer verander word nie.

4.3.3.4 Waarneming met betrekking tot die deelnemer se geestelike lewe en pastorale hulp