• No results found

PRAKTYKTEORETIESE PERSPEKTIEWE: PASTORALE RIGLYNE VIR TWEEDE TAAL ONDERWYSERS WAT GEBUK GAAN ONDER ONDERWYSERSTRES

5.3 TEOLOGIESE VERTREKPUNTE

Ten einde pastorale riglyne te ontwerp vir die begeleiding van onderwysers wat gebuk gaan onder werkstres, is dit belangrik om eerstens die vertrekpunte te omskryf. Hierdie vertrekpunte vorm die basis van die pastorale begeleidingsproses.

5.3.1 God drie-enig

Effektiewe pastorale begeleiding is slegs moontlik deur God drie-enig, God die Vader, die Heilige Gees as Hulpverlener en Trooster en Jesus Christus (Adams, 1970:20).

Die Heilige Gees (Joh 14:17) se teenwoordigheid en invloed maak Christelike berading waarlik uniek (Collins 2005:8). Die Heilige Gees rus die pastorale hulpverlener toe vir sy taak, maak die Skrif oop, gee dieper insig; daarom is vervulling met die Heilige Gees onontbeerlik (vgl. 2.1.2). Die Heilige Gees is die onderwyser vir elke gelowige in die hedendaagse werksomstandighede (vgl. 2.3.2).

Jesus Christus, as deel van die Drie-eenheid, vorm die ware kern van Bybelse berading, en daarom is 'n intieme verhouding met die Wonderbare Raadsman noodsaaklik vir pastorale hulpverleners (Adams, 1979:22; Crabb. 1987:211). Jesus Christus word beskryf as die rolmodel vir elke onderwyser omdat Sy woorde deur Sy dade op aarde gemodelleer is en omdat Hy die verpersoonliking van die Waarheid was en steeds is (vgl. 2.3.2).

5.3.2 Die Skrif as die openbaringsbron

Die studie berus op die feit dat die Skrif die Gees-gelnspireerde openbaring van God aan die mens is en daarom betroubaar is (vgl. 2.1.2). God se Woord is die Waarheid (Joh 17:17) en openbaar die misleiding van satan deur die Gees. God het deur Sy Woord die aarde geskape (Gen 1), Jesus Christus verwys na Homself as die Woord (Joh 1; 1 Joh 1) en die Skrif self is die gesproke Woord van God wat lewens transformeer (2 Tim 3:15-16; Ps 119:9; Adams, 1979:34-37).

Die doel van pastorale begeleiding is dat lewens verander sal word deur die verandering van waardes, verhoudings, gedragspatrone, ingesteldheid en denkwyses (vgl. 2.1.2). Die transformerende krag van dieWoord verander en herskep die siel van die mens (Ps 116; Sheets, 2001:139; vgl. 2.1.2). Sheets (2001:139) verwoord dit as volg: "Die Woord van God is lewend, aktief lewend; dit is gevul met die lewe van God en vol van sy energie. Dit arbei en werk binne-in ons en is deurslaggewend en doeltreffend." Die Skrif is daarom die basisbron en onontbeerlik in pastorale begeleiding, want dit bied nie net lig in 'n konkrete situasie nie, maar roep ook die mens op tot gehoorsaamheid aan God (vgl. 2.1.2). Die Skrif verskaf ook die raamwerk waarbinne die hulpverlener werk en dit hou horn gefokus op die Waarheid, te midde van voortdurende aansprake, versoekings of teleurstellings (Crabb, 1987:44-45). Rozell (1990:109) verduidelik dat:

The Word is the counselor's authority; it is what the Holy Spirit uses when appealing to the counselee for change.

DieWoord van God dien dus as die basis van Christelike berading (Adams, 1979:2).

5.3.3 Gebed

Gebed is meer as 'n beradingstegniek, want geen mens kan met God kommunikeer en onaangeraak bly nie (Du Plessis, 2007:146). Die berader moet veral Goddelike leiding soek voor, tydens en na berading (Collins, 2005:670).

Gebed is om in afhanklikheid van die Heilige Gees die beradene te begelei (1 Kor 2:10; Seamands, 2002:123). Dit is veral die waarde en rol wat gebed in die besproke Bybelfigure se lewens gespeel het wat as motivering in 'n pastorale gesprek kan dien.

5.3.4 Sondebelydenis

Sonde is die hoof oorsaak van geestelike probleme en verlies aan lewenskragtigheid omdat die mens teen die wil van God rebeleer en onafhanklik van God probeer leef (Collins, 2005:663).

Die mens ervaar stres omdat hy voortdurend moet kies tussen die goeie en die kwade (vgl. 2.3.3). Alhoewel die term werkstres nie in die Bybel voorkom nie, kan die oorsprong van stres reeds in Genesis 1-11 gevind word (vgl. 2.3.3). Adam en Eva moes die keuse uitoefen tussen die goeie en die kwade, maar hulle het op hulle eie vermoens vertrou en dit het meegebring dat hulle Werkgewer hulle uit hulle werkplek verjaag het (vgl. 2.3.3). Weens hulle ongehoorsaamheid het hulle werksopdrag wat in oorgawe aan God stresloos moes wees met moeite en stres gepaard gegaan (vgl. 2.3.3.).

Die Wet van God dien ook as 'n spieel vir die beradene om te verseker dat hy voordurend die balans in sy lewe herstel (vgl. 2.5.2). Dit is belangrik dat die beradene homself sal toets aan die Wet om vas te stel wat aanleiding tot sy werkstres gee. Wanneer na die eerste twee gebooie gekyk word, blyk dit dat werkstres die resultaat is van iemand wat nie aan God die hoogste prioriteit in elke faset van sy lewe gee nie en dan uiteindelik die slaaf van sy afgod, werk, word (vgl. 2.5.2). God vereis dat die mens Horn moet aanbid en Horn alleen dien (Matt 4:10). Afgodery is juis die dinge wat die mens belangriker ag as sy verhouding met God en die regmatige plek wat Jesus Christus in sy lewe moet inneem (Anderson, 2000:209-210). Die vierde gebod dien as beskermingsmaatreel, waar God die mens beveel om nie net sy liggaam te laat rus nie, maar ook sy siel te verfris. Die mens wat nie daarop ag slaan nie, kan uiteindelik 'n slagoffer van werkstres word (vgl. 2.5.3). Die sesde gebod waarsku die mens om nie sy liggaam skade te berokken deur doelbewus stressimptome te ignoreer nie, want so 'n aksie pleeg geweld teen die beeld van God in horn (vgl. 2.5.4). Die agtste gebod moedig die gelowige aan om sy geloof tot dade te laat kom deur die armes te help en na die minderbevoorregtes om te sien (vgl. 2.5.5). In die tiende gebod word die mens bewus gemaak van die gevaar van sondige begeertes, soos gierigheid, wat sy lewenskrag kan tap en horn kan beroof van die Koninkryk van God (vgl. 2.5.6). Wetsonderhouding kan egter nie die mens verhoed om te sondig nie, maar dui slegs die weg waarvolgens hy na God se wil kan lewe, aan (vgl. 2.5.7). Paulus waarsku dat die mens deur die wet leer wat sonde is, maar nie deur die onderhouding van die wet vryspraak verkry nie, maar alleen deur in Jesus Christus te glo (Rom 3:20; vgl. 2.5.7).

Werkstres kan beskou word as die vrug van die mens se vleeslike pogings om daaglikse uitdagings sonder God aan te pak. Die beradene moet begelei word om die verkeerde prioriteite in sy lewe te identifiseer (afgodery) soos ambisie, geld, finansiele sekuriteit, werk, mag, beheer, kennis of populariteit (Anderson, 2000:210). Hy moet ook begelei word om die "maskers" wat hy dra om sy emosionele pyn/sonde weg te steek (Seamands, 2002:67) en die goddeiose vertroue in homself en sy onafhanklike gedrewenheid, as sonde te bely (Briscoe, 2002:36). Die Bybelse voorskrif vir die genesing van "emosionele siektes" is eerlikheid, openheid, boetvaardigheid en belydenis van sonde (Seamands, 2002:67). Sonde wat nie die hoof gebied word nie, soos goddeiose vertroue in die self en onafhanklike gedrewenheid (Briscoe, 2002:36), lei tot die leuenagtige verstaan van die mens se identiteit in Christus (Southerland, 2000:119). Die Christelike doktrine leer dat die mens 'n deelnemer aan sonde is en nie die onskuldige slagoffer van sy omstandighede is nie (McMinn, 1996:19). Die Christelike doktrine bied ook die belofte van hoop en genade van Christus (Rom 8:20-21; Heb 6:18- 20). Die sukses van die nuwe verbond le opgesluit in God se vermoe om vir die mens te doen wat hy nie vir homself kan doen nie (vgl. 2.5.7). Onder die nuwe verbond plaas God sy wette in die harte en gedagtes van gelowiges (2 Kor 3:6; vgl. 2.5.7).

Om die juk van sonde te breek, vra gebrokenheid soos gesien in die lewens van die besproke Bybelfigure in hoofstuk 2. Die beradene moet begelei word om sy sonde te identifiseer, te bely, sy afhanklikheid van God te erken sodat hy vergifnis kan ontvang ten einde 'n lewendige en persoonlike verhouding met God te kan vestig (Crabb, 1987:149; McMinn, 1996:266; Southerland, 2000:119; Collins, 2005:672). McGee (1998:149) defineer sondebelydenis as volg:

Confession means to agree with God that you have sinned and to accept that Christ has completely forgiven you. It also means to repent, to turn from your sins to a life of love an obedience to God.

Die doel van Bybelse hulpverlening is dat die gees van die mens vernuwe word deur die Gees van God (Crabb, 1997:205).

5.3.5 Vergifnis

Die mens is nie in staat om die Wet van God volmaak te gehoorsaam nie; tog moet hy daagliks daarna strewe om sy sondige natuur beter te leer ken, na die vergewing van sondes en na die geregtigheid in Christus te soek (vgl. 2.5.7). Vergifnis is 'n belofte van God (Jer 31:34) wat in vervulling kom as die sondaar met 'n berouvolle hart sy sonde bely (Adams, 1979:229; Efes 4:32). Vergifnis is God se natuur en karakter en Hy het gekies om dit 'n prioriteit in alle verhoudinge te maak (Matt 6:12; Mark 11:25; Seamands, 2002:150-151). In Christus is vergifnis volmaak en volkome (McGee, 1998:50; Osteen, 2004:143; 2 Kor5:21; Heb 10:17). Die nuwe verbond bring vir die mens die Goddelike vergifnis in Jesus Christus, wat vir die mens die vloek geword het aan die kruis (vgl. 2.5.7).

Crabb (1987:150) reken dat vergifnis 'n noodsaaklike bousteen in Bybelse berading is ten einde verandering in sondige lewenspatrone teweeg te bring. De Moss (2007:211) beskryf vergifnis as:

A mighty tool in the hand of an all-powerful God to bring healing all around, to every conceivable type of situation and relationship past or present.

5.3.6 Innerlike vrede

Die mens se hoop le in die wete dat hy 'n keuse het in die wyse waarop hy reageer op lewensomstandighede, en die keuse bepaal of hy innerlike vrede het al dan nie (De Moss, 2007:42).

'n Lewe sonder 'n persoonlike verhouding met Jesus Christus is leeg, betekenisloos en stresvol (vgl. 2.5.7). Die enigste antwoord op die mens se soeke na innerlike vrede en gemoedsrus le opgesluit in 'n innige verhouding met Jesus Christus, want "deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy die

vrede herstel" (Kol 1:20; Crabb, 1987:211). Christus alleen bied ware vrede volgens Sy woorde in Johannes 14:27: "Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wereld gee nie. Julie moet nie ontsteld wees nie, en julle moet nie bang wees nie."

Die siel wat onder die outoriteit van die Heilige Gees is, is rustig omdat hy volkome vrede in Horn vind (Efes 6:6-7; Matt 11:29; Nee, 1977:205). Die mens moet die Heilige Gees toelaat om horn na die beeld van Christus te vernuwe, want so is hy verseker van 'n vredevolle gemoed omdat hy binne die wil van God is (vgl. 2.5.7). Die beradene wat gebuk gaan onder werkstres moet ontdek dat hy alleen vrede sal kry as hy sy sorge en begeertes aan God bekend maak, en dan sal die "vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, (sal) oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus ( Fil 4:7).