• No results found

Redes waarom die deelnemer ge'i'dentifiseerde faktore stresvol gevind het

EMPIRIESE NAVORSING OOR ONDERWYSERSTRES EN HANTERINGSVAARDIGHEDE VAN TWEEDE TAAL-ONDERWYSERS IN SEKONDeRE SKOLE

4.3 ONDERHOUDE: MEDEDELINGS VAN TWEEDE TAAL-ONDERWYSERS (TO)

4.3.1.2 Redes waarom die deelnemer ge'i'dentifiseerde faktore stresvol gevind het

T01 het die onder genoemde stressors geidentifiseer en verduidelik waarom sy dit so stresvol beleef het.

> Ongemotiveerde leerders

T01 identifiseer ongemotiveerde leerders as 'n groot stresfaktor. Sy verduidelik dat tot die helfte van 'n Tweede Taal-groep ongemotiveerd is met betrekking tot die aanleer van die Tweede Taal. T01 evalueer dit as 'n gebrek aan belangstelling om die Tweede Taal aan te leer. T01 ervaar dit stresvol om leerders te motiveer, veral as hulle geen verantwoordelikheid wil neem ten opsigte van die leer, lees of praat van die taal nie. T01 getuig dat sy magteloos voel, want ten spyte van al haar hulp, wil hulle steeds nie self moeite doen nie. 'n Verdere punt van frustrasie is dat die leerders weet hulle punte word saamgestel uit drie vraestelle; daarom skeep hulle die taalleer af. Dit vorm die fondasie van die aanleer van die Tweede Taal, en sy ervaar dat die leerders dit nie wil besef nie.

> Leerders se swak gedrag

T01 is van mening dat leerders se swak gedrag, 'n uitvloeisel kan wees van hulle gebrek aan belangstelling. Die ander rede vir swak gedrag is dat hulle nie verstaan wat in die klas gebeur nie weens hulle swak kennis van die tweede taal. Sy besef dit is vir die leerders moeilik, veral omdat hulle hulleself nie in die taal kan uitdruk nie en met 'n woordeboek moet sit om te verstaan wat aangaan. Dit is veral wanneer daar 'n debat gevoer of 'n gedig bespreek word en daar van hulle verwag word om hulle menings te gee, dat hulle probeer om die onderwyser se gesag te ondermyn en die dissipline omver te werp. Dissipline is werklik 'n probleem vir die Tweede Taal-onderwyser, aangesien baie leerders die tydsgleuf as ontspanning sien. Volgens T01 behoort die vak eintlik 'n plesier te wees, maar weens die leerders se ongedissiplineerdheid, word sy as onderwyseres gedwing om strenger te wees as nodig. Dis veral die graad 11's se ongeergdheid en ongedissiplineerdheid wat baie stres veroorsaak omdat hulle nie ems maak met hulle werk met die oog op graad 12 nie.

> Administratiewe werk

Volgens T01 is die administratiewe werk geweldig baie, veral met die tale. Sy verduidelik dat hulle verskriklik baie punte het om te verwerk. Die ander vakke het slegs een vraestel. T01 verwag van haarself om elke foutjie reg te maak; daarom spandeer sy soveel meer tyd aan die merk van 'n vraestel. Vir Tweede Taal-onderwysers is dit nie net 'n reg- of verkeerde merkie, soos by ander vakke nie. T01 voel dis haar verantwoordelikheid dat die kind moet weet waar hy verkeerd geskryf het.

T01 voel oorlaai deur die administratiewe werk en die voortdurende veranderinge wat jaar tot jaar aan die kurrikulum gemaak word. Haar grootste frustrasie is die gesukkel om materiaal of inligting van die

Onderwysdepartement te kry, en dit vergroot haar werkslas. T01 ervaar dit baie stresvol as sy elke keer van vooraf met haar leers en beplanning moet begin, omdat inligting ten opsigte van veranderings in die kurrikulum haar te laat bereik. Dit beteken dat sy haar leers moet oordoen, nuwe boeke, nuwe assessering en nuwe rubrieke onder die knie moet kry. Nog 'n groot frustrasie is as die Onderwysdepartement wil he hulle moet groeptoetse skryf, maar dan het die skole nie almal dieselfde leesboeke of gedigte behandel nie. Sy ervaar dat die Onderwysdepartement onbehulpsaam en die kurrikulum-implimenteerders meestal onbereikbaar is. Sy voel dat die Tweede Taal-onderwysers maar op hulleself aangewese is om probleme op te los of te probeer verstaan.

> Te veel leerders in een klas

T01 ervaar te veel leerders in een klas as baie stresvol. T01 is van mening dat 'n Tweede Taal- onderwyser na elke kind in die klas toe moet kan beweeg. Sy beleef frustrasie in 'n klas van 45, aangesien haar beweegruimte beperk is. Dit beperk haar vermoe" om effektief klas te gee, byvoorbeeld onvoorbereide lees neem langer per kind om te lees, want die leerders lees baie stadig. In die oorvol klas kan sy nie effektief hulp gee aan die leerders wat regtig hulp nodig het nie. Die belhammels is ook geneig om die leerders te intimideer sodat hulle nie wil deelneem nie.

> Finansiele administrasie

Die insameling van klasgelde plaas druk op haar. Volgens haar word inligting aan die kind in sy tweede taal gekommunikeer. Dit veroorsaak kommunikasiegapings tussen die ouers en die onderwysers omdat inligting nie reg oorgedra word nie. Dit dra by tot konflik en stres.

> Onderrig in 'n graad of vak wat nie ooreenkom met die verwagtinge of vermoens nie

T01 beleef dit stresvol as die leerders nie hulle kant bring nie, veral as sy haar bes doen, hard werk en tot baie laat in die nagte tyd aan hulle werk afstaan. As hulle swak presteer, bevraagteken sy haarself. Sy erken dat sy perfeksionisties is en dat sy die verwagting het dat hulle so hard soos sy moet werk. Haar behoefte is dat die leerders haar vak aangenaam sal vind, meer prakties, maar haar pogings word in die groter klasse deur die belhammels in die wiele gery. Ten einde dissipline te handhaaf, fokus sy net op die teorie, wat weer nie vir die leerders lekker is nie.

> Voortdurende veranderings in die nasionale onderwysbeleid

Die voortdurende veranderings die nasionale onderwysbeleid is vir T01 geweldig stresvol. Die voortdurende verandering en swak kommunikasie voorsaak groot onsekerheid, spanning en frustrasie.

T01 voel daar is net doodeenvoudig te veel werk wat afgehandel moet word. Daar is geweldig baie vaardighede en baie teorie wat die leerders moet aanleer. Die leerders moet hulle opstel of brief tuis doen, maar woordeboeke ontbreek. Volgens haar is dit nie vir leerders maklik of lekker nie, want hy is nie die taal magtig nie en die klas is partykeer die enigste plek waar hy dit hoor. T01 noem dat suike leerders of glad nie hulle boeke inhandig nie of afskryf by 'n maatjie of 'n stukkie uit 'n boek of tydskrif afskryf. Haar begeerte is om genoeg tyd te he om suike kinders individueel aan die hand te vat, te help, saam met hulle te beplan en vir hulle idees te gee. Sy glo dat as hulle eers een maal die genot van die taal ervaar het, hulle houding sal verander. Die sisteem verwag egter dat die leerders dit as tuiswerk moet doen.