• No results found

EMPIRIESE NAVORSING OOR ONDERWYSERSTRES EN HANTERINGSVAARDIGHEDE VAN TWEEDE TAAL-ONDERWYSERS IN SEKONDeRE SKOLE

4.3 ONDERHOUDE: MEDEDELINGS VAN TWEEDE TAAL-ONDERWYSERS (TO)

4.3.2.1 Persoonlike besonderhede van deelnemer: > Geslag: Vroulik

> Ouderdom: Onder 30

> Onderwyserervaring: 1-5jaar

> Gemiddelde aantal leerders per klas: Meer as 36

4.3.2.2 Redes waarom die deelnemer ge'i'dentifiseerde faktore stresvol gevind het

T02 het die onder genoemde stressors geidentifiseer en verduidelik waarom sy dit so stresvol beleef het.

T02 neem waar dat die leerders uit die buiteland van mening is dat hulle gedwing word om die tweede taal te neem en omdat hulle nie 'n keuse het nie, rebelleer hulle daarteen. Hulle ongemotiveerdheid lei ook tot swak gedrag en 'n weiering om take te voltooi.

> Leerders se swak gedrag

Leerders van verskillende kulture is saam in een klas, en wat vir een kultuur swak gedrag is, is nie noodwendig vir 'n ander nie, byvoorbeeld deur op mekaar te skree. Die probleem vererger in 'n oorvol klas. Volgens T02 is swak gedrag defnitief 'n probleem by die Tweede Taal-leerder.

> Administratiewe werk

T02 beleef nasienwerk as baie stresvol omdat dit onsaglik baie werk is. Sy verduidelik dat dit vir haar dae neem om 'n klas van 43 leerders se stelwerkvraestelle te merk, want sy skryf fisies elke leerder se opstel van 150 woorde, oor.

> Te veel leerders in een klas

T02 voel dis 'n groot stresfaktor wat grootliks bydra tot swak gedrag en geraas wat baie stresvol is.

> Verpligte deelname aan kursusse

T02 beleef die swak kommunikasie van die Onderwysdepartement se kant as die grootste bydraende faktor tot stres. Die Onderwysdepartement sal op baie kort kennisgewing, byvoorbeeld op dieselfde dag, van die onderwysers verwag om 'n kursus by te woon, maar neem nie in ag dat hulle na skool sport en alles moet herorganiseer nie. Dit ontwrig haar baie en veroorsaaklik baie stres.

> Finansiele administrasie

T02 het 'n Tweede Taal-klas as 'n registerklas en dis nie net 'n baie groot klas nie, maar sy beleef baie stres weens misverstande as gevolg van die leerders se gebrekkige begrip van die tweede taal. Sy beleef dit ook stresvol, want dit plaas groot druk en verantwoordelikheid op haar om al die gelde in te samel.

> Voortdurende veranderings in die nasionale onderwysbeleid

T02 beleef dit as verskriklik stresvol. Sy het gedurende haar verloftyd haar hele jaar se beplanning vooruit gedoen, maar ontvang toe eers in Februarie inligting van die Onderwysdepartement se nuwe veranderings. Dit het beteken dat sy al haar boeke, leers en lesbeplanning moes oordoen vir elk van haar klasgroepe.

T02 ervaar dat ouers groot druk op haar plaas om aan swak leerders, wat gewoonlik die ongemotiveerde leerders is wat hulle swak gedra, ekstra onderrig te gee. Sy voel egter totaal oorlaai, aangesien sy na skool sport moet afrig tot laatmiddag en dan het sy nog haar voorbereiding vir die volgende dag wat sy moet afhandel, sowel as haar nasienwerk. Sy kom selde voor twee-uur in die oggend in die bed. Sy voel die leerders misbruik haar hulp en die ouers waardeer nie die moeite wat sy doen nie.

> Leerders se negatiewe houding teenoor klastake

T02 ondervind dat leerders ongemotiveerd is ten opsigte van hulle klastake en dit lei daartoe dat hulle geen tuisopdragte doen nie. Dit maak haar moedeloos, want sy moet 'n punt vir die leerder gee en aan die einde van die dag reflekteer die swak punte terug na haar toe. Die leerders is ook baie onnet en toon geen respek vir haar klas of haar eiendom nie.

> Te veel onderrigmateriaal om aan te bied

T02 is van mening dat die kurrikulum totaal oorlaai is vir die tydperk waarin dit afgehandel moet word. Sy ervaar dat daar baie druk op haar en die leerders is, want dit neem soms langer vir hulle om sekere begrippe te verstaan, maar dan is die druk daar om die werk binne 'n seker tyd te voltooi. Dit veroorsaak dat die leerders moedeloos en ongemotiveerd raak. Sy voel onvergenoegd, want sy kan nie effektief funksioneer as onderwyseres nie.

4.3.2.3 Deelnemer se aanbevelings ten opsigte van effektiewe streshanteringstrategiee

Die deelnemer het die onder genoemde aanbevelings gedoen ten opsigte van streshanteringstrategiee vir die ge'identifiseerde stressors.

> Ongemotiveerde leerders

T02 stel voor dat die ouers meer betrokke raak by hulle kinders en mede-verantwoordelikheid neem vir hulle kinders se swak prestasies. Sy glo dat as die ouers hulle plig doen en hulle kant bring, sal hulle kinders meer gemotiveerd wees.

> Leerders se swak gedrag

T02 stel voor dat onderwysers beslis hulp moet kry in die hantering van kruis-kulturele klasse veral met die invloei van buitelanders. Sy stel voor dat onderwysers van die begin af die reels ten opsigte van swak gedrag moet vasle, al beskou die leerders dit volgens hulle kultuur nie noodwendig as swak gedrag nie. Sy voel egter dat die strafmaatreels beperk is, maar stel voor dat die leerders detensie moet kry, klas moet skoonmaak, of pouses in die klas moet bly.

> Administratiewe werk

T02 spreek die behoefte uit dat die sillabus verlig moet word ten einde tydsdruk te verminder, asook die merkwerk. Hoewel haar hoof hulle voordurend aanmoedig om take te delegeer, voel sy dat as sy self iets gedoen het, weet sy dit is reg gedoen.

> Te veel leerders in een klas

T02 is van mening dat die Onderwysdepartement dit moet verander, want dit dra by tot dissiplinere probleme, plaas 'n groter las op die nasienwerk en dra daartoe by dat leerders nie effektief gehelp kan word nie.

> Verpligte deelname aan kursusse of seminare

T02 spreek haar misnoe uit teenoor die Onderwysdepartement wat nie die onderwysers in ag neem nie deur op dieselfde dag wat moderering plaasvind, hulle eers te laat weet. Sy voel skuldig omdat sy haar leers gereed moet kry gedurende skooltyd, terwyl die ouers betaal vir hulle kinders se onderrig. Dit veroorsaak verdere stres, want sy kan nie 'n klas gelyktydig dissiplineer en haar leers gereed kry vir die middag se moderering nie. Die Onderwysdepartement behoort onderwysers meer in ag te neem en hulle laat beleef dat die Onderwysdepartement die onderwysers se belange op die hart dra.

> Finansiele administrasie

T02 vind dit baie moeilik om geld in te samel, veral waar daar arm kinders in die klas is en moontlik gespot kan word weens hulle geldgebrek. Dit is verder 'n groot klas en sy moet die inligting in hulle tweede taal oordra, wat dit baie stresvol maak omdat misverstande plaasvind. Sy beveel aan die registerklas se tye verleng word sodat daar meer tyd met die leerders spandeer kan word.

> Voortdurende verandering in die nasionale onderwysbeleid

Sy beveel aan dat die Onderwysdepartement eerder aan die einde van die jaar vir al die skole van die omgewing gelyktydig 'n inligtingsdag hou waar al die Tweede Taal-onderwysers kan saamtrek. Dit is vir haar onprakties dat een persoon van skool tot skool beweeg om inligting oor te dra, want dit is tydrowend, veroorsaak kommunikasiegapings en benadeel die onderwysers wat hulle jaarbeplanning wil afhandel voor die nuwe skooljaar begin.

> Leerders wat spesiale aandag verg

T02 voel die oplossing is minder kinders in een klas. Die leerders wat sukkel is te skaam om raad te vra, daar is te min tyd om aan almal kwaliteit aandag te gee, dit dra by tot ongemotiveerdheid en dis 'n frustrasie vir die onderwyseres wat haar beste wil gee vir elke leerder.

> Leerders se negatiewe houding teenoor klastake

T02 voel sy behoort net streng by die reels te hou, konsekwent te bly en onmiddellik straf uit te deel vir oortreders.

> Te veel onderrigmateriaal

T02 benadruk weer die feit dat die tyd te min is en dat die werkslading te groot is. Sy voel dat die Onderwysdepartement onderrigmateriaal moet verminder ten einde effektiewe en suksesvolle onderrig te verseker en leerders gemotiveerd te hou. Indien die Onderwysdepartement die werkslading sou verminder, sal leerders die vak meer kan geniet, want hulle kry die Tweede Taal onder die knie en handel nie net werksopdragte af nie. Indien leerders sleg presteer, reflekteer dit ook op die onderwyser, maar dis bloot omdat die werkslading te groot is vir die leerders. Sy stel voor dat die Onderwysdepartement die materiaal vir Tweede Taal-leerders verminder en die sillabus verlig.