• No results found

Die ontwikkeling van werksdoelwitte en aksieplanne om onderwyserstres te kan hanteer

5.5 'N BYBELSE PASTORALE VERHOUDING

5.7 VOORGESTELDE FASES VIR PASTORALE BEGELEIDING: ONDERWYSERSTRES

5.7.5 Die ontwikkeling van werksdoelwitte en aksieplanne om onderwyserstres te kan hanteer

Nelson-Jones (2007:39) noem dit die Understanding-fase waar die hoofdoel is to assess and agree on a shared definition of the client's problem(s). Weinberg & Cooper (2007:251) is van mening dat dit belangrik is om eerstens te prioritiseer hoe ernstig die uitdagings is wat die persoon moet hanteer en om tweedens te besluit hoe die uitdagings hanteer gaan word.

Volgens navorsers is 'n model wat probleem-oplossend van aard is die antwoord vir hulpverlening aan onderwysers met werkstres. Dit het ten doel om onderwysers te begelei deur van individuele insigstrategiee, interpersoonlike ondersteuning en groepinteraksies gebruik te maak om hulle probleme te identifiseer, behoeftes te bevredig en 'n aksieplan saam te stel om dit te aan te spreek (vgl. 3.6.3).

Die pastorale hulpverlener kan van Adams (1970:197) se voorgestelde "probleem-oplossing- werkblad" as riglyn gebruik maak om die beradene te help om werksdoelwitte en aksieplanne te ontwikkel aan die hand van die volgende vrae:

• Wat het gebeur? (Beskryf die probleem) • Wat het ek gedoen? (Beskryf die reaksie)

• Wat moes ek gedoen het? (Beskryf die Bybelse reaksie)

• Wat gaan ek in die vervolg doen? (Beskryf die stappe wat geneem moet word om die reaksie te korrjgeer of te vernuwe volgens die Skrif)

Covey (1992:71) sluit by Adams aan in sy Pro-Aktiewe model waar die beradene aan die hand van vrae begelei word om positief te reageer op negatiewe ervarings deur verantwoordelikheid te neem vir sy reaksies:

• Wat is besig om met my te gebeur? Wat is die stimulus? • Hoe wil ek daarop reageer?

• Is my keuse Skrifgebaseerd of nie? • Wat gaan ek doen? Wat is my respons?

Die beradene se paradigma rondom probleme moet dus verskuif word deur probleme te sien as 'n geleentheid vir verandering en nie as 'n las nie (Covey, 1992:203).

5.7.5.1 Werkstreshanteringsvaardighede vir die individu (vgl. 3.6.4.2)

Navorsers het verskeie werkstreshanteringstrategiee' aanbeveel vir onderwysers wat gebuk gaan onder werkstres wat gedurende die fase aan die beradene voorgestel kan word, maar die Skrif dien egter nie as die basisbron vir hulle voorgestelde strategiee nie. Dit is 'n leemte, veral omdat die deelnemers in hoofstuk 4 aangedui het dat hulle verhouding met God, die Woord en gebed hulle deur tye van stres gedra het. Beide die Woord en die Gees is 'n vereiste vir die verandering van lewens, want soos die Woord herskep en hernu, verwyder die Gees geestelike blindheid en gee ewige lewe (vgl. 2.1.2).

Die navorser het die voorgestelde werkstreshanteringstrategiee, volgens hoofstuk 3, gemeet aan die vraag: "Is die keuses Skrifgefundeerd of nie?"

■ Fisiese ondersteuning ('n gebalanseerde dieet, fisiese oefening, ontspanning) (vgl. 3.6.4.2). Wat is die Skrifperspektiewe ten opsigte van die ware rus in Christus of die sabbatsrus? Die sabbatsrus beteken nie net die staking van werk sodat 'n moee liggaam kan rus en verfris word nie, maar dit sluit ook 'n geestelike rus in, waarin nie net die liggaam nie, maar ook die moee siel herstel en verfris word deur Jesus Christus, want Hy alleen gee aan die mens innerlike vrede (vgl. 2.5.3). Die beradene moet die betekenis van ware rus in Christus ontdek vanuit die Woord en sy verhouding met God.

■ Selfverryking; selfgeldende optrede (vgl. 3.6.4.2): Kan die mens by ware selfkennis uitkom sonder die Skrif? Wat se die Skrif oor die ware identiteit van die mens? Het die mens die vermoe om 'n positiewe ingesteldheid teenoor probleme te he of 'n goeie selfbeeld vestig sonder God? Niemand kan geestelike waarhede verstaan as dit nie vir horn duidelik gemaak word deur die Heilige Gees en Skrif nie (vgl. 2.1.2). Die leemte moet aangespreek word deur

die beradene te begelei om sy "ware identiteit in Christus" te ontdek en te vestig en sodoende sy vals identiteit te vervang met Skrifwaarhede.

■ Vernuwing van die denke ten opsigte van destruktiewe gedragtepatrone; realiteitsaanvaarding; emosionele reguleringstrategiee (vgl. 3.6.4.2). Is dit vir die mens moontlik om ware, blywende vernuwing en verandering te bewerkstellig sonder die Heilige Gees? Kan positiewe selfgesprekke sonder die leiding van die Heilige Gees en Skrif as rigsnoer lei tot genesing of verval die beradene in 'n maalkolk van sy eie interpretasies en persepsies? Hoe kan die mens sy emosies beheer sonder Goddelike ondersteuning en lei dit nie later tot uitbranding omdat hy dit uit eie krag probeer doen nie? Die transformerende krag van die Woord van God verander en herskep die mens se siel en denke (Sheets, 2001:139; Ps 116). Die leemte moet aangespreek word deur Skrifperspektiewe te implimenteer wat die beradene begelei tot die vernuwing van sy denke, onder leiding van die Heilige Gees.

■ Tydsbestuur: Navorsers het verskeie werkswyses voorgestel soos dat voorbereidings-, assesserings- en aanbiedingsmetodes aangepas of vernuwe word, of deur organisatoriese vaardighede te ontwikkel (vgl. 3.6.4.2). Wie is in beheer van die mens se tyd en het hy regtig die insig om sy tyd effektief te bestuur sonder die leiding van die Heilige Gees? Hoe weet die mens watter prioriteite is belangrik sonder die Wet van God as bloudruk vir sy lewe? Die Skrif is deur God aan die mens gegee om horn te begelei, te leer, te onderrig en toe te rus ten einde die daaglikse probleme, versoekings, hartseer en ontnugterings te kan hanteer (vgl. 2.1.2). Die leemte moet aangespreek word deur die beradene te begelei om God Heer van sy tyd en werk te maak en vanuit sy verhouding met God moet hy sy tyd bestuur, sy prioriteite bepaal en sy werk delegeer.

■ Sosiale ondersteuning (vgl. 3.6.4.2). Kan die mens werkiik werkstres effektief bestuur sonder die ondersteuning van God of die gemeenskap van gelowiges? Die leemte moet aangespreek word deur die beradene die waarde van Goddelike ondersteuning en ondersteuning van mede-gelowiges te laat ontdek vanuit die Skrif. Gebed en vas is onontbeerlike hulpbronne vir gelowjges ten einde deur God bekragtig te word vir sy taak (Franklin, 2008:6). Vanuit die Skrifstudie in hoofstuk 2 staan die waarde van Goddelike ondersteuning in die lewens van Josef, Moses en Effa, ten tye van hulle eensame worstelinge uit (vgl. 2.4.1.1.6; 2.4.1.2.6; 2.4.1.3.6). Johannes die Doper, Petrus en Paulus se lewens is voorbeelde van die waarde van die gemeenskap van gelowige, as sterk sosiale ondersteuningstelsel, ten tye van beproewing, as voorbidders en bemoedigers. Die Heilige

Gees het ook 'n prominente rol in hulle lewens gespeel om hulle te bekragtig vir hulle taak (vgl. 2.4.2.1.6; 2.4.2.2.6; 2.4.2.3.6).

Van die navorsers het ondersoek ingestel na die redes waarom sekere onderwysers "werkstres- bestand" is (vgl. 3.7). Die ge'identifiseerde kwaliteite kan effektief gebruik word in 'n pastorale gesprek ter motivering en beskrywing van werksdoelwitte en aksieplanne. Dit is veral die feit dat geloof, gebed, die Skrif en die kerklike gemeenskap 'n groot rol gespeel het in die lewens van sulke onderwysers wat uitstaan; tog het die navorsers dit nie verder verken nie (vgl. 3.7). Die Skrif, as Woord van God en voortvloeiend daaruit die godsdiens en geestelike aktiwitieite, het 'n positiewe invloed op beradenes en daarom behoort die Skrif 'n ononderhandelbare komponent van Christelike hulpverleningsprosesse te wees (vgl. 2.1.2). Dit is vir die navorser ondenkbaar om onderwysers met werkstres sinvol te ondersteun anders as deur 'n pastorale proses waarin die onderwyser se eie geloofsgeborgenheid as uitkoms verkry word.

5.7.5.2 Eksterne hulp vir werkstreshantering

Navorsers stel ook ander strategies voor wat gebruik kan word in die bekamping van werkstres: • Voorgestelde werkswyses vir bestuur van werkstres in die skool (vgl. 3.6.4.3).

• Die vestiging van beradingsdienste in skole (vgl. 3.6.4.4).

• Inligtingsprogramme vir nuut aangestelde onderwysers (vgl. 3.6.4.6). • Die vestiging van 'n dissiplinere program in skole (vgl. 3.6.4.5). • Sosiale ondersteuning aan onderwysers (vgl. 3.6.4.7).

• Die aanbieding van werkswinkels vir onderwyserstres (vgl. 3.6.4.8).

Die pastorale hulpverlener en die Taal-onderwyser is nie in 'n posisie om die eksterne werkstresfaktore te verander of te beheer nie; daarom gaan die navorser slegs haar stem byvoeg by verskeie navorsers wat vra dat hulpverlening aan personeel, wat gebuk gaan onder werkstres, die hoogste prioriteit in skole moet geniet (vgl. 3.6.4.4). In hoofstuk 4 het die deelnemers en onderskeie skoolhoofde aangedui dat hulle spesifiek behoefte het aan die pastorale hulpverlening vir onderwysers wat gebuk gaan onder onderwyserstres. Die pastorale ondersteuning van die individuele onderwyser is dus nie gemik op die verandering van die eksterne faktore wat stres veroorsaak nie, maar die ontwikkeling van die onderwyser se innerlike vaardighede om uiteindelik pro-aktief te kan optree in die voorkoming en bekamping van werkstres (vgl. 3.9).

5.7.6 Die implementering en inoefening van vaardighede om onderwyserstres effektief die