• No results found

5.5 'N BYBELSE PASTORALE VERHOUDING

5.9 VOORBEELDE VAN HULPMIDDELS VIR PASTORALE BEGELEIDING

5.9.1 Werkswyses om probleme te identifiseer of aan te spreek

Hart et al (1992:85-86) gee voorbeelde van werksopdragte wat die beradene en hulpverlener kan help om die probleme te identifiseer of aan te spreek.

• Leesstukke kan gegee word om die beradene byvoorbeeld die negatiewe invloed van werkstres te laat ontdek.

• Dagboekinskrywings van sy keuses, reaksies en gedrag dwing die beradene om sy lewe te evalueer en probleme te identifiseer.

• Tuisopdragte kan ontspanningsoefening om stres te verlig, 'n gesonde dieet wat voorgeskryf word, insluit.

• Vrae wat skriftelik beantwoord moet word byvoorbeeld: "Watter lesuur geniet jy die meeste en waarom? Wat was die hoogtepunt in jou loopbaan tot dusver en waarom? Dink aan jou skool.

• Watter sleutelwoorde kom in jou gedagtes op as jy aan skool dink? Hoe word dissipline hanteer in jou skool en hoe voel jy daaroor?"

Die ideaal is dat die bogenoemde 'n deurlopende proses in 'n skool sal wees as deel van 'n pro- aktiewe proses om die negatiewe impak van werkstres te bekamp deur vroegtydig simptome te identifiseer en te hanteer. Pastorale leiding behoort dus 'n integrate deel van die opleiding en onderwysbemagtiging gemaak te word.

5.9.2 Werkswyses vir die vestiging van 'n identiteit in God

Die beradene moet identifiseer wat sy selfwaarde bepaal, byvoorbeeld: "Is dit dit wat hy doen of wat ander van horn dink, of van horn se of, deur wie hy in Christus is?" (Kol 3:23-24; McGee, 1998:26; Perspektief, 2003:26). Perspektief (2003:4) identifiseer drie vals binneprentjies (vals identiteite), naamlik:

• "Bang vir mislukking (Ek moet aan sekere standaarde voldoen om goed oor myself te kan voel). Bang vir verwerping (Ek moet deur sekere ander mense aanvaar word om goed oor myself te kan voel).

• Skuldig (Diegene wat misluk (insluitende myself) verdien geen liefde nie en moet gestraf word).

• Nikswerd (Ek is wat ek is. Ek kan nie verander nie. Ek is 'n hopelose mens en ek skaam my vir myself)."

Vrees kan die mens egter net beheer as hy dit toelaat, en dit is juis God se begeerte dat die mens sal leef vanuit sy identiteit in Christus onder beheer van die Heilige Gees (1 Kor 6:19; Anderson & Miller, 2000:300; Osteen, 2004:55). Die beradene moet sy vals identiteit, wat bydra tot sy werkstres, identifiseer en vanuit die Woord ontdek wat sy ware identiteit in Christus is.

Skrifgedeeltes of Bybelstudies kan in gesprekvoering gebruik word om die beradene te help om sy identiteit in Christus te ontdek en sodoende los te breek uit die kettings van leuens. Anderson & Miller (2000:32) beveel aan dat die beradene begelei word om in Christus die leuen dat hy waardeloos, skuldig, hulpeloos of hopeloos is af te sweer, want in Christus het hy werklik betekenis.

Die volgende Skrifgedeeltes kan met die beradene bespreek of deurgebid word: God se...

• "Ek is kind van Abba-Vader (Joh 1:12; Ef 1:5) • Ek is Jesus Christus se vriend (Joh 15:15)

• Niks kan my skei van die liefde van Abba-Vader nie (Rom 8:35) • Ek is die sout vir die aarde en die lig vir wereld (Matt 5:13-14)

• Ek is 'n loot van die ware wingerdstok, Jesus, en 'n kanaal waardeur Hy lewe (Joh 15:5) • Ek is 'n Geesvervulde getuie vir Jesus Christus (Hand 1:8)

• Ek het nie 'n gees van vrees ontvang nie, maar een van krag, liefde en selfbeheersing (2 Tim 1:7)

• Ek is vry van veroordeling (Rom 8:1-2)

• Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee (Fil 4:13)

• Ek is seker dat God in beheer is van my toekoms (Rom 8:28)" (Anderson & Miller, 2000:32).

Perspektief (2003:8) verduidelik dat dit God se wil is dat elke mens 'n balans sal bereik "tussen 'n strewe na uitmuntendheid en 'n tevredenheid met homself." "Die gevoel van erkenning is uiters belangrik vir die mens se emosionele, geestelike en sosiale stabiliteit en is die dryfkrag van die menslike gees" (Perspektief, 2003:8). God alleen kan egter die mens se behoefte aan erkenning vervul (Perspektief, 2003:8). Perpektief (2003:4) lig drie Goddelike waarhede uit wat as hulpmiddel gebruik kan word in die vestiging van 'n identiteit in Christus:

• "Liefde (As gevolg van God se liefde is ek met Horn versoen en is ek ten voile vir God aanvaarbaar en deur Horn aanvaar. Ek hoef nie langer bang te wees vir mislukkings en verwerping nie).

• Posisie (As gevolg van my posisie saam met Christus aan die kruis, het Hy my straf gedra. Ek hoef nie langer bang te wees vir straf of om ander te straf nie).

• Waarde (Deur die wedergeboorte is ek splinternuut en volmaak en is my waarde in Christus herstel. Ek hoef nie langer hopeloos en skaam te voel nie)."

Anderson & Miller (2000:328-329) beveel ondergenoemde stappe aan wat die beradene kan help om sy nuwe identiteit in Christus te vestig en te behou:

1. Raak betrokke by mense wat openlik en eerlik oor die waarhede van die Woord praat.

2. Lees en oordink daagliks die Skrif. Memoriseer bogenoemde sleutelverse en spreek dit hardop uit.

3. Leer om elke gedagte gevange te neem en aan Christus gehoorsaam te maak. Aanvaar verantwoordelik vir gedagtes. Neem 'n aktiewe wilsbesluit om leuens te verwerp en op die waarheid te fokus, asook om vas te staan in die ware identiteit as 'n kind van God.

4. Gaan soek onmiddellik hulp as ou gedagtepatrone hulle kop uitsteek.

5. Neem egter steeds die verantwoordelikheid om die waarheid te kies en getrou te bid en die Woord te lees.

6. Gebed opreg uit die hart moet daagliks beoefen word.

"Liefdevolle hemelse Vader, ek loof U en eer U as my hemelse Vader. U is in beheer van alle dinge. Baie dankie dat U altyd by my is en my nooit sal verlaat of in die steek laat nie. U is die almagtige en alwyse God. U is goed, getrou en liefdevol in alles wat U doen. Ek het U lief en dank U dat ek met Christus verenig is en geestelik deur Horn lewe. Ek wil nie die wereld en die tydelike dinge aanhang nie, en ek kruisig my sondige natuur en al sy begeertes. Dankie dat ek nou in Christus lewe. Ek vra U om my met die Heilige Gees te vervul sodat ek nee kan se vir sonde en ja vir U. Ek verklaar dat ek totaal en al van U afhanklik is en ek neem standpunt in teen Satan en al sy leuens. Ek verkies om die waarheid van God se Woord te glo ongeag wat my gevoelens wil he. Ek weier om ontmoedig te word; U is die God van alle hoop; niks is vir U onmoontlik nie. Ek vertrou U om in al my behoeftes te voorsien, want ek wil volgens U Woord lewe. Ek dank U dat ek gelukkig kan wees en 'n verantwoordelike lewe kan lei deur Christus wat my krag gee. Ek neem standpunt in teen Satan en ek beveel horn en al sy bose geeste om van my af weg te gaan. Ek wil die voile wapenrusting van God aantrek sodat ek teen die duiwel se listige planne staande kan bly. Ek wy my liggaam as 'n lewende en heilige offer aan God en ek wil my gedagtes vernuwe deur volgens die Woord van God te lewe. Sodoende sal ek kan wys dat God se wil goed, aanvaarbaar en volmaak vir my is. In die Naam van my Here en Verlosser, Jesus Christus. Amen.'

Skrifstudie en gebed moet egter 'n voortgaande proses wees, al is die beradene nie meer deel van 'n pastorale begeleidingsproses nie.

5.9.3 Werkswyses vir die dissiplinering van denke

Lester (1995:110-114) stel verskeie werkswyses voor ten einde die beradene te help om 'n positiewe en hoopvolle toekomsvisie te vestig. Die doel is om vas te stel of die beradene vasgevang is in destruktiewe denkpatrone rondom sy huidige omstandighede. Dieselfde invalshoeke kan ook gebruik word om vas te stel tot watter mate die klient sy toekoms as hoopvol of hopeloos sien, en wat dan tot sy stres bydra al dan nie.

Lester (1995:110-114) stel voor dat die hulpverlener die volgende vra aan die beradene stel:

■ Vertel my jou storie: Luister watter sake problematies is en moedig die klient aan om daaroor te praat.

■ Skryf vir my 'n toekomsblik op jou eie lewe oor byvoorbeeld 5 jaar.

■ Dagboekinskrywings: Hou 'n dagboek van jou daaglikse negatiewe gedagtepatrone wat herhaaldelik voorkom en wat aanleiding gee tot verhoogde angs en bekommemis. Dit bied die hulpverlener die geleentheid om oor moontlike oplossing vir die toekoms te praat.

■ Gebruik jou verbeelding: Vertel my hoe jy jouself/jou situasie oor 5 jaar wil sien. Skilder of teken.