• No results found

EMPIRIESE NAVORSING OOR ONDERWYSERSTRES EN HANTERINGSVAARDIGHEDE VAN TWEEDE TAAL-ONDERWYSERS IN SEKONDeRE SKOLE

4.4. ONDERHOUDE: MEDEDELINGS VAN SKOOLHOOFDE (H) VAN SEKONDeRE SKOLE

4.4.1 DEELNEMER H1

4.4.1.1 Faktore wat Tweede Taal-onderwysers die mees stresvolste vind in die sekondere skoolopset

H1 identifiseer Tweede Taal-onderwysers se nasienwerk as 'n groot faktor tot werkstres, omdat dit so tydrowend is. H1 is van mening dat die Onderwysdepartement met CASS (Continuous Assessment)- punte verdere druk op die onderwysers plaas, want dit vergroot die werkslas en vereis meer merktyd. 'n Verdere stresfaktor is die gebrekkige ondersteuning van die Nasionale Onderwys Departement ten opsigte van die kurrikulum, asook 'n tekort aan handboeke.

H1 neem waar dat veral kinders uit die buiteland/buurlande geen belangstelling toon ten opsigte van Afrikaans Tweede-Taal nie; wetende dat dit nie deel vorm van die slaagsyferpakket vir graad 12 nie. Dit plaas ook ekstra druk op die Tweede Taal-onderwyser wanneer dit kom by dissipline en motivering vir die res van die klasgroep.

Afrikaanssprekende leerders neem hoofsaaklik Engels as tweede taal. H1 ervaar dat die groep leerders emstige probleme het, veral weens die feit dat die graad 8 leerders nie op standaard is as hulle die sekondere skool betree nie. Die basiese grondslag vir Engels Tweede-Taal word nie in die Laerskool gele nie, veral omdat ouers nie toesien dat die kinders praktiese oefeninge tuis doen soos lees, praat ensovoorts nie. Dit plaas geweldige druk op die Tweede Taal-onderwyser, aangesien daar nie genoeg tyd is om individueel aandag te skenk aan probleme in oorvol klasse nie. Die leemte is dus 'n taallaboratorium. Leerders gaan uit die skool en betree 'n wereld waar van hulle verwag word om Engels magtig te wees en hulle is nie op standaard nie.

4.4.1.2 Die beskikbare ondersteuning wat deur die skool gebied word om onderwyserstres aan te spreek

Volgens H1 hang werkstres saam met die bestuur van die skool. As hoof glo hy dat die wyse waarop die skool bestuur word, baie belangrik is. Die skool moet kalm bestuur word, daar moet nie te veel druk op onderwysers geplaas word nie en ook nie voortdurend fout gevind word nie.

H1 evaar dat die onderwysers wat 'n geneigdheid het tot perfeksionisme, baie swaar kry as gevolg van hulle werkswyse (spandeer onnodig tyd aan die nitty gritty), veral as daar voortdurende veranderinge plaasvind. Die beleid van sy skool is dus om nie te vinnig veranderinge te maak nie. As daar wel veranderinge gemaak word, word die personeel behoorlik ingelig, en so verseker hy dat almal in die proses saamgevat word.

Die topbestuur van die skool is opgelei om die probleem van stres te identifiseer, maar nie om dit te hanteer nie. Die hantering daarvan le vir horn op 'n professionele vlak, weg van die skool af, byvoorbeeld Denmar kliniek. Volgens H1 het hulle ongelukkig nie die meganisme om 'n personeellid wat swaar onder stres lei, te ondersteun nie. Daar is wel geestelike jeugwerkers op die skoolterrein wat opgelei is om ook die onderwysers met stres te kan bystaan. Verder is daar individuele onderwysers wat kennis dra van sielkunde wat hulp op 'n gratis basis aanbied. Die personeel as sulks is egterdaarop ingestel om mekaarte ondersteun, wat baie help.

Die skool het ook 'n plan van aksie gei'mplimenteer om stres te verminder deur alles in gesinsverband te doen. Onderwysers ervaar veral stres as hulle weet hulle kinders is alleen by die huis.

Onderwysers spandeer baie tyd by die skool en daarna word hulle tyd saam met die gesin ook deur skoolwerk in beslag geneem as gevolg van die groot lading nasienwerk. Dit lei tot geweldige stres, volgens H1.

H1 reik veral uit na die onderwysers wat hy as te perfeksionisties identifiseer in hulle benadering tot hulle werk en wat daarom slagoffers van werkstres word. Hy beveel hulle veral aan om na die goue draad te soek van wat werklik belangrik is, dit te onderskei en die onnodige goed te vermy of aanpassings te maak, soos byvoorbeeld met die CASS (Continuous /Assessmenf)-punte.

Een van die heel belangrikste elemente in 'n skool is natuurlik die wyse waarop die skool dissipline hanteer. H1 het in sy skool 'n spesifieke onderwyser aangestel om alle dissiplinere probleme te hanteer, en na wie onderwysers probleemmakers kan verwys. Daar is spesifieke dissiplinere stelsels in plek en daarom voel die personeel beskermd. Vir H1 is dit baie belangrik dat sy personeellede beskermd en veilig moet voel. H1 is van mening dat die bogenoemde werkswyse daartoe lei dat sy personeel nie aan te veel stres lei nie.

4.4.1.3 Waarneming met betrekking tot geestelike ondersteuning

Die skool het 'n baie sterk geestelike basis. Die skoolhoof ondersteun die personeellede op die basis van aanmoediging en onderrig. Daar is op 'n daaglikse basis 'n geestelike werker by die skool beskikbaar. Hoewel sy fokus meer op die jeug gerig is, kan hy onderwysers met stres vanuit die Woord bedien.

4.4.2 DEELNEMER H2

4.4.2.1 Faktore wat Tweede Taal-onderwysers die mees stresvolste vind in die sekondere skoolopset

H2 is van mening dat Tweede Taal-onderwysers groter druk ervaar; aangesien Engels ook hulle Tweede Taal is. Verder moet Tweede Taal-onderwysers onderrig gee aan leerders wat geen ondersteuning ten opsigte van die Tweede Taal by hulle huise kry nie; aangesien hulle ouers dit self nie magtig is nie. Baie van die leerders se blootstelling aan die media is beperk (byvoorbeeld die TV, koerante, tydskrifte) weens armoede, wat by meeste ander skole as algemeen aanvaar word. Die taal van die omgewing is ook nie Engels nie. Dit vererger die saak, want aangesien die werksgeleenthede in die omgewing nie Engels as Tweede Taal vereis nie, is leerders nie gemotiveerd om dit aan te leer nie.

In die omgewing is daar bende aktiwiteite wat in hulle moedertaal plaasvind, en daarom het hulle 'n teensin opgebou teenoor die Tweede Taal. H2 is van mening dat laasgenoemde daartoe lei dat onderwysers dit moeilik vind om debatte met die regte entoesiasme te laat plaasvind en leerders te motiveer om Tweede Taal-boeke in die biblioteek uit te neem. Die uitsondering is wanneer hulle die taal wil gebruik om hierdie omgewing te verlaat. Sulke leerders is gemotiveerd om die Tweede Taal aan te leer.

H2 is van mening dat nasienwerk 'n geweldige invloed op die Tweede Taal-onderwysers se werkslading het; aangesien hulle soveel ekstra merkwerk het (byvoorbeeld stelwerk) teenoor die ander vakgebiede. H2 ervaar dat Tweede Taal-onderrig half 'n onbegonne taak is, as in aanmerking geneem word dat Tweede Taal-onderwysers in sy skool nie net hulle merkwerk as 'n groot werkslas het nie, maar daar ook van hulle vereis word om 'n mondelingpunt aan elk van die ongemotiveerde leerders toe te ken.

4.4.2.2 Die beskikbare ondersteuning wat deur die skool gebied word om onderwyserstres aan te spreek

H2 se onderwysspan bestaan uit onderwysers van verskillende kulture. Eenheid en spanwerk is daarom die basis waarop hulle hulle aan mekaar verbind. H2 motiveer sy personeel om te fokus op hulle geestelike roeping, volgens Matteus 28. H2 verduidelik dat Jesus gese het: "soos My Vader My gestuur het so stuur Ek julle" en elkeen van die onderwysers word gehelp om te fokus op sy visie en dit waarvoor hy geroep is na daardie spesifieke skool. Hy fokus daarop om elkeen van die onderwysers te help om sy eie visie in die lewe te bereik. Hy is van mening dat dit uiters belangrik is dat elke onderwyser sal sien dat hy horn bystaan in sy lewensroeping.

H2 verduidelik dat spanvorming te weeg gebring word deur byvoorbeeld saam te bid. Hulle skep ook geleenthede waar hulle mekaar bedien uit die Woord, indien probleme voorkom. H2 gebruik Skrifgedeeltes (byvoorbeeld Efesiers 6 - die wapenrusting) as gebede om die onderwysers te bemoedig en te motiveer. H2 noem dat hulle ook van tyd tot tyd 'n beradingspan na die skool laat kom om die onderwysers by te staan.

H2 benadruk dat by die skool geen disrespek teenoor enige onderwyser geduld word nie. Onderwysers weet dat indien leerders enige disrespek toon, hulle defnitief gestraf gaan word. Die leerders se respek het reeds so gegroei dat dit vir die onderwysers 'n voorreg is om die kinders te bedien, sodat hulle ook hulle visie kan bereik.

4.4.2.3 Waarnemings met betrekking tot geestelike ondersteuning

Die skool het 'n baie sterk geestelike basis. Vanuit die hoof se persoonlike getuienis is dit duidelik dat hy ook 'n pastorale bediening het ten opsigte van sy onderwysers. Die Woord van God, gebed en 'n persoonlike verhouding met God word as noodsaaklike hulpbronne beskou vir die onderwysers om te kan funksioneer binne hulle uiters stresvolle werksomgewing. Die hoof maak van tyd tot tyd van geestelike hulpverleners buite die skool gebruik om sy onderwysers te kom ondersteun.

4.4.3 DEELNEMERH3

4.4.3.1 Faktore wat Tweede Taal-onderwysers die mees stresvolste vind in die sekondere skoolopset

H3 is van mening dat die Tweede Taal-onderwyseres sukkel om dissipline te handhaaf en dat dit aanleiding gee tot werkstres. H3 noem dat hy deur die jare ondervind het dat die kollegas wat die meeste sukkel om dissipline te handhaaf, deur die bank Engels Tweede Taal-onderwyseresse is.

Volgens H3 speel die Engelse kultuur, die agtergrond en die opvoeding van so 'n onderwyseres 'n rol daarin, aangesien dit anders is as waaraan die Afrikaanse leerders gewoond is. Die Afrikaanse leerders is gewoond aan 'n strenger dissipline en dit mag die rede wees waarom die onderwyser ervaar dat die Afrikaanse leerders nie luister nie.

H3 noem dat Tweede Taal-kollegas ook die verantwoordelikheid het om mede-kollegas se werk te kontroleer, wat veral bydra tot werkstres as gevolg van die kultuurverskille, want daar is 'n verskil in hulle interpretasie van werksetiek. Dit gebeur dat van die Tweede Taal-onderwysers nie so presies is in hulle werk nie en dit veroorsaak baie spanning wanneer kollegas van mekaar verskil ten opsigte van die vereistes wat gestel word.

4.4.3.2 Die beskikbare ondersteuning wat deur die skool gebied word om onderwyserstres aan te spreek

H3 het geen oplossing vir onderwyserstres nie. Die enigste hulp wat hy aan onderwysers met stres kan bied, is om hulle na die dokter of predikant te neem sodat hulle hulle probleme kan bespreek. Volgens H3 sal die dokter medikasie voorskryf of die onderwyser na 'n sielkundige verwys, maar daar is nie 'n ondersteuningstelsel in die skool in plek nie. Hy identifiseer dit as 'n groot behoefte, aangesien daar ter plaatse geen opgeleide beraders of hulpverleners beskikbaar is nie.

H3 identifiseer die baie veranderinge in die onderwyssisteem en dissiplinere probleme as die grootste stressors. H3 noem dat dit vir onderwysers moeilik is om te erken dat hulle sake nie meer kan

hanteer nie. Volgens horn sal onderwysers baie oor hulle stres of stressimptome kla, maar hulle sal nie maklik hulp vra nie. Hy is van mening dat kollegas nie teenoor mekaar wil erken dat hulle stres het nie, hoewel hulle mekaar behoort te vertrou.

H3 is van mening dat onderwysers wat in dieselfde situasie is, mekaar beter kan help omdat hulle begrip het vir die eise wat die werk stel.