• No results found

PRAKTYKTEORETIESE PERSPEKTIEWE: PASTORALE RIGLYNE VIR TWEEDE TAAL ONDERWYSERS WAT GEBUK GAAN ONDER ONDERWYSERSTRES

5.4 DOELWITTE TEN OPSIGTE VAN PASTORALE BEGELEIDING

Collins (2005:33-34) stip die volgende as spesifieke beradingsdoelwitte uit: selfbegrip, kommunikasie, leer en gedragsverandering, selfverwesenliking, ondersteuning en geestelike volwassenheid. Die spesifieke doelwitte word hoofsaaklik bepaal deur die beradene se probleme. Vir Rozell (1990:107) is die doel van Christelike berading om die hulpverlener te begelei tot genesing, heelwording en geestelike volwassenheid.

5.4.1 Die vestiging van Bybelse perspektiewe met betrekking tot werk en werksetiek

Onderwysers wat gebuk gaan onder werkstres se perspektief op hulle werk en werksomgewing moet weer herstel word vanuit die Woord van God. Werk is deel van God se oorspronklike plan vir die mens, reeds voor die sondeval; daarom moet werk nie gesien word as 'n straf op sonde nie (vgl. 2.3.1). In die Skrif word God as Werker uitgebeeld en die mens as die beelddraer van God (vgl. 2.3.1). Die mens beklee dus die posisie as verteenwoordiger en junior vennoot van Skepper God, steeds afhanklik van Horn, maar ook met die verantwoordelikheid dat die mens se werk God se werk is (vgl. 2.3.1).

Sedert die sondeval bied werk nie meer vir alle mense die volkome vreugde en vervulling soos God dit oorspronklik bedoel het nie (vgl. 2.3.1). Die mens se werk vorm meestal sy identiteit, want hy fokus die grootste deel van sy lewe daarop (vgl. 2.3.1). Sy werk word vir horn 'n afgod, 'n statussimbool of hy wend dit net aan vir persoonlike gewin, terwyl ander hulle werk beleef as moeitevol of nutteloos (vgl. 2.3.1). Jesus Christus het egter die vloek wat op die mens se arbeid gerus het vanwee sy sonde op Horn geneem (vgl. 2.3.1). Christus het Sy seen in die mens se arbeid ingedra sodat die mens nie meer 'n slaaf van sy werk hoef te wees nie (vgl. 2.3.1). Jesus Christus het nuwe waarde aan werk verleen en dit geseen; daarom is arbeid 'n voorreg en 'n genadegawe van God (vgl. 2.3.1). Die

beradene moet begelei word om te verstaan watter rol sy werk in sy verhouding met God speel, en om die Bybelse waarheid rondom arbeid te ontdek. Die beradene moet verder begelei word tot 'n Goddelike verstaan van sy taak en roeping, veral die sedelike norme of wette wat God se Woord vir die werker voorhou. God vereis pligsgetrouheid, toewyding en veroordeel luiheid (vgl. 2.3.1).

Die beradene moet begelei word om na sy werk vanuit 'n Bybelse perspektief te kyk. Werk is 'n Goddelike seen en roeping (vgl. 2.3.1). Werk bring eer en verheerliking aan God en is 'n diens aan Christus (vgl. 2.3.1). Werk is in die ware sin van die woord heilig, 'n seen, aanbidding en eerbetoning aan God (vgl. 2.3.1). Werk is 'n Godgegewe roeping, 'n beroep waardeur die mens God en sy naaste kan dien (vgl. 2.3.1). Die resultaat van werk is geluk, harmonie en lewensvervulling wanneer die gawes van God en die arbeid van die mens in harmonie versmelt (vgl. 2.3.1).

Die Christen hulpverlener se taak is om die beradene te begelei om onrealistiese en irrasionele oortuigings in verband met homself, sy werk, sy lewe, sy medemens en God te ontdek en te verander aan die hand van die Skrif (Collins, 2005:8).

5.4.2 Die vestiging van 'n Bybelse perspektief op verandering en vernuwing

Verandering kan alleenlik plaasvind as die sonde aan die lig gebring word deur die Gees van God, die Woord van God of God se kinders, as die instrumente van die Gees en Woord van God (Crabb, 1987:184).

Indien die god van hierdie wereld die mense se "verstand verblind sodat hulle die lig van die evangelie nie kan sien nie", beheer hy hulle lewens (2 Kor 4:4). Paulus waarsku die gelowiges om waaksaam te wees dat hulle gedagtes nie weggelei word "van die onverdeelde en suiwere toewyding aan Christus, net soos Eva verlei is deur die listigheid van die slang" nie (2 Kor 11:3). Die sleutel tot verandering le opgesluit in Romeine 12:2: "Julie moenie aan hierdie sondige wereld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die die wil van God is, wat vir Horn goed en aanneemlik en volmaak is". God verander die mens deur sy denke te verander. Daarom kan verandering by die onderwyser plaasvind as hy God toelaat om sy gedagtes te vernuwe sodat hy vanuit God se perspektief na homself, sy werk, sy werkgewer, die hoof, die leerders ensovoorts, kyk. Die Christen hulpverlener se taak is om die klient te begelei tot 'n gebalanseerde siening van die self, die herstel en vestiging van 'n innige verhouding met God en sy medemens, en innerlke genesing (Lester, 1995:71; McMinn, 1996:39).

Die onderwyser moet dus nuwe waardes en gewoontes vestig ten einde onderwyserstres effektief die hoof te kan bied. Ware verandering na God se beeld vind plaas as die elemente van vergifnis en

betrokkenheid aanwesig is nadat die mens die keuse gemaak het om sy selfbeskermende gedragspatrone (byvoorbeeld isolasie, vermyding, onttrekking) te verruil vir 'n voile oorgawe aan 'n liefdevolle, beskermende God (Crabb, 1987:150,167). Verandering is nooit maklik nie, en daarom le die sleutel tot 'n suksesvolle leefstylverandering en die aanleer van nuwe Bybelse gewoontes in toewyding en die gedissiplineerde inoefening daarvan (1 Tim 4:7).

Dit is veral belangrik dat die onderwyser sal besef dat hy nie in staat is om homself te verander nie, maar dat "die Here wat die Gees is" dit doen (2 Kor 3:18) en dat God horn "gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer" (Fil 2:13). God se Woord bied in 1 Korintiers 10:13 'n wonderlike vertroosting en bemoediging vir elke onderwyser wat sy negatiewe gedagte- en gedragspatrone moet verander, naamlik dat "Geen versoeking wat meer is as wat 'n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan" (1 Kor 10:13).

5.4.3 Groei tot geestelike volwassenheid

Volgens Seamands (2002:61) gebruik Paulus die Griekse woord katergo in 1 Korintiers 13:11, wat beteken: to free from that which has been keeping one bound or tied up. Hiermee beskryf Paulus die erns waarmee daar met geestelike onvolwassenheid afgereken moet word. Seamands (2002:61; 1 Joh 1:5-10) is van mening dat die mens selfbeskermende gedragspatrone soos ontkenning, rasionalisering of projeksie gebruik om homself teen emosionele pyn te beskerm en indien dit nie aangespreek word nie, sal dit geestelike groei kniehalter.

God se Woord roep elke gelowjge op om te streef na geestelike volwassenheid op (2 Kor 13:9; 2 Kor 13:11; Kol 1:28). Die doel van berading is om die beradene met Goddelike liefde te begelei en te leer sodat hy geestelik kan groei tot volwassenheid (Adams, 1970:54). Crabb (1987:167) ondersteun sy standpunt en voeg by dat geestelike groei afhang van 'n voortdurende proses van die herkenning van self-beskermende gedragspatrone en die keuse om God te vertrou en te gehoorsaam.

McGee (1998:12) beskryf die oplossing vir laasgenoemde probleem as volg:

As Christians our fulfillment in this life depends not on our skills to avoid life's problems but on our ability to apply God's specific solutions to those problems. An accurate understanding of God's truth is the first step toward discovering our significance and worth.

Crabb (1987:199) identifiseer die sigbare maatstaf vir geestelike groei as onvoorwaardelike liefde, waar selfbeskermende gedragspatrone afwesig is omdat die persoon God vertrou om horn teen emosionele pyn te beskerm.

5.4.4 Gees-geYnspireerde visionering

Bybelse hulpverlening gaan vir Crabb (1987:165) ten diepste oor die krag van Gees-geTnspireerde visionering, waar die beradene begelei word om te ontdek wie hy is of wat hy kan word, soos deur die Gees aan horn bekend gemaak.

5.4.5 Die vestiging van hoop

Die Here het 'n doel en 'n plan met elke mens se lewe en ook die begeerte dat elkeen 'n lewe in oorvloed sal he (Joh 10:10) dit wil se dat die persoon in staat sal wees om werkstres effektief te kan hanteer. Pastorale begeleiding moet ten doel he om die beradene weer te laat hoop skep in die mees onmoontlike en hopelose lewensituasies (Adams, 1970:137; Lester, 1995:93). Die beradene se hoop moet gevestig en geanker wees in Jesus Christus as sy Verlosser en Hoop (1 Tim 1:1).