• No results found

EMPIRIESE NAVORSING OOR ONDERWYSERSTRES EN HANTERINGSVAARDIGHEDE VAN TWEEDE TAAL-ONDERWYSERS IN SEKONDeRE SKOLE

4.2.3 EMPIRIESE NAVORSING

4.2.3.1 Doelwit

Die doelwit is om aan die hand van voorlopige aannames wat na die afhandeling van die literatuurstudie gemaak is, drie gevallestudies kwalitatief met behulp van begeleidingsgesprekke en semi-gestruktureerde onderhoude te ondersoek, en om pastorale begeleiding vir Tweede Taal- onderwysers met werkstres in sekondere skole empiries na te vors.

4.2.3.2 Empiriese ondersoek

Die doel van die empiriese ondersoek is om die navorsingsvrae van hierdie studie te probeer beantwoord. 'n Empiriese navorsingsproses gaan deurloop word ten einde hierdie antwoorde te verkry. Die empiriese ondersoek word gedoen aan die hand van 'n kwalitatiewe ondersoek.

Empiriese metodologie is die wetenskaplike metode wat die beste pas vir navorsing in Praktiese Teologie (Heyns & Pieterse, 1990:75). In die Praktiese Teologie is die empiriese ondersoek onlosmaaklik gekoppel aan teologiese teoriee (Heyns & Pieterse, 1990:76).

Volgens Heitink (1999:221) is die woord "empirie" (empiricism) afkomstig van die Griekse woord emperia, wat "ervaring" beteken. Heyns & Pieterse (1990:76) verduidelik dat in die ervaringsproses daar drie deelprosesse is wat in 'n siklus verloop, naamlik waarneming, wat betrekking het op die inwerking van die omgewing op die mens; probeer, as tweede deelproses wat betrekking het op die inwerking van die mens op die opgewing, en evaluering, waar die mens probeer vasstel of die omgewing deur sy optrede verander is. Heyns & Pieterse (1990:77) verduidelik verder dat hierdie benadering tot die term empirie in lyn le met "ons metateorie, naamlik die handelingsteorie, en ons basisteorie aangaande interaksie, naamlik die dialogiese kommunikasieteorie."

Heitink (1999:229) noem verskillende metodes wat in empiriese navorsing gebruik kan word, naamlik beskrywend (descriptive), ondersoekend (explorative) en toetsing van die hipotese. Heitink (1999:229) definieer beskrywende navorsing (descriptive research) as 'n metode waar daar gefokus word op sistematiese beskrywing van die onderwerp, terwyl ondersoekende/eksplorenende navorsing (explorative research) 'n vermenging is van 'n beskrywing van die onderwerp, asook toetsing van die hipotese.

De Wet (2006:62) is van mening dat in 'n empiriese benadering, die Praktiese Teologie minder op spekulatiewe vrae (die wat- en waarom-vrae) en meer op vrae oor "hoe die praksis behoort te werk", konsentreer. De Wet (2006:68) verduidelik voorts dat empiriese navorsing ondemeem word met die doel om helderheid te gee aangaande sekere verhoudings, en toetse kan afgele word om die werklike effek van sekere handelinge op mense vas te stel.

4.2.3.3 Metode van ondersoek

Die empiriese studie is soos volg hanteer:

■ Die keuse van deelnemers: Die drie skoolhoofde van die drie verkose sekondere skole het drie Tweede Taal-onderwysers, wat gebuk gaan onder werkstres, ge'identifiseer. Die skoolhoofde het toestemming verleen dat daar met die onderskeie Tweede Taal-onderwysers wat hulle ge'identifiseer het, onderhoude gevoer kon word.

■ Die verkose sekondere skole: Die drie sekondere skole wat by die studie betrokke was, het leerders afkomstig uit verskillende kulture. Die kultuur en voertaal van die drie skole se

leerders verskil van mekaar en is onderskeidelik as volg saamgestel: die Zoeloe-kultuur, waar die voertaal Zoeloe is; die Bruin/Koi/San-kultuur, waar die voertaal Afrikaans is en laastens leerders saamgestel uit verskillende kulture, onder andere Afrikaner/Engels/Duits/lndier/Zoeloe/Kongolees/Portugees/Koreaans waar die voertaal onderskeidelik Afrikaans of Engels is.

■ Persoonlike besonderhede van deelnemers:

Die deelnemers is al drie vroulik. Die drie deelnemers se ouderdomme val in die

volgende ouderdomskategoriee: van onder 30 jaar; 31-40 jaar en 41-50 jaar. Al drie die deelnemers is Tweede Taal- onderwysers in sekondere skole. Die drie deelnemers het onderskeidelik tussen 1-5 jaar en 10 jaar of langer onderwyservaring. Die gemiddelde aantal leerders wat hulle per klas het, is onderskeidelik tussen 26-30 en meer as 36.

■ Onderhoude: Onderhoudvoering is as data-insamelingstegniek aangewend, en daar is van 'n semi-gestruktureerde onderhoudskedule gebruik gemaak. Daar is persoonlike onderhoude met die drie Tweede Taal-onderwysers gevoer. In hierdie hoofstuk word 'n interpretasie van elke deelnemer se inligting deurgegee ten opsigte van die faktore wat werkstres veroorsaak; simptome van stres; werkstreshanteringstrategiee; die identifisering van die soort pastorale hulp waaraan die deelnemers behoefte het; en die prioriteitstemas vir die bekamping van werkstres. Persoonlike onderhoude is ook aan die hand van vrae met die skoolhoofde gevoer ten einde die aard van die ondersteuning wat aan onderwysers in die onderskeie skole gebied word, vas te stel. Absolute vertroulikheid is gehandhaaf.

■ Die dokumentering van die prosesse: Die onderhoude is aan die hand van vraelyste gevoer en 'n klankopname is van elke onderhoud gemaak. Vir die doel van hierdie studie is die diktafoon gebruik. Die vraelyste is deur die deelnemers skriftelik ingevul, terwyl die navorsingsvrae verbaal aan hulle gestel is. Die data wat deur onderhoude ingewin is, is gerugsteun deur veldnotas, soos deur die navorser afgeneem. Aangesien die navorser sentraal gestaan het in die insameling sowel as analisering van die data, bestaan die moontlikheid dat waarnemersvooroordeel die navorsingsproses kon beinvloed.

■ Die plek waar die kwalitatiewe navorsing uitgevoer is: Die onderhoude het plaasgevind in 'n aangewese vertrek in die onderskeie sekondere skole.

■ Samestelling van die vraelyste: Om die doel van die studie te bereik, naamlik om 'n pastorale riglyne daar te stel wat in 'n hulpverleningsproses vir onderwyserstres gebruik kan

word, is die vraelyste vir die onderhoude so saamgestel dat daar die volgende vasgestel kon word:

• waarom hulle die geTdentifiseerde stressors as stresvol beleef;

• watter aanbevelings hulle maak ten opsigte van die hantering daarvan;

• heg hulle die grootste waarde aan hulle verhouding met God, persoonlike gebed en Woordstudie om werkstres te kan hanteer;

• reken hulle dat geloofspraktyke die hoogste prioriteit moet geniet ter bekamping van onderwyserstres;

• het hulle van te vore enige pastorale hulp positief beleef; • aan watter soort pastorale hulp het hulle behoefte;

• bied die skole enige geestelike ondersteuning ten opsigte van onderwyserstres?

Bylaag A verskaf 'n voorbeeld van die semi-gestruktureerde vraelys.

■ Tegniese aspekte: Die klankbaan en veldnotas van elke onderhoud is by die outeur beskikbaar. Al die onderhoude is getranskribeer en gerekenariseer. Die onderhoude is verwerk ten einde persoonlike gegewens; faktore wat onderwyserstres veroorsaak; effektiewe strategies om werkstres te hanteer; pastorale hulp; prioriteittemas vir die ondersteuning van werkstres en die aard van ondersteuning besikbaar in skole, te identifiseer.