• No results found

METATEORETIESE PERSPEKTIEWE OP WERKSTRES EN ONDERSTEUNINGSBASISSE VIR ONDERWYSERSTRES, SOOS DIT VERAL IN DIE PROFIEL VAN TWEEDE TAAL-

3.8 SAMEVATTING VAN METATEORETIESE PERSPEKTIEWE

3.8.1.1 Individuele karaktereienskappe wat bydra tot onderwyserstres:

Die unieke persoonlikheid van 'n onderwyser speel 'n rol in die mate wat hy stres kan hanteer, asook die individu se ouderdom, geslag, agtergrond en vorige ondervinding (vgl. 3.3.4.1). Die Tipe A- persoonlikheid is meer geneig tot werkstres omdat hulle hulleself onder druk plaas deur 'n te groot werkslading op hulleself te neem (vgl. 3.3.4.1). Die sentrum van die individu se sogenaamde lokus van beheer (locus of control) bepaal ook sy vermoe om die stresfaktore suksesvol te hanteer of

werksbevrediging te beleef (vgl. 3.3.4.1). Die navorser is van mening dat die onderwysers met hierdie unieke persoonlikhede, baat sal vind by 'n pastorale begeleidingsproses waar hulle spesifieke en unieke probleme en behoeftes aangespreek kan word.

3.8.1.2 Eksterne faktore wat bydra tot onderwyserstres:

Verskeie navorsers het faktore wat tot onderwyserstres aanleiding gee, geidentifiseer (vgl. 3.3.4.2). Die navorser is van mening dat die genoemde stresfaktore die onderwyser se identiteit, selfwaarde en denkepatrone negatief beinvloed, maar dit kan ook toegeskryf word aan sy onvermoe om werk te delegeer, tyd te bestuur of prioriteite vas te stel, terwyl 'n gebrekkige ondersteuningstelsel ook 'n bedraende rol tot onderwyserstres kan speel.

Die navorser het daarom die verskillende stresfaktore, soos geidentifiseer deur verskeie navorsers, as volg ingedeel:

3.8.1.2.1 Identiteit (selfwaarde)

Die navorser is van mening dat die ondergenoemde stresfaktore die onderwyser se identiteit en selfwaarde negatief beinvloed:

• Miskenning van outonomiteit en vakkundigheid: Onderwysers ervaar dat hulle moedeloos, wanhopig en verworpe voel as hulle nie die geleentheid gebied word om hulle mening, opinies of besorgdheid te lug oor sake wat hulle aangaan nie (vgl. 3.3.4.2). Onderwysers ervaar dat hulle professionaliteit en vaardighede sodoende aangetas, misken of bevraagteken word, wat weer aanleiding gee tot onvervuldheid en 'n gebrek aan werksbevreding by onderwysers in sekondere skole (vgl. 3.3.4.2).

• Rolle-konflik: Onsekerheid rakende pligte weens die gebrek aan duidelike omskrywing van rolverwagtings, pligte, regte en verantwoordelikhede produseer woede en ongemotiveerdheid (vgl. 3.3.4.2). Onderwysers voel dikwels dat hulle onderwyser, berader, verkoopspersoon, administrateur, vriend, raadgewer, mentor, aanmoediger, doen-alles-in-een in die skool moet wees (vgl. 3.3.4.2). Dit bring mee dat hulle verward voel oor hulle rol en identiteit.

• Kritiek: Onderwysers word voordurend gekritiseer of aangeval deur die media, ouers, kinders, kollegas of die skoolinspekteur. Hulle beleef dit as ondermynend vir hulle selfwaarde, status en professionele integriteit (vgl. 3.3.4.2).

• Gebrek aan selfvertroue en 'n lae selfbeeld as gevolg van die feit dat leerders nie die onderwyser se outoriteit of gesag respekteer nie (vgl. 3.3.4.2).

3.8.1.2.4 Tydsbestuur en vasstel van prioriteite

Die navorser maak die afleiding dat die volgende faktore aanleiding gee tot stres weens 'n gebrekkige prioriteitsbesteding van tyd.

• Tydsdruk en werksdruk: Onderwysers ervaar dat hulle werkslading te groot is en hulle tyd so beperk is dat hulle nie in staat is om die standaard onderrig te gee wat hulle graag sou wou of om die leerders se behoeftes te bevredig nie (vgl. 3.3.4.2).

• Voorbereidings- en nasienwerk neem hulle na-ure tyd tot so 'n mate in beslag dat hulle skuldig voel as hulle ontspan. Klasse bestaan gewoonlik uit leerders met verskillende vermoens en dit vereis lang voorbereidingsure en fyn beplanning (vgl. 3.3.4.2).

• Die invul van vorms en die asseseringstelsels neem kosbare tyd in beslag en vergroot die werkslas en tydsdruk (vgl. 3.3.4.2).

3.8.1.2.5 Ondersteuningstelsels

Verskeie navorsers is van mening dat die grootste bron van onderwyserstres ekstern van aard is omdat beleids- en kurrikulumveranderings deur die regering geimplimenteer word, en onderwysers min of geen beheer daaroor het nie (vgl. 3.4). Die Onderwysdepartement het 'n verantwoordelikheid ten opsigte van die emosionele en fisiese gesondheid van onderwysers, want dit dra by tot hulle effektiewe werksverrigting (vgl. 3.4).

Die navorser is van mening dat ondergenoemde stresfaktore aangespreek kan word indien die Onderwysdepartement effektiewe ondersteuning bied in die volgende areas:

• Voortdurende veranderinge, veral in die onderwysstelsel, lei tot gevoelens van frustrasie, onsekerheid, hulpeloosheid en angs (vgl. 3.3.4.2).

• Uitkomsgebaseerde Onderwys (OBE) en Kurrikulum-gebaseerde probleme (Curriculum- related problems): In die Suid-Afrikaanse konteks speel die implementering van 'n nuwe kurrikulum sonder genoegsame bronne om die verlangde resultate te behaal, die gebrek aan hulpbronne, die oneffektiwiteit van die onderrigmateriaal, oneffektiewe opleiding en 'n gebrek aan praktiese hulp om die kurrikulum in al die skole effektief te implimenteer asook OBE en die groot hoeveelheid papierwerk wat daarmee gepaard gaan, 'n groot bydraende rol in onderwysers se werkslas en stres (vgl. 3.3.4.2).

• Inklusiewe onderrig: In die Suid-Afrikaanse onderwys vra dit van die onderwyser om nuwe vaardighede aan te leer ten einde die gestremde leerder in die klaskamer te akkomodeer (vgl. 3.3.4.2).

• HIV/Vigs-pandemie: Dit plaas addisionele eise en 'n verdere emosionele las op die onderwysers wat wees leerders moet ondersteun (vgl. 3.3.4.2).

• Onrealistiese verwagtinge ontlok veral werkstres by diegene wat behoefte het om te presteer en toegewyd te wees (vgl. 3.3.4.2).

• Swak leerder-onderwyser verhoudings ontlok frustrasie en gevoelens van hulpeloosheid en hopeloosheid (vgl. 3.3.4.2).

3.8.1.2.2 Denke

Die navorsers is van mening dat die ondergenoemde stresfaktore aanleiding gee tot negatiewe denke by onderwysers ten opsigte van hulle werksomgewing:

• Swak werksomstandighede as gevolg van te veel leerders per klas, tekort aan infrastuktuur en bronne (vgl. 3.3.4.2).

• Diefstal en vandalisme: In die Suid-Afrikaanse konteks word skole geaffekteer deur vandalisme en eiendom wat gesteel word. Die gevolg daarvan is dat onderwysers, veral in die townships, moet skoolhou onder baie moeilike omstandighede, soos byvoorbeeld dat die hulpmiddels gesteel word en in baie gevalle is die klaskamer sonder 'n deur, vensters of 'n dak.

• Administratiewe las en werkslas wat te oorweldigend is (vgl. 3.3.4.2).

• Konflik: Personeellede het verskillende opinies oor die hantering van probleme en dit lei tot konflik (vgl. 3.3.4.2).

• Skuldgevoelens: Sommige onderwysers gaan gebuk onder 'n onrealistiese, perfeksionistiese gedrewenheid wat gevoelens van angs ontlok (vgl. 3.3.4.2).

• Outokratiese leierskap: Die skool se besluitnemingsproses berus soms net by 'n paar mense wat aanleiding gee tot frustrasie by onderwysers (vgl. 3.3.4.2).

• Swak leerder-onderwyser verhoudings (vgl. 3.3.4.2). • Kommunikasieprobleme (vgl. 3.3.4.2).

• Voortdurende veranderinge, veral in die onderwysstelsel, lei tot gevoelens van frustrasie, onsekerheid, hulpeloosheid en angs (vgl. 3.3.4.2).

3.8.1.2.3 Delegering van werk

Die navorser is van mening dat ondergenoemde stresfaktore moontlik toegeskryf kan word aan die onvermoe om werk effektief te delegeer:

• Administratiewe las (vgl. 3.3.4.2).

• Onrealistiese verwagtinge wat onderwysers aan hulleself stel om alles self te doen om te verseker dat dat die taak korrek uitgevoer word (vgl. 3.3.4.2).

• Gebrekkige opleiding: In die Suid-Afrikaanse konteks lei gebrekkige opleiding tot 'n swak selfbeeld en onsekerheid.

• Taalverskille in Suid-Afrikaanse skole dra daartoe by dat onderwysbeleide en -programme nie ten voile begryp word nie; aangesien Engels, as voertaal van die Onderwysdepartement, baie onderwysers se tweede of derde taal is (vgl. 3.3.4.2).

• Swak besoldiging (vgl. 3.3.4.2).

• Swak werksomstandighede as gevolg van te veel leerders per klas, tekort aan infrastuktuur en bronne (vgl. 3.3.4.2).

• Geboue is werkers-onvriendelik (beter beplanning) (vgl. 3.3.4.2).

Die Skoolhoof kan ook 'n groot rol speel ten opsigte van die probleem deur toe te sien dat die nodige ondersteuning vir onderwysers gebied word in die volgende areas: swak leerder-onderwyser verhoudings (frustrasie en hulpeloosheid); kommunikasieprobleme tussen onderwysers en leerders weens verskillende etniese/kulturele agtergronde; swak werksomstandighede (swak dissipline); werkers-onvriendelike geboue (beter kommunikasie byvoorbeeid telefoonsteiseis; behoeftes aanspreek waartekorte is); tydsdruk en werksdruk te verlig (vgl. 3.3.4.2).

'n Onderwysers wat gebuk gaan onder stres, sal baat vind by 'n pastorale begeleidingsproses, waar hy perspektief op sy identiteit, selfwaarde en negatiewe denke herstel kan word uit die Woord van God, maar ook sy vermoe om sy tyd effektief te gebruik, te prioriseer en te delegeer. Hoewel die Onderwysdepartement en skoolhoofde in terme van die ondersteuning van onderwysers die grootste rolspelers is, sal 'n onderwyser baat vind by pastorale ondersteuning. Dit is juis wanneer geen beheer oor die eksteme faktore geneem kan word nie dat die onderwyser oor die nodige vaardighede moet beskik wat vir sy/haar selfbehoud nodig is. Pastorale hulpverlening fokus juis op die bemagtiging van die individu in 'n onvriendelike werk- en leefwereld.

3.8.2 STRESSIMPTOME

Navorsers het verskeie stressimptome ge'identifiseer. Die impak van onderwystres is kommerwekkend, aangesien dit onderwyser se welsyn in sy totaliteit be'invloed.

• Die liggaamlike simptome (vgl. 3.3.5.1).

Onderwysers wat aan chroniese stres blootgestel word, ervaar voortdurende fisiese uitputting en moegheid wat hulle effektiewe funksionering in die skool nadelig be'invloed (vgl. 3.3.5.1).

Werkstres het 'n invloed op onderwysers se geestesgesondheid (vgl. 3.3.5.2). Onderwysers wat nie nie in staat is om werkstres effektief te hanteer nie, ervaar 'n gebrek aan entoesiasme vir hulle taak en bespeur 'n daling in werksbevrediging (vgl. 3.3.5.2).

• Die verstandelike simptome (vgl. 3.3.5.3)

Hoe vlakke van stres be'invloed die verstandelike vermoe van onderwysers en simptome soos 'n swak geheue, swak konsentrasie, besluiteloosheid, verwardheid, gedagtes wat maal, vergeetagtigheid en nagmerries kom voor, wat die effektiwiteit van onderwysers kortwiek (vgl. 3.3.5.3)

• Die emosionele simptome (vgl. 3.3.5.4)

Onderwysers wat aan erge werkstres blootgestel word se emosionele funksionering word negatief be'invloed aangesien gevoelens van gei'rriteerdheid, depersonalisering, depressiwiteit, agterdogtig, gebrek aan selfvertroue, gevoelens van hulpeloosheid, buierigheid, gebrek aan spontaneiteit, gebrek aan entoesiasme en 'n gevoel van nutteloosheid aanwesig is (vgl. 3.3.5.4)

3.8.3 DIE STAND VAN ONDERWYSERSTRES IN SUID-AFRIKAANSE SEKONDERE SKOLE