• No results found

EMPIRIESE NAVORSING OOR ONDERWYSERSTRES EN HANTERINGSVAARDIGHEDE VAN TWEEDE TAAL-ONDERWYSERS IN SEKONDeRE SKOLE

4.2.2 Kwalitatiewe navorsing

4.2.2.1 Inleiding

Kwalitatiewe navorsing is 'n tipe wetenskaplike navorsing wat veral effektief aangewend word in die bekomming van kulturele verwante inligting oor die geloofsveronderstellings, waardes, opinies, gedrag, dryfvere en sosiale kontekste van 'n spesifieke bevolkingsgroep of teikengroep waar daar geringe teorie oor die saak bestaan (Strydom, 2004:280; Mack et a/., 2005:1).

4.2.2.2 Die tipes navorsingstrategiee

Daar is verskillende tipes navorsingstrategiee wat in kwalitatiewe navorsings gebruik kan word, soos byvoorbeeld: Biografiese studie, Gevallestudie, Etnografiese studie, Fenomenologiese studie, Dokumentestudie wat behels die bestudering van persoonlike dokumente byvoorbeeld briewe, dagboeke, foto's, films, video's, of amptelike dokumente of nie-persoonlike dokumente van die regering of organisasies, asook die inhoudsanalise van die massamedia byvoorbeeld boeke, koerante, tydskrifte, televisie, radio ensovoorts, die studie van Historiese of argiefmateriaal en die Sekondere analise van data (Fouche & Delport, 2004:267-269; Fouche, 2004:272-276; Janse van Rensburg, 2007:6).

4.2.2.3 Die karaktertrekke van kwalitatiewe navorsing

Die volgende karaktertrekke is kenmerkend aan kwalitatiewe navorsing: • beskrywend en/of verkennend van aard;

• hoogs individueel • en kontekstueel;

• induktief, wat beteken dat die teorie gebou of gegrond word op die data wat verkry is, en • fokus op emosies en egtheid van die betrokke deelnemers;

• 'n ervaringsbenadering;

• met kwalitatiewe onderhoude word daar gepoog om die ervarings, optredes, gebeure en emosies van ander en die betekenis wat hulle daaraan heg, te begryp en te verstaan;

• sistematiese en subjektiewe benadering wat gerig is op die waarneming en verstaan van die deelnemers se emosies, ervarings, gedrag en gebeure;

• en daar word gewerk met woorde en nie syfers nie, dit wil se die emosies agter die woorde word ge'identifiseer en geevalueer (Botha, 2001:14; Janse van Rensburg, 2007:5; Mack, ef a/., 2005:3).

4.2.2.4 Data-insamelingstegnieke

Brink (2001:14) sonder indiepte-onderhoudvoering {in-depth) uit as een van die belangrikste data- insamelingstegnieke in kwalitatiewe navorsing. Strydom (2004:278) beskryf deelnemende waarneming (participant observation) as kenmerkend van kwalitatiewe navorsing, waar die navorser die leefwereld van die deelnemer uit die oogpunt van die deelnemer verstaan. Mack et al. (2005:2) voeg fokusgroepe {focus groups) as 'n derde metode vir kwalitatiewe navorsing by. In kwalitatiewe navorsing word die tema eers vooraf bepaal, en daaruit vloei die vrae wat spesifiek van toepassing is op die bepaalde tema, byvoorbeeld "Wat het jou gemotiveer om so op te tree, of het iemand/iets jou beinvloed om om hierdie keuse te maak?" (Janse van Rensburg, 2007:5).

4.2.2.5 Die proses van kwalitatiewe navorsing

Greeff (2004:354) verduidelik die proses van kwalitatiewe navorsing as volg: • die insameling van data deur middel van waarneming;

• die versameling van data deur veldnotas af te neem of deur onderhoude op 'n bandopnemer, diktafoon, video-kamara ensovoorts op te neem;

• die bestuur van die data, lees en skryf van memos;

• die beskrywing, klassifisering en interpreter!ng van data; en • die voorstelling en visualisering van geanaliseerde data.

4.2.2.6 Die kwalitatiewe navorser

Die kwalitatiewe navorser selekteer eerstens 'n paradigma of 'n verwysingsraamwerk wat sy studie sal stuur, en maak dan gebruik van literatuurbronne wat 'n oorsig en verwysings bied oor wat oor die navorsingsprobleem bekend is (Fouche & Delport, 2004:269). Die navorser formuleer dus eerstens 'n uitgangsperspektief (Janse van Rensburg, 2007:6). In kwalitatiewe navorsing is die navorser direk betrokke by die proses en is die "meetinstrument" (Delport & Fouche, 2004:359).

Strydom (2004:281) definieer die tweeledige rol van die navorser as volg: The observer must attempt to mentally operate on two different leves: becoming an insider while remaining an outsider. Botha (2001:16-17) gebruik die term "kunsvakman" as toepaslike beskrywing vir die navorser in die kwalitatiewe onderhoudvoeringsproses, aangesien dit kundigheid, aanleg en ondervinding verg. Beide die navorser en deelnemer dra waardes en perspesies in die kwalitatiewe proses, maar die persepsies, ervarings en emosies van die deelnemer moet "dominant in die orientasie van die studie wees" (Janse van Rensburg, 2007:5).

4.2.2.7 Betroubaarheid en geloofwaardigheid

Die navorser se perspektiewe en oorwegings het 'n invloed op die verloop van die navorsingsproses; daarom moet die navorser genoeg bewyse bied, wat die betroubaarheid, integriteit en geloofwaardigheid van sy navorsing bo verdenking plaas (Delport & Fouche, 2004:359). Greeff (2004:352-353) beklemtoon dat die geldigheid van die navorsingsresultate van kwalitatiewe navorsing van groot belang is, en identifiseer vier kriteria waaraan dit gemeet kan word, naamlik: credibility, transferability dependability, confirmability Die navorser moet daarom die proses vir die versameling van inligting, die keuse van deelnemers en metodes deeglik beskryf en motiveer ten einde integriteit, deursigtigheid en betroubaarheid te verseker (Janse van Rensburg, 2007:6). Botha (2001:16) het bevind dat daar 'n beter kans is om betroubare inligting te genereer as daar 'n sensitiwiteit teenoor die deelnemers gedurende die onderhoudvoering is.

4.2.2.8 Kwalitatiewe onderhoudsvoering

Kwalitatiewe gesprekvoering fokus op kleiner getalle, teikengroepe of individue; daarom is die seleksie van deelnemers baie belangrik (Greeff, 2004:311). Die keuse van die teikengroep moet gebaseer word op die doelwitte en die navorsingsprobleem (Janse van Rensburg, 2007:7). Die navorser se onderhoudskedule moet vooraf beplan en opgestel word met die oog op onderhoudsgesprekke met die deelnemers (Janse van Rensburg, 2007:6). In kwalitatiewe navorsing word inligting versamel deur middel van waameming en/of in-diepte onderhoude waar die deelnemers se antwoorde en reaksies soos houding, gesigsuitdrukkings ensovoorts, noukeurig waargeneem, beluister en ge'interpreteer word (Janse van Rensburg, 2007:6). Die navorser soek vir patrone in mense se lewens, aksies en woorde in die konteks van die navorsingsondersoek (Janse van Rensburg, 2007:6). Kwalitatiewe onderhoudsvoering kan deur 'n ongestruktureerde een-tot-een onderhoud, of semi-gestruktureerde een-tot-een onderhoudskedule, of etnografiese onderhoudvoering gedoen word (Greeff, 2004:319). Die navorser moet veral let op sy onderhoudstegnieke, soos om oop en duidelike vrae te stel en om goeie luistervaardjghede te he (Greeff, 2004:293-294; Mack, etal., 2005:4).

Die term "deelnemers" word verkies in kwalitatiewe navorsing (Janse van Rensburg, 2007:7) omdat die term "respondent" 'n "hieragiese verhouding" in plaas van 'n "vriendskapsverhouding" suggereer (Botha, 2001:16). Kwalitatiewe navorsing kan vanwee die kontekstuele aard van die navorsing moeilik gedupliseer word, maar indikatiewe afleidings kan gemaak word, wat vir die hermeneutiese proses belangrik kan wees (Janse van Rensburg, 2007:6).