• No results found

METATEORETIESE PERSPEKTIEWE OP WERKSTRES EN ONDERSTEUNINGSBASISSE VIR ONDERWYSERSTRES, SOOS DIT VERAL IN DIE PROFIEL VAN TWEEDE TAAL-

3.4 DIE STAND VAN ONDERWYSERSTRES IN SUID-AFRIKAANSE SEKONDERE SKOLE

Studies dui daarop dat onderwysers in sekondere skole wereldwyd gebuk gaan onder werkstres (Tavers & Cooper, 1996:62; Reglin & Reitzammer, 1998:59; Jackson, 2004:182; Van Wyk, 2006:53; Visser, 2006:3). Verskeie navorsers is van mening dat die grootste bron van onderwyserstres ekstern van aard is omdat beleids- en kurrikulumveranderings deur die regering geimplimenteer word en dat onderwysers min of geen beheer daaroor het nie (Travers & Cooper, 1996:159; Jarvis, 2002; Arend, 2005:227). Vervolgens gaan daar gefokus word op die stand van onderwyserstres in Suid-Afrikaanse sekondere skole. Tog wil die navorser die aandag daarop vestig dat Schulze & Steyn (2007:691) in hulle studie aangedui het dat die navorsingsprojekte wat binne die Suid-Afrikaanse konteks uitgevoer is were limited by the fact that they were carried out in relatively small geographical areas.

Suid-Afrikaanse onderwysers word bo en behalwe die gewone stresfaktore, ook blootgestel aan voortdurende verandering, wat volgens Travers & Cooper (1996:9) een van die grootste werkstresfaktore is. Sedert 1994 is die Suid-Afrikaanse samelewing gekenmerk deur diepgaande veranderinge wat veral in die onderwys sigbaar is (Leibowitz, 2004:35; Eloff & De Vaal, 2005:90; Van Wyk, 2006:53; Monareng, 2006:4-5). Die onderwysstelsel is na wetgewing, soos vervat in die Suid- Afrikaanse Skolewet van 1996, uitgedaag om te transformeer ten einde aan die diverse behoeftes van alle leerders te voldoen (Myburg & Poggenpoel, 2002:260; Olivier & Venter, 2003:186; Grobbelaar, 2004:2). Schulze & Steyn (2007:692) noem dat die onderwys-konteks in die Suid-Afrika na Apartheid voortdurend besig is om te verander, soos byvoorbeeld die verandering na die Uitkomsgebaseerde Onderwys (OBE) kurrikulum, die installing van nuwe reels en beleide wat nuwe strukture in skole vereis, die afskaffing van lyfstraf en nuwe wyses om dissiplinere probleme te hanteer, asook die verdere eise wat inklusiewe onderwys aan onderwysers stel.

Verandering dra veral by tot onderwyserstres (Myburgh & Poggenpoel, 2002:260-261; Robinson, 2003:21). Daar is druk op opvoeders om aan te pas by multi-talige en multi-kulturele klasgroepe (Chick, 2002:468; Davis & Reed, 2003:101; Grobbelaar, 2004:30). Die veranderinge daag opvoeders uit om te herbesin oor hulle verantwoordelikhede en rolle en om dienooreenkomstig nuwe vaardighede aan te leer of aanpassings te maak (Harden, 1999:246; Eloff & De Vaal, 2005:91). Dit lei daartoe dat hulle onseker of verward voel oor hulle rolle en identiteit (Harden, 1999:246; Myburgh & Poggenpoel, 2002:260). Onderwysers word gekonfronteer om anders te dink oor seker sake as voorheen (O'Sullivan, 2002:224). Die implementering van 'n inklusiewe onderwysstelsel stel verdere eise aan onderwysers (Eloff & De Vaal, 2005:91; Jonker, 2005:3; Rakholile, 2006:1-3;18). Engelbrecht et al. (2001:259) het bevind dat onderwysers wat 'n gestremde leerder (Down-sindroom) in hulle klas het, nie altyd oor die nodige opleiding beskik of die ondersteuning geniet om so 'n leerder se behoeftes te ontmoet nie. Emosies van bekommemis en veral skuldgevoelens ten opsigte van die leerder dra verder by tot hulle stres. Skoolhervorming en beleidsveranderinge in die onderwys vra nie net dat die werkswyses van skole moet verander nie, maar dit verwag van onderwysers om hulleself te herskep (reinvent) om by die veranderings te kan aanpas (Cheek et al., 2003:205,).

Navorsers beklemtoon nie net die impak wat voortdurende verandering op Suid-Afrikaanse onderwysers het nie, maar vestig ook die aandag op die krisis waarin die onderwys horn tans bevind. Jackson & Rothman (2006:75) rapporteer dat 'n derde van die onderwysers in die Noordwes Provinsie alleen gebuk gaan onder onderwyserstres en graag die onderwys wil verlaat. Ngidi en Sibaya (2002:7-15) het in hulle studie oor die werkstresfaktore by swart onderwysers in KwaZulu-Natal bevind dat hulle aanpassingsprobleme ervaar en dat dit toegeskryf kan word aan die toenemende eise in hulle werksomgewing weens tydsdruk, administratiewe probleme en die swak gedrag van leerders.

Na aanleiding van die bevindinge, rig hulle 'n pleidooi tot die Onderwysdepartement in KwaZulu-Natal om in te gryp deur onder andere beradingsdienste daar te stel ten einde onderwysers by te staan. Motseke (1998:225) spreek ook in sy navorsing die hoop uit dat daar streshanteringsprogramme vir onderwysers in die townships ontwikkel sal word; aangesien hulle daagliks gekonfronteer word met uiterste stresfaktore soos geweld wat daartoe lei dat hulle hulle toewyding om onderrig te gee, verloor. Mashaba (2004:72) stel voor dat 'n Employment Assistance Programme deur die Onderwysdepartement in die lewe geroep word en dat onderwysers aangemoedig sal word om van die fasiliteite gebruik te maak. Mashaba (2004:72-73) stel ook voor dat daar van professionele hulp gebruik gemaak word as intervensiestrategie vir onderwysers wat gebuk gaan onder werkstres en dat onderwyser-ondersteuningsgroepe op die been gebring word om hulle die nodige ondersteuning te bied. Van den Berg (2003:84) beklemtoon ook die noodsaaklikheid dat onderwysinstansies in Suid- Afrika ernstig aandag moet skenk aan ondersteuningshulp vir onderwysers, en sy stel in haar

navorsing die implementering van werkstreshanteringstrategiee vir onderwysers voor. Steyn & Kamper (2006:129-130) beveel aan dat verdere studie gedoen word oor die wyse waarop onderwysers ondersteun kan word, veral ten opsjgte van 'n holistiese benadering tot streshantering of die implementering van stress management systems. Terwyl Schulze & Steyn (2007:705) weer die klem plaas op die bruikbaarheid van 'n transactional-based model of stress waar veral die verantwoordelikheid, plig en rol van skoolbeheelliggame en die Onderwysdepartement beklemtoon word om onderwyserstres te verlig.

Van Wyk (2006:102; 154) dui taalverskille as die grootste aanleidende faktor tot opvoederstres in die Oranje Vrystaat-provinsie aan en beskryf language as the most important discriminating factor in educator stress in the Free State Province, highlighting differences across the developed stress factors. Van Wyk (2006:102; 154) beklemtoon dat laasgenoemde feit in gedagte gehou moet word wanneer nuwe onderwysbeleide of -programme ge'implimenteer word. Sy beveel aan dat taalverskille gemonitor word deur die Onderwysdepartement, en veral by die Afrikaans-sprekende opvoeders; aangesien hulle stresvlakke merkbaar hoer is as die van ander taalgroepe, deur byvoorbeeld strategies te implimenteer soos ondersteuningsdienste, kommunikasie, werksekuriteit, belonings en deelname (Van Wyk, 2006:154).

Olivier en Venter (2003:186-192) identifiseer in hulle navorsing na die oorsake van werkstres by onderwysers in die George-area, dat die onderwysers nie oor die nodige hanteringsmeganismes beskik om werkstres effektief te hanteer nie. Hulle maak die afleiding dat baie onderwysers weens die gebrek aan werkstreshanteringsvaardighede hulle tot alkohol of dwelms wend, in 'n poging om werkstres te hanteer terwyl depressie, frustrasie, hipertensie, hart- en ander ernstige siektes, aanwesig is. Hulle beveel aan dat onderwysers kennis moet inwin oor die stressors wat hulle negatief

be'invloed, asook strategies om dit positief te hanteer. Volgens Olivier en Venter (2003:191) moet die Onderwysdepartement besef dat hulle 'n verantwoordelikheid het ten opsigte van die emosionele en fisiese gesondheid van onderwysers, want dit dra by tot hulle effektiewe werksverrigting. Hulle beveel aan dat werkswinkels by skole aangebied word, waar op 'n praktiese wyse streshanteringsvaardighede aangeleer kan word. Jonker (2005:21) is van mening dat die implementering van beradingsdienste, waar onderwysers hulp ontvang vir die hantering van stres, ook koste effektief sal wees.

Uit die navorsirrg is dit duidelik dat daar kommer heers oor die fisiese, geestelike en emosionele welstand van onderwysers, en verskeie navorsers doen 'n beroep op die Onderwysdepartement om in te gryp en ondersteuningsdienste vir onderwysers in plek te kry. Die navorser stem volkome saam met die oproep dat daar ondersteuningsbasisse ten opsigte van onderwyserstres gevestig moet word. In die lig van die bogenoemde feite blyk dit dat regerings- en organisatoriese beheer grootliks bydra tot werkstres, en omdat die navorser nie op daardie terrein kan beweeg nie, gaan sy haar toespits op die beskrywing van pastorale riglyne wat in die beradingsproses gebruik kan word.