• No results found

Waylite Diary CC v First National Bank Ltd 1995: drawings, chart, literary work Konteks:

Mof 3 : soort handskoene metaalring, sok

4.4 Kognitiewe semantiek

5.3.11 Waylite Diary CC v First National Bank Ltd 1995: drawings, chart, literary work Konteks:

Die appellant het tussen 1988 en 1991 ongeveer 3000 velddagboeke per jaar aan die respondent gelewer vir gebruik deur laasgenoemde se bestuurders. Die dagboeke is in oorleg met FNB ontwerp. In 1992 het die bank ʼn tender vir dagboeke uitgestuur waartydens Waylite Diary ʼn onsuksesvolle aansoek ingedien het. Die dagboeke wat deur die aangewese drukkery voorsien is, het in alle opsigte eenders gelyk aan dié wat Waylite Diary tot op daardie stadium voorsien het.

Oortuig daarvan dat hul dagboeke deur kopiereg beskerm is, het die appellant die hof a quo versoek om ʼn interdik teen FNB uit te reik teen die gebruik van die afspraakbladsye in die nuwe dagboek.

Die afspraakbladsye bestaan telkens uit twee paginas wat na mekaar kyk wanneer die dagboek oopgeslaan is. Elke paar bladsye hanteer ʼn dag van die week en begin by Maandag. Die linkerkantste bladsy bevat as eerste reël die naam van die maand in Afrikaans en Engels asook die weeksnommer. Die dae van die week word dan in al twee tale gelys saam met die relevante datum. Vier horisontale lyne word onder die naam van die dag gegee; twee lyne vir Saterdag en Sondag. Die regterkantste bladsy bevat lyntjies vir notas en onder aan die bladsy

[171]

is klein kalendertjies van die relevante maand en van twee vooruitskouende maande. Die kleurgebruik en lettertipe reflekteer dié van FNB se korporatiewe identiteitspesifikasies. Die appellant het aangevoer dat dié bladsye aldus a 1(1) van die Wet op Outeursreg as “artistieke werk” kwalifiseer, omdat die betrokke bladsye ʼn “drawing” en of ʼn “chart” is. Hulle beweer ook dat die afspraakbladsye ʼn literêre werk is.

Hoewel die ontwerper en werknemer van Waylite Diary, mnr. Cianfanelli, in ʼn beëdigde verklaring bevestig het dat hy ongeveer twaalf ure spandeer het om die geskikte uitleg te ontwerp en dat hy nie sy ontwerp op enige ander voorbeeld geskoei het nie, is die saak deur die hof a quo uitgegooi. Volgens Stegmann J was die ontwerp nie oorspronklik in terme van onderskeibare eiesoortigheid nie. Dit wil sê, velddagboeke lyk eenders.

Wat beteken die woorde “drawing”, “chart” en “literary work” met betrekking tot afspraakbladsye in ʼn dagboek? Kwalifiseer die blaaie in ʼn velddagboek as enige van hierdie konsepte?

Bespreking:

Ek sal met die woorde “literary work” begin.50

Dié woorde het twee prototipe betekenisse in Engels, synde letterkundige werke en literatuur. Letterkunde behels kreatiewe skryfwerk, terwyl literatuur meestal beskikbare leesstof oor ʼn onderwerp aandui. Laasgenoemde hoef nie kreatief te wees nie, maar kan akademies van aard wees. Dit behoort voor die hand te lê dat ʼn skepper van ʼn teks asook die prosesse waardeur ʼn teks gaan, grootliks bepaal of daardie teks literaries is of nie. Bestudeer Figuur 5.14.

Twee eienskappe wat ʼn letterkundige werk van ander onderskei, is die taalgebruik en die artistieke waarde daarvan (sien die Kenmerk “Text”).51

Die skepper van ʼn teks het ʼn direkte invloed daarop. In die geval waar ʼn mens van “literary work” as onderwerp-spesifieke leesstof praat, speel die kwaliteit van die taalgebruik nog steeds ʼn belangrike rol, maar val die

50

Let op dat “literary work” se gewone betekenis (of prototipe betekenis) hier hanteer word. Die woorde “literary work” (en “artistic works”) het ʼn uitgebreide betekenis in die Wet op Outeursreg en sluit daarom tabelle en samestellings van data in. As ʼn hof uitsluitlik op grond van die tegniese definisie uitspraak sou lewer, sal die ontleding in hierdie hoofstuk waarskynlik onnodig en onvolledig wees. Sien Schulze et al (2015:276) vir ʼn uiteensetting van die Wet op Outeursreg en die soorte werke wat daardeur beskerm word.

51 Ek is daarvan bewus dat die term “letterkunde” self problematies kan wees, hoofsaaklik weens literators se

gebrek aan konsensus oor wat alles as letterkunde kwalifiseer. Dan is daar verder die kwessie van sogenaamde hoë en lae letterkunde. Hierdie het egter minder met die betekenis van die woord te make en meer met die kriteria waarvolgens letterkunde beoordeel word. Ek laat dié debat aan letterkundiges oor; dit is nie hier van toepassing nie.

[172]

klem eerder op die wyse waarop taal ingespan word om te beredeneer en te kommunikeer. Die skepper, in hierdie geval byna uitsluitlik ʼn skrywer, het daarom via sy taal en kreatiwiteit ʼn invloed op die literêre status van ʼn teks.

Figuur 5.14: [literary work]

Met taalgebruik word taalkonstruksies bedoel, met ander woorde sinskonstruksies, woordkeuses, koherente paragrawe, ens.

Geskrewe tekste gaan dikwels met visuele voorstellings gepaard. Die onderwerp van ʼn teks sal die aard van die illustrasie help bepaal. Illustrasies het meestal ʼn komplementêre of verklarende funksie by tekste. In die geval waar feite of syfers op verteerbare wyse gekommunikeer word, is die gebruik van diagramme, grafieke of tabelle wenslik. Die inligting wat deur hierdie soort visuele voorstellings gekommunikeer word, bestaan selde uit vol sinne. Die data word juis opgekap om makliker te lees. Daar is ook selde sprake van unieke taalgebruik hier.

Wanneer dit by kopiereg kom, speel die uniekheid van die skrywer se taal en kreatiwiteit ʼn belangrike rol om ʼn teks van ander te onderskei. Die inhoud van afspraakbladsye in ʼn velddagboek kwalifiseer nie as ʼn literêre werk nie, nie as kreatiewe skryfwerk of as leesstof binne ʼn vasgestelde terrein nie. Die afspraakbladsye in Waylite Diary se dagboek bevat nie unieke taalkonstruksies nie; die enkele woorde wat daarin voorkom, is eiename wat almal tot

[173]

die publieke domein behoort. Die taal reflekteer nie ʼn artistieke waarde of intelligente beredenering nie. Dit maak nie saak of ʼn uitlegkunstenaar of grafiese ontwerper die name van dae op kreatiewe maniere probeer uitlê het nie, die uitleg maak die afspraakbladsye nie literaries nie.

Die appellant staan ʼn beter kans met die woord “chart”, wat volgens die wet ʼn voorbeeld van “drawing” is. Om te bepaal waar ʼn woord soos “chart” inpas, het ek die frame [visual representation] gebou. Dit word aan die hand van die Kenmerke “Creator”, “Tools”, “Representation”, “Product”, “Copyright” en “Text” verduidelik. Sien Figuur 5.15.

Figuur 5.15: [visual representation]

“Creator” en “Representation” hou sterk verband. Uiteenlopende kunstenaars skep visuele voorstellings vir ʼn aantal redes: individue wat die skone kunste beoefen, gee uiting aan die muse, ontwerpers gee vorm aan idees en konsepte, uitlegkunstenaars of tegniese skrywers help om ingewikkelde data op eenvoudige wyse visueel te kommunikeer. In die meeste gevalle word ʼn skepper van só ʼn teks opdrag gegee om iets visueels voor te stel. ʼn Opdrag kan ʼn Beperking op die skepper plaas, omdat hy nie voluit sy eie kreatiewe insigte mag ontplooi nie. Dit wat voorgestel word, plaas ʼn verdere Beperking op ʼn skepper, want die

[174]

inligting wat visueel gekommunikeer moet word, kan moontlik reeds bestaan en aan kopiereg onderwerp wees.

Elke visuele voorstelling het ʼn uiteindelike doel. Dit mag wees om die produk te publiseer, te laat druk, uit te stal, om kommentaar te lewer, om tot ʼn bestaande korpus by te dra of om inligting te vereenvoudig. Die doel van die produk hou verband met die manier waarop ʼn visuele teks geskep word. Wanneer dit by die voorstelling van data soos feite en syfers kom, word daar gewoonlik van “charts” gebruik gemaak, naamlik diagramme, grafieke of tabelle. Die doel van hierdie soort visuele voorstelling is om die data verteerbaar oor te dra. Die primêre doel van ʼn “chart” is nie om in ʼn galery uitgestal te word nie en dit word ook nie op sigself as sosiale kommentaar gebruik nie.

Die teken van grafieke en diagramme kan sekerlik kreatief en uniek wees. ʼn Grafiese ontwerper kan byvoorbeeld unieke piktogramme gebruik om data in ʼn grafiek uit te beeld. Vergelyk gerus dié styl in die tydskrif Time. (Dit mag dalk moeiliker wees om op dieselfde kreatiewe wyse met tabelle te werk. Maar dit is vir die hof om te besluit.) Afspraakblaaie in ʼn velddagboek kan as data in ʼn tabel kwalifiseer. Daar is geen minimumvereistes aan tabelle verbonde nie, solank data oorsigtelik in gestruktureerde lysformaat oorgedra word.

Gevolgtrekking:

Die inligting wat in Waylite Diary se afspraakbladsye weergegee word, kwalifiseer nie as “literary work” nie, weens die aard van die inligting en die wyse waarop dit gekommunikeer word. Dit wil sê, dat die taalgebruik te skraps is om as unieke en kreatiewe taalkonstruksies deur te gaan. Die data word wel in tabelformaat oorgedra. Data word in die vorm van eiename (dié van dae en maande) en syfers (datums en weeksnommers) voorsien en daar word genoeg ruimte gelaat om self binne die tabel tot die data by te dra. Die gebruik van die woord “chart” is dus geldig. Die hof moet egter besluit of die uitleg van die afspraakbladsye uniek genoeg is om deur kopiereg beskerm te word.

5.3.12 Cargo Africa CC v Gilbeys Distillers and Vintners (Pty) Ltd 1998: hijacking