• No results found

S v Abrahams 2001: armament Konteks:

Mof 3 : soort handskoene metaalring, sok

4.4 Kognitiewe semantiek

5.3.14 S v Abrahams 2001: armament Konteks:

Op 8 September 1997 is die respondent en ʼn ander persoon in hul motor deur die polisie in Mitchell’s Plain voorgekeer en deursoek. Elkeen het ʼn gelisensieerde vuurwapen en ʼn groot hoeveelheid ammunisie gehad. Die polisie het ook ses petrolbomme in hul bakkie gevind wat uit koeldrankbottels, petrol en lap gemaak is. Die respondent en sy medepligtige is ingevolge a 32(1)(c) en a 39(2)(aA)(i)(aa) van die Wet op Wapens en Ammunisie, soos gewysig, aangekla dat hulle in besit van wapentuig (“armament”) was. Hulle is dienooreenkomstig ʼn minimum van 5 jaar tronkstraf opgelê waarvan ʼn gedeelte voorwaardelik opgeskort is. Die respondent en sy vriend het appèl aangeteken en geargumenteer dat ʼn petrolbom nie in lyn met a 32 van die Wet op Wapens en Ammunisie as wapentuig geklassifiseer kan word nie. Anders as petrolbomme dui “armament” op militêre gereedskap en toerusting wat vir militêre aktiwiteite en doeleindes gebruik word, aldus Abrahams en kie. Hoewel die woord “armament” nie in die wet omskryf word nie, word verskeie items gelys, byvoorbeeld

[181]

kanonne, vuurpylwerpers, masjiengewere, plofstowwe, handgranate, missiele, brandbomme, ensovoort.

Die hof moet bepaal of petrolbomme ook as “armament” kwalifiseer (veral in die lig van plofstof en brandbomme) en of die woord se gewone betekenis die item buite (militêre) wapentuig plaas.54

Bespreking:

Die gebruik van Barsalou se framemodel stel ʼn ondersoeker in staat om die verhouding tussen woorde raak te sien. Maar elke frame wat ʼn mens bou, gee slegs ʼn klein deeltjie van die ware frame weer. In ʼn poging om aan te dui waar petrolbomme moontlik by “armament” aansluit, het ek die frame [plofstof] gebou, maar het ook frames wat by [plofstof] aansluit, soos [anargisme], [opblaas] en [wapentuig], gedeeltelik ingesluit. Bestudeer Figuur 5.18. Daar is verskeie mense betrokke by die gebruik van plofstof: die bomwerpers, die teikens en die slagoffers. ʼn Bomwerper kan iemand wees wat in die weermag is, iemand wat vir kommersiële redes bomme gebruik, dit kan Jan Publiek wees wat bomme in die vorm van vuurwerke of vuurpyle afskiet en dit kan ook kriminele figure wees wat bomme gooi weens terrorisme, bendegeweld of oorlog tussen kartelle. Die teiken van ʼn bomwerper hang met die doel van die ontploffing saam. Dit kan wees om die vyand se wapenmagasyn te vernietig, om ʼn bepaalde gebied vir jou bende te kleim of om ʼn sterk boodskap aan ʼn teenparty te kommunikeer. Daar is sonder twyfel reëlmatig slagoffers by bomme betrokke, veral waar militêre en kriminele aksie vir bomme verantwoordelik is.

Die rolspelers by “plofstof” kan veral in die frames [anargisme] en [opblaas] gesien word. Met “anargisme” verwys ek na die anti-establishment- en antiregeringsbewegings wat dikwels guerillataktiek gebruik om hul boodskappe mee oor te dra.

54 Dit is interessant dat die hof a quo nie die respondent en sy vriend ingevolge a 28 van die Wet op Plofstowwe

verhoor het nie. Dit verbied die besit en gebruik van plofstowwe om mense seer te maak of om eiendom te beskadig. Een van die items wat as ʼn plofstof gelys word, is ʼn petrolbom. Binns-Ward AR verwys wel daarna in die appèlsaak (p. 269-271).

[182]

[183]

In [opblaas] word dit verder duidelik watter soorte mense met plofstof doenig is (of kan wees). Hier is die Kenmerke “Militêr” en “Krimineel” nie net aan [anargisme] verbind nie, maar ook aan [wapentuig] en aan die Kenmerk “Impak” van [plofstof]. Diegene wat plofstof vir kommersiële en vermaaklikheidsdoelwitte gebruik, gebruik beperkte soorte plofstof en gewoonlik onder toesighouding (veral siviele werkers). Daar steek geen militêre agenda daaragter nie. ʼn Koppie word byvoorbeeld oopgeblaas om ʼn snelweg daardeur te bou.

Maar sowel die weermag as kriminele groepe gebruik plofstof vir militêre redes, daarom sien ek die woord “armament” (wapentuig) as wyd genoeg om ʼn petrolbom in te sluit. Hoewel ʼn petrolbom nie amptelike toerusting is wat aan die weermag behoort nie, is dit wel ʼn bom wat reeds in oorloë gebruik is, vergelyk die Spaanse burgeroorlog en die Tweede Wêreldoorlog, veral in Finland en Brittanje waar ʼn Molotov Cocktail deur die publiek gebruik is. Die betekenis van die woord “petrolbom” as “wapentuig” lê dus nie soseer in die status daarvan as ammunisie behorende tot die weermag nie, maar lê eerder in die gebruik daarvan.

Die impak van ʼn petrolbom is noodwendig aansienlik kleiner as dié van ʼn missiel. ʼn Petrolbom het ook nie die snelheid, lewendigheid of Brisance wat ʼn hidrogeenbom dalk het nie, maar dit rig steeds skade aan en word nie vir kommersiële of vermaaklikheidsdoeleindes aangewend nie.

Gevolgtrekking:

Die uiteindelike doel van die wet speel hier ʼn belangrike rol: óf die wet verbied die publiek om bomme te gebruik óf die wet verbied die publiek om militêre eiendom te gebruik. As die wet ten doel het om te verhoed dat die publiek militêre toerusting, wapens en ammunisie besit, dan val ʼn petrolbom buite die betekenis van “wapentuig” en moet die beskuldigdes liewer van die besit van plofstof aangekla word. ʼn Petrolbom word meestal tuis gemaak en is nie iets wat deur die weermag as amptelike wapentuig aangekoop word nie. (Die weermag sal vermoedelik bomme aankoop en gebruik wat nie ʼn onmiddellike veiligheidsrisiko vir soldate inhou nie.)

Maar as die wet probeer keer dat die publiek enige wapentuig soos bomme gebruik, dan val ʼn petrolbom wel binne die definisie. ʼn Petrolbom is ʼn brandbom en laasgenoemde word in die wet as een van die items onder “armement” gelys. As ʼn petrolbom vir militêre doelwitte gebruik word, is dit vir alle praktiese doeleindes wapentuig, hetsy tydens ʼn persoonlike, informele oorlog (tussen bendes byvoorbeeld) of ʼn amptelike, internasionale oorlog. Die

[184]

Oxford English Dictionary (aanlyn) omskryf “armament” onder meer as “equipment or apparatus for resistance of action of any kind”. Dit wil sê, wapentuig hoef nie slegs deur die weermag gebruik te word nie, maar kan ook in militêre situasies, oftewel situasies van weerstand, gebruik word. (Hoekom ry twee volwasse mans met ses petrolbomme rond as hulle nie van plan was om dit as wapentuig teen iemand of iets te gebruik nie?)

5.3.15 Pannar Research Farms (Pty) Ltd v Magome 2002: relocate