• No results found

Association of Amusement and Novelty Machine Operators v Minister of Justice 1980: pin table

Mof 3 : soort handskoene metaalring, sok

4.4 Kognitiewe semantiek

5.3.7 Association of Amusement and Novelty Machine Operators v Minister of Justice 1980: pin table

Konteks:

Ingevolge die Wet op Dobbelary mag die Minister van Justisie masjinerie soos spykertafels verbied deur die nodige kennisgewing in die staatskoerant te publiseer. Dit doen die minister dan ook op 26 November 1976. Hy plaas ʼn kennisgewing wat onder andere die volgende sê:

...the keeping or use of all pin tables, whether or not intended for playing games of chance, at any place to which the public has access [is prohibited]... (p. 636)

Die eerste appellant behoort aan ʼn assosiasie wat onder meer spykertafels beskikbaar stel en die tweede appellant gebruik spykertafels in sy restaurant. In hul betoog neem die twee appellante ʼn aantal sake op, byvoorbeeld die minister se gebruik van die woorde “keeping” en “use”, die minister se gebruik van die frase “at any place” en die moontlike verskil tussen ʼn “pin table” en ʼn “pinball machine”.

Die hof a quo het beslis dat ʼn “pin table” en ʼn “pinball machine” dieselfde instrument is en dat die woorde daarom sinoniem is. As sodanig sluit die minister se gebruik van die woord “pin table” ook “pinball machine” in. Die appellante hou egter vol dat ʼn “pinball machine” bykomende toebehore bevat (in hulle geval, “flippers”) en weens dié verskille moet “pin table” van “pinball machine” onderskei word.

Die hof a quo het die besware teen die woorde “keeping”, “use” en “at any place” apart van die hoofkwessie aangepak. Ek bepaal my by die hoofkwessie, synde of “pin table” en “pinball machine” sinonieme van mekaar is.

Bespreking:

Pinball is ʼn spel wat op ʼn tafelblad van soorte gespeel word wat effens afwaarts neig om

[161]

Biljart ʼn direkte voorloper was. Die speelveld het oorspronklik ʼn aantal spykers bevat wat eweredig of strategies oor die tafelblad versprei is. Dan word ʼn metaalballetjie tussen die spykers gemanipuleer om by spesifieke teikens uit te kom. Die spykers is mettertyd deur ander items vervang om die nodige hindernisse te skep.

Die meeste woordeboeke wat die woord “pin table” lys, stel dit aan “pinball” gelyk, sommige verwys daarna as ʼn Britse sinoniem vir ʼn Amerikaanse woord. Daar is nie een woordeboek wat “pin table” as ʼn soortgelyke, maar unieke masjien beskryf nie. Dit kom wel as ʼn argaïse term voor (meestal vanuit die 1930’s, vergelyk die English Oxford Dictionary aanlyn).

Behalwe vir die verwysing na spykers as hindernisse is daar ook ʼn ander moontlike verduideliking van “pin”. Bestudeer Figuur 5.10.

Figuur 5.10: [pinball]

Wanneer ʼn mens na die Kenmerk “Features” kyk, is daar ʼn aantal Waardes sigbaar. ʼn Elektroniese spykertafel het dikwels musiek en flikkerende liggies wat deel van die ontwerp vorm. Die speelveld is met foto’s of illustrasies versier en behalwe vir die funksionele instrumente bevat die spykertafel ook speelgoed of modelletjies, soos ruimtetuie waar die tema “Die Buitenste Ruim” is. Die speelveld is binne-in die vertoonkas en dit word meestal met ʼn venster toegemaak.

[162]

Die speelveld bevat ʼn paar standaard instrumente, soos die “plunger”. Dit is die veer wat die balletjie in die speelveld inskiet. Elke spykertafel het een. Maar sommige instrumente is opsioneel of verskil in getal. Een bepaalde masjien mag dalk slegs een “flipper” en twee “bumpers” hê, terwyl ʼn ander masjien twee “flippers” en vyf “bumpers” het. Die masjiene verskil weens die aard van die spel en soms weens die verbetering van tegnologie. Ouer spykertafels het byvoorbeeld nie “flippers” nie (vergelyk voorbeelde van die Pacific Pinball Museum, 2015).

Een van die moontlik veelseggendste Waardes van “Feature” is die pote van die spykertafel. Volgens die Internet Pinball Machine Database (2014) se woordelys verwys die “pin” na die pote van die tafel. Speletjies wat in die 1930’s en 1940’s vervaardig is, was aanvanklik op pootlose tafels gespeel (Table Top Games) en later is hierdie tafels van pote voorsien. Dus die “pin” verwys na lang, dun of maer stawe. Vergelyk in hierdie verband die Afrikaanse woorde “spykerbene” en “spykerhakke”. Die idee dat “pin table” moontlik eerder die tafel as die speletjie beskryf, word versterk met WordNet (Princeton University, 2014) se definisie van “pin table”: “game equipment on which pinball is played.” Dit wil sê, dat “pinball” word op ʼn “pin table” gespeel – die een is die spel en die ander die instrument.

Werp die Strukturele Onveranderlikes en Beperkings van [pinball] enige ekstra lig? Die Strukturele Onveranderlikes is “Player” en dit druk ʼn kousale verhouding uit. Sonder die speler, staan die spykertafel onaangeraak. Wanneer die speler met ʼn spykertafel speel, kan punte geakkumuleer word en kan sommige spelers ontspan of met hul vernuf spog. Spelers kan beperk word deur sowel “Location” as “Features”. Sommige plekke wat spykertafels aanhou, mag spelers verbied, byvoorbeeld ʼn kasino of kroeg behoort kinders te verbied. Die “Features” kan ook bepaal hoe aantreklik of maklik ʼn spel is. As dit te maklik of moeilik is, mag baie mense geen belangstelling toon nie. Dieselfde geld ʼn (on)aantreklike spykertafel. Die feit dat ʼn spykertafel uit verskillende “Features” bestaan en dat daardie bykomstighede van masjien tot masjien mag verskil, neem nie daarvan weg dat dit nog steeds ʼn spykertafel is nie. ʼn Motor met twee deure is netsoveel ʼn motor as ʼn kar met vier deure.

Gevolgtrekking:

ʼn “Pinball machine” en ʼn “pin table” is dieselfde ding, derhalwe is die woorde sinonieme. Die enigste groot verskil tussen die twee is dat die woord “pin table” moontlik argaïes is.

[163]

Sowel ʼn “pinball machine” as ʼn “pin table” kan beskryf word as instrumente waarop “pinball” gespeel word.

5.3.8 S v Makhubela 1981: driving