• No results found

Jowells Transport v South African Road Transportation 1986: stock meal Konteks:

Mof 3 : soort handskoene metaalring, sok

4.4 Kognitiewe semantiek

5.3.3 Jowells Transport v South African Road Transportation 1986: stock meal Konteks:

Die appellant, Jowells Transport, het in gevolge die Wet op Padvervoer ʼn publieke padvervoerpermit bekom wat die drywer in staat stel om ʼn aantal verskillende produkte per vragmotor te mag vervoer. Die wet stel in Anneks D ʼn lys van die items saam wat met die permit vervoer mag word:

Coal, lime, mine props, coke, lucern, hay, chaff, teff, silage, stock meal, stock licks, calf meal, stone, sand, bricks, earthern tiles, ceramic tiles, roofing slates, rough unsawn timber, fertilizers, crude and untreated ores as well as crude and untreated minerals... (p. 253).

Op 18 Oktober 1983 is een van Jowells Transport se vragmotors in Tsumeb, Suidwes-Afrika gestop met 528 sakke in die laaibak, waarvan die inhoud uit gesifte en ongesifte mieliemeel

[146]

bestaan het. Gevolglik het die respondent ʼn kriminele klag teen die appellant gelê in terme van a 31(1) van die Wet op Padvervoer. Die besturende direkteur van Jowells Transport, mnr. Uys, het beweer dat hy die woord “stock meal” verstaan het as “gewone meel” en dat hy daarom ook mieliemeel mag vervoer. Volgens mnr. Uys se verteenwoordiging behoort die woord “stock meal” gelees te mag word as “common meal”, dus ook mieliemeel.46

Die hof moet bepaal wat die woord “stock meal” beteken en of dit as “common meal” verstaan kan word.

Bespreking:

Wat kwalifiseer as (vee)meel? Bestudeer Figuur 5.4.

Figuur 5.4: [meal]

Aan die een kant is die woord se betekenis voor die hand liggend, veral wanneer ʼn mens na die Afrikaanse ekwivalent daarvan kyk (“veemeel”). Die woord is ʼn samestelling waarvan die bepaler die kern baie duidelik beskryf: “meal for livestock”. Maar “stock meal” bied wel probleme wanneer ʼn mens die betekenis wil bevestig, want die woord kom nie juis in woordeboeke voor nie (nie eens die woord “veemeel” nie). Soektogte laat dit blyk asof die

46 Mnr. Uys het tydens die hofsaak die deskundigheid van Professor David George Gillham, ʼn professor in

Engels aan die Universiteit van Kaapstad, ingeroep. Volgens Prof. Gillham het “stock meal” drie moontlike betekenisse, naamlik veevoer, algemene meel en meel wat as voorraad gestoor word (p.254). Ek vind die konsep van “algemene meel” baie vaag en wonder hoe Prof. Gillham hierdie betekenis bepaal het. Sy verslag is helaas nie by die uitspraakdokument ingesluit nie.

[147]

woord meestal ʼn plaaslike omgangswoord is. Selfs ʼn Google-soektog lewer teleurstellend min trefresultate op: slegs vier relevante blaaie val dadelik op. Ironies kom Suid-Afrikaanse handelaars en verspreiders se name nie voor nie, maar eerder dié van besighede in Kenya (Economy Farm Products (K) Ltd.), Australië (VVR Australia, Proteco) en Nieu-Seeland (Permbrand). Die woorde “stock feed” en “protein meal” dien soms as sinonieme.

Meel is gewoonlik ʼn natuurlike gewas (meestal die pit/saad) wat gemaal word. Die tekstuur van die meel word bepaal deur hoe fyn die gewas gemaal word. Daar is uiteenlopende soorte meel. Afhangende van die funksie en tekstuur of inhoud van die meel, noem ons dit ook by ander name, soos poeier (in Engels dan ook “flour”). ʼn Mens kan eintlik enige soort gewas (enige soort pit/saad) maal om meel te kry. Meel word geproduseer en verwerk vir inname deur mens en dier. Omdat diere en mense om verskillende redes eet/vreet, word die meel weens hierdie verskille anders voorberei. Mens en dier eet waarskynlik nooit dieselfde soort meel nie. Volgens die Google-soektog word veemeel met verskeie soorte produkte gemeng om voedingswaarde en groei te verseker. Ek dink nie daar behoort verwarring te wees oor wat die woord beteken nie. Veemeel is voer vir diere, meestal plaasdiere waarmee kommersieel geboer word.

Die kwessie lê veel eerder by die moontlikheid om “veemeel” as “gewone meel” (dus mieliemeel) te interpreteer. Is ʼn uitgebreide betekenis binne konteks moontlik? Om dié vraag te kan beantwoord, dink ek ʼn mens moet kyk waar die woord “stock meal” inpas. Bestudeer Figuur 5.5.

[148]

Diere (by die huis, op die plaas, by die dieretuin en selfs in wildtuine tydens erge weersomstandighede) word uiteenlopende soorte voer gegee om te eet. Hierdie voere word dikwels spesifiek vir bepaalde diere geproduseer; veemeel is een van dié soorte voer. In my opinie verwys die woord “stock” hier baie duidelik na vee. Die woord “stock meal” moet verder saam met die ander items in Anneks D van die wet gelees word. Die wetgewer lys hooi, strooi, kuilvoer, soutlek en kalfsmeel saam met veemeel. Die res van die items is oneetbaar. Geen voedsel vir mense word genoem nie. Die kanse is bitter skraal dat die wetgewer presiese terme gebruik het om dierevoer aan te dui, maar “stock meal” as ʼn meerduidige woord gebruik het.

Dat die woord “stock” meerduidig is, is seker. Buiten vir die betekenis van “vee”, verwys die woord “stock” ook na “aftreksel” en “voorraad”. Maar aftreksel word nie van mieliemeel gemaak nie en niemand loop by ʼn winkel in met die bedoeling om voorraadmeel te koop nie, wel miskien meel ter berging. As ʼn mens van “voorraadmeel” as voedsel praat, behoort ʼn mens voorraadmeel van ander soorte eetbare meel te kan onderskei. Daar is tans (na my wete) nie so iets soos voorraadmeel nie.47 Die enigste logiese interpretasie van “stock” in die samestelling “stock meal” is, binne konteks, dié van vee.

Gevolgtrekking:

Die moontlikheid om van ʼn algemene meel te praat, is baie onwaarskynlik. Meel word gekenmerk aan sy bron (byvoorbeeld mielies, amandels, rys) asook aan die doel van die meel.48 Meel word geproduseer, verwerk en verpak vir bepaalde doeleindes, hetsy om dier of mens te voer. Daardie doeleindes medebepaal die naam van die meel. “Stock meal” het binne konteks ʼn enkelvoudige betekenis, te wete meel om vee mee te voer. Dit sluit nie die betekenisse van “common meal” of mieliemeel in nie.

47 Die aanlyn Oxford English Dictionary lys wel die Suid-Afrikaanse woord “ration meal”. “Stock meal” as

voorraadmeel sou saam met “ration meal” in dieselfde kategorieë geplaas kon word, naamlik dié van <oorlog>, <droogte>, <resessie>, ens. Maar hier is die betekenis beslis van <soorte kos> verwyder. In dié geval handel dit eintlik meer om hoeveelheid, beskikbaarheid en beplanning.

48

Dit is nie die uiteindelike doel om eetbare meel op te bou en permanent as voorraad te berg nie, maar om dit mettertyd te eet. Daarom geld die woord “stock” as voorraad nie hier nie.

[149]

5.3.4 Standard General Insurance Co Ltd v Croucamp 1959: deelneem aan