• No results found

Pannar Research Farms (Pty) Ltd v Magome 2002: relocate Konteks:

Mof 3 : soort handskoene metaalring, sok

4.4 Kognitiewe semantiek

5.3.15 Pannar Research Farms (Pty) Ltd v Magome 2002: relocate Konteks:

In ʼn vennootskap met ʼn navorsingsonderneming tree Pannar Research Farms as eienaar van ʼn betrokke plaas op. Die hoofdoel van die plaas blyk landbounavorsing te wees. Daar is oor die veertig mense wat op die plaas werk en as deel van hul werksvoordeel mag die werknemers ook op die plaas woon. Die woonreg is aan werknemers se dienskontrak verbind. Die respondent is ʼn plaaswerker wat sedert 1979 op die plaas werksaam is; hy woon in huis nommer 1. Sy dienskontrak is intussen beëindig, wat beteken dat hy nie meer in huis nommer 1 mag woon nie. Nadat hy geweier het om die perseel te verlaat, het Pannar Research Farms en hul vennoot ʼn hofbevel gevra om die respondent uit te sit. Daar is later buite die hof geskik waartydens die appellant ingestem het om die voormalige werknemer te “relocate” binne ʼn 100km-radius van die plaas.

Volgens die respondent beteken “relocate” dat ʼn persoon sowel verplaas as hervestig word. Dit wil sê, dat Pannar Research Farms en hul vennoot op húl onkoste die trek reël én huisvesting beskikbaar stel. Die appellant argumenteer die teenoorgestelde, naamlik dat die verantwoordelikheid om te “relocate” beëindig word sodra die verplaasde persoon by die nuwe bestemming aankom.

Wat is “relocate” se gewone betekenis?

Bespreking:

Wanneer die woord “relocate” in die Pharos Kernwoordeboek (Pharos, 2007:1355) en die Suid-Afrikaanse Oxford-woordeboek (DUSAE, 2010:997) nageslaan word, is dit duidelik dat die woord verplasing én hervestiging aandui. As ʼn mens dus “relocate” (op jou eie of deur iemand anders), trek jy iewers anders heen en vestig daar in ʼn nuwe blyplek. Die aanlyn Oxford English Dictionary is ʼn bietjie vaer en omskryf die woord as die verandering van lokasie of die trek na ʼn nuwe plek. Die Historical Thesaurus (aanlyn) maak egter ook vir

[185]

hervestiging voorsiening: “establishing residence”, “change residence”, “providing with dwelling”, en so meer. Die woord suggereer dat jy een blyplek met ʼn ander vervang. Bestudeer Figuur 5.19.

Figuur 5.19: [relocate]

Die woord “relocate” impliseer dat mense betrokke is. In die geval van Pannar Research

Farms v Magome is daar twee rolspelers teenwoordig, synde die party wat die verplasing

moet realiseer en die party wat verplaas word. Die woord impliseer verder dat daar twee soorte lokasies is, die een waarvandaan en die ander waarnatoe getrek word. Laastens is daar die aksie van verplasing en uiteindelik die hervestiging.

Die Kenmerk “Action” dui aan dat ʼn nuwe lokasie geïdentifiseer word en dat daar van woning verander gaan word. Jy verhuis; jy trek al jou besittings van die plek waar jy tans woon na ʼn nuwe area en huis toe. Wanneer jy verhuis, gee jy die eerste woning op (ten minste in ʼn ruimtelike sin) en neem ʼn nuwe ruimte oor. In die geval waar ʼn persoon deur iemand anders verplaas word, verskaf daardie persoon vir jou ʼn nuwe woning, al is dit net tydelik. Myns insiens is “relocate” nie beperk tot die fisiese verhuisingsaksie nie; dit is nie ʼn sinoniem van “move” nie. As dit bloot om die fisiese trek van meubels gehandel het, het die opdrag aan Pannar Research Farms dit sekerlik só vermeld. Wanneer ʼn maatskappy die verantwoordelikheid neem om jou besittings namens jou van punt A tot punt B te trek (te vervoer), dan het daardie maatskappy nie ʼn verantwoordelikheid om huisvestig te verskaf nie. In teenstelling met “move” impliseer die woord “relocate” dat ʼn persoon van een situasie na

[186]

ʼn soortgelyke situasie verskuif. ʼn Persoon “relocate” nie van ʼn huis na ʼn onspesifieke, oop ruimte toe nie.

Let hier op na die voorvoegsel “re-”. Die prefiks beteken ʼn aksie of toestand word herhaal; daar word na ʼn vorige omstandigheid teruggekeer. Hierdie voorvoegsel kom in “relocate” en “resettle” voor. Met ander woorde, as ʼn persoon van sy huidige woning verplaas word, dan moet hy hom in ʼn soortgelyke situasie bevind wanneer hy aan die ander kant aankom. Om dié redes plaas “Current location” en “Action” Beperkings op “Resettlement”, want die verplaasde persoon (in hierdie geval mnr. Magome) gee iets op sodat hy ná die verhuising iets soortgelyks kan ontvang. As ek sê: “The company I’m working for is relocating to Durban.”, impliseer dit dat die ou kantoorruimte opgegee en dat nuwe kantore in Durban opgeëis gaan word. Daar word nie uit die huidige kantore getrek en dan doelloos in Durban rondgeloop nie.

Die “new location” vorm ʼn Strukturele Onveranderlike, want sonder ʼn nuwe lokasie (wat woonruimte insluit), is die aksie van “relocate” nie moontlik nie. Dit kan gelykertyd ʼn Beperking op die party plaas wat vir die verplasing verantwoordelik is, want die beskikbaarheid van die lokasie asook die kostes daaraan verbonde kan ʼn invloed uitoefen op die transaksie wat die relevante party moet aangaan.

Die huisvesting hoef egter nie permanent te wees nie.

Gevolgtrekking:

Die woord “relocate” se gewone betekenis verwys na ʼn verplasing en ʼn hervestiging van ʼn persoon. Maatskappye wat hul werknemers na ander dorpe of lande verplaas, stel gewoonlik verblyf beskikbaar. Dikwels is die verblyf in die nuwe lokasie tydelik totdat die verplaasde persoon self die nodige verblyfreëlings kan tref. In die geval waar verblyf nie voorsien word nie, verskaf só ʼn maatskappy monetêre middele waarmee verblyf gereël kan word. Hoe dit ook al sy, ʼn persoon verhuis nie van ʼn woning na niks nie. Die woord “relocate” impliseer dat ʼn soortgelyke lokasie ter sprake is. As jy dus ʼn huis gehad het, moet jy weer van ʼn soort woning voorsien word.

In die geval waar jy nie in ʼn vaste huisstruktuur gewoon het nie, hoef ʼn saakgelastigde party jou nie na ʼn vaste woonstruktuur te verplaas nie, want wanneer jy “relocate”, keer jy na soortgelyke omstandighede terug. Die stand van sake moet ongeveer dieselfde wees.

[187]

Die woord “relocate” moet nie in hierdie konteks met “move” (soos in “removal”) verwar word nie.

5.3.16 S v Salmans 2006: grab, robbery, theft