• No results found

DIE STORIE VAN KOÖRDINATE

3.3 GRADELESING 1: ADOLESSENSIE

3.3.3 ADOLESSENTE MENSWEES IN DIE POSTMODERNE ERA

3.3.4.4 Vriendskappe en portuurgroep

Adolessensie word gekenmerk deur ’n diepgaande verskuiwing in bandvormingspatrone weg van die ouers na die portuurgroep. Portuurverhoudings speel ook ’n belangrike rol in emosionele ontwikkeling; die ontwikkeling van sosiale vaardighede (Heaven 2001: 78); identiteit asook onafhanklikheid (Olson 2006:187). Vriendskappe in die portuurgroep kan ook ’n welkome ontsnapping van moeilike omstandighede in die gesin bied (Olson 2006:187). Hegte verhoudings verskaf wedersydse vertroue en lojaliteit; eksklusiwiteit; emosionele en materiële ondersteuning en ’n geskikte omgewing vir die deel van geheime en sienswyses (Heaven 2001:82).

Zoe: Ek het ’n baie goeie vriendin met wie ek baie probleme deel. Sy weet meer van my af as my ma en beteken vir my baie.

Karla: My vriendinne is al wat ek het, want ek het geen kontak met my ma nie.

Jeanine: Ek loop my eie paadjie en doen my eie ding.

Anna: Helena was Anna se beste vriendin, en haar huisgesin het vir Anna ’n veilige hawe gebied. Ek het vir die eerste keer gesien hoe ’n normale gesin lewe. Anna het egter nooit vir Helena by haar eie

huis laat oorslaap nie, uit vrees dat sy ook gemolesteer sou word.

Weens hulle liggaamlike ontwikkeling, word tienerdogters toenemend bewus van hul seksualiteit. Hulle ontdek ook hulle seksuele oriëntasie tydens hierdie lewensfase. Sosiale ontwikkeling word gekenmerk deur ’n oorgang van vriendskappe met dieselfde geslag in die portuurgroep na verhoudings met die teenoorgestelde geslag (Cole & Putnam 1992:178). Seksualiteit as ontwikkelingstaak beteken om seksuele behoeftes op ’n sosiaal aanvaarbare manier te bevredig sodat dit tot die positiewe ontwikkeling van identiteit kan bydra (Heaven 2001:151).

3.3.4.5 Seksualiteit

Die uitstaande aspek van ontwikkeling tydens adolessensie is die sigbare begin van puberteit en seksualiteit. ’n Kind se persepsie van wat seksualiteit behels, ontwikkel oor tyd. Beide die ouers en die kind se verstaan van seksualiteit word wedersyds geraak deur elkeen se reaksies soos wat die lewensiklus verloop (Mrazek & Mrazek 1981:23). Seksualiteit vorm ’n onvermydelike en essensiële deel van ontwikkeling met ’n duidelike biologiese basis, maar die finale uitdrukking van seksualiteit word sterk deur die gesin beïnvloed (Mrazek & Mrazek 1981:17). Faktore soos die moeder se seksuele ervaring tydens adolessensie, die opvoedkundige vlak van die ouers, die seksuele aktiwiteite van die ouer sibbe, kommunikasie binne die gesin en die ouers se gesindheid en waardes ten opsigte van adolessente seksuele aktiwiteite word geskakel met die seksuele gedrag van adolessente (Heaven 2001:153).

Zoe: Zoe se ma het swanger geraak toe sy nog in die skool was.

Karla: Haar ma was in verskillende saamblyverhoudings betrokke ter wille van finansiële oorlewing.

Jeanine: Jeanine weet nie veel van haar ma se aktiwiteite as jong meisie nie.

Anna: Sy weet nie veel van haar ma se adolessente jare nie. Haar pa het vertel dat haar ma op skool “…nie die sportiewe soort was nie. Sy het geleer, dis waarin sy goed was (Lötter 2004:25).

Een van die sterkste voorspellers van die seksuele gedrag van ’n adolessent is die seksuele aktiwiteite van haar vriendekring. Verder dra veranderende waardes, houdings, die media en die seksuele inhoud van adolessente se musiek daartoe by dat tieners die wêreld as seksueel aktief en selfs as seksueel behep ervaar (Louw & Louw 2007:291). Met die bekendstelling van effektiewe voorbehoedmiddels en mediese vooruitgang in die behandeling van seksueel-oordraagbare siektes het die moontlikheid van lae risiko seksuele verkenning moontlik geword.

Redes wat tienerdogters aanvoer vir hulle betrokkenheid by seksuele aktiwiteite, is: druk aan die kant van hulle seunsvriende en vanuit die portuurgroep, liefdesbetoning en meevoering deur passie (Louw & Louw 2007:291). Verder bring ’n beperkte sin van seksuele insig mee dat tieners se vermoëns om na hulle eie seksuele gesondheid om te sien ontoereikend is (Louw & Louw 2007:291).

Adolessente raadpleeg eerder ander bronne soos hulle portuurgroep en die media as hulle ouers (Louw & Louw 2007:290). Hoewel daar tans groter openheid rakende seksualiteit bestaan, vind adolessente dogters dit steeds moeilik om besluite rakende seksuele gedrag te neem, hoofsaaklik weens teenstrydige boodskappe wat uit verskillende bronne ontvang word. Volgens (Louw & Louw 2007:292) dra faktore soos godsdienstige oortuigings, ’n vrees om MIV en/of VIGS en ander seksueel- oordraagbare siektes op te doen by tot weerhouding van aktiewe seksuele verhoudings.

Karla: Sy is traak-my-nie-agtig ten opsigte van die moontlike gevolge van die seksuele aktiwiteite waarby sy betrokke is. Ek dink nie eintlik daaraan nie.

Stygende aggressiwiteit by adolessente dogters is egter ’n tendens wat al meer voorkom (Olson 2006:88). Tot onlangs was tienerdogters die respondent in die afspraak-ritueel. Hoofsaaklik vanweë die invloed van die media, het adolessente dogters egter geleer dat hulle enigiets wat hulle wil hê in elke lewensdomein kan najaag. Dit sluit die uitleef van hulle seksualiteit in (Olson 2006:89).

Volgens Erikson (1983:242) is die vroulike geslag dieper betrokke by die seksuele daad as mans. Die konsep van “Vriende met voordele” word egter al meer in die adolessente

sfeer aangetref. Dit behels afsprake wat seks insluit sonder dat die betrokkenes in ’n verhouding betrokke is en soms selfs nie eers van mekaar hou nie (Olson 2006:91). Die betrokkenes glo dat verhoudings die lewe kompliseer omdat dit verantwoordelikhede meebring.

Karla: Ek en my vriende doen dinge op die ingewing van die oomblik soos- en wanneer ons wil, en “worry” oor niks en niemand nie. Die erkende manier om gebeure in hulle lewe as minder ernstig af te maak, is: “What ever!”

Hierdie afspraakpatrone het belangrike implikasies vir tienermeisies en die formulering van hulle geslagrol. Dit kan langtermyngevolge vir toekomstige verhoudings inhou (Olson 2006:91).