• No results found

ONTWIKKELING SELF

3.4 GRADELESING 2: SEKSUELE MISBRUIK

3.4.4 DIE IMPAK VAN MISBRUIK

3.4.4.1 Psigologiese probleme

diepgaande versteuring van die slagoffers se fisiese, emosionele, sosiale, morele en intellektuele ontwik-keling (Richter et al 2004:3). Die heterogene aard van die respons op misbruik moet daarom in gedagte gehou word ten einde die ervarings van die slagoffers beter te verstaan (Gilmartin 1994:92). Die moontlike postmisbruik-gevolge kan ervaar word in verskillende sfere van slagoffers se lewe, en word vervolgens gekarteer as: psigologiese belewing van die self, somatiese ervarings, gedrag, interpersoonlike verhoudings, kognitiewe ontwikkeling, veranderde selfpersepsies en seksueel afwykende gedrag (Gilmartin 1994:97). Hierdie sfere stem ooreen met die areas van adolessente ontwikkeling soos vroeër in hierdie hoofstuk uiteengesit, en word daarom as sodanig aangedui.

3.4.4.1 Psigologiese probleme

Die mens funksioneer as psigo-somatiese eenheid wat beteken dat die realiteit van die psigiese uitgedruk word in die liggaamlike, gevoelslewe, denke, wil en gewete (Louw 1999a:241,242). Misbruik bring mee dat die integrering van die vele veranderende aspekte van die self in ’n koherente geheel in gevaar gestel word (Cole & Putnam 1992:179). Die gevolge van misbruik word as sluipend beskou omdat die slagoffer soos hulle eers kenbaar was, nie meer bestaan nie (Gilmartin 1994:x). In haar eie oë ervaar die slagoffer dat sy ’n “niemand” is.

Karla: Ek weet nie wat dit is om ’n normale gelukkige lewe te hê nie. Ek weet nie hoe dit voel om regtig liefgehê te word sonder dat iemand iets in ruil daarvoor wil hê nie. Wanneer ek klein dogtertjies sorgeloos sien rondhardloop en speel, voel ek baie hartseer, want ek was nooit ’n onskuldige dogtertjie nie.

Die slagoffer ervaar ’n oorweldigende sin van verlies, waarvan die mees diepgaande die verlies aan kindwees is (Spies 2006:53). Ander verliese kan dui op die verlies van haar veiligheid, ’n ondersteuningstelsel en hoop (McGregor 2008:90). Verdere verliese word aangedui as die verlies aan mag, die reg om “nee” te sê en die ervaring dat sy in beheer van haar wêreld is (Spies 2006:54). Wanneer molestering binne die gesin

plaasvind, verloor die slagoffer haar reg om beskerm te word sowel as ’n gesonde rolmodel (Spies 2006:54).

Wanneer ’n individu die agt ontwikkelingsfases van Erikson deurleef het, is die positiewe uitkomste die vorming van basiese vertroue, outonomie, inisiatief, intimiteit en ego integriteit (Spies 2006: 53) asook spirituele welstand (McGregor 2008:85). Die ontwikkelende sin van die self en eiewaarde word ernstig deur misbruik bedreig wanneer dit nie moontlik is nie (Wickham & West 2002:4). Waar die slagoffer nie geglo word nie, is haar interpretasie dat ander se behoeftes belangriker is as haar eie (Howe 2005:203).

Jeanine: My ma wou my nie glo nie. Dit het vir my gevoel of my oom my uitlag, want my ma het hom ten koste van my geluk beskerm. Dit het my baie aan myself laat twyfel en laat voel of ek die skuldige is. Die slagoffers dra dikwels swaar aan ’n gevoel van aandadigheid. Sy beleef ook skuldgevoelens oor die onthulling van die gebeure. Sy kan onbewustelik voel dat sy die “kontrak” met die oortreder verbreek het aangesien hy/sy haar verplig het tot stilswye. Skuldgevoelens kan ook ervaar word weens die gevolge van openbaarmaking waar byvoorbeeld die stabiliteit van die gesin ontwrig is. Verder is die oortreder moontlik tronkstraf opgelê of sy/haar naam is in koerantberigte vermeld wat verwerping van en vingerwysing na die oortreder tot gevolg gehad het. Die heropbou van die self en die wêreldbeskouing van die slagoffer is daarom baie moeilik.

Zoe: My ouma het dadelik na die polisie gegaan nadat ek vertel het wat my oupa aan my doen en sy het begin met ’n skeisaak. Sy het by haar suster gaan bly en ek moes na my ma en stiefpa trek. Partykeer voel ek trots op myself omdat ek die moed gehad het om te praat. Ander kere voel ek weer so skuldig, want almal se lewens is deurmekaar gekrap.

Selfs al is die boodskappe van die oortreder dat sy sleg of dom is nie verbaal oorgedra nie, lei die ervaring van magteloosheid en alleenheid tydens die gebeure tot die gevolgtrekking dat sy niks werd of tweedehands is (Corby 1993:118). Vir slagoffers van

misbruik wat die vraag “Hoekom ek?” vra, is die antwoord dus dikwels “Omdat ek sleg is” (Killian & Brakarsh 2004:367). ’n Studie onderneem deur Calverley et al (1994:195) het getoon dat dogters wat seksueel misbruik is, (a) die kern van die self as negatief ervaar en dat sy (b) van dissossiatiewe koördinering gebruik maak in die regulering van belangrike verhoudings en self-eienskappe (Calverley et al 1994:195). Die slagoffer se lewenskeuses geskied vanuit ’n kombinasie van die gebrek aan moed en ’n manier om die probleem aan te spreek sonder om haarself aan rampspoed bloot te stel (Goldberg 1981:106). Dit dra ook daartoe by dat sy nie in staat is om te reageer op die genade van God nie, soos reeds in die verhale van die drie gespreksgenote aangedui is.

Ten einde psigologies te oorleef, onderdruk die slagoffer haar woede, vrees en pyn. Slagoffers ervaar daarom hoë vlakke van emosionele labiliteit, ontoepaslike emosionele uitbarstings, lae vlakke van emosionele bewustheid, en min emosionele empatie (Howe 2005: 205). Wanneer moeilike sosiale uitdagings aan hulle gerig word, reageer slagoffers psigologies onbetrokke en emosioneel afgeskakel (Howe 2005: 205). Die aanpassingstrategieë van slagoffers bring mee dat hulle moeilik betrokke raak by vriendskappe, en indien wel, om die vriendskappe in stand te hou (Howe (2005:206). Jeanine was baie geïsoleerd en wou nie graag by vriendskappe betrokke raak nie. Zoe en Karla was hoofsaaklik by een hegte vriendskap betrokke, en het gepoog om hierdie vriendskap in stand te hou. Hulle is egter fyn ingestel op enige nuanse wat dui op verwerping, en reageer dan heftig daarop deur hulleself sonder verduideliking te onttrek.

Anna: Ek het hard probeer om weer met Helena te gesels. Regtig te gesels. Pouses het ek gesien hoe sy en haar nuwe vriendinne langs mekaar in die son gaan sit. Gesien hoe hulle vir, nee, ná my kyk. Geweet hulle praat van my.

Wanneer die slagoffer nie oor die nodige psigiese en emosionele toerusting beskik om die gebeure te hanteer nie, kan sy ook ter wille van oorlewing reageer deur te fragmenteer. Aanduidings van fragmentasie of ’n gedissossieerde identiteit dui op angs aanvalle, obsessief-kompulsiewe gedrag, onverklaarbare fisiese simptome, depressie, eetversteurings, nagmerries, verlies van tyd, verskille in handskrif asook fisiese verskille (liggaamstaal, koördinasie, gesigs-uitdrukkings, woordeskat en stemtoon) (Coetzer

2007:6). Al drie my gespreksgenote het aanvanklik erge nagmerries gekry en het medikasie vir die behandeling van depressie ontvang. Hulle het egter nie tekens van fragmentasie getoon nie. Die psigologiese effekte van spannings-druk as gevolg van trauma kan ook gevind word in ’n biologiese respons (Van der Kolk 1994:253).