• No results found

’N PRAKTIES-TEOLOGIESE VERKENNINGSTOG

4.3 PRAKTIESE TEOLOGIE: ’N PAD DEUR ’N WOUD?

4.3.8 PRAKTIESE TEOLOGIE GEDEFINIEER

tradisie houdbaar is in verhouding tot mekaar, met die menslike ervaring en met die tekstuele agtergrond van die bronne van die religieuse tradisie (Ganzevoort 2009a:4). Die metodes wat hier gebruik word, is hoofsaaklik filosofies.

“Praxis” of geleefde religie as derde materiaal dui op die aksies en betekenisse wat werksaam is in die lewenswyses van mense, en wat mense in ontmoeting bring met die goddelike deur met hulle in interaksie te verkeer. Die dominante vraag gaan oor wat besig is om te gebeur en hoe die mens meer toegerus kan word ten opsigte van die bronne van religieuse tradisie en die idees oor die goddelike betrokkenheid. Die metodes hier ter sprake stam hoofsaaklik af van die sosiale wetenskappe en pedagogie en hierdie dissipline word dan deur Ganzevoort as praktiese teologie gesien.

Vir Ganzevoort (2009a:4) is geen teks moontlik sonder idees of praxis daaragter, daarbinne of wat ingeroep wordnie; geen idee sonder die bronne en reperkussies van die praxis nie en geen praxis sonder bronne en inherente idees nie. Dit bind die teologie saam, selfs al is die materiaal en metodes wat gebruik word divers van aard. Die bydrae van praktiese teologie begin met die eksplorasie en verstaan van geleefde religie. Verder tree die religieuse bronne soos die Bybel en religieuse idees soos doktrines tot die spel toe in soverre hulle direk verwant is aan die praxis en selfs ontstaan vanuit die praxis. Ten einde as praktiese teologie geïdentifiseer te word, is dit nodig dat die fokuspunt steeds praxis en geleefde religie bly.

4.3.8 PRAKTIESE TEOLOGIE GEDEFINIEER

Vanuit ’n Amerikaanse perspektief wys Osmer (2008:4) daarop dat daar vanaf die 1960’s ’n nuwe verstaan en ontwikkeling in praktiese teologie duidelik geword het. Hierdie nuwe benadering dui daarop dat:

Praktiese teology constructs action-guiding theories of Christian praxis in particular social contexts based on four interrelated forms of research and scholarship – the descriptive-empirical, the interpretive, the normative, and the empirical”.

Müller (1996:5) omskryf praktiese teologie as “… die sistematiese-gestruktureerde, voortgaande hermeneutiese proses, waardeur gepoog word om menslike handelinge, wat verband hou met die verhale van die Christen-geloofs-gemeenskap, teologies te verhelder en te vernuwe”. Louw (1999b:268) verstaan dat praktiese teologie reflekteer op, en betrokke is by die diskoers aangaande die bewustheid van God en die uitleef van geloof in ’n dinamiek en wisselwerking tussen persoonlike behoeftes, sosiale konteks en verwagtings ten opsigte van die betekenis van die lewe.

Anderson (2003:22,31) interpreteer praktiese teologie as die dinamiese proses van reflekterende, kritiese afvra, ín die praxis van die kerk ín, oor God se doel vir die mensdom. Hierdie invra word uitgevoer in die lig van die Christelike Skrif en tradisies en wat in kritiese dialoog met ander kennisbronne verkeer. Die dissipline van praktiese teologie ontstaan as ’n refleksie op die reddende aksies van God-in-die-wêreld en die menslike ervaring wat ontstaan in respons op hierdie aksies. Swinton en Mowat (2006:6) sluit as volg hierby aan: “Practical Theology is critical, theological reflection on the practices of the Church as they interact with the practices of the world, with a view to ensuring and enabling faithful participation in God’s redemptive practices in, to and for the world”. In ’n Suid-Afrikaanse konteks word klem enersyds geplaas op die hermeneutiese en andersyds op die betekenis van konteks (Van den Berg 2007:52).

Praktiese teologie kan volgens Brown (2012:112) onder andere beoefen word deur ’n groep gelowiges, waarvan sommige dakloos is, waar hulle besig is om te aanbid in ’n stedelike kunste sentrum. Hulle kan gelei word deur ’n pastor wat leke predikers oplei in ’n landelike dorpie, of deur ’n professor aan ’n universiteit wat besig is om ’n nuwe teorie oor Christelike opleiding te ontwikkel. In elke geval is praktiese teologie “that field of theological inquiry and practice that seeks critically to discern and respond to the transforming activity of God within the living text of human action” (Brown 2012:112).

Praktiese teologie is ’n term wat volgens Miller-McLemore (2012:103) gewoonlik gebruik word in Christelike teologie “… for a general way of doing theology concerned with the embodiment of religious belief in the day-to-day lives of individuals and communities”. Die tematiese onderwerp van praktiese teologie sluit dikwels generiese woorde wat beweging in tyd en plek suggereer in, byvoorbeeld aksie, praktyk, praxis, ervaring, situasie, gebeurtenis en optrede. Die onderwerp van praktiese teologie word ook

geassossieer met aksie geöriënteerde religieuse woorde soos vorming, transformasie, dissipelskap, getuienis, bediening en sendingwerk (Miller-McLemore 2012:103). Praktiese teologie is uiteindelik normatief en eskatologies geöriënteerd deurdat dit nie slegs beskryf hoe mense lewe as gelowiges in gemeenskappe en die samelewing nie. Dit oorweeg ook hoe die mens in groter volheid in en verby hierdie lewe en wêreld kan lewe.

Met hierdie definisies in gedagte, word eerstens oorgegaan tot ’n bestudering van adolessente spiritualiteit in ’n postmoderne konteks as vertrekpunt vir ’n teologiese antropologie. Wanneer met die slagoffers van misbruik in gesprek getree word, moet daarom gepoog word om soveel as moontlik van hierdie populasiegroep te weet en te verstaan. In die vorige hoofstuk het die konsepte van adolessensie, misbruik en die impak van misbruik op die slagoffer daarom aan bod gekom. In hierdie hoofstuk is dit egter belangrik om die soeklig verder te rig op die veld van die teologiese antropologie sodat slagoffers, as skepsels van God, in hierdie lig gespieël en verstaan kan word. Dit is nodig dat eerstens gekyk word na adolessente soos wat hulle ’n adolessente spiritualiteit in die postmoderne era beleef met die doel om “a practical theological anthropology with pastoral implications” (Van den Berg 2007:2) daar te stel.

Die persepsie bestaan dat adolessente “… consumers of theology rather than people who help construct religious discourse” is (Dean 2001:30). Die mens se lewensgerigtheid word volgens Louw (2005:18) bepaal deur:

… the way one thinks is intimately related to the way one lives, whether in Christ, in the Spirit and by faith, or alternatively in the flesh, in sin and in spiritual death. A man’s thinking and striving cannot be seen in isolation from the overall directions of his life; the latter will be reflected in the aims he sets himself.